BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 325

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Laaste oordeel – Daad van Liefde en Geregtigheid 6052 Dit is nie net My Geregtigheid alleen wat ‘n vereffening eis en daarom die laaste oordeel oor die mense uitspreek nie, dit is nog baie meer My Liefde, wat die onstuitbare afgly van die mense in die diepte voorsien en dit wil verhoed. Want ofskoon die aarde in haar ou vorm sal bly bestaan, selfs wanneer Ek die oordeel sou uitstel, sou dit slegs tot skade wees vir die siele van die mense, wat daarmee geen weldaad ontvang nie, maar slegs dieper in die duisternis sou beland, wat dan vir hulle vir ewige tye ondeurdringbaar sou wees. Dus is ook die laaste oordeel op aarde ook maar net ‘n werk van liefde van My kant af, dit is ‘n daad wat Ek as enigste redding vir die mense sien, as Ek hulle nie geheel aan hul noodlot, dit wil sê, aan My teenstander wil oorlaat nie. Dit is in die waarste sin van die woord ‘n reddingswerk wat julle eens goed sal kan begryp, waarvoor julle egter nou op julle geestelike lae vlak nog geen begrip het nie. My Liefde is waarlik meer bepalend vir die laaste oordeel en die ontbinding van die skeppings van hierdie aarde as My Geregtigheid, wat weliswaar ook na vore sal tree om die orde te herstel, maar wat nou volledig geminag word en wat ook tot die grootste chaos sal moet lei. Elkeen kan wel self afsonderlik die orde deur homself herstel, hy kan hom van sy doel en sy bestemming bewus maak en hom inspan om in ooreenstemming daarmee te lewe, maar die hele mensdom is tot geen ommekeer meer in staat nie. Maar gelukkig is hy wat nog betyds omdraai, hy sal deur die laaste oordeel nie so erg getref word dat hy dit moet vrees nie. Vir hom sal die oordeel dan ook slegs ‘n bewys van liefde van My kant wees, omdat hy in ‘n ander lewe geplaas word, hetsy op die nuwe aarde of in die geesteryk, in elk geval in ‘n lewe wat hom gelukkig sal maak. En om dit nog met enige mense te bereik, maak Ek steeds weer bekend wat die aarde en haar bewoners kan verwag. En gelukkig is hy wat hierdie aanwysing ernstig opneem en sy lewe omdraai, - gelukkig is hy wat sy bes doen om binne die Goddelike orde te lewe. Hy sal ook My laaste reddingsdaad begryp en dit as ‘n daad van liefde insien, omdat hy deur sy ten goede veranderde lewe nou ook begrip sal kry vir alle gebeurtenisse wat deur My Wil en My Mag sal plaasvind. Die uitwerking van ‘n algehele goddelose lewenswandel ken slegs Ek en daarom moet Ek ingryp, omdat My Liefde redding wil bring aan almal, of hul die moontlikheid verskaf om vry te kom uit die mag van Satan, wat egter slegs kan gebeur deurdat Ek hom sal kluister en aan sy konkelry ‘n einde maak. Dat as gevolg van die laaste oordeel op aarde, ontelbare mense sal omkom, mag vir julle mense wel wreed voorkom. Dit is egter slegs ‘n gewelddadige afbreking van dit wat onherroeplik na die ewige dood sou voer, sodat daar vir hierdie siele minstens die moontlikheid oorbly om eendag weer ten lewe op te staan, terwyl dit daarenteen die doel van Satan is om julle vir ewig in sy besit te kry. Uiteindelik is My Liefde dus die aanleiding vir die einde van hierdie aarde en die ondergang van alles wat daarop geskape is. My Geregtigheid plaas dan die geestelike oor in die uiterlike vorm wat beantwoord aan sy huidige gedrag op aarde. Ek bring dus alles weer in orde, volgens My ewige orde en Ek gee al die geeste weer die uiterlike vorm wat hulle regmatig toekom. Slegs wanneer julle mense die sin en die doel van julle aardse lewe en julle opdrag ken, sal julle ook My bestuur en werksaamheid begryplik vind. Dit gaan om meer as slegs julle liggaamlike lewe, dit gaan oor die hele ewigheid, dit gaan oor die lewe van die siel vir wie die geestelike dood die verskriklikste is. En teen hierdie dood wil Ek haar bewaar en Ek moet daarom na middele gryp wat julle aan My Liefde laat twyfel, maar wat egter tog maar net op My Liefde gebaseer is. Ek kan julle nie deur dwang tot ‘n ander lewenswandel bring nie, Ek kan julle slegs deur My Woord vermaan en waarsku, deur My Woord, wat in 'n regstreekse aanspreking na die aarde kom en waardeur alle mense deur My kan toegespreek word deur die mond van ‘n dienaar wat My heeltemal toegewyd is. Ek kan julle steeds maar net weer van die gevolge van julle verkeerde lewenswandel bewus maak en probeer om julle met woorde van liefde na die regte weg te lok. Indien al hierdie teregwysings egter nutteloos is, moet My Vaderhand, wat alles in orde bring, ingryp om julle teen die ergste te beskerm. Want op aarde moet die orde herstel word, sodat sy weer ‘n verblyfplek kan word waar die geeste geskool word, waar die siele ooreenkomstig hul bestemming voltooi kan word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205