DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 10
16 Des. 2007 06:04
Laat julle hart nie ontsteld wees nie. Glo in MY, glo ook in God. Dit was die woorde wat Ek vir MY dissipels gesê het, ‘n klein rukkie voordat EK gevange geneem is. Die vraag binne party van julle is die eenheid tussen My en MY Vader en GEES. Dit is vir baie van julle ‘n baie tere puntjie en niemand verstaan dit nog reg nie. Selfs MY skryfknegte verstaan dit nog nie goed nie en daarom is dit vir MY noodsaaklik om dit weer ‘n keer aan julle te verduidelik. Verbeel julle hier is ‘n man van vele talente. Hy kan kos kook, goed teken en is ‘n bobaas tuinier. Maak dit van hom drie verskillende mense as ons sê dat hy ‘n kunstenaar, ‘n kok en ‘n tuinier is? Nee, dit is nog steeds een man met verskillende talente. Nou, EK is Liefde, Wysheid en Krag. Maak dit van MY drie Gode? Is EK, omdat EK Liefde is, iemand anders as wanneer Ek Wysheid of Krag is? Nee, EK is nog steeds dieselfde liefdevolle Vader. Hoe kan ‘n man drie verskillende mense wees as hy ‘n pa, ‘n oupa en iemand se wederhelfte is? Dit is onmoontlik en kan nie gebeur nie. Net so is EK julle Vader, Verlosser, Broer en Vriend tegelyk, maar nog steeds is EK ELOHIM ook. Die Enigste ELOHIM wat bestaan. Geen driehoof is EK nie. EK is Liefde, omdat alles deur MY Liefde onderhou word, EK is Wysheid omdat alles bly bestaan in die beste orde en EK is Krag of Mag, omdat niks MY skepping kan vernietig nie. Dink nie aan MY as hierdie God wat op drie trone sit nie. Dit is iets afgrysliks en moet MY ook nie altyd as drie afsonderlike Mense sien nie. EK is EEN. Al MY eienskappe is bymekaar en kan nie geskei word nie. Niemand kan drie mense wees, net omdat hy van uiteenlopende dinge iets af weet nie. Vrees MY nie as drie Gode wat elkeen SY straf op jou gaan laat neerreën nie, want EK is EEN en niks kan MY skei van MY ander eienskappe nie. Dit noem EK GEESTE en daar is baie eienskappe of GEESTE wat EK het, maar EK is nog steeds EEN. Dit moet julle nou begin verstaan en alles wat nog onduidelik is, sal aan julle duidelik gemaak word, die oomblik met julle eenwording met MY. Glo net hierdie woorde van MY en raak bevry van hierdie misverstand wat om MY heers.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205