DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 29
26 Des.2007 10: 45
Ek sien Jahshua sit op ‘n groot rots en ek staan op die grond. HY sê dat ek na HOM moet kom en ek is die volgende oomblik in SY arms. Ek vra HOM om een met HOM te word en HY sê dat ek hom gedurig moet kom opsoek en in die gees na HOM moet kom, dan sal dit bespoedig word. HY en ek sit kruisbeen teenoor mekaar en Jahshua hou SY hande in die lug en ek myne. Ons hande is palm teen palm. Die volgende oomblik word my hande een met Jahshua s’n en jy kan nie die hande sien nie, omdat daar ‘n wasigheid om is. Dit is ‘n blinkende wasigheid. Jahshua sê dat dit die begin van die eenwording met HOM is.
Ek onthou ook ‘n paar dae gelede dat Jahshua my na my hande laat kyk het en ek sien my hande lyk nog sag en jonk. Die volgende oomblik lyk my hande soos iemand s’n wat baie hard kan werk. Grof en sterk. Vader sê dat HY my hande vir HOM sterk maak om vir HOM te werk.
 
Vader dikteer:
EK maak elke een wat na MY soek sterk, sodat hy MY werk in MY wingerd kan gaan verrig. Elke een wat werklik wil, sal deur MY gebruik word, omdat daar min arbeiders is en die oes gereed om afgehaal te word. As julle MY werklik bemin, sal julle deur MY aangeneem word en julle sal nooit spyt kry nie, omdat EK julle tot arbeiders omskep, al het julle nog nooit vir MY gewerk nie. Julle sal MY dien in elke opsig en julle hande sal een met MY word, omdat julle dan net sal doen wat EK julle sê om te doen. Met ander woorde, julle wil sal MY wil word. Niks sal meer deur jouself gedoen word nie en jy sal rein wees en sonder smet, omdat jy nie meer jou hand sal slaan aan ‘n verkeerde ding nie. Strewe na die eenwording met MY en julle sal dit bereik wat MY skryfkneg bereik het. Deur baie volharding en uithouvermoë sal julle die eenwording met MY verkry en niks sal julle dan van MY af kan weglok nie, omdat jy dan met MY verenig is. Kom klim op die rots en kom sit by MY, sodat EK ook jou hande een met MY kan maak. Dit beteken, kom na MY, gee jouself heeltemal aan MY oor en verloën jouself, sodat jy vir MY welgevallig kan wees. Deur jouself te verloën, sal jy jou liggaam afsterf en MY daardeur dien, omdat jy dan nie meer doen wat jou liggaam aan jou sê om te doen nie. Jy sal dan net doen wat EK jou gee om te doen. EK maak die wat op MY wag en na MY kom vol lig, sodat jy die lig kan uitdra na jou naaste wat in die diepste van duisternis nog gebonde sit. Wees net getrou aan MY, sodat EK jou kan vervul met MY Gees en jy heeltemal een met MY sal word. Solank jy MY wil doen, kan niks verkeerd gaan nie, al word jy met klippe bestook deur blindes wat MY Woord nie verstaan nie. Wees nie bevrees nie, EK sal nie een van julle, wat na die eenwording met MY soek, vergeet nie en julle sal almal met MY een word. Dit hang ook af van jouself. Hoe meer jy na MY soek en MY bo alles en almal stel, hoe vinniger sal dit gebeur, want EK suiwer en reinig julle, sodat julle skoon sal wees om MY GEES heeltemal te kan ontvang. Los alle onsuiwerhede en volg MY na. Dit is die goue reël en die hoofreël is natuurlik Liefde.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205