BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 523

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Die beskermgees in die lewe 6503 Aan elke siel is ‘n beskermengel ter beskikking gestel, wie haar lei vanaf die begin van haar aardse lewe tot by haar dood. Maar hierdie beskermgees moet ook die vrye wil van die mens in ag neem, omdat dit andersins vanselfsprekend sou wees dat die mens sy doel sal bereik, maar hy doen alles om die siel so te beïnvloed sodat sy opwaarts sal streef. Maar waar die weerstand nog te groot is, moet hy homself beperk tot die afweer van onsuiwer geestelike wesens, sodat hulle die mens nie in besit neem nie, want dit is hom toegestaan dat hy homself tussen hierdie geestelike wesens en die mens sal stel, solank as wat die mens self nie na hulle verlang nie, d.w.s. solank as wat hy nog geen ongewone slegte gewoontes en begeertes in hom opwek wat dit dan vir sulke geeste moontlik maak om by hom in te kom nie. Die beskermengele doen daarom steeds hul bes om die siel te kalmeer, om haar teen hierdie lae geeste te behoed, vêrder probeer hulle steeds om haar geestelik aan te spoor, hulle werk so op die mens in dat die goeie neiginge in hom aangespreek word, sodat die mens daartoe gebring word om oor homself na te dink. Die beskermengele probeer alles om die mense geestelik te stuur en daarom verhinder hulle dikwels die vervulling van aardse begeertes en dit is hulle wat soms storend ingryp, wanneer die mens in gevaar is om in die aardse op te gaan, sodat hulle elke moontlikheid skep om geestelike kontak tot stand te bring, hetsy met die geestelike wêreld of ook met mense op aarde wat geestelik strewe. Steeds sal hulle probeer om die denke van die mense geestelik te rig, omdat hulle insien wat by die mens ontbreek en omdat hulle die grootste sorg dra om hulle nog op aarde na die doel te lei. Wanneer die beskermengele daarin slaag om die geestelike vermoëns van die mens vereers geestelik te rig, dan sal hulle baie geleenthede aan hom verskaf sodat die siel op die proef gestel kan word sodat sy haarself kan vervolmaak, hulle sal ook die geskikte bande onder die mense bevorder, want hulle weet hoe hulle met mekaar sal reageer en hulle kan ook die sukses voorsien en die lewe van hul beskermlinge wat by hom pas vorm gee. Want hulle het dieselfde wil as God, hulle handel slegs in Sy opdrag, deur Hom verlig en vervul met Sy krag. En so gaan geen mens sonder beskerming of leiding deur die aardse lewe nie, elke mens word deur leidsliede bygestaan, die mens behoort hulle egter geen weerstand te bied nie, d.w.s. hulle moet bereidwillig wees om hulleself deur hulle te laat lei, wat die mense tot uitdrukking moet bring deur gebed, deur God bewustelik aan te roep om Sy beskerming en Sy genade en deur die wil om dit te doen wat die doel van die aardse bestaan is. Dan kan hy homself onbekommerd aan die leiding van geestelike wesens toevertrou en sy denke, wil en handeling sal korrek wees. Maar ook hulle wat God nog nie herken nie, word deur die beskermgeeste bygestaan, dit is net heelwat moeiliker vir hulle om invloed te ontvang, maar hulle gee hul beskermlinge nie op tot by die uur van die dood nie. Want die mens self is te swak en hy sou gefaal het indien hulle hom nie geestelik behulpsaam sou gewees het nie. Die mens is ‘n kind van die wêreld, omdat hy ‘n kind is van hom (Lucifer) aan wie die wêreld behoort en in die mens sal die verlange na die wêreld steeds die oorhand hê en sy weg oor die aarde sou sonder resultaat gewees het, indien sy beskermgees homself ook nie af en toe na vore sou dring en homself uiter nie, wat steeds die geval is wanneer die mens in gedagte versonke is, of wanneer die wêreld hom nie bevredig nie, dan word hy aangespreek deur die beskermgees, wat elke gedagte van die mens volg en dadelik tussenbeide kom wanneer ‘n geleentheid hom voordoen. En sy inwerking sal daaruit bestaan dat hy die mens die goedere van die wêreld as waardeloos sal voorstel en hom geestelike goedere sal laat begeer. Wanneer hy daarin slaag, wend die mens homself meer en meer af van die wêreld, maar wanneer sy weerstand nog te groot is, sal die mens sulke gedagtes ontstemd afweer en homself weer na die wêreld toekeer. Maar die innerlike aandrang van die beskermgees gee nie op nie en steeds sal geleenthede hulself voordoen waar hy na vore kan tree om homself te uiter. En enorm groot is die vreugde van die geestelike wesens, wanneer hulle daarin slaag om ‘n mens te verander, wanneer hy homself van die wêreld afwend en homself na die geestelike ryk wend. Dan word hy met vergrote krag en intensiewe liefdeswil onder hande geneem, dan is die mens omring deur ligwesens en al die onsuiwer geestelike word uit hom verdring en dan is daar ook die verwagting dat die mens homself nog op aarde sal voltooi, want die invloed van die ligwêreld is nou steeds sterker en elke teenstand van die mens is gebreek en dit beteken totale oorgawe aan God. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205