BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 222

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Skepping van die mens – pre-adamiete- Die sondeval 5800 Die gevalle gees het 'n eindelose lang tyd nodig gehad vir sy opwaartse ontwikkeling en ook verg My afsonderlike skeppings 'n eindelose lang tyd, wat as te ware, met die daarin gebonde gees, hulle ook moes ontwikkel om die steeds ryper gees daarin te kon opneem. Nuwe vorme is steeds weer geskape en steeds weer is daar aan hierdie vorme 'n bestemming aangewys. En so het die aarde nie in 'n oomblik ontstaan nie, maar daar het eindelose tydperke verloop alvorens die gees, in alle grade van rypheid, die vereiste uiterlike vorm gevind het, omdat die steeds groter volwassenheid ook steeds weer nuwe skeppings vereis het. Solank as wat die gees dus onder die wet van 'n gebonde wil gebuk gegaan het, het My skeppende bedrywigheid bestaan uit die tot stand bringing van die aarde as plek van rypwording vir die gees wat so diep geval het, wat daarin 'n rypheid sou kon verkry, wat aan die gebonde gees die vrye wil sou teruggee wat hy eens misbruik het. Nou moes daar natuurlik ook 'n uiterlike vorm geskep word vir die gerypte gees, sodat hy in hierdie vorm weer sy vrye wil kon toets. En hierdie skeppingswerk was die mens, wat hom van alle vooraf ontstane skeppings in soverre onderskei het dat hy, naas die vrye wil, ook met verstand en rede begaafd was. Met 'n denkvermoë, met 'n selfbewustheid en in staat om deur spraak met sy medemens gedagtes te wissel, om deur saam te leef die nodige voorwaardes in homself te kry om die wil te toets. Die uiterlike vorm van die mens was reeds in die laaste stadiums van die gebonde wil teenwoordig en bestem vir die insluiting van talle gerypte sielesubstansies. Maar hierdie wesens (pre-adamiete: vertaler) het nog vanuit die gebonde wil gehandel, soos wat die natuurwet dit vereis het en daarom was hulle ook nie vir hulle handelinge verantwoordelik nie. Hulle was maar in beperkte mate bekwaam om te dink en was ‘n versamelbak vir die gerypte gees wat ’n eindelose lang ontwikkelingstyd gekom het, maar wat tog nog steeds skeppingswerke was wat My Liefde en Wysheid vir die gees gevorm het. Maar hierdie wesens kon eers as mens (adamiet: vertaler) betitel word toe hulle in besit gestel was van 'n vrye wil, verstand en 'n selfbewussyn. En nou eers het die plan van die vergeesteliking van hierdie skepsels deurgang gevind en dit het vereis dat hierdie wesens, die mens, deur My onderrig moes word, sodat hulle hul denkvermoë, hulle verstand en hulle vrye wil moes gebruik ooreenkomstig My onderrigting. En op grond van hul vrye wil kon hulle nou werk en lewe op die aarde. Hulle kon hulself tot kinders van God vorm, maar ook heeltemal teen My leringe en My Wil ingaan en daardeur ook weer in die diepte insink waaruit hulle omhoog gestyg het. Ek het die mens geskape. Ek het hom 'n bepaalde graad van rypheid staande gees gegee, ook 'n uiterlike vorm wat beide aan My Liefde en Wysheid beantwoord, asook die opdrag wat die mens nou moes vervul. Die uiterlike vorm het eers 'n lewende wese geword toe die gees sy verblyf daarin neem, as die samevoeging van ontelbare partikels wat nou as "siel" aan die vorm lewe gegee het. Hierdie gees is dus die stadig werkende krag. Hy was wel gebonde gedurende die eindelose lang ontwikkelingsgang en daardeur onbekwaam tot onbelemmerde werksaamheid, maar in die laaste uiterlike vorm, in die mens, kon hy weer werksaam word. Hy kon weer sy eie krag ontplooi en deur die aaneensluiting met My, kon hy dit onbeperk vergroot. Die eerste mense het My Krag in oorvloed tot hul beskikking gehad. Hulle was op ongewone wyse toegerus, omdat die proeftydperk tydens hul lewe op aarde hulle daartoe moes bring dat hulle volledig sou vergeestelik om hul aardse omhulsel af te lê en weer as ware kinders na hul Vaderhuis terugkeer. Tog moes hulle die beproewing van die wil ondergaan wat Ek van elke geskape wese vorder en die deurstaan van hierdie proef sou alle mense wat ná hulle gekom het, gehelp het om die laaste doel makliker te bereik. In hierdie eerste mense het Ek vir My wesens geskape wat, ten spyte van hul onvolkomenheid, oftewel hul gemis aan volmaaktheid as gevolg van hul afval van My, tog 'n besef oor My kon kry, omdat hulle uit hulself kon insien dat hulle skepsels was en dus ook deur hul denkvermoë en vrye wil My Wil kon herken en uitvoer. Ek het vir My wesens geskape aan wie Ek Myself kenbaar kon maak, ten spyte van hul afstand van My af, wat voorheen in die toestand van 'n onvrye wil nie moontlik was nie. Die mens was dus die eerste skeppingswerk wat 'n gevalle oergees in homself gedra het en dit moes hom help om weer na sy oertoestand terug te keer, om weer as vrye gees, in ewige gemeenskap met My, te kon skep en werk. Dit was die opdrag vir die eerste geskape mens en bly ook die opdrag vir alle mense tot aan die einde, totdat die totale vergeesteliking van al die gevallenes afgesluit is. Dit was nie 'n te moeilike beproewing van die wil wat die eerste mens gehad het om af te lê nie, maar by hierdie beproewing moes aan My teenstander ook die reg toegeken word om op hom in te werk. En deur hierdie invloed het die mens gefaal en het hy vir die tweede keer van My afvallig geraak. Dit was die eerste sondeval op hierdie aarde, die sondeval waarvan die mensdom op hoogte is, ook as hulle niks weet van die vorige afval van die gees van My af nie. Maar dit verklaar eers alles, want die eerste mens sou nie kon val indien hy die eerste geskape wese was wat in die volle besit van lig en krag sou gewees het nie, omdat slegs die volmaakte uit My kan voortkom. Dan sou geen vyandige krag hom kon beïnvloed het nie. Die oorsaak van sy val is egter te vinde in die vorige val van die geeste, dus in die nog onryp geworde siel van die mens wat homself nou weliswaar kon bewys, maar nie moes bewys nie. Die mens het egter verstand en 'n vrye wil gehad en daarom ook 'n verantwoordelikheid vir sy siel, dus moes hy vir sy skuld boet. My teenstander het die mag oor die mens beliggaamde gees behou en dit beteken vir elke mens 'n moeisame, met stryd en lyding verbonde gang oor die aarde. En wel met die doel om homself te bevry uit My teenstander se heerskappy. 'n Doel wat die mens ook kan bereik, omdat Jesus Christus die mensegeslag, wat verswak was deur die sondeval van Adam, te hulp gekom het. Die verlossing is daarom verseker vir almal wat Hom erken as die Seun van God en Verlosser van die wêreld en Hom gewilliglik navolg. Die eerste mens kon die brug gebou het waaroor al sy nakomelinge dan tot My kon kom. Maar omdat hy gefaal het, moes die mensdom nog lank in die gevangeskap van satan bly: Totdat die Verlosser gekom het, totdat Jesus Christus na die aarde neergedaal het om 'n brug te slaan na die geestelike ryk, deur Sy lyding en sterwe, deur Sy dood aan die kruis. Die beslissing van die wil wat van My eerste geskape wese, van Lucifer, gevra was, was geensins as 'n gebod te beskou nie. Veel eerder was dit dat die wese volledig vry kon wees om sy wil 'n sekere rigting te gee, maar die rigting van sy wil was slegs gebaseer op sy begeerte na mag en heerskappy. Hy was wel bewus daarvan dat hy van My uitgegaan het, maar was van mening om alleen te heers, omdat hy My nie gesien het nie. Hy het goed besef dat Ek wel die een was wat hom geskep het, maar wou My nie erken nie. En hierdie wil het Ek nie in die wese geplaas nie, maar die wese self het die vrye wil, wat deur My aan hom geskenk was, so verander. Dit was die verskil tussen die eerste val van Lucifer en die sondeval van die eerste mens, want laasgenoemde het nog die verkeerde wil in homself gedra en daarom het Ek hom 'n gebod gegee wat hy nie mag oortree het nie. 'n Gebod wat hy ook maklik sou kon gehou het, indien die gees wat My vyandig was, nie op hom ingewerk het nie. Hierdie gees het daarom nog 'n sterk invloed op die mens gehad, omdat hy eintlik nog steeds 'n deel van hom was, omdat die siel nog nie die volmaaktheid teruggekry het wat 'n val onmoontlik gemaak het nie. 'n Volmaak geskape mens sou nie kon val nie, dit wil sê,: Hy sou nie in staat gewees het om hierdie gebod te oortree nie, omdat die volmaakte gees in die mens, hom sou weerhou het van elke God-vyandige daad. Die skepping van die mens was egter eerstens die gevolg van die val van Lucifer en sy aanhang, want anders het Ek dit waarlik nie nodig gevind om die gees wat deur My in die lewe geroep is, ‘n uiterlike vorm as omhulsel te gee nie. Die vorm van die mens bevat reeds die gevalle gees. Daardeur was Adam reeds met die voorheen begane sonde belas, wat hy egter kon kwytraak indien hy My gebod eerbiedig het - en dit was vir hom dus moontlik om hierdie erfskuld te delg. Sy val het egter die gevalle gees se terugkeer na My weer vir eindelose tye uitgestel. Maar tog het dit moontlik geword deur die verlossingswerk van die mens Jesus - wat sonder gebod van My kant af, dit volbring het wat Adam moes gedoen het, naamlik om My Wil volledig te volbring en deur 'n lewe van liefde Homself weer met My te verenig, om in die volle besit van lig en krag te kom. Amen.