DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 13
17 Des. 2007 07:36
Kom sit op MY skoot, wil EK julle almal nooi. Wees rein, sodat jy op My skoot kan sit, terwyl die wêreld om jou draai en swaai soos ‘n dronkaard. Solank jy by MY sit, kan niks jou onderkry nie en jy sal veilig en geborge voel, al raas almal om jou en met jou. My kinders, kyk na ‘n klein seuntjie wat by sy pa sit. Kyk hoe gelukkig lyk hy. Hy voel vir niks bang nie en sal nie vrees as iemand op hulle afkom nie, omdat hy weet dat sy pa hom sal beskerm. Dit is wat EK ook met julle sal doen wanneer julle by MY kom sit. Al verskil is, dat julle aardse vaders julle nie so kan beskerm soos wat EK julle kan beskerm nie. Julle sal niks hoef te vrees as julle by My sit nie. Wees bly dat EK julle uitnooi om by MY te kom sit, aangesien daar baie weeskinders om julle is wat na die aanraking van ‘n pa smag. Julle word deur My uitgenooi, sodat julle krag kan kry en ‘n stukkie brood ter versterking van jou gees. Gaan diep in jou hart in en soek My daar. Wanneer jy MY daar gevind het, moet jy MY vra om ook jou op MY skoot te tel en te vertroetel en jy sal nie kan glo hoe sterk jy dan sal voel nie. Die wat nie op My skoot wil sit nie, sal baie hartseer wees omdat hulle dan afgeskeep voel en nie die krag sal hê om voort te gaan nie. Kom MY kinders, moenie op julle laat wag nie. Los alles net so en hardloop na MY. Alles wat EK hier aan julle sê beteken net die volgende; soek na MY met jou hele hart, die hele dag. Roep na MY en EK sal na jou kom. Trek My met geweld na jou die hele dag en vra My om by jou teenwoordig te wees vir ewig. Bid sonder ophou en vra na MY. Begeer My met jou hele hart, sodat EK by jou kan kom woning maak en die hele tyd by jou kan wees. Ja, EK is orals teenwoordig, maar waarvan EK praat is die bewuste teenwoordigheid in jou binneste. Julle almal moet glo dat EK hier by julle is, maar Ek wil hê dat julle My die hele tyd in jou binneste voel. Dit is nie so maklik nie en daarom sê EK dat julle MY dit moet kom vra en EK sal MYSELF aan julle openbaar en julle sal voel hoedat Ek hier in jou binneste is. Dit is nie net woorde in die wind nie, maar die waarheid en daar is al mense wat heeltemal verstaan wat EK nou hier vir julle sê. Hulle voel MY al bewustelik in hulle binnekant en weet dat EK die hele tyd daar is. Elkeen van hulle kan voel hoedat hy/sy op My skoot sit en vertroetel word en dit is die plekkie waarheen hulle die hele tyd heen vlug. Hulle sit gedurigdeur op My skoot en word deur My vertroetel en kan die dag ingaan met krag, want hulle weet dat EK daar is. Hulle hoef niks te vrees nie, want EK maak hulle sterk vir die dinge wat kom. EK nooi julle nou weer uit om na MY te kom sodat EK by jou kan kom woning maak en jy MY bewustelik kan voel. Glo net en moenie MY Woorde ligtelik opneem nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205