DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 7
15 Des. 2007 05:55
Tussen al die mense op die hele aardbodem is daar een klein volkie wat My baie na aan die hart lê en dit is die Boervolk van Suid-Afrika. Julle is ‘n baie edele groepie mense wat opreg na MY soek. Deur al die eeue van julle bestaan het EK julle getrou bewaar. Deur al die swaarkry en seerkry het EK julle bewaar vir My, omdat EK geweet het wat julle doel op aarde is. EK het ‘n troue oorblyfsel beskerm, omdat EK die res van die wêreld wil wys hoe ‘n volk moet leef om MY waardig te wees. Julle is die voorbeeld wat EK wil gebruik sodat die wêreld MY kan leer ken en sien hoe getrou EK is. Dit is waarom julle hier is. Deurdat hulle julle lewe en strewe in Suid-Afrika ken en weet wat hier aangaan, sal hulle beslis ‘n wonderwerk van BO in julle redding sien. Dit sal dan die suiweres van hart aanspoor om hiernatoe te kom in die soeke na MY. Omdat hulle alreeds op soek is na MY, sal hulle dan deur julle uitredding deur MY, sien dat EK by julle is en hulleself hierheen haas om hulle by MY volkie aan die suidpunt van Afrika te skaar. Dit sal dan wees hoe EK MY Sionskind van regoor die wêreld bymekaar gaan roep. Weereens is dit julle lyding wat mense na MY trek. Binnekort gaan die bloed spat in hierdie land van julle en EK gaan julle uit ontsaglike gevare uitred en lei soos julle voorvaders uit Egipteland uitgelei is. Onthou hoedat die Egiptenare deur MY in die see verdrink het en Ek die Israeliete verder gelei het. Net so sal EK julle ook uitlei uit die wêreld met al sy probleme en Ek sal julle vergader, sodat EK self na julle kan kom en julle versterk vir die geloofstryd wat vinnig op pad is. Julle sal juig as julle weet wat EK in die volgende jaar vir julle beplan. Julle sal net by MY moet bly en op MY alleen vertrou, omdat net EK julle kan uitred. Vrees nie die hordes wat sal kom om julle te vermoor nie. MY Vaderhand is oor julle uitgestrek en Ek sal julle beskerm en bewaar net soos julle vaders by Bloedrivier. Dit is nou die dag voor die 16de en EK weet dat daar baie van julle is wat aan die gelofte met MY dink wat hulle aan MY gemaak het en Ek wil julle ‘n paar dinge daarvan sê. Die gelofte wat aan MY gemaak is, is al lankal klaar betaal deur die kerkie wat hulle vir MY gebou het. Die kerk is nie vir MY iets waarin Ek bly nie, want julle harte is MY tempel, maar hulle het gedoen wat hulle aan MY beloof het. Ook wat die opvoeding van julle kinders betref, het hulle en julle gedoen wat daar belowe is. Die opvoeding van julle kinders mag nooit ophou nie en julle moet hulle gedurig van MY leer en ook die Slag van Bloedrivier aan hulle oorvertel net soos elke ander gebeurtenis wat plaasgevind het waarin EK groot gemaak word. Daarin is die gelofte afgelê. Julle weet dan ook wat die regte sabbat is wat vir My welgevallig is en daarom moet julle nie iets van die dag maak en dink dat dit ‘n heilige dag is nie. Elke dag is net soos die ander vir My en wat EK wil hê is dat elke dag vir julle ‘n sabbatdag moet wees deur jou werke en jou hart. Dan is daar nog ‘n paar onduidelikhede in verband met die slag van Bloedrivier wat EK aan julle wil bekendmaak. Tydens die geveg het EK van MY engele uitgestuur tussen die hordes barbare in om hulle van kant te maak en die Boere by te staan. Die barbare het geskrik, omdat hulle MY in MY volle glorie gesien het en wou nie verder veg nie, uit vrees vir MY hemelskare wat hulle gesien het. EK het egter sekeres se oë gesluit gehou vir MY engele en hulle het dan die voorstes aangepor om te veg en in die laer te kom. Die voorstes het egter teruggedeins toe hulle MY engele kon sien en is dan ook deur die agterstes vorentoe gestamp tot in die hande van MY engele. Dit was dan ook waarom die klomp so onder mekaar baklei het. Die voorstes wou terugval, maar is deur die agterstes na vore gestoot en die voorstes was verbouereerd en het oor mekaar geval. Dit kon die Boere waarneem en was ook daardeur versterk, omdat hulle die eenheid tussen die barbare geken het. Die boere kon egter nie MY engele waarneem nie en het maar net voortgeveg. Die voorste linies is dan ook so afgemaai deur MY engele en nie die Boere nie, omdat daar baie dinge was wat teen hulle getel het. EK het elke man daardie dag so sterk in MY gemaak, dat hulle voortgeveg het en dit vir hulle gelyk het dat dit hulle self was wat die geveg lei. Maar EK het die geveg gelei en die oorwinning gegee. Dit sal nou ook weer so wees met die gevegte wat binnekort gaan uitbreek en EK sal weer die gevegte lei. EK sal aan julle die oorwinning gee oor elke vyand van MY en nie een van julle sal omkom nie. Dit sal vir julle die tweede slag van Bloedrivier wees waartydens julle MY weer sal vra vir die oorwinning en Ek sal dit weer aan julle gee. Weereens sal die wêreld toekyk en dit nie kan glo nie. Hulle sal weet dat dit nie uit julle uit kom nie, aangesien julle te min en te swak sal wees om so ‘n oormaat vyande te kan verslaan. Dit sal dan ook die rede wees dat MY ander kinders in die ander lande hierheen sal kom. Hulle sal hulle by julle kom skaar, omdat hulle MY GEES hier bespeur. MY Sion sal dan almal bymekaar wees en EK sal dan self hier by julle wees en met julle kom praat en julle vir die komende tyd versterk. EK sal tussen julle wees soos die een tussen die ander. Julle moet MY nou al liefkry, sodat julle MY daar sal kan herken en sal weet wie EK is. Sonder die liefde sal julle MY nooit herken nie, omdat liefde liefde herken. Dit help nie net om op MY te vertrou nie, omdat die liefde eerste kom. Dink elke dag aanhoudend aan My en vrees nie die bose aanslae nie, omdat hulle magteloos teen MY is net soos by Bloedrivier. Maar julle sal ook moet veg in die gees soos in die vlees by Bloedrivier. Julle mag nie agteroor sit en niks doen nie. Sou die boere dit gedoen het, sou EK hulle nie verlos het nie. Voer self oorlog teen die bose in die gees deur MY die heeltyd aan te roep en die bose versoekinge te vermy. Glo, al kan julle nie sien nie. Hulle kon nie MY engele sien nie en tog is hulle deur MY engele gehelp en bygestaan. Dit sê EK aan die reine nageslag van daardie vegters by Bloedrivier. Lê geloftes aan MY in julle harte af en EK sal julle help en uitred. Die gelofte in die hart wat My welgevallig is, is die reine liefde vir MY en julle naaste.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205