DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 46
2 Jan. 2007 05:37
Jahshua sê dat ek in SY arms moet kom sit en ek wil HOM nog vra om asseblief vandag die bose van my af weg te hou. Nog voordat ek kan vra, antwoord HY my en sê dat HY sal. Ek sê aan HOM dat ek ongehoorsaam was en sonde gedoen het en dat ek dan gewoonlik deur satan aangeval word as ek ongehoorsaam was. HY sê dat HY die bose van my sal weghou vandag en ek sien dat daar alreeds in die verte ‘n vieslike lomp draak aangewaggel kom na Jahshua om my by HOM te kom aankla. Jahshua lig net SY regterhand op en uit SY handpalm gaan ‘n wit straal uit wat die draak tref. Die draak draai dadelik om en gaan haastig weg. Jahshua sê ek moet hierdie gebeurtenis kom tik.
 
Vader dikteer:
Elke keer dat julle ‘n sonde begaan, al is dit hoe klein, word julle by MY aangekla deur die bose. EK weet wanneer iemand werklik berou het en wanneer EK dit sien, sal EK hom nie by MY kom laat aankla nie. Die bose satan is ‘n regte nuusdraer en daarom waarsku EK julle ook altyd teen praatjies van watter aard ook al. Hou enige “lekker brokkie” nuus vir jouself, want jy weet nie altyd of dit wat jy kom oorvertel regtig die waarheid is nie. Baie maal is die nuusbrokkie al soveel keer oorvertel en daar is al soveel bygelas dat dit heeltemal uit verband geruk word en die betrokke persoon in ‘n heel verkeerde lig stel. My kinders, wees in alles getrou aan MY en moenie dinge wat aan jou vertel is in die geheim, aan ander bekend maak nie. Dit is ‘n euwel en bewys dat jy dan met niks vertrou kan word nie. As jy nie ‘n geheim kan hou nie, hoe kan jy dan met iets groter vertrou word? Die satan is die breker van geheime en kom kla julle gedurig aan, omdat hy meen dat EK julle moet straf en hom vrye toegang tot julle moet gee. EK is regverdig en sal dit aan hom toestaan as julle nie in berou kom om vergifnis vra nie. Kom na MY, sodat EK jou kan reinig van jou sondes en met jou reiniging het satan niks te make nie. Dit is ‘n saak tussen MY en jou. Maar dit moet ‘n berouvolle hart wees, anders beteken dit niks en is dit net nog iets waarop satan julle kan aanval. Kom gee jou sondes in MY hande oor en laat MY toe om jou te reinig en jy sal skoon wees. Dink daarna nie weer aan jou sondes nie, omdat EK dit vergeet. As EK iets doen, moet julle MY in alles navolg en niks nalaat om te doen wat EK doen nie. As EK nie meer aan julle sondes dink nie, moet julle ook nie julle sondes die hele tyd voor oë hou nie. Dit is dan ook waarom julle ook nie “sappige brokkies” moet oordra nie, omdat jy nie weet of die persoon waarvan daar gepraat word, nie dalk al berou kom toon het en deur MY vergewe is nie. Wanneer julle dan daaroor praat word dit nie vergeet nie, terwyl EK dit lankal vergeet het. Die sonde word dan joune en vir jou as ongeregtigheid gereken. Dit moet julle altyd onthou en MY groot liefde vir julle elkeen in alles sien. Ook in die vergewing van ander se sondes.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205