BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 498

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Loutering van die sieledeeltjies - Verderflike geeste 6460 Alle substansies in julle dra nog onryp gees in homself, beide die materiële uiterlike vorm, naamlik jou liggaam, asook die siel wat uit ontelbare sieledeeltjies saamgestel is. Al hierdie partikeltjies het deur die skeppings van hierdie aarde gegaan met die doel om ryp te word en het hulself ook tot op 'n sekere vlak gelouter, aangesien hulle andersins nie toegelaat sou word tot die beliggaming as mens nie. Maar hulle het nog maar 'n sekere graad bereik, wat nog vêr van hul voltooiing verwyder is. Hierdie voltooiing sal julle nou in die aardse lewe moet bereik. Jou siel moet heeltemal vry wees van onryp substansies, dus lig deurlaatbaar, van hierdie aarde skei om in die geestelike ryk opgeneem te kan word, waar sy nou voortdurend deurstraal deur die lig in geluksaligheid kan werk. Dit wil dus sê: Die mens moet gedurende sy aardse bestaan alle gees van sy siel in die orde van die goddelike wet bring. Wat onryp is, bevind hulself nog nie in hierdie ordening nie. Dit omgeef nog die siel as 'n omhulsel wat die lig toegang belet. Maar by elke siel is daar 'n goddelike vonk gevoeg wat haar tot orde roep en wat die nog onryp substansies die laaste rypheid wil gee en dit ook kan, wanneer die wil van die mens hom die reg daartoe gee. Dit wil dus sê: 'n Mens wat die voltooiing wil bereik, weet dat hy alleen te swak is, dat hy hulp gebied moet word en hy soek dit by God. En God gee dit vir hom deur die gees, deurdat Hy regstreeks inwerk op die mens wat homself aan Hom toevertrou, wie dus die verbinding met Hom tot stand gebring het. Hierdie gees sal nou steeds op die voorgrond tree wanneer sielesubstansies hulself beweeg in 'n ordening wat in stryd is met die wet, wanneer nie-goddelike eienskappe hulself wil uiter wat nog nie ten volle in die mens onderdruk is nie, wanneer begeertes ontvlam of liefdelose gedagtes opkom. Dan word die mens gewaarsku of vermaan deur die innerlike stem wat steeds die uiting is van God deur Sy Gees. Geen mens betree hierdie aarde in ’n volmaakte toestand nie. Aan elke siel kleef nog onvolwasse begeertes of opwellinge wat in die lewe op aarde verander moet word, sodat die mens meer en meer in die goddelike ordening kan verkeer, dat sy siel haarself kan louter en die goddelike vonk in die mens homself meer en meer kan uitbrei, sodat die lig van die ewigheid dus die siel kan vervul en vergeestelik. Maar steeds net dan, wanneer dit die wil van die mens is dat hy tot voltooiing sal kom en hy homself aan God sal oorgee en Hom vra om hom na die voltooiing te lei. Want al die onryp gees kan ook deur verderflike geeste aangespoor word, wat hulself meer en meer ontplooi, sodat die omhulsel van die siel steeds digter word. Maar dan was die wil van die mens nie op God gerig gewees nie, hy verlang daarenteen na benede. Hy verlang terug daarna wat hy eintlik al oorwin het. Sy sielesubstansies verset hulself teen die goddelike orde. Hulle roep steeds groter wanorde tevoorskyn en word daarom ook maklik beïnvloed deur die kragte wat die voltooiing, naamlik die terugkeer na God, wil verhinder. Die Goddelike geestesvonk kan homself nie in so `n mens uiter nie. Hy kan homself nie laat geld nie, omdat sy fyn stem verdring word en omdat die wil van die mens self bepalend is welke kragte daar in die mens kan werk. Maar dan verloop die tyd op aarde met negatiewe gevolge. Nie net dat die mens geen ommekeer omhoog bereik het nie, maar ook dat die sielesubstansies, wat aanvanklik al 'n sekere graad van volwassenheid bereik het, hierdie graad van rypheid verloor. Hulle het in 'n toestand beland wat weer 'n ander rypingsproses vereis as wat die gang oor die aarde was. Hierdie siele moet, indien hulle nie die droewige lot van `n hernieude kluistering moet ondergaan nie, in die ryk hierna onnoemlike kwellings verdra om weer die eersgenoemde graad van rypheid te bereik om dan stadig opwaarts te klim, maar dit is onder heelwat moeiliker voorwaardes moontlik as wat dit op aarde moontlik was. Op aarde kan elke siel die volmaaktheid bereik wanneer sy dit wil, want daar word krag aan haar gegee deur God. Maar sonder haar wil neem sy krag aan van die teenstander van God en hy wil nie haar voltooiing hê nie, maar haar ondergang. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205