DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 50

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 50
 4 Jan.2008 6:20
Ek staan by Jahshua en daar skyn ‘n mooi lig soos die vroeë môre son op HOM. Skielik is dit pikdonker om ons en Jahshua sê dat ek net na HOM moet kyk. Ek kyk na HOM en is glad nie bang nie. HY sê ek moet luister en sê wat ek hoor. Ek hoor die haastige voetstappe van swartes en hoor hulle gedemp praat. Hulle is baie haastig. Ek hoor vensters wat breek en deure wat met geweld oopgeskop word. Dan hoor ek hulle hard skree en praat en ek hoor mense gil. Ek hoor ‘n meisie gil en die aanvallers wat brul en onaardse geluide maak terwyl hulle die mense in die huis aanval en vermoor. Daar is verwoesting in daardie huis en ek hoor dat hulle goed breek. Jahshua sê dat ek saam met HOM in die huis in moet gaan. Ek is nie een vir geweld nie en vra HOM of dit werklik nodig is, omdat ek alreeds ‘n prentjie daarvan gevorm het, maar HY sê dat ek saam moet kom. HY is die hele tyd by my en wys alles wat daar gebeur het vir my. In die eerste kamer waar ons kom lê ‘n meisie op die grond en haar keel is afgesny en sy is onteer. Haar kaste se deure is stukkend geskop, maar niks is uit die kaste nie. Haar radio wat op die bedkassie gestaan het, is weg. Daar lê ‘n mes vol bloed op die vloer. Jahshua vat my na haar ouers se kamer en ek sien hulle lê nog in hulle beddens maar die beddegoed is heeltemal stukkend gekap en jy sien net bloed. Hulle is dwarsdeur die beddegoed in stukke gekap. Die spieël is stukkend en die kaste is ook net stukkend geskop. Daar is ‘n badkamer aan die kamer en daar is ook verwoesting gesaai. Ek het net een geweerskoot gehoor klap toe hulle in die huis ingegaan het en Jahshua sê dat hulle nie die mense wil skiet nie, omdat hulle ons so haat en hulle woede op ons wil uithaal deur net te kap en kap en kap. Jahshua sê dat die mense nie na SY waarskuwings wou luister nie. HY wys my hoe dit by die mense lyk wat HOM liefhet en SY waarskuwings ter harte geneem het. Ek sien daar is ook swartes en hulle staan buite die huis, maar kan nie inkom nie. Die mense slaap ook. Elke keer probeer een om deur te breek en dan gaan daar iets soos skokke deur sy liggaam en hy word agtertoe gegooi en hy skree van pyn. Hulle kan glad nie deurkom nie en word deur Vader se engele weerhou daarvan. Vader sê dat ons wat HOM liefhet, beskerm sal word, hoewel ons ook aardse dinge gaan verloor, maar ons voertuie sal ook beskerm word.
 
Vader dikteer:
Hierdie is ‘n voorstelling van wat gaan gebeur in julle land. Dit sal net so gebeur in honderde huise en mense gaan links en regs deur julle verdrukkers vermoor word, maar MY kinders, wees nie bevrees nie. EK sal julle beskerm, net soos wat EK aan MY skryfkneg gewys het en EK sal julle deur al die gevare dra. Niemand sal geskaad word wat MY liefhet nie en EK sal persoonlik na elke een van julle omsien. Maar MY kinders, julle moet dit julle taak maak om MY elke dag te soek in die stilte van jou binnekamer en MY lief te hê. EK is nie net iemand om op terug te val wanneer jy in die moeilikheid is nie. EK is jou Vader en jou Vader moet jy liefhê. Julle staan onder geen dwang om MY lief te hê nie en EK wil nie outomate hê wat MY aanbid nie, maar vir julle eie beswil moet julle julle na MY haas met spoed, omdat hierdie dinge nie meer vêr is nie. EK weet wat in elke een se hart aangaan en weet ook wat die vyand in die geheim bespreek en beplan. EK waarsku julle dat die vyand buitengewoon wreed is en nie eers ‘n babatjie sal ontsien nie. MY skryfkneg is geskok en voel nie lekker hieroor nie en wil graag van MY weet wat sy moet doen met die mense wat nie wil hoor nie. EK het aan haar gesê dat EK haar net díe sal wys wat na MY woorde sal luister. Sy ken mense wat geen ag hierop slaan nie en wil ook hê dat EK hulle moet help, maar EK het aan haar gesê dat hulle van al hierdie dinge kennis dra, maar dit afmaak as praatjies. MY kinders, EK weet dat julle almal sulke mense ken en ook bekommerd oor hulle is, maar EK wil julle gerus stel deur te sê dat hulle dit so verkies. Hulle verkies om nie na MY waarskuwings te luister nie en sal die vrugte daarvan moet pluk. Elke een sal kry wat hy graag wil hê en as jy reg kies, is dit niemand se skuld as jou buurman verkeerd kies nie. MY kinders, EK wil elke een van julle na MY roep en julle versterk vir die tyd wat kom en EK wil julle verseker dat diegene wat op MY bly wag, niks sal oorkom nie. Die ander mense wat wel sal omkom omdat hulle nie wil luister nie, sal ook deur MY begenadig word in die hiernamaals en dit sal vir hulle iets wees wat hulle moet deurgaan om gesuiwer te word. Onthou, die aardse lewe is nie die spil waarom alles draai nie en EK is bekommerd oor elke een se siel. Deurdat EK dit toelaat, sal hulle ook na MY begin roep en EK sal hulle te hulp snel, maar eers in die lewe hierna. Dit sal die enigste manier wees waarop EK nog ‘n bedorwe geslag kan red en hulle sal MY ook leer ken .Dit lyk vir julle wreed en onregverdig omdat EK gesê het dat julle nie meer met die wat nie wil hoor nie, moet praat nie, maar dit is hulle keuse en julle mag ook niemand dwing nie, omdat EK niemand dwing nie. EK is ewig genadig en sal hulle ook genade bewys op die regte tyd. Hier op aarde in hulle aardse liggame is egter nie die regte tyd nie en hulle sal eers deur diep waters moet gaan sodat hulle gereinig kan word. Dit is ook deel van die reiniging van MY volk en EK sal elke liewe mens reinig, al bly hy leef in die duister tyd wat kom. Julle sal almal ‘n swaar tyd tegemoet gaan en sal daardeur van alle onsuiwerhede in julle gesuiwer word. Dit is nie net die ongehoorsames wat gesuiwer moet word nie en EK sal met elke een werk. Julle besef nie julle eie onreinheid nie en sal eers daarvan bewus word, terwyl EK julle skoonmaak. Maar een ding moet julle onthou en dit is, dat alles wat EK doen, net uit die grootste liefde gedoen word en dit julle almal, selfs die wat wreed vermoor word, tot voordeel sal strek. EK wil julle almal eendag teen MY bors vasdruk en sal dit nie nou kan doen terwyl julle so onrein is nie. Sien MY liefde in die reiniging en julle sal bly leef. Gee julle aan MY oor en die reiniging sal dan ook op die sagste manier geskied. Die wat hulle nie aan MY reiniging wil oorgee nie, sal op die harde manier gereinig word en moenie MY beskuldig van hardheid nie, omdat EK net moet doen wat vir hulle sieleheil die beste is. Daar is die onder julle wat alreeds die reiniging ondergaan en sal daarvan kan getuig dat EK baie sag te werk gaan wanneer alles net so in MY hande oorgegee word. MY kinders, EK moet julle bad, want julle is vol modder en julle kan dan nie op MY skoot sit nie. As jy stilsit terwyl EK jou bad, is dit vinnig oor en jy sal rein wees om op MY skoot te sit, maar aan die wat nie wil stilsit nie, wil EK sê “Dit sal jou eie skuld wees as EK harder moet werk om jou skoon te maak.” EK sê hierdie nie aan julle om julle bang te maak nie, maar omdat EK julle goeie raad wil gee.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205