DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 20
20 Des. 2007 07:21
Trek die skoene van bereidheid aan julle voete sodat julle hierdie aardbodem kan platloop sonder dat julle deur die wêreldse dorings gepla word. In Efesiërs word daar van die wapenrusting gepraat wat julle aan moet hê sodat julle vir MY kan veg. Waar sal julle die wapenrusting kry? By MY alleenlik. Kom EK verduidelik vir julle hoe dit werk: Julle moet die bereidheid hê om vir MY die werk te verrig en Ek sal aan julle gee wat julle nodig het. Dit is so maklik soos wat dit klink. Kom na MY en bied jouself aan sodat EK jou kan uitreik met die wapenrusting wat jy nodig het. As jy jouself aan MY bied, sal EK sorg dat jy beskerming geniet deur jou “kleredrag” waarmee EK jou sal tooi. Dit sal ‘n wapenrusting wees waardeur niemand sal kan deurdring nie. EK sal jou alles gee as jy jouself net kom aanbied vir die stryd wat voorlê. Die helm van verlossing sal EK jou gee sodat jou hoof onbesoedel deur die wêreldse dinge bly. EK het jou verlos deur MY bloed wat vir jou gevloei het op Golgota en jy sal MY verlossing op jou hoof ronddra. Die borswapen van geregtigheid sal jy ook van MY ontvang wanneer jy jouself aan MY oorgee. As jy by MY bly, sal geen ongeregtigheid die oorhand oor jou hê nie en jy sal nie voor die ongeregtigheid hoef neer te buig nie. Met ander woorde, jy sal rein bly in jou hart, want MY geregtigheid sal jou hart beskerm teen die valse en onedele werke. Jou lendene sal met MY waarheid omgord wees en getrou sal jy die waarheid van die onwaarheid kan onderskei. EK sal jou geestesoë sodanig open dat jy die waarheid van die leuen kan onderskei en jy sal voort kan wandel terwyl jou lendene deur die waarheid beskerm word. In jou hand sal jy die skild van die geloof vashou en sonder die geloof sal jy definitief nie kan bly staan nie, omdat die bose aanhoudend hulle pyle op julle laat reën en jy nie sal kan keer nie. Wees vol geloof in MY en EK sal jou skild wees. Hou MY vas en Ek sal voor jou inbeweeg sodat die bose pyle jou nie tref nie. Maar EK kan nie voor jou gaan staan as jy MY nie ten volle vertrou en diep in MY glo nie. EK is jou skuld en jou redding en sal jou teen alle aanslae van die bose beskerm. Hetsy dit aanslae op jou lewe is, of versoekings of van watter hoedanigheid ookal. EK SAL JOU BESKERM DAARTEEN! Nou moet jy MY ook in jou ander hand vashou, want Ek is die tweesnydende swaard. Die tweesnydende swaard is die woord en EK is die Woord, nie waar nie? Hou aan MY Woorde vas en jy het die skerpste en sterkste wapen wat jy ooit sal kan kry. Klou aan MY met al jou mag en jy sal nie hoef bang te wees dat die vyand hom op jou sal wreek nie. EK staan dan reg voor jou, jy hou MY dan in elke hand vas, EK beklee dan jou lendene (want Ek is die Waarheid), EK is Geregtigheid, en EK is ook die skoene wat jy moet aantrek om op MY weg te wandel. EK is selfs die paadjie waarop jy moet loop, want EK is die weg! Dit is hoe die wapenrusting gedra moet word. Wees vir MY lief en vra MY om jou daarmee te klee en EK sal die res vir jou doen. Al wat jy moet doen is om die skoene van bereidheid aan te trek en Ek trek vir jou die res aan. Wat jy alleen moet doen, is om MY uit die diepte van jou hart lief te hê en die bereidheid sal dan ook vanself volg. Julle sal met bereidheid soos arende en vissers uitgaan en MY werk verrig en sonder om te struikel sal julle dan die wedloop volbring en veilig van die slagveld af kom. Ek sal julle die krag vir alles gee en julle sal net MY liefde in julle nodig hê om al hierdie dinge te kan doen. EK bevry julle van alle aardse bande, sodat julle sonder enige laste, vir MY die hemele kan invlieg en julle prooi na MY kan bring. EK bevry julle van alle aardse vrees sodat julle vir MY die gevegsfront kan betree en sonder ‘n skrapie anderkant kan uitkom. Gaan haal jou gewonde makkers daarbinne uit wat nie MY wapenrusting aangehad het nie en bring hulle vir MY.
 
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205