DIE LAASTE OORDEEL
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

72. Baie van hulle is ontvanklik vir waarheid, en hulle sien geregtigheid in die rede en billikheid, soos ek in staat was om waar te neem uit gesprekke met hulle in die geestelike wêreld. Ek het met hulle gepraat oor die Een God, die opstanding, en die huwelik. Van die Een God sê hulle, dat hulle nie die Christene verstaan of begryp as hulle praat van die ‘Trinity,’ of die drie‐enige‐God nie, en sê dat daar drie Persone is, en dat elke persoon God is, en steeds nog sê dat God Een is. En ek antwoord en sê; dat die engele in die hemel wat van die Christene is, spreek nie so nie, maar sê dat God Een is in Wese (Essens) en in Persoon, en ín wie daar `n drie‐eenheid is, en dat die mense op aarde hierdie drie‐eenheid as drie Persone sien; en dat hierdie drie‐eenhede in die Meester is. In bevestiging, lees ek vir hulle voor uit Mattheus en Lukas, alles wat daar gesê word van die ontvangenis van die Meester vanaf God die Vader, sowel as die gedeeltes waarin Hyself onderrig, dat Hy en die Vader Een is. Toe hulle dit hoor, aanvaar hulle dit, en sê dat die Goddelike Essens dus in Hom is. Van die Opstanding sê hulle, dat hulle die Christene nie kan verstaan as hulle praat oor die staat van die mens na die dood nie, wat die siel maak asof dit wind of asem is, en daarom ontneem is van alle genot voordat dit herenig met die liggaam op die dag van die Laaste Oordeel. Maar ek antwoord, dat slegs sommiges so spreek, maar dat hulle wat nie in hierdie kategorie val nie, glo dat hulle in die hemel sal kom na die dood, sal spreek met die engele, en binnegaan in hemelse vreugde, wat hulle nie ontvang as anders as hul vreugde in die wêreld nie, alhoewel hulle dit nie beskryf nie; en ek vertel hulle dat op die huidige tydstip, dat baie besonderhede van die staat na die dood aan hulle openbaar gemaak is, wat hulle nie van tevore geweet het nie. Van die huwelik, ek het baie gesprekke met hulle gehad, en het hulle vertel, onder baie dinge, dat egtelike liefde is `n hemelse liefde, wat slegs tussen twee kan bestaan, en dat vermenging met verskeie vroue nie die hemelse van daardie liefde toelaat nie. Hulle het my redes gehoor, en hulle oordeel waargeneem; en ook dit, dat veelwywery aan hulle toegestaan is omdat hulle Oosterlinge is, wat, sonder hierdie toestemming, sou gebrand het vir vuil en besoedelde owerspel meer as die Europeërs, en sou onder gegaan het.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205