|
DIE LAASTE OORDEEL EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 19
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40. |
|
|
68. (IX). Die Mohammedane in die geestelike Wêreld: en Mohammed. Die Mohammedane in
die geestelike wêreld verskyn agter die Roomse in die weste, en vorm as’t ware `n sirkel om
hulle. Die hoofrede hoekom hulle daar verskyn, is omdat hulle die Meester erken as die
Grootste Profeet, die Seun van God, die Wysste van almal, wat in die wêreld gestuur was om die
mens te onderrig. Elkeen in daardie wêreld woon op `n distansie van die Christen middel waar
die Hervormers is, in ooreenstemming met sy belydenis van die Meester en die Een God; want
daardie belydenis verenig die denke met die hemel, en bepaal die afstand vanaf die ooste,
bokant waar die Meester is. Hulle wat, uit `n lewe in die bose, nie in daardie belydenis van die
hart is nie, is in die helle onder hulle.
|
|
|
|
|