DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 32
28 Des.2007 8:26
Ek is saam met Jahshua by ‘n groot dam en HY sê dat Ons op die bodem moet gaan kyk wat daar aangaan. Ons loop op die bodem en daar lê groot goed rond soos klippe en ander gemors wat mens op die bodem van ‘n baie groot dam aantref. Die water het ook ‘n vieslike vuilbruin skynsel en dit maak my nogal bang. Jahshua vat my na die sluis toe en ek sien ‘n magtige hoop water wat daar uitval. Dit is ‘n ontsettende klomp water en HY wys my dat jy in die gees daar kan loop. Die water is nog steeds vuil, maar die groot gemors het in die dam agtergebly en lê op die bodem. Jahshua wys my verder hoe die water deur verskillende prosesse gaan om gesuiwer te word tot dit onder in ‘n pragtige rivier wat rustig vloei uitkom. Die water in die rivier is silwerskoon en Jahshua skep vir my ‘n glas daarvan. HY vra my of ek dit sal drink en HY hou die glas teen die lug sodat ek dit kan bekyk en onsuiwerhede kan soek. Die water is silwerskoon en sonder enigiets wat daarin ronddryf. Ek drink die water en dit is heerlik soet. Jahshua sê vir my dat dit is hoe SY volk vir HOM is. HY moet ons volk ook deur sulke reinigingsprosesse vat om silwerskoon, drinkbaar en rustig aan die anderkant uit te kom.
 
Vader dikteer:
Ja MY kinders, julle is vir My soos ‘n groot hoop waters waarin daar allerhande dinge is wat nie daar hoort nie. EK kan julle nie “drink” nie en sal julle eers moet suiwer soos wat EK elke een afsonderlik ook moet suiwer. Al die probleme in julle land is deel van MY suiweringsproses en julle sal tot op die laaste gesuiwer word sodat Ek julle kan “drink”. Waarom dink julle dat EK julle oorgegee het in die hande van ander nasies sodat hulle met julle kan maak wat hulle wil? Dit is om julle te reinig van julle vuilheid wat geheers het in julle harte. Daar was wette wat julle verbied het om sekere dinge te doen en almal wat dit wel gedoen het, het dit in die duisternis gedoen. Dit was verkeerd in MY oë, maar julle ander wat daaraan onskuldig was, het nie eers geweet van jou buurman se onheil nie. Daardie vuilheid het Ek ontbloot en julle kan nou almal sien wie die is wat met ander nasies oortree het in die duister, toe dit nog onwettig was. Hulle doen dit nou openlik en sal deur MY op die bodem van die dam gelaat word, sodat Ek net met die kan aangaan wat ten minste suiwer in daardie opsig gebly het. Tussen die wat oorgebly het, is daar weer ander verkeerde dinge wat tussen hulle geheers het, waarvan die buurman ook nie geweet het nie. Hoeveel maal was daar gesinne waarvan die pa van die huis homself telkemale tot in die afgrond ingesuip het en dan sy vrou en kinders aangerand het? Baie keer is niemand eers daarvan bewus nie en dit sal Ek ook uitbring en suiwer. Daar is baie sulke dinge in julle volk wat EK vir julle een vir een kan uithaal, maar dit is nie nou MY plan nie. Wat EK by julle wil tuisbring is die volgende: EK SIEN ALLES! EK WEET VAN ALLES EN HOOR ALLES.! My kinders, EK weet van die dinge wat teen julle gedoen word ook, en sal dit nie ongestraf laat verbygaan nie. Bly by MY, sodat EK julle kan suiwer en julle in die skoon rivier kan opeindig en EK julle kan opneem in MY ryk. MY Sion moet vir MY rein wees, omdat EK nie ‘n onrein bruid vir MY tot vrou kan neem nie. Lewe rein met julle huweliksmaats. Lewe rein met julle kinders en lewe rein met julle bure. Wees nie bevrees vir die reiniging nie, omdat EK die wat deur al die prosesse gaan, nooit sal verlaat nie. Julle almal wat dit wil deurgaan sal skoon anderkant uitkom waar julle in rustige vrede met mekaar sal leef en met MY in julle midde. Die groot suiwering gaan een-van-die-dae begin en dan moet julle net op MY vertrou om julle heelhuids anderkant uit te bring. Die ander nasie dink dat die GOD van Abraham, Isak en Jakob nie meer bestaan nie en dat EK julle vergeet het, maar hulle sal met ‘n baie groot skok tot die besef kom dat hulle al die jare verkeerd was. My kinders, EK sal julle uit die hande van die bose red en deur al die dinge wat julle gaan moet deurmaak, sal julle gereinig word tot op die laaste druppel en julle sal helder aan die anderkant uitkom. Kom skuil by MY sodat Ek jou kan dra in MY Vaderarms en jy sal niks oorkom nie. Dit sê EK, die Vader van Abraham, Isak en Jakob aan die nageslag van Israel.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205