BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 186

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

’n Sterk geloof – Die navolging van Jesus 5726 Volg My na en julle sal ‘n onwrikbare geloof verwerf. Dog kan hierdie geloof in die mens nie lewend word alvorens hy ‘n lewe in liefde lei nie, totdat hy die weg sal gaan wat Ekself op aarde gegaan het, naamlik die weg van onbaatsugtige naasteliefde. Julle kan vir julleself ook wel ‘n verstandelike geloof verwerf, dit wil sê, deur met die verstand, deur logiese gevolgtrekkings, in julleself oortuig te word van My as Skepper en Voorsiener, of ook van Hom, wat Homself vir julle aan die kruis laat slaan het. Julle glo dan weliswaar ook, maar kan met so ‘n geloof nie baie doen nie. Dit is dan slegs ‘n vasstelling van feite wat weliswaar ook nie bewys kan word nie, maar wat julle tog nie meer laat twyfel nie. Wat is ‘n lewende geloof egter? Dit is ‘n geloof wat leef en waarvan die lewe daarvan bewys of bevestig kan word deur dade van ongewone aard, ‘n geloof wat homself in staat stel tot iets ongewoons in die vaste bewussyn wat My ondersteuning ook tot stand bring. ‘n Lewende geloof bewys sy krag, dit veronderstel My hulp, sonder om te twyfel en die mens is in staat om deur so ‘n geloof dinge te volbring wat as ‘n wonder aangesien word en wat tog slegs die uitwerking van ‘n lewende geloof is. En so ’n geloof is slegs te verkry deur ‘n lewe van onbaatsugtige naasteliefde, volgens My voorbeeld op aarde, omdat die liefde die krag is wat alles bewerkstellig. Wie in die liefde leef, neem soveel krag van My in ontvangs, dat hy haar op die een of die ander manier sou wil laat werk en deur sy liefdadigheid voel hy ook My teenwoordigheid en hierdie wete laat hom ook alles wat sy hart hom ingee, ten uitvoer bring. Liefde en ‘n lewende geloof is nie van mekaar te skei nie. Daarom moet die liefde in die eerste plek aan die mens gepredik word, sodat hulle tot ’n lewende geloof kan kom. Want die verstandelike geloof vervang nie die lewende geloof nie, want die eerste sal beslis val sodra die mense gekonfronteer word met groot nood. Dit sal verskrompel en die mens sal in die regte sin van die woord kleingelowig raak, miskien selfs sy geloof opgee, omdat die krag van die liefde by hom ontbreek. Om vir ‘n vaste geloof te worstel en dit te probeer bereik, beteken om julle steeds meer in die liefde te oefen, julleself te oorwin en die eieliefde in onbaatsugtige naasteliefde te verander. Dit vra vir ‘n stryd teen alle begeertes, maar hierdie stryd lewer ‘n hoë loon op, want wie vas staan in ‘n lewende geloof, ken geen angs, geen sorge en geen twyfel meer nie. Hy voel homself geborge in My, in wie hy glo. Hy voel nie meer eensaam nie, maar wandel elke tree met My, Wie in hom leef en alles met hom tot stand bring. Wie ‘n lewende geloof het, is oorwinnaar oor lewe en dood, want die krag uit My, sy God en Vader, is tot sy beskikking. Hy is so innig met My verbind, dat hy homself steeds van My Krag kan bedien en sal alles volbring, omdat hy glo. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205