BOEK 3 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 151

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588.

Waarom die evangelie slegs liefde leer - Dieper kennis 5657 (Die Vuur van die Liefde straal die Lig van Wysheid uit.) My Wil is die vervulling van die gebooie van liefde, omdat slegs dit julle kan gee wat julle ontbreek. Julle is geheel en al onkundig wanneer julle jul lewe op aarde begin en julle sal dit net so onkundig verlaat indien julle nie ag sal slaan op My gebooie van liefde nie. Want wat julle aan verstandelike kennis jul eie maak, word nie as kennis bestempel wanneer julle die Ryk hierna ingaan nie, waar net liefde van waarde is en gevolglik ook maar net die kennis wat 'n lewe in liefde julle opgelewer het. Want julle sal daarop bedag moet wees wat kennis beteken, naamlik om volledige insig te hê aangaande julle herkoms en julle bestemming. Hierdie kennis kan nie met die verstand bekom word nie, maar wel deur 'n lewe in onbaatsugtige naasteliefde, omdat die liefde die vuur is wat lig uitstraal, dus die helderste insig in alle sake, beide van die geestelike, asook die aardse wêreld en hul samehang met die Skepper van die oneindigheid. Sonder liefde kan geen lig aan julle gegee word nie, omdat lig vanuit die vuur van liefde uitgaan. Maar julle sal salig wees wanneer julle in die lig staan, wanneer julle van alles kennis sal dra. Want hierdie insig is 'n teken van die aaneensluiting met My, Wie vir julle hierdie hemelse vreugde wil berei. Maar die liefde verseker julle van die aaneensluiting met My, want die Liefde is Ekself van ewigheid af. Ek wil julle na My toe trek. Ek wil julle vir ewig geluksalig maak. Ek wil julle lig gee, dus kan Ek julle maar één ding aanraai: Lewe in liefde. En daarom het Ek julle die gebooie van liefde tot My en tot die naaste gegee, omdat, as julle hierdie sal vervul, julle jul geluksaligheid self berei, omdat julle dan die stroomkring van liefde ingaan Wie julle lig gee, insig, 'n ryke kennis wat toeneem, hoe dieper die liefde in julle word en daarom ook julle geluksaligheid voortdurend vergroot. Hoe hierdie vergrote geluksaligheid in die geesteryk tot uiting kom, kan nie vir julle wat nog op aarde wandel, verstaanbaar gemaak word nie. Maar op aarde sal julle al in die mees stralende lig kan staan, dus in 'n insig wat julle vêr bo jul medemens kan uitlig, maar wat julle nie sal kan oordra aan diegene wat nie net soos julle op aarde lewe nie, dit wil sê, wie voortdurend werksaam in liefde is nie. Want hierdie insig kan nie deurgegee word nie, dit moet self verkry word deur die liefde. Verstandelike kennis kan wel oorgedra word, dit kan aanvaar word en verder uitgebrei word, maar verstandelike kennis het geen waarde vir die ewigheid nie. Insig is egter geestelike kennis, duidelikheid oor sake en allerlei verbondenhede wat aards nie ondersoek en bewys kan word nie, wat egter eers die ware lewe uitmaak, wat onverganklik is en hul waarde vir ewig behou. Geestelike kennis word nooit aangeneem deur 'n verstandsmens wat nie in die liefde leef nie. Want dit ontbreek hom aan lig en hy deursien niks, omdat hy in die donker voortgaan. Daarenteen is die gees van 'n mens wat in liefde werksaam is verlig, ook al is sy verstand nie skerp nie en geniet hy daarom weinig aansien by sy medemens. En hierdie lig sal nooit meer uitgedoof word nie en sy sal ook in die geestelike ryk haar strale uitstuur. Hy sal dit steeds kan gee omdat hy haar besit. En daarom leer hierdie evangelie slegs liefde. Ek is Self die Weg wat die mense na My voer, na die ewige Lig. 'n Verkondiging van diepere Waarhede sou heeltemal nutteloos gewees het, omdat juis net die liefdevolle mense hierdie begrip sou gehad het, terwyl hulle die ander net verward en onvry sou gemaak het en tog nooit eenstemmigheid sou gevind het nie. Dit sou dus heeltemal nutteloos gewees het om kennis na die mense te bring - wat hulle egter self te alle tye kon verkry, indien hulle maar My gebooie van liefde sou uitleef. Geen kennis sal weggehou word van ‘n mens wat dit begeer nie. Mense wat sonder liefde voortlewe, begeer egter nooit die regte kennis nie. Hulle vrees die Waarheid en wil haar nie hoor nie. Daarom kan hulle haar ook nooit ontvang nie, totdat hulle verander in liefde, wat ook 'n verandering van hul kennis tot gevolg sal hê. Maar sonder liefde is daar geen helderheid van gees nie. Sonder liefde is daar geen kennis wat ooreenstem met die Waarheid nie. En sonder liefde word die suiwer Waarheid nooit ingesien nie en sal sy daarom steeds verwerp word, wat geestelike duisternis beteken. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205