DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 24
23 Des. 2007 05:45
Vader wys my ‘n klomp berge en die berge is baie donker. Swart om presies te wees en dit lyk glad nie mooi nie. Maar daar anderkant in die verte sien ek ‘n pragtige helder berg wat amper soos ‘n pêrel lyk. So “metallic”. Die son kom op en die berge word helder verlig. Die ander berge se lelikheid word duideliker maar die pêrelberg blink so pragtig in die son dat ek na my asem snak. Daar val ‘n pragtige druppel op die berg en die berg verander in dieselfde kleur as die druppel. Mens kan dit eintlik nie ‘n kleur noem nie, omdat die druppel soos vloeibare glas lyk wat in al die kleure blink, skitter en skyn soos die mooiste kristal. Die berge rondom smelt weg terwyl die pêrelberg in die grootste en mooiste diamant verander wat vreeslik mooi skitter. Vader sê dat ek binne in die deursigtige berg moet inkyk. Daar op sy rug lê ‘n pragtige seuntjiebaba. Hy lê kaal en skop en lag tevrede. Dit lyk soos my eie baba van 8 maande. My hart is ‘n diamant wat al die reënboogkleure uitstraal en dit val op die baba. Hy lag tevrede en jy sien net twee tandjies wat onder uitsteek. Hy probeer met sy handjies om aan die kleure wat op hom val te vat en maak geluidjies. Op sy voorkoppie is VADER se Naam geskryf. Ek moes die babatjie optel en met hom gesels en hom leer.
 
VADER dikteer die volgende aan my:
Julle is die berg Sion wat EK liefhet en wie EK in MY arms dra sedert ewigheid. Julle blink soos ‘n pêrel waarop die son skyn omdat daar liefde by julle te bespeur is. Liefde, MY kinders, gee lig en EK is Liefde. EK gee lig aan almal wat na MY soek. Hulle sal MY sien en vir MY skyn te midde van ‘n duister wêreld. Sorg dat julle elkeen wat hier lees na MY woorde luister, want die smeltkroes is baie naby en almal wat nie deel van MY Sion is nie, sal deur MY GEES tot niet gemaak word. MY kinders, die einde van die aarde is in sig en EK wil julle almal weereens waarsku dat julle baie naby aan MY kom en by MY kom skuil, sodat EK MY GEES in oormaat op julle kan uitgiet, sodat julle soos die berg sal verander in sprankelende diamante wat net vir MY skitter. Wees nie bang as die wêreld om jou smelt nie. Klou aan MY vas en wees gerus. As jy MY liefhet, is jy deel van MY berg, maak nie saak waar op aarde jy is nie. Dra MY net in jou hart en EK sal julle ook hier na MY berg bring. Saam sal julle dan skitter en daar sal vir MY ‘n klein kind gebore word, rein en sonder smet. ‘n Klein kindjie wat My van geboorte af sal liefhê. MY GEES sal op hom skyn en in hom wees en in vrolikheid sal hy voortleef op die nuwe aarde, waar al MY troue knegte wat vooruit gegaan het na hom, sal kom en hom sal leer van MY GEES. Hy sal nie moeite hê om dit te verstaan nie, omdat hy vervul van MY GEES sal wees. MY kinders, EK wil hê julle moet mooi gaan kyk na wat EK hier bedoel en dink hieroor na, omdat dit baie belangrik is en EK julle hierdeur wil leer om dinge in die gees te bekyk.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205