Hoofstuk 8
Taal
(ontvang 30 Januarie 1871)
11 Gisteraand spreek twee van jou broeders oor die styl of die wyse van woordrangskikking wat in My diktate aan julle dikwels duidelik merkbaar is, en wat volgens hul opvatting nie altyd in ooreenstemming is met die Duitse spraakkuns nie.
Jou broeder M-ch maak eers die kritiese opmerking dat dit hom meermale oorkom dat hy, waar hy iets wil verander, tog weer na die deur My gestelde volgorde van die woorde moes terugkeer, waarop jou broeder L. hom baie korrek antwoord ‘dat mens My woorde nie met die hoof, maar met die hart moet lees; dan sal die betekenis altyd helder wees!’.
Aangesien die laaste die spyker nou baie presies op sy kop geslaan het met sy opmerking, wil Ek jou hier in alle opsigte uitsluitsel gee oor die wyse en manier van uitdrukking, oor die korrekte woordrangskikking en ten slotte oor `n fundamentele waarheid wat My hele skepping deurtrek en by die nou net ter sprake gebringde twyfel van jou broeder M-ch begin en wat by die groot geestelike skeppingsmens*12 ophou.
Voordat ons ons egter heeltemal verdiep in die nadere verklaring van die vraag, waarom My styl dikwels van die van julle verskil, moet ons, soos oral, by die eintlike grondslag begin en sê:
"Wat is taal? Hoe ontstaan dit? En wie was die eintlike leier wat die volgorde van die woorde so vasgestel het soos julle nou gewoond is om te lees, te skrywe en te dink?"
Steeds van die eenvoudigste uitgaande kom mens die maklikste tot `n korrekte en werklike deugdelike gevolgtrekking, wat dan op soliede, eenvoudige en stewige grond gebou is, soos `n stewig geboude huis op rots ook nooit omver te stoot is nie.
Om nou dus by die allereerste vraag ‘wat is taal?’ te begin, moet ons antwoord:
Taal is `n samestelling van verskillende geluide wat deur organe van die mond voortgebring word en dit in hul verskeidenheid, dikwels afsonderlik en dikwels in samehang met mekaar, `n woord vorm en die woord word weer `n begryplike uitdrukking.
Hoe laer `n volk op die trap van beskawing staan, des te minder behoeftes het hulle, en het daarom ook soveel minder woorde nodig om sy behoeftes en ander dinge aan te dui.
Die taal ontstaan dus deurdat mens deur middel van geartikuleerde geluide en voortgebringde klanke oftewel die geluid van bepaalde klinkende dinge wil naboots, oftewel oorspronklike geluide bedink wat die een of ander behoefte, hetsy van die liggaam of van die siel, moes uitdruk; soos julle dit nou nog in die kindertaal vind waarby in elke gesin vanaf die eerste brabbeling van die kind tot hy hom beter verstaanbaar kan maak, elke kind sy eie manier het om duidelik te maak wat hy eintlik wil sê.
Wat julle by kinders daagliks sien, was dit ook altyd so by die eerste mense. Ook hulle moes baie woorde uit hulself bedink, baie ander leer hulle egter van My geesteswêreld deur die innige verbinding daarmee; woorde, wat steeds op ooreenstemmende wyse die desbetreffende ding geestelik aandui.
Na vermenigvuldiging van die mense, reeds na die val van die eerste mens waardeur die omgang met die geeste afgesny word, tot in julle tyd, het tale en ondergeskikte dialekte hom by duisende ontwikkel. Die mense verstaan mekaar nie meer nie, en daar moet tale geleer word van die volkere waarmee mens hom in verbinding wil stel, omdat andersins die verstaanbaar maak nie moontlik is nie.
Hierdie verskeie duisende bestaande tale het natuurlik ook vanaf hul oorsprong tot by die huidige tyd baie veranderinge ondergaan; sommige gaan vooruit, ander het weer agteruit gegaan, volgens die kulturele vlak en geestelike ontwikkeling van die volkere self.
Oral waar `n taal egter bestaan of bestaan het was een van haar karakteristieke kenmerke, behalwe die vir die taal spesifieke benoeminge van dinge en begrippe, ook die manier om die woorde tot `n sin saam te voeg, en ten slotte nog die manier om die taal skriftelik of beeldend op te teken.
By die woordrangskikking, waaroor beide jou broeders ook oor die by My gebruiklike manier van gedagtes wissel, is die eerste vraag: ‘hoe moet dit eintlik op die korrekte manier gehanteer word?’.
Wel nou, hier het ons aangekom by dit waar Ek My juis, in teenstelling tot die vir julle gewone manier van skrywe, dikwels anders uitdruk.
Om julle dit te verklaar wil ons `n bespreking aangaan en allereers vra: "Wat is `n sin?" `n Sin is die uitdrukking van `n gedagte, waaraan die verklaring van oftewel `n begrip oftewel van `n handeling ten grondslag lê.
Wanneer Ek dus `n handeling wil verklaar, dan sou eintlik in die sin eerste die handelende werkwoord, as wilsuiting van die handeling, en daarna eers die woord wat die handeling aandui moet volg.
Altans in die taal van elke gees sit die basisgedagte - ek wil iets doen - hom vas, en vervolgens kom wat ek wil doen.
So staan daar byvoorbeeld in die Bybel: ‘En Hy skep die lig!’ en nie: ‘Hy het die lig geskape’, soos julle gewoond is om te skrywe; die woord ‘skepping’ gaan aan die lig vooraf.
Wel nou, in My diktate kom baie dikwels ook dieselfde woordsetting voor, en L. het heeltemal gelyk: Met die hart, dit wil sê geestelik gelees, klop dit soos Ek dit dikteer, en soos dit in byna alle ou tale van die môreland en Asië en ook nog in slegs enkele nuwer tale gebruiklik is. In julle taal word dit egter juis vermy, deurdat die selfstandige naamwoord tussen die hulp - en hoofwerkwoord gevoeg word, ja dikwels hele sinne so ingevoeg word dat eers aan die einde die eintlike werkwoord kom, wat aandui wat daar eintlik moet gebeur.
Aangesien daar nou aan alles `n geestelike ‘waarom’ ten grondslag lê, is dit ook hier weer die geestelike wat My woordrangskikking regverdig, en ‘geestelik’ vervang deur ‘hart’ soveel wil sê as: As julle jul verstandslewe tersyde laat en met die hart dink soos My geeste, dan sal My woordrangskikking vir julle heeltemal klop; sodra julle egter van die innerlike sieletaal afwyk en oorgaan na die harsings of uiterlike lewe, dan verloor julle ook die ordening, soos dit ook by die skrywe van die tale gebeur het.
Die ou tale van Asië en Afrika is almal soos die algemene geestestaal! Dit sou slegs van regs na links te lees geskrywe moet word, terwyl by julle huidige na buite gerigte of na die verstand lewende mensdom juis die teendeel beoefen word, dit wil sê van links na regs.
Ook dié verandering dui weer op dieselfde verskil as materieel en geestelik.
In die materiële, soos byvoorbeeld in die menslike liggaam, is die linkerkant die van die hart, van waaruit die bloed deur die hele liggaam stroom; dit is die positiewe of geestelike kant. Die regterkant egter, waar die bloed na die longe en later weer na die hart terug gebring word, is die negatiewe en materiële kant.
Wat via die oor aan die gehoor en gevoelsorgaan van die siel, oftewel aan die geestelike mens vanuit die buitewêreld meegedeel word is die negatiewe kant, en wat die siel deur middel van haar bewegingsorgane aan die buitewêreld meedeel is die positiewe kant.
Elke ding het ewe-eens twee kante: `n regter en `n linker, `n negatiewe en `n positiewe, `n binne en `n buitekant.
Die menslike huid is aan die linker binnekant positief, die buitekant regs is negatief! Dit skei uit as positiewe pool, wissel die pole vervolgens om, suig dit op as negatiewe pool; dit vind elke oomblik tallose male plaas, want afstoot en aantrekking, wrywing en opgewekte warmte, vernietiging en nuwe skepping is die eerste lewensbeginsel!*13
Die oog is as opname-orgaan van indrukke van buiteaf negatief, maar as spieël van die innerlike positief.
Wat hier as ‘positief’ en ‘negatief’ aangedui word, is in die geesteslewe ook, met ander woorde, `n toenadering of verwydering van My en My wette!
In die vroegste tyd, toe die mense en volkere nog nader aan die geesteslewe staan, bedink hulle hul tale ooreenkomstig hul geestelike toestand; so was ook hul woordstelling en so hul wyse van skrywe. Toe hulle egter met verloop van tyd afvallig word van die groot natuurwet en die verkeerde weg inslaan, word ook hul wyse van uitdrukking en skrywe verander; daarom het die meeste nuwer tale `n verkeerde styl en `n verkeerde manier van skrywe.
Die mense verruil die geestetaal van die hart vir die verstandelike harsingstaal, hulle het van My en hul eie missie afvallig geword; en daarom ook skyn hul in die natuur heeltemal verkeerd, wat die eenvoudiger lewende natuurmense juis goed toeskyn.
Julle sien dus hoe daar van en na die hart, oftewel via die hart of via die verstand, `n heen en terug, `n nader en verwydering, `n verbetering en verslegting bestaan.
Wat Ek julle tevore oor die huid gesê het, dit geld vir elke vrug, elke boom en elke ding. Oral is die twee dinge waardeur die intelligensie van die innerlike hom aan die uiterlike wêreld meedeel of van die buitewêreld indrukke ontvang; oral positief - negatief, oral regs - links, oral toenadering en verwydering, uitskeiding en opsuig, reg of verkeerd.
So gaan dit verder in die hele skepping tot by die groot kosmiese mens, waarvan die ingewande suiwer sonne, komete en planete is, en tot by die nog eindelose baie groter geestelike skeppingsmens, wie se inwendige liggaam bestaan uit suiwer hemele van die mees uiteenlopende soorte en salighede.
Ook hy suig vir sy bestaan van buiteaf op, wat hy vervolgens in homself in die geestelike verander, en gee weg of stoot uit wat die kosmiese mens aan geestelikheid ontbreek.
Daar heers ook die korrekte ordening; daar is die hart My hemel in die sentrum van die groot positiewe pool wat al die goeie laat uitstroom en die geeste in die materiële wêreld is die negatiewe pool, wat My al die geestelikes weer gesuiwer terugbring; daarby moet hulle hom egter eers van die negatiewe in die positiewe pool verander het, waardeur die wisseling opnuut begin.
Dit is die groot grondwet van die skepping: Ek, die liefde, as positiewe pool, en julle en My geeste en engele as opsuigende dele, die negatiewe pool; totdat na baie opsuig en afstoot, wat ooreenkom met beweging of lewe, uiteindelik My positiewe pool, as geestelik ewig en onveranderlik bestaan, daar slegs sal staan; al die opgesuigdes sal as vergeestelik, gelyk aan My, van ewige vrede en saligheid geniet waarin slegs steeds `n sagte aantrekking, maar geen afstoting meer kan voorkom nie!*14
Eons en eons van tyd sal weliswaar tot dan toe verloop, maar dit sal tog eens gebeur dat gees en materie so gesuiwer en vergeestelik hul as eerste impuls gegewe beginsels verloën, en wat rustig naas en in mekaar sal lewe wat slegs deur stryd en ontbinding sy voortbestaan seker moet stel, en dat daar dus ooreenstemming tussen alles sal bestaan.
Wel nou, My liewe kinders, sien julle vanaf die kleinste vraag en die antwoord van Lks. tot by die groot geesmens dieselfde band gelê en in alle skeppinge vervleg? Daar dan die kleinste vraag oor die woordrangskikking in julle taal, en hier op grond van ongehoorde vir julle nie voor te stelde afstande as aantrekkende en afstotende krag.
Julle kan daaruit opmaak hoe weinig daar voor nodig is om `n hele groot waarheid, `n groot grondwet van My goddelike huishouding te ontdek en te verklaar; daar is natuurlik ook `Hy' by nodig wat dit julle kan verklaar; Hy wat al die groot en kleiner wêrelde, al die voortbrengsels, hetsy geestelike of materiële, dieselfde weg aangewys het. Julle Vader is daar by nodig, wat julle sulke groot wondere in die kleinste vrae nader wil verklaar en daardeur wil toon hoe baie en hoe weinig daarvoor nodig is, om ten eerste My grootheid en ten tweede My liefde te begryp en dit op waarde te leer skat! Amen!
*12 In `Schöpfungsgeheimnisse' (skeppingsgeheime) van Mayerhofer word nader insig gegee in die groot kosmiese - of skeppingsmens en die nog baie groter geestesmens of geestelike skeppingsmens.
*13 positief is ook `manlik'; negatief is ook `vroulik'
*14 sien die hoofstuk `Elektrisieteit' in die boek `Schöpfungsgeheimnisse' van Mayerhofer.