BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 466

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Werksaamheid van gedagtes 6375 Wat is 'n gedagte? Hierdie vraag sal nooit wetenskaplik beantwoord kan word, so lank as wat die ondersoekers nie self in geestelike kennis binnedring nie, solank as wat hulle slegs probeer om dit suiwer verstandelik op te los, want die oorsprong van gedagte is uit die geesteryk. Gedagtes is uitstralings uit die geestelike ryk wat julle mense omring soos golwe om aanvaar óf verwerp te word, afhangende van julle wil. Dit is uitstralings wat julle raak en julle denkorgane aktiveer as julle daartoe bereid is, dit wil sê deur middel van julle wil die kontak opneem met die wesens wat hierdie gedagtes na julle toe uitstraal. Dit is 'n uitruil van kragte, 'n proses wat van twee kante opgestel word, maar dit word aan die wil van die mens oorgelaat met watter kant hy kontak tot stand wil bring. Julle behoort te weet dat julle so geskape is dat alle organe 'n spesifieke funksie moet verrig, en in ooreenstemming met die wil van die mens moet hul werk verrig, - maar deels ook nog onderhewig aan die natuurwet, omdat dit 'n lewens in stand houdende funksie verrig. Verder moet julle weet dat daar aan julle ‘n sekere hoeveelheid vryheid toegestaan word vir die duur van julle aardse lewe, wat tot uitdrukking kom in die feit dat die funksies van bepaalde organe van julle wil afhanklik is, omdat die wil homself in hierdie aardse lewe moet beproef en waar moet bewys. En daartoe behoort ook die verstandelike aktiwiteit, wat julle self kan ontwikkel en waartoe julle egter ook ’n denkvermoë gegee is. Maar hierdie denkvermoë bestaan nie daaruit dat julle self gedagtes opwek nie, maar julle moet, kragtens julle denkvermoë, iets geestelik wat julle voortdurend omspoel soos golwe, toelaat om na julle te vloei en op julle laat inwerk. Julle moet die gedagtes wat julle toestroom, opneem en dit dan met julle verstand verwerk. Maar dit staan julle heeltemal vry welke gedagtes julle opneem, maar die wil en die keuse is beslissend vir die positiewe ontwikkeling van julle siel. Gedagtes is geestelike uitstralings van Krag wat in onvoorstelbare volheid van lig van God self uitgaan. Dit word eerste ontvang deur ligwesens wat op hul beurt wil verbly met dit wat hulle ontvang en dit beteken dat hulle dit voortdurend verder lei na alle wesens wat tot denke in staat is. Maar die huidige vors van die duisternis, was eens ook 'n ontvanger van lig en krag. Ook hy stuur uitstralings van homself na die wesens. En so sal die mens, as wese met ’n denkvermoë, gedagtestrome van beide kante kan opneem. Uitstralings van goeie en bose kragte sal hulself steeds as gedagtegolwe openbaar; - en die mens sal steeds daardie gedagtes aanneem wat ooreenstem met sy wil. Gedagtes sal nooit 'n dwingende invloed uitoefen nie, maar sal hulself slegs volgens die wil van die mens op die voorgrond dring - en kan aangeneem of afgewys word. Die mens is egter nooit die geestelike vader van sy gedagtes nie. Hy sal nooit in staat wees om hierdie gedagtes self te produseer nie, ofskoon hy dikwels oortuig is dat alles die produk is van sy eie gedagtes wat hy deur die werking van sy verstand verkry het. Hy gebruik slegs die omringende gedagtestrome en hy is ook in staat om dit in ’n baie hoë mate te benut kragtens sy denkvermoë wat deur die Skepper aan hom gegee is. En weliswaar sal daar altyd weer verligte gedagtes in die mens opkom, wat homself meer gewend het tot duistere gedagtestrome, maar nooit sal gedagtes, ongeag van watter kant af, vassit in die denkorgane teen 'n mens se wil nie. En dit is sy eie taak, naamlik om te kies watter gedagtes hy homself mee wil besighou. Onder denkvermoë moet verstaan word om in staat te wees om aandag te gee aan die strome wat 'n mens as 'gedagtes' aanraak, om hulle te verstaan en om dit in logiese volgorde te rangskik en bygevolg gebruik te maak van die toestromende gedagtes. Maar dit verg eerstens die wil, want die mens word nie gedwing om homself vir alle toestromende gedagtegolwe oop te stel nie. Hy kan dus deur ’n sekere luiheid van denke ook gedagtes afwys, soos wat hy andersins ook gedagtes kan opneem wat hom van benede bereik, wat dus bose en waardelose inhoud het. Altyd is dit die wil wat die rigting van gedagtes bepaal – maar ook die uitgangspunt en die oorsprong. Tog sal slegs gedagtestrome uit die ligwêreld, as die mens se wil bereid is om dit aan te neem, tegelykertyd 'n uitwerking van krag hê, deurdat die persoon se denkvermoë skerper en helderder sal word. Wie hom dus al denkend met geestelike vrae besighou, neem hierdie vrae as te ware van wesens uit die ligryk aan. En sulke gedagtegolwe wek in sy siel 'n begeerte op om opheldering te ontvang. Hierdie begeerte word deur die denkorgane opgeneem - en van hierdie oomblik af aan word die verstand van die mens eers daarvan bewus. Nou het die mens die kontak tot stand gebring met die wese wat die uitstraling aan hom toegestuur het - dat in opdrag van GOD - of, as die mens nog nie van goeie wil is nie - ook in opdrag van Sy teenstander sy werk verrig, naamlik om Lig of duisternis te versprei. Elke gedagte is 'n uiting van 'n wese wat in die diens van God of Sy teenstander staan, egter nooit 'n eie voortbrengsel van die mens nie. Want selfs in die toestand van volmaaktheid - eens in die geestelike ryk - straal die wese slegs uit wat hy uit die Bron - van God Self - betrek as liefdeskrag, wat die hoogste Wysheid insluit. En uit die verskeidenheid van die denke van die mense vloei voort dat daar 'n eindelose hoeveelheid verskillende grade van kennis is wat die wesens onderskei. Hulle het egter volle toegang tot die mens, omdat sy wil homself kan bewaar vir verkeerde of gebrekkige opvattings - en omdat GOD ook Sy teenstander dieselfde reg toestaan, naamlik om op die mens in te werk as gevolg van die vrye wilsbeslissing, wat die sin en die doel van die aardse lewe is. Die denkvermoë kan egter ook die verskillende gedagtes teen mekaar afweeg. Die mens kan aflei en sy wil kan deur hierdie gevolgtrekkings ook die eerste ingeslane rigting verander. En sy verstand sal homself verweer teen hierdie verkeerde idees, sodra hy van goeie wil is. En die inspanning van al die ligwesens, wat in die volle waarheid staan, sal nooit ophou om aan die mense strome van ware gedagtes te stuur, wat aan hul hoede toevertrou is nie. Want dit is hul taak, naamlik om lig en waarheid te versprei en die duisternis te verdryf, en hierdie taak kom hulle ook nougeset na. En 'n hart wat oopgaan, 'n mens wat die waarheid begeer, sal 'n rykdom aan gedagtes kan ontvang wat in hom weerklank sal vind. Die uitstralings uit die ligryk sal ook in hom ’n helder lig ontsteek. Die mens sal weliswaar glo dat hy deur eie nadenke die resultaat bereik het, wat egter slegs in soverre waar is dat hy nou sy denkvermoë ten volle benut om geestelike eiendom wat hom tevore toegestroom het, sy eie te maak, maar wat nou by hom sal bly, sodat hy dit weer kan uitstraal - sodra hy in die geestelike ryk tot werk wat sal verbly, toegelaat word. AMEN.