DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 40
31Des. 2007 05:29
Jahshua hou MY in SY arms vas en vra my wat ek sien. Ek sien ‘n groot koepel van wit glas wat oor ‘n area is. Jahshua vat my na die koepel en Ons kyk deur die glas na onder. Ek sien dit is dieselfde gelykte tussen die berge waar Ons net-nou was. Jahshua daal neer en SY arms word lank en omvou al die huisies. Ek sien dat al die mense skielik in SY arms is en ek dink daar is nie plek vir my nie. Ek klou aan SY voete vas en toe ek weer sien is ek ook in SY arms waar HY almal tegelyk vashou. HY sê vir my dat HY altyd plek het om almal gelyk vas te hou. HY vaar op met almal in SY arms en sit baie mense neer op die blinkende berg wat ek in vorige kere gesien het. Die ander vat HY saam met HOM en hulle word weer op ‘n ander plek neergesit. Die leë huisies is al wat oorbly.
 
Vader dikteer :
Ek kan almal gelyk in MY groot Vaderarms hou en sal nie een van julle agterlaat nie. Moet nooit dink dat EK die een liewer het as die ander nie, want EK het vir julle almal dieselfde lyding deurgegaan. EK het nie vir die een minder gely as vir die ander nie. Julle moet almal glo dat julle elkeen spesiaal vir MY is en EK het elkeen gemaak soos wat EK hom/haar wil hê. Julle sal almal, afgesien van julle verskillende karaktertrekke, deur MY opgetel word en op die regte bestemming neergesit word. EK is in beheer van alles en weet wie waar moet kom. Elke een van julle het in julle harte ‘n spesiale plek vir MY en daarom het EK ook ‘n spesiale plek vir julle berei. Gee jouself net aan MY oor en wees nie bang dat jy nie ook ‘n plekkie sal kry nie. My Vaderarms is so wyd dat die ooste en die weste heeltemal in MY arms sal kan wegraak. Julle moet net weet dat julle na die regte plek gaan wat EK vir julle berei het en dit weet EK alleen, waar dit die beste vir elke een is. Julle sal nie ontevrede wees met julle lot nie, want EK het julle opgetel en julle sal geluksalig in MY arms wees tot EK julle na die regte bestemming vat. Kom sit op MY arm sodat EK jou kan vertroetel en jy sal nie omgee na waar EK jou neem nie. Wat vir jou die beste en lekkerste is, sal EK vir jou gee, want EK is die beste Vader met die meeste liefde vir SY kinders. Laat MY net toe om jou op te tel en jy sal nie spyt wees nie. Dit sê EK, julle liefdevolle Vader wat daarna uitsien om julle in MY arms vas te hou.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205