DIE LAASTE OORDEEL
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

83. (XII) Die Quakers in die Geestelike Wêreld. Daar is entoesiastiese geeste, afgeskei van al die ander, van so `n growwe toe‐eiening, dat hulle glo dat hulleself die Heilige Gees is. Toe Quakerisme `n aanvang geneem het, was hierdie geeste, wat uitgetrek is as’t ware van die omringende woude waar hulle rond geswerwe het, baie van die mense gekwel, en boesem met oorreding die ander in dat hulle deur die Heilige Gees beweeg was; en omdat hulle die invloei merkbaar voel, word hulle so totaal gevul met hierdie tipe van godsdienstige oorreding, dat hulle glo dat hulle meer verlig en heiliger as die ander is; daarom kan hulle hul nie terugtrek van hulle godsdienstige oortuiging nie. Hulle wat hulle daarin gevestig het, kom in dieselfde entoesiasme na die dood, en word afgeskei van die ander, en word weggestuur na die woude na die ander wat soos hulle is, waar hulle op `n afstand vertoon soos wilde varke. Maar hulle wat hulle nie daarin bevestig het nie, word van die res afgeskei, en word verwys na `n plek soos `n woestyn, in die uiterste grense van die suidelike kwartier, waar hulle grotte het as hul tempels.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205