DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 8
15 Des. 2007 07:25
Laat Ek julle vertel van ‘n baie dapper Boervrou wat geleef het tydens die Groot Trek . Terwyl haar man gaan veg het tydens al die oorloë op daardie stadium tussen die boere en die ander nasies, moes sy met al haar kinders agterbly by die laer van Piet Retief. Hulle het elke dag huisgodsdiens gehou en MY dan geloof, ten spyte van die ontberinge wat hulle moes deurmaak. Sy en haar kinders was net klaar met huisgodsdiens, toe ‘n boodskapper daar opdaag en vertel dat die boere baie gewondes onder hulle gehad het. Sonder om te dink het sy haar medisyne tassie gegryp en saam met die boodskapper is sy toe weg om te gaan help met die gewondes. Haar geloof in MY was baie groot en sonder vrees het sy ingespring en haar naaste gaan dien ten spyte van die gevare waarvan sy geweet het. Hulle is deur ‘n horde barbare omsingel en sy het net bly bid en MY genade op hulle afgesmeek. EK het haar gebed verhoor en MY engel gestuur om haar en die boodskapper te verlos. Terwyl hulle so deur die barbare omsingel was, het daar skielik in hulle midde ‘n hele aantal Boere verskyn wat begin veg het en die barbare is met groot spoed almal verdelg. Daar het ontsettende verwarring geheers onder die barbare, omdat hulle nie gesien het waar die Boere nou ewe skielik vandaan gekom het nie. Hulle het in die middel van die kring verskyn sonder dat iemand hulle sien aankom het. Die vrou en die boodskapper het hulle egter nie gesien nie en kon nie verstaan waarom die barbare hulleself uit die voete probeer maak nie. Met vrees op hulle gesigte het hulle probeer wegkom, maar kon nie. Die boodskapper en die vrou het hulleself probeer verdedig, maar sou nooit die barbare kon oorwin nie en daarom was dit vir hulle vreemd dat die swartes die hasepad wou kies. Sy het dadelik geweet dat Ek uitkoms gestuur het en het My gedank vir die uitredding en verlossing. Sy het ‘n hele aaantal Boere se lewens gered op daardie dag deur haar onbaatsugtigheid en ook deurdat Ek haar die gawe van genesing gegee het. Deur haar gebede aan My is baie se lewens gespaar. Menige Boer wat daardie dag onder normale omstandighede sou gesterf het, is wonderbaarlik genees, danksy MY GEES wat op haar was. Dit sal ook julle deel wees, as julle MY altyd aanroep en liefhet ten spyte van slegte omstandighede om jou. Daar gaan nog baie soortgelyke gevalle voorkom in die tyd wat kom, maar vrees nie, omdat EK Die Een is wat bevry.
Amen.
 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205