DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 39
31 Des. 2007 04:51
Jahshua sê in my hart dat ek in die gees na HOM moet kom. Ek is bewus van duisternis waarin ek verkeer, maar ek is nie bang nie, want ek sien Jahshua vir my wag aan die einde van ‘n baie donker gang. Ook was SY lig rondom my gewees terwyl ek geloop het. HY sê dat ek links en regs moet kyk. Daar is oë in die donker en ek kan sien dit is monsters en gedrogte wat my wil aanval. Ek sien ook ‘n groot kwaai hond aan ‘n ketting wat op my afstrorm. Dit lyk soos die hond wat altyd op die moderne klere is waarop daar staan “POWER HOUSE”. Ek deins nie eers terug nie en ervaar geen vrees nie. Hy kan nie naby my kom nie en al die gedrogte wat bo en onder my is ook nie. Dit is asof hulle nie deur die lig kan kom wat my omstraal nie. Ek kom aan die einde van die gang en is by Jahshua en HY vra my of ek bang was om deur die gang van duisternis te loop. Ek sê dat ek niks bang was nie, omdat ek HOM gesien het aan die einde van die gang, maar dat ek wel bang sou gewees het as HY nie daar was nie. Ek moet weer alles kom tik.
 
Vader dikteer:
Geen duisternis of dood kan julle van MY skei nie en tussen hordes van satan se werktuie sal EK julle deur bring tot by MY, waar julle in vrede aan MY voete sal rus. EK sal die wat op MY vertrou, nooit verlaat nie en al dreig die onheil en die dood om julle te verswelg, sal julle sonder enige gevaar anderkant uitkom. EK het my kneg met MY lig omstraal en die duisende demone en swart hordes kon haar niks aandoen nie. Sy weet nie dat sy regtig in die diepte van die hel was nie en dink dat dit net iets was wat EK haar gewys het. Sonder om te vrees het sy na MY gekyk en reguit, sonder om eers eenmaal deur die demone bedreig te voel, na MY toe aangestap gekom. Dit is die soort toetse wat EK op elkeen van julle se pad ook gaan bring. Tussen die wolwe en jakkalse sal julle moet deurgaan en julle sal veilig by julle bestemming aankom, sonder dat julle gevrees het. EK sal julle deur alles met My lig omgewe en julle sal nie deur die swart hordes of enige ander demoon aangeval kan word nie. MY lig is om julle. Soos MY kneg, sal julle ook bewus wees van die duisternis om julle, maar julle hoef niks te vrees nie. Wees MY net in alles gehoorsaam en EK sal julle uitlei in MY land van vrede. Dit is die waarheid en niemand wat nog ooit vir MY iets gevra het uit ‘n opregte hart, is nog ooit deur MY teleurgestel of verlaat nie. Baie keer voel dit vir julle ook of daar ‘n bedreiging naby is en dan vrees julle so ‘n bietjie. Wanneer jy vrees, verminder MY lig om jou en die bose kan dan nader kom. As jy met vertroue en moed voortgaan, is MY lig baie skerp om jou en die bose bly dan vêr weg. Julle almal weet dat die bose bang is vir die lig en dit nie sal waag om nader te kom nie. Vrees hulle nie, want hulle kan jou niks doen nie. EK, MY liewe kinders, is elke oomblik by julle en sal julle veilig by die bestemming uit laat kom en julle sal bly wees omdat julle op MY vertrou het. Dit sê EK vir julle, omdat EK julle wil versterk vir die komende tye wat baie duister en dreigend gaan wees. EK sê dit omdat EK weet hoe naby die probleme in julle land is en EK julle nou al wil verseker van MY teenwoordigheid om julle. Moenie vrees vir die swart hordes nie, hulle kan julle niks doen nie, al dreig hulle om julle te kom vermoor. Hulle is so skadeloos soos ‘n vlieg, vir die wat by MY kom skuil. Maar vir die wat vrees en huigelagtig met hulle saamgaan, sal dit nie so maklik wees nie en hulle sal deur hulle oorrompel en verswelg word. EK het julle genoeg tyd gegee om julle by MY te kom skaar en laat die wat dan nie wil nie, uit vrees vir die bose, dan maar aan hulle hande val. Dit is hulle eie keuse. Kom skaar julle by MY, sodat julle gered kan word. Dit sê EK in al MY liefde aan julle, MY getroue skapies.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205