DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 16
19 Des.2007 06:08
In en om My wese is dit helder lig. EK wil julle van die duisternis bevry en julle in hierdie lig van MY inlei.Vertrou net dat dit die waarheid is en dink diep na oor My met jou hart, nie jou verstand nie. Jy sal MY weldra daarbinne vind. EK is in jou hart, MY kind en Ek wag om gemeenskap met jou daar te hê . EK sal jou by jou hand tot op MY berg lei en daar sal Ons bymekaar wees terwyl EK jou lering gee. Almal wat dit graag wil beleef, sal deur My daar gebring word. Kom na MY met jou hele hart, siel en gees en konsentreer baie hard binne jou hart. Fokus net op MY, Jahshua, julle Liefdevolle Vader en jy sal MY begin aanskou sodat jy sal besef dat EK werklik binne jou hart is. EK sal jou daarheen lei waar jy met MY een sal wees en waar EK met jou sal speel. Dit sal ‘n ondervinding wees wat jy nooit sal vergeet nie. Terwyl EK jou leer, sal jy presies weet wat om jou aangaan en jy sal in die gees lewe terwyl jy in die vlees leef. EK wil met julle een wees en help julle op so ‘n manier om nader aan MY te kom sodat die eenwording met MY vinniger sal geskied. Moenie vrees nie, MY liewe kinders, dis EK wat in beheer is, Jashua, Jahweh, julle liefdevolle Verlosser. Dit is EK wat julle so na MY roep en elke een wat dit begeer om so deur MY geleer te word is welkom om na MY te kom. Kom in die gees na MY terwyl jy net aan MY dink en konsentreer hard. Sekeres onder julle sal ervaar dat julle vermoeid word om so te konsentreer, maar hou net aan, MY kinders. EK sal julle daardeur dra sodat julle MY ook kan aanskou in julle harte. EK wil so met elke een van julle verkeer en elke een leer en versterk vir die tyd wat kom. Gaan nou en bid sonder ophou. MY kinders, bid beteken nie net om met MY te praat in jou hart nie. Dit beteken ook om op MY te fokus en te konsentreer totdat jy in die gees by MY is. Julle sê baie keer dat julle in die gees êrens is. Dit is so wanneer jou hart op ‘n plek is waar jy nie met jou liggaam kan wees nie. Dit is ook wat EK van elkeen wat hier lees wil hê. Laat jou hart by MY in die gees wees terwyl jou liggaam op aarde take verrig. Hierdie is ‘n geskenk wat EK aan almal sal gee wat MY in die opregtheid en liefde in sy hart soek.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205