BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 421

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Ware gebed en ware godsdiens 6280 Die gelowige gebed van ‘n kind styg op na die hemel en bereik My Oor en sy gebed sal verhoor word. En tog benut so weinig mense hierdie voorreg, omdat hulle gewoond geword het aan uiterlike formaliteite en nie meer die krag van gebed in Gees en in Waarheid ervaar nie. Slegs groot nood sal hulle nog daartoe aanspoor om vanuit hul harte woorde te spreek wat My Oor sal bereik, omdat groot nood hulle - soekend na hulp – die weg na My sal laat vind. En Ek sal hulle seën wanneer hulle dan alle oppervlakkige formaliteite sal laat vaar en met My sal praat soos ‘n kind met sy Vader. Maar Ek gee geen aandag aan gedagtelose gebede nie en tog word hulle so dikwels uitgespreek, net soos wat Ek geen aandag skenk aan wat ’n vrome gesindheid tot uitdrukking moet bring, maar waarby alle diepere gedagtes ontbreek nie. Daarom verlang Ek van julle om My in Gees en in Waarheid aan te roep, omdat alle skyn en uiterlike formaliteite ’n gruwel is vir My, maar wat julle mense wel onderling vir mekaar mag voorspeel, maar wat nooit in staat sal wees om My te mislei nie. En julle glo dat julle hulde aan My bring deur leë uiterlike vertoon, met seremoniële handelinge, met ‘n uiterlike godsdiens. Maar Ek kyk glad nie daarna nie, terwyl ‘n eenvoudige, gelowige gebed tot My lieflik in My ore klink en vir My welgevallig is. En so ’n gebed kan oral en altyd na My opgestuur word en dit sal My altyd bereik en verhoor word. Hoe maklik is dit nie om My te eer, wanneer julle maar ‘n altaar in julle hart sal oprig, waarop julle julle liefde vir My sal betoon, wanneer julle ‘n stil, maar innige tweegesprek met sal My voer, wanneer julle julleself aan My sal toevertrou, My om genade vra, wanneer julle julle harte aan My sal skenk en altyd vurig sal verlang na My teenwoordigheid. Dan bid julle “in Gees en in Waarheid”. Dan sal Ek ook met julle wees, omdat Ek altyd met My kind sal wees wat sy liefdevolle gedagtes na Sy Vader stuur. Maar Ek verafsku alle uiterlike formaliteite, wat maar al te maklik slegs ‘n dekmantel word vir ‘n vyandige, onverskillige gesindheid, wat die mensdom tot verderf lei. Bowendien beoordeel julle My, julle God en Vader, verkeerd as julle glo dat Ek, - net soos julle mense - met uiterlike prag en praal geëer wil word. Alle prag en heerlikheid is tot My beskikking en Ek wil dit alles aan julle skenk as julle slegs julle liefde vir My as gawe sal aanbied. Want Ek verlang slegs na hierdie liefde van julle, wat julle My egter nie met uiterlike formaliteite kan bewys nie, maar wat Ek in die menslike hart wil vind, wat onbaatsugtig op die naaste gerig is en sodoende ook julle liefde vir My bewys. ‘n Liefdevolle hart is vir My die grootste eerbetoon. Slegs ‘n liefdevolle hart spreek woorde in Gees en in Waarheid en slegs ‘n liefdevolle hart word deur My aangesien as My kind, aan wie My hele liefde behoort, en dat hy alles van My kan vra en nooit teleurgestel sal word nie, want hy glo in My en sy geloof sal Ek nooit verlore laat gaan nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205