DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Die Bevryding
Hoofstuk 1
12 Des. 2007 05:25
Kyk, in MY wêreld is daar baie dinge wat EK gemaak het, maar niks is so verhewe soos die mens nie. EK het die mens die kroon van MY skepping gemaak en daarom aan hom alleen die geleentheid gegee om MY kind te word. Die skepping om julle dien as reiniging vir die siele van die gevalle engele sodat hulle weer by MY kan kom. Julle almal is dan weer op pad na MY julle Vader en Skepper. Dit is mos die sieleleer waarvan EK julle nou al ‘n paar kere vertel het. Dit is dan ook die ware betekenis van die gelykenis van die verlore seun soos ook verduidelik is aan ‘n ander skryfkneg van MY. Julle is almal uit MY uit en kan onmoontlik nie anders as om weer met MY te verenig nie. Dit is dan ook die terugkoms van die verlore seun in die Vaderhuis. EK het nou al baie lank tyd gegee vir die verlore seun om terug te keer tot die Vader en net sekeres het al teruggekeer. Die res van hulle loop nog daarbuite en geniet die lewe terwyl hulle eintlik besig is om om te kom van die honger. EK het herhaaldelike kere uitnodigings aan hulle gestuur, maar is deur hulle van die hand gewys. Dit het nou tyd geword dat EK al die ongenooide gaste van die straat af sal roep om na die bruilof te kom, aangesien die genooides te besig is met hulle huise, plase, osse, huwelike en so meer. Luister na MY Stem en kom as Ek jou uitnooi, omdat die deure al amper toe is. Wanneer die deure eenmaal toe is, sal dit nie weer oopgemaak word nie en almal wat buite is, sal omkom en versmag van die honger. Dit beteken dat hulle heeltemal geestelik sal doodgaan, omdat hulle dan nie geestelike voedsel sal vind nie. Die deure van My ark staan nog op ‘n skrefie oop en dit beteken dat daar nog so ‘n klein tydjie oor is om gered te word. My wederkoms is om die draai en voor daardie tyd kan daar nog enkeles in hierdie wêreldsee van mense gered word. Julle almal wat nou al in MY ark is, sal moet uitgaan na die strate en die armes uitnooi om MY bruilof by te woon. Dit beteken dat julle net na die armes van gees sal moet gaan, omdat die wat vol is van hulleself, glad nie wil kom nie, nadat EK hulle al herhaaldelik uitgenooi het. Hulle weier halsstarrig om na My bruilof te kom, omdat hulle nie die nut daarvan sien nie. Hulle is te slim in hulle eie oë en wil nie hulleself ledig om deur MY gevul te word nie. Hulle sal dan nie toegelaat word wanneer hulle dan aan die deur kom hamer as die deur eers gesluit is nie en dit wil soveel sê as dat hulle die sal wees wat gaan sê: “Meester het ons nie in U Naam wonders gedoen nie?Het ons nie die armes gehelp nie?” Dit sal dan MY antwoord aan hulle wees: “Gaan weg, EK ken julle nie. Julle het in julle eie name wonders gedoen en wou nie met MY GEES vervul geraak het nie. Julle was te wys in julle eie oë. ” Nou nooi EK weer almal uit om na MY bruilof te kom wat voor die deur is. Kom na MY sodat EK julle met MY GEES vervul en julle een met MY kan word en julle ook toegang tot die bruilof kan verkry. Kom na MY, sodat EK jou tot ‘n waardige gas kan omskep en vir jou ‘n bruilofskleed kan gee. Niemand wat sonder ‘n waardige bruilofskleed is, sal toegelaat word by MY bruilof nie en dit beteken dat niemand een met MY sal word as hy nie na My streef nie. Die strewe na MY is deel van die bruilofskleed. Die liefde is die hooftooisel en al die ander versiersels van die bruilofskleed is geloof, hoop, vertroue en alles wat daarmee saamgaan. Dra die bruilofskleed elke dag sodat julle nie onkant gevang word as die Bruidegom ewe skielik SY verskyning maak nie. EK maak MY verskyning enige tyd by enige mens en sal dan besoeking doen aan elke een van julle op die bestemde dag deur MY bepaal. Gelukkig is jy as EK alles in orde by jou vind en jy ‘n waardige bruilofskleed aan het. Strewe na My en EK sal jou tooi met alles wat jy nodig het vir MY bruilof (wederkoms). Amen.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205