DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 23
22 Des. 2007 06:30
Om julle is baie “Christene”. Hulle is op die oog af pragtige mense met ‘n sterk geloof in MY. Hulle help ander mense en lyk of hulle, hulle naaste liefhet, soos wat EK julle beveel het. Maar as die sware tye gaan kom, gaan hulle ware kleure tevoorskyn kom. Sê nou maar iemand raak aan hulle rykdomme. Hulle sal in ‘n woedende vretende monster verander omdat sy besittings “syne is waarvoor hy hard gewerk het”. Is dit nie so nie? Ken julle nie ook sulke “liewe” mense nie? Liewenheersbesies, is wat EK hulle noem. Hulle is pragtig van buite af, maar van binne is hulle heel anders as jy hulle van naderby bekyk. MY kinders, pasop vir sulke mense en wees op die uitkyk daarvoor om nie deur hulle aangeval te word nie. EK sal aan julle wys wie sulke mense is in die Gees en julle moet hulle liefs vermy. Wees egter nie bang vir hulle nie, want hulle beland maklik op hulle rûe en sal julle nie kan skaad nie. Hulle verloor maklik hulle vashouplek aan MY, omdat hulle nie regtig in MY was nie, maar meer op MY. EK is net vir hulle ‘n gerieflike sitplek en hulle sal maklik weer wegvlieg en op ‘n ander plek gaan sit as hulle hulle vlerke sprei. Vinnig sal hulle MY verlaat en hulle in hulle besighede instort sonder om weer aan MY, hulle vorige sitplek, te dink. Dit is nie ‘n vaste geloof in MY nie, MY kinders en hulle sal nie kan staande bly in die groot geloofstryd wat kom nie. Die dag as EK met MY reiniging kom, val hulle op die grond sonder krag en probeer regop kom. Dit is dan vir hulle ‘n buitengewone swaar las en hulle gooi MY heeltemal weg. Maar EK is genadig en terwyl hulle ly, word daar dan ook van hulle “eie ek” ontslae geraak en word hulle reiner, omdat hulle besef dat hulle ook vol sonde is. In MY groot genade sal hulle dan almal omskep word in iets beters wat vaster in MY groei en nie meer soos ‘n gogga is wat vinnig wegvlieg nie. Groei in MY vas sodat julle nie kan afval nie, MY geliefde kinders. EK weet wat nog in die toekoms vir julle voorlê en sal julle vashou sodat julle nie val nie, mits julle nie soos die wêreldse Christen net op MY sit, omdat EK ‘n gerieflike sitplek is nie. EK is die rots waarop julle moet bou. Bou op MY, moenie op los sand julle tuistes maak nie, want as die storms gaan kom, en glo MY, dit is nie vêr nie, gaan almal wat op die los sand sit, weggespoel word. EK het julle lief en waarsku julle voor die tyd.
Amen
 
(Hier volg die volgende wat ek vanoggend gesien het voordat Vader hfst. 23 aan my gedikteer het. Vader het gesê dat ek nou maar kan praat en aan almal vertel. )
“Ek is by Jashua en HY sê dat ek op sy kleed moet kyk. Daar sit ‘n rooi gogga soos ‘n “ladybird”. Ek moet van naderby na die swart kolletjies op sy rug kyk. Dit is reghoeke met goue kruise op. Bybels. Vader vra my of dit iets goeds of slegs is. Ek weet nie, want rooi is gevaar maar ‘n ladybird is ook ‘n nuttige insek. Vader wys my sy gesig en mond van naderby en vra of ek daarvan sal hou om in sy kake te beland. Ek sê nee, dan is dit nie iets goeds nie. Die gogga val af en lê op sy rug en skop. Toe hy omgedraai word, het die Bybels en van die rooi afgeskuur en sit daar rooi en wit strepe op sy rug.
Betekenis: Mense wat met die Bybel onder die arm rondloop sodat almal kan sien dat hulle Christene is. Maar hulle is verskeurende roofdiere wat ander opeet. As die swaar tye kom waar hulle op hulle rûe lê, vergeet hulle van My en My woord. Hulle eie ek word dan kleiner as hulle so sukkel en hulle word gereinig. Daarom die rooi en wit strepe. Die rooi op sy rug is ‘n aanduiding van ydelheid en eie ek. Ek sê toe vir Vader dat hy steeds ‘n ladybird wat verskeur, bly. Vader sê dat hy in iets beters sal verander as hy heeltemal van homself vergeet het. Ook die feit dat hy op Jahshua se kleed sit, wys dat hy kamstig aan HOM vashou, maar as die reiniging kom, val hy af en lê op die grond en skop en sukkel om regop te kom. Hy was nooit vas aan Jahshua nie. Raak maklik afvallig. ”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205