BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 585

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die waardeskatting van die lewe op aarde 6652 Julle kan nie die saligheid indink wat die geesteryk aan julle sal gee wanneer julle julleself in jul wese so deur die aardse lewe gevorm het, dat julle besit sal kan neem van die Ligryk nie. Dit kan ook nie vir julle aanskoulik gemaak word nie, omdat julle dan in ‘n sekere dwangmatige toestand julle lewe op aarde verder sou lei en die doel daarvan dan volledig gemis sou word. En ookal word dit vir julle as waar voorgestel, tog ontbreek die bewyse, wat egter ook sy redes het vir die wilsvryheid, wat daardeur in gevaar gebring sou word. Maar soveel kan en moet aan julle gesê word, naamlik dat die moeilikste lewe op aarde in nood en verdrukking, in siekte en ellende, duisend maal vergoed sal word deur al die geluksaligheid en dat julle terugblikkend nie sal kan begryp dat dit vir julle moeilik was toe julle offers moes gebring het nie, omdat die tyd op aarde dan ook vir julle as ‘n vlugtige oomblik sal voorkom en die hele ewigheid in geluksaligheid nou voor julle lê. Julle mense heg, wêrelds beskou, te veel waarde aan julle lewe op aarde. Geestelik is dit wel van betekenis vir julle, omdat ‘n korrek geleefde aardse bestaan julle ‘n ware salige ewigheid kan voorsien. Maar wat die aardse bestaan aards vir julle bied, is volkome nutteloos en bied julle slegs welbehae vir ‘n oomblik, gemeet teen die ewigheid. Julle moet dit steeds in gedagte hou dat julle eendag nie sal kan verstaan dat julle plesier beleef het aan dinge wat geen enkele geestelike waarde gehad het nie en julle sal elke siel dankbaar wees wat julle tydens julle aardse lewe op die waardeloosheid daarvan gewys het en julle blik op ander doele laat rig het. Maar solank julle mense op aarde lewe, sal sulke aanwysings julle nie geval nie en daarom ook die woorde van Jesus: “Die hemelryk ly geweld en alleen dié wat geweld sal aanwend, sal die hemelryk na hom toe trek.” Sou julle net vir julleself probeer voorstel welke eindelose lang tyd, wat die siel aanbetref, julle al op aarde vertoef het en dat die ewigheid vir julle wag, dan sou julle ook die kort tyd van die lewe op aarde beter na waarde geskat het, julle sou geweet het dat dit werklik slegs ‘n oomblik is en dan sou julle ook graag die vreugde van die oomblik wou opgee, gesien die saligheid wat julle deur die oorwinning oor julleself verwerf het. Julle wilsproef bestaan juis daaruit dat julle nie sal strewe na die deel van God se teenstander nie, maar julle bestemming in God sien. En wanneer julle nou so duidelik hulp gebied word, deurdat julle kennis gegee word oor die doel van julle lewe, wanneer julle oë geopen word, sodat julle in staat is om te sien wat die blinde nie kan sien nie, dan moet die doel julle tog lok, want die lewe op aarde duur nie vir ewig nie en kan vir sommige selfs al die komende dag afgeloop wees. Julle aardse bestaan is onseker, omdat julle geen sekerheid het hoe lank julle dit kan geniet nie. Die geestelike lewe is egter vir elkeen van julle verseker, dit kan egter net baie verskillende vorms hê. En dit bepaal julle self deur julle houding teenoor die aardse lewe. Desondanks het julle die reg en die plig om ook in die lewe op aarde julle plek in te neem wat aan julle toegewys is. Dus word die lewensvreugde ook nie van julle weerhou nie en God verlang van julle geen kluisenaarskap of ‘n volledig terugtrekking uit die wêreld nie. Maar julle moet julle nie deur die wêreld laat beheer nie, julle moet haar beheer, julle moet die wêreld aan julle diensbaar maak, volgens God se wil, maar as betekenis en doel van julle bestaan op die wêreld steeds die geestelike ontwikkeling sien, wat julle ook tydens die lewe op aarde kan bereik. “Die wêreld” moet nie die volledige denke van die mens inneem nie, maar die geestelike gedagtes moet oorheers, dan sal die wêreld ook geen gevaar meer wees nie, ofskoon die mens hom te midde van die wêreld besighou. En steeds moet die mens daarvan bewus wees dat die lewe op aarde nie ‘n doel op sigself is nie, maar die middel tot die doel. Wie hierdie gedagtes sy eie maak, sal ook nie tevrede wees met wat die wêreld hom bied nie. Hy soek en streef hoër doele na en vir hom sal die wêreld geen bekoring meer hê nie; hy sal in die wêreld nie meer die bevrediging vind nie, omdat hy haar eintlike waarde, of ook waardeloosheid, herken het. Bowendien het God die mens in sy skepping veel geskenk waaraan die mens gerus vreugde kan beleef, net soos wat Hy dit ook aan die mens self oorlaat om homself redelikerwys te verheug in alle dinge, indien Hy Self maar net die doel is en bly wat die mens bo alles moet stel. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205