DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 31
28 Des.2007 07:32
Ek is baie ontsteld in my binneste en dit voel of my siel innerlik ruk. Vader sê die volgende aan my: ”Kyk na MY, MY kleintjie. EK sal jou nooit verlaat nie. EK sal jou nooit ‘n swaar las gee wat EK weet jy nie kan dra nie. EK sal jou nie versaak nie.”
 
Vader dikteer:
Almal van julle het nog ‘n swaar pad wat voorlê. Sommiges het al die pad begin aandurf en voel baie keer te swak om verder te gaan. EK wil julle almal versterk soos wat EK MY skryfknegte versterk. Kom na MY met al jou hartseer en EK sal dit vir jou verbeter. Julle almal het reiniging nodig en sal deur MY gereinig word, al is dit nou eers in die hiernamaals. Maar salig is die wat nou al deur MY gereinig wil word, omdat hulle die lewe hierna rein sal ingaan en nie dan nodig het om skoon te kom nie. EK reinig diegene wat EK liefhet en wil hulle styf teen MY bors hou, sodat hulle alles sal kan verdra. MY kinders, julle is nog vol aardse vuil en smet en moet skoon kom daarvan. Dit gaan gepaard met baie hartseer en verdriet, maar EK wil jou help dra aan jou laste. Wees nie bang dat jy dit nie sal kan dra nie, want EK maak jou sterk daarvoor. Jy sal alles kan dra wat EK jou oplê, omdat EK jou las met MYNE vervang en jy net MY las hoef te dra. Dit beteken dat jy MY voor jou oë moet hou en na MY moet kyk, dan sal alles vir jou draagbaar word. EK sal niemand wat MY liefhet ooit verlaat nie, want EK het almal lief en weet ook wat in elkeen se binneste aangaan. Julle word nie verniet deur MY gereinig nie en sal as oorwinnaars anderkant uitkom. Wees maar net gerus en laat al jou sorge en hartseer in MY hande oor en EK sal dit vir jou in die grootste vreugde denkbaar verander. Jy sal bly wees as jy skoon in MY ryk kan instap sonder dat jy eers gereinig moet word. Die wat die reiniging probeer vryspring hier op aarde en halsstarrig probeer aangaan asof daar niks reiniging nodig is nie, sal ‘n baie swaar pad in die hiernamaals hê om te loop. Dit is ‘n baie langer pad as nou hier op aarde en die reiniging sal dubbeld so swaar wees. Gee jouself eerder nou aan MY oor sodat EK jou kan suiwer en jy sal binne MY ryk kan gaan met die grootste vreugde. EK wan al die koring uit en sal julle ook van julle vuilheid en onreinheid suiwer. Wees net tevrede met wat EK op jou pad bring, want EK weet wat nodig is om jou te suiwer en te reinig. Dit geskied in die grootste liefde denkbaar en dit is nie ‘n straf vir jou sondes nie, maar ‘n skoonmaak van al jou onsuiwerhede waarvan jy nog nie weet nie. Glo net dat dit EK is en die bose nie.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205