|
DIE LAASTE OORDEEL EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 25
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40. |
|
|
74. Almal wat die Meester erken en aanbid as Een god, die Skepper van die universum, het
betreffende Hom die idee van `n Mens of `n Man; hulle sê, dat betreffende God, niemand enige
ander idee kan hê nie. Wanneer hulle hoor dat baie koester Hom as `n klein wolkie, vra hulle
waar dit is, en wanneer hulle vertel word dat dit tussen die Christene is, ontken hulle die
moontlikheid daarvan. Maar dit word gesê dat Christene het hierdie idee, omdat God in die
Woord `n Gees genoem word, en van `n gees is hulle gewoond om daaraan te dink as `n partikel
van `n wolk, en weet nie dat elke gees en elke engel `n mens is nie. Maar wanneer hulle
ondersoek word, om uit te vind of hulle geestelike en natuurlike idees dieselfde was, was dit
gevind dat hulle nie dieselfde was wat innerlik die Meester erken as die God van hemel en aarde
nie. Ek het `n sekere Presbiteriaan van die Christene hoor sê, dat nie een `n idee kan hê van die
Goddelike Menswese nie; en ek sien hom rondgelei word na verskeie Heidene; in opvolging na
hulle wat meer en meer innerlik is, en van hulle af na hulle hemele, en naderhand na die
Christelike hemel, en die innerlike gewaarwording van almal betreffende God was na hom
gekommunikeer, en hy het gewaar geword dat hulle idee van God was niks anders as die idee
van `n Man, wat dieselfde is as die idee van die Goddelike Menswese.
|
|
|
|
|