BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 351

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Vraende gedagtes is die eerste stap omhoog 6109 Dit is 'n belangrike stap wat julle mense neem, wanneer julle jul gedagtes na My verhef, na die oneindige Gees Wie oor alles regeer. Wanneer julle julself vraend tot hierdie Wese sal wend, van wie julle glo dat Hy julle geskape het, want met hierdie stap betree julle al die geesteryk. Julle betree 'n gebied wat nie vir julle deur mense ontsluit kan word nie. Inteendeel: Dit moet deur My Self ontsluit word, ofskoon Ek My daarvoor ook weer van mense bedien, wanneer julle nog nie so gevorm is dat julle My en My antwoord kan hoor nie. Tog het julle voorlopig deur middel van gedagtes die verbinding met My tot stand gebring. En julle is geseënd as julle nie hierdie band breek nie, wanneer julle julself sal losmaak van die wêreld en na My soek. Julle sal geseënd wees wanneer julle in gedagtes vrae sal stel en Ek julle dan deur middel van gedagtes kan antwoord. Want so begin daar “’n sekere verheldering van julle gees” en daarmee ontstaan daar ook 'n steeds hegter band met My. Dink tog net daaroor na, of en wat daar buite die aards sigbare bestaan, sal neem al die belangrike stap julle, want dit sal julle ontwikkeling beslis. Dit is die stap omhoog wat geneem moet word deur elke mens wat hom wil vervolmaak. Maar daarvoor moet die mens hom kan losmaak van die wêreld, hy mag nie met al sy sinne daaraan verslaaf wees nie, hy moes die waardeloosheid van die aardse materie ingesien het, want hierdie materie versper sy weg omhoog. Maar wie eenmaal sy gedagtes laat dwaal in geestelike hoogtes, vir hom kom die aardse materie spoedig nie meer begerenswaardig voor nie. Maar die verlange moet vanself in hom opkom om meer te wete te kom oor die gebied wat vir hom nog vreemd is. En sy verlange sal verseker vervul word. Daarom word aan elke mens aanleiding daartoe gegee deur sy aardse bestaan, waarvan die verloop, deur die lot bepaal, hom hierdie gedagtes kan gee. Deur geskrifte of gesprekke word hy op die geestelike gebied gewys. En hy sal altyd saggies deur My aangespreek word in die vorm van gedagtes wat in hom sal opkom, wat gerig sal wees op die geestelike doel. En nou moet sal sy wil hom moet stuur en hy sal geseënd wees as dit die regte rigting kies. Vrae wat in hom sal opkom rakende My, is dikwels beter as 'n geloof in My wat nog nie lewendig is nie. Want iemand wat vra deur middel van gedagtes, kan Ek deur middel van gedagtes onderrig. En Ek kan My so aan hom openbaar, sodat hy 'n oortuigde geloof in My kan bekom, terwyl iemand wat slegs 'n vormgeloof het, geen vrae stel nie en daarom nie so onderrig kan word sodat sy geloof lewend kan word nie. Vanuit My word werklik alles gedoen sodat die mens aangespoor kan word om na te dink. Maar Ek tas nie die vrye wil aan nie. Wie hom egter in gedagtes vrywillig met My, of met die geesteryk wat nog nie vir hom ontsluit is nie, verbind, sal Ek nie oorslaan nie. My Liefde sal dit aan hom openbaar en hy sal duidelik en helder leer sien. Sy gees sal verlig word en hy sal vir ewig Myne wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205