BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 268

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

God se liefde is ook in leed te vind 5920 Hoe julle aardse lewe ookal mag verloop, julle mag nooit twyfel aan My Liefde en sorg vir julle nie, Wie altyd net die beste met julle bedoel. Maar slegs Ek weet wat vir julle die beste is. Ek weet egter ook welke gevare julle bedreig en hoe dit van julle afgewend kan word. Sou julle My Liefde, Wie vir elkeen van julle geld, in Haar volle omvang besef, sou julle waarlik gerusgestel wees en met ‘n ligte hart deur die lewe gaan, omdat julle dan die Vader in die Hemel sal vertrou dat Hy alles draaglik vir julle sal inrig en dat julle nooit sonder hulp sal wees nie, indien julle julleself tot Hom sal wend. Die diepte van My Liefde sou vir julle waarlik ‘n verklaring moet wees vir julle lot op aarde, want Ek wil altyd die beste en heilsaamste vir julle hê. Ek wil julle nie doelloos lyding en nood oplê nie, wat julle belas en aan My laat twyfel. Julle moet slegs My Woorde glo en julle nie bedruk maak nie, dit wil sê, julleself berustend aan My toevertrou en My hulp sal nie uitbly nie. En julle sal ook resultate vir julle siele hê, wat julle sonder leed moeilik sou kon verwerf. Ek probeer steeds om die liefde en die wil van elkeen persoonlik te wen. Die mense het My nog steeds nie ten volle gekies nie. My teenstander span hom ook nog in om julle siele te wen en die gevaar is groot dat hy die oorwinning sal behaal. Daarom maak Ek dit dikwels onmoontlik dat die mense hom onnadenkend volg. Ek gee hulle aanleiding tot nadenke oor wat hy gee en wat hy daarvoor verlang. Ek lei die aandag van die mens na homself, om hom weg te lei van dit wat die teenstander hom verlokkend voorhou. Ek stuur siekte en nood, kommer en verdriet, want dan is dit slegs tot seën vir die mens, selfs as hy dit nie insien nie. Maar Ek het hom lief en wil hom nie verloor aan die teenstander, wat heeltemal sonder liefde is nie, wie julle slegs valse goedere gee, wie julle wil mislei en wie se plan dit is om julle te verderf. Hy het werklik slegs een bedoeling, naamlik om julle van My af weg te hou, omdat hy sonder liefde is. Julle mense ken hom nie en laat julle daarom deur hom mislei as hy julle met aardse goedere lok en in ruil daarvoor egter julle siele verlang. Ek wil egter aan julle goedere skenk wat onverganklik is en wat julle nog nie na waarde kan skat nie. ‘n Goeie vader gee egter sy kind nie wat hom skaad nie, al is die oë van die kind begerig daarop gerig. Hy hou die kind veeleer teë, indien hy, ondanks waarskuwing, tog daarna verlang. En so ook moet Ek julle dikwels teëhou wanneer julle jul lewe in gevaar bring deur ‘n verkeerde strewe, wanneer julle doel neig na ‘n ander as Ek. Want Ek het julle lief en wil julle besit en Ek doen daarom alles om julle nie te verloor nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205