DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 14
18 Des. 2007    05:57
Telkemale het EK elkeen van julle wat nou hier lees uit ontsaglike gevare gered en beskerm, sonder dat julle eers daarvan bewus was. Neem nou maar ‘n voorbeeld van MY skryfkneg. EK het haar gister van ‘n gewisse dood gered waarvan sy nie eers bewus was nie. Ja, sy sit nou hier stom van verbasing terwyl sy tik en was nie eers bewus van skynbare gevare op haar pad nie. Sy het na haar ouers gegaan en daar was sy besig om vir hulle tee te maak. Die kragprop was nat en daar was water op die kas gewees. Die elektriese stelsel was foutief sonder dat sy eers daarvan geweet het, maar sy het sonder om te skok vir almal tee gemaak en haar gang gegaan sonder om te skok. Dit en nog baie ander dinge kon gister met haar gebeur het en sy was nie eers van die gevare om haar bewus nie. Hoeveel male het EK julle nie uit gevare gered waarvan julle nie eers weet nie? EK red sonder ophou sodat julle na MY kan kom terwyl julle nog lewe. Daar is baie mense wat al hulle lewens afgelê het en nou aan hulleself moet werk in die hiernamaals en baie spyt is dat hulle nie harder gewerk het toe hulle nog ‘n liggaam op aarde gehad het nie. Hulle swoeg en sweet aan die anderkant om iets te kan bereik wat julle in ‘n dag kan bereik hier op aarde. Die gestorwenes soek baie langer na MY en kan MY nie so maklik vind soos julle nie. Daar moet eers baie dinge met hulle gebeur om hulle te reinig en dan kan EK eers na hulle kom terwyl EK na julle kom terwyl julle gereinig word om julle by te staan. EK is genadig aan almal en sal hulle aan die anderkant ook help, maar hulle het hulle kanse hier op aarde baie verspeel en kan daarom nie bereik wat julle hier kan bereik, net deur ‘n enkele daad van liefde nie. Die liefdesdade versamel vir julle baie lig en die oomblik van dood is dan helder verlig vir julle terwyl daar baie is wat in diepste van duisternis sit en versmag sonder ‘n enkele liggie om hulle te laat beter voel. Daarom sê EK dat julle julle aardse lewens nie moet verspeel deur verkeerde dinge te doen nie, en dat julle liefde moet bewys aan julle naaste en eerstens aan MY. EK sal julle van krag voorsien, sodat julle kan doen wat Ek julle sê. Moenie dink dat Ek net praat nie, MY kinders! EK maan julle om te luister na wat EK aan julle probeer sê. Wees getrou en doen My woorde wat Ek aan julle gee. Dit sal julle siele verryk, sodat julle verder kan gaan in lig en nie duisternis nie. EK beskerm julle hier op aarde sodat jy nog langer kan leef om aan jou siel te werk en nie om te verspil nie. Baie min mense verstaan dit en nadat EK hulle van ‘n gewisse dood gered het waarvan hulle bewus is, is hulle maar te bly dat hulle voort kan jol sonder ‘n enkele gedagte aan MY. Dit is nie die rede dat EK julle beskerm en red nie. Arbei dag en nag aan jou siel, sodat jy die hoogste kan bereik hier op aarde. Onthou, jy kry nie weer ‘n kans om dinge te kom regmaak nie! Daar is nie iets soos reïnkarnasie waartydens jy weer aarde toe kan kom omdat jy tydens jou vorige lewe alles verkwis het nie. Daar is net een kans wat aan almal gegee word om dinge reg te maak met MY. Al wie weer na die aarde kom, is die ligwesens wat hiernatoe kom om hulle broers en susters by te staan en na MY te lei. Dit is nie vir hulle lekker om weer na die aarde terug te keer nadat hulle eers by MY was nie, en dit kos baie liefde van hulle kant af om weer ‘n liggaam aan te neem en na die stinkende aarde terug te keer. Dit word net gedoen deur MY groot genade wat EK aan julle almal wil bewys, deurdat EK engele in menseliggame stuur om julle op die regte pad te help. Dit is geen reïnkarnasie nie, dit is onbaatsugtige hulp van MY kant en van hulle kant af. Gaan oordink hierdie stuk wat EK vir julle gegee het en weet dat Ek julle nog uit baie groot gevare sal red omdat EK julle liefhet en julle attent maak op julle geestelike lewe.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205