DIE LAASTE OORDEEL
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

82. Die Jode is baie meer onkundig as ander oor die feit dat hulle in die geestelike wêreld is, en glo dat hulle nog steeds in die natuurlike wêreld is. Die rede is dat hulle ten volle uiterlike mense is, en dink hoegenaamd nie oor hulle godsdiens uit die innerlike nie. As gevolg hiervan praat hulle ook van die Messiah net soos hulle voorheen gepraat het, dat Hy sou kom met Dawid, en sal hulle vooruitgaan met glinsterende krone, en sal hulle inlei in die land Kanaän, en op die weg, deur Sy staf op te hef, sal Hy riviere opdroog waardeur hulle sal gaan, en dat Christene, wat hulle onder mekaar Heidene noem, sal dan die some van hulle kleed aangryp, en nederig smeek om toe te laat om met hulle saam te gaan, en dat hulle die rykes sal ontvang ooreenstemmend met hulle rykdom, en dat selfs die rykes hulle sal dien. Want hulle is onwillig om te weet “dat die land Kanaän” in die Woord die kerk beteken, en dat “Jerusalem” die doktrine van die kerk is; en gevolglik dat “Jood” (Judeër) beteken almal van hulle wat van die Meester se kerk is. Die betekenis van die woord “Jood” (Judeër) in die Woord, kan gesien word in “Die Doktrine Aangaande die Heilige Skrifte” (n. 51). Wanneer hulle gevra word of hulle glo dat hulle ook in die land Kanaän toegelaat sal word, antwoord hulle dat hulle daarin sal afdaal. Wanneer dit gesê word dat hierdie land hulle onmoontlik almal sal kan hou nie, antwoord hulle terug dat dit dan vergroot sal word. Toe dit gesê word dat hulle nie weet waar Bethlehem geleë is, ook nie wie van die wortel van Dawid is nie, sê hulle, dat dit bekend is aan die Messiah wat aan die kom is. Wanner gevra word, hoe die Messiah, die Seun van JHWH, kan woon saam met hulle wat so boos is, antwoord hulle dat hulle nie boos is nie. Wanner dit gesê word dat tot Moses hulle beskrywe hulle in sy lied (Deutr. 32) as die slegste van die nasies, antwoord hulle dat Moses op daardie tydstip kwaad was, omdat hy weet hy gaan sterf. Maar wanneer hulle vertel word dat Moses dit geskryf het op bevel van JHWH, word hulle stil, en gaan weg om navraag oor die geval te doen. Wanneer dit gesê word dat hulle oorsprong uit `n Kanaäniet is, en van die hoeredom van Juda met sy skoondogter (Gen. 38), word hulle woedend, en sê, dat dit genoeg vir hulle is om af te stam van Abraham. Wanneer hulle vertel word dat daar in die Woord innerlik `n geestelike betekenis lê, wat slegs op die Christus betrekking het, antwoord hulle dat dit nie so is nie, maar innerlik is daar in die Woord niks anders as goud nie, behalwe nog ander dinge.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205