DIE LAASTE OORDEEL
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

89. Toe Zinzendorf die eerste keer in die geestelike wêreld kom na sy dood, was hy toegelaat om te spreek soos wat hy in die wêreld gespreek het, ek het hom gehoor bevestigend sê dat hy weet wat die geheime van die hemele is, en dat niemand die hemele sal ingaan as hy nie van sy doktrine is nie, en ook, dat iemand wat goeie werke doen ter wille van redding, is totaal verdoem, en hy sal eerder ateïste in sy gemeente toelaat as sulke mense. Die Meester was deur God die Vader aangeneem as Sy Seun, omdat Hy die kruis deurstaan het, en nog steeds is Hy slegs `n mens. Toe dit aan hom gesê was dat die Meester deur God die Vader verwek was, antwoord hy, hy sal oor hierdie saak dink net soos hy verkies, en durf nie hom uitspreek soos die Jode doen nie. Bowendien het ek baie ander skandale waargeneem van sy volgelinge. Hulle sê dat hulle `n sensasie het, en daarom `n innerlike bevestiging van hulle dogma’s. Maar dit was aan hulle getoon dat hulle sensasie was van siener geeste, wat `n mens laat bevestig in al sy godsdienstige oortuigings, en gaan meer eng binne in hulle wat van die Moraviane hou, wat van hulle godsdienstige oortuigings hou, en baie daarvan dink. Hierdie geeste het ook met hulle gepraat, en hulle het mekaar onderling herken. Voetnotas

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205