BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 178

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Hulp vir swak siele in die hiernamaals 5714 Julle sal gedurende geen uur wat julle vir die verlossing van die gees kan gebruik, passief mag wees nie. Dit is werk wat die hoogste graad van naasteliefde beteken, wanneer julle die siele help om hulle uit hul kettings te bevry, want hierdie siele is self te swak en is op julle hulp aangewese, ongeag of hulle hulself nog op aarde bevind of al in die hiernamaals is. Julle wat kennis het, julle sal kan help. Julle sal aan hulle dit kan bring wat by hulle ontbreek. Julle sal aan hulle krag kan besorg indien julle liefdevol besorg sal wees oor hulle, soos wat julle hulle egter ook sal kan onderrig dat hulle hul oorgebringde krag steeds maar net moet benut vir werke van liefde en dat hulle daardeur steeds meer krag sal verkry. Op aarde moet die mense netso aangespoor word om werksaam te wees in liefde, indien hulle hul siele uit die boeie wil verlos. Wat julle dus sal kan doen om aan die medemens, of die siele in die hiernamaals, die kennis oor te dra dat en hoe verlossing moontlik is, dit moet julle nie nalaat nie, selfs wanneer julle nog nie die uitwerking kan sien wat jul arbeid tot gevolg het nie. Julle sal steeds daaraan moet dink dat tallose siele in baie groot nood verkeer. En indien dit julle op aarde aan geleentheid ontbreek om jul medemens te onderrig, hulle van jul ryke kennis deur te gee of hulle aan te maan om in liefde werksaam te wees, bekommer julle dan oor die siele in die ryk hierna wat julle buitengewoon dankbaar sal wees vir julle hulpvaardigheid, wat ook julle onderrigting sal aanneem, wie julle omring, omdat hulle in julle nabyheid n sekere versterking voel en hulle julle voortdurend vra vir die toevoer van hierdie krag. Onderrig hulle in gedagtes of sit die Woord van God vir hulle uiteen. En julle sal dankbare toehoorders vind en julle arbeid vir God en Sy Ryk sal waarlik geseënd wees. Laat geen uur wat julle verlossingswerk kan verrig, onbenut verbygaan nie. Want die aardse werksaamheid het net aardse gevolge, maar geestelike werksaamheid oortref elke aardse resultaat, omdat dit onverganklike goedere tot gevolg het. Goedere waarvoor die siele julle innig dankbaar sal wees, sodra hulle besef het in watter nood hulle is, of was. Probeer ook om die geestelike ryk vir jul medemens te ontsluit. Poog om hul denke te verander. Probeer vir hulle gebiede te open wat vir hulle vreemd is en help hulle ook op die pad wat na die geestelike Ryk lei. Probeer om aan hulle die insig oor bring dat dit nie die aardse bestaan is, maar dat die lewe in die geestelike Ryk, na hul dood, die eintlike lewe is waarna hulle gedurende die lewe op aarde moet streef. Gebruik elke uur waarin julle kan werk vir God en Sy Ryk. Want die tyd wat nog vir julle oorbly om vir Hom werksaam te wees, is kort en die geestelike nood reusagtig groot. Maar julle sal dit kan verminder as julle maar die wil, sal hê om julleself verlossend besig te hou, as julle wil help waar hulp nodig is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205