LEWENSGEHEIME
GOTTFRIED MAYERHOFER -AFRIKAANS

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

 

Hoofstuk 23

Nog `n woord oor taal en haar oorsprong

(ontvang 9 November 1875)

Ek het julle al sommige woorde oor die onderwerp gegee, maar nou wil Ek julle die woord ‘taal’ van `n ander kant laat sien, om met die verklaring daarvan die geleerdes van julle wêreld opnuut aan te toon dat hulle eintlik niks weet of tenminste dat hul gevolgtrekkinge in baie gevalle verkeerd is.

Kyk, wanneer jy taalkundiges in die algemeen vra waarvandaan die taal van afkomstig is of hoe dit gevorm het, dan antwoord hulle eenvoudig: "Die taal as noodsaaklike middel as wisseling tussen mense, was in die begin beperk tot maar baie weinig woorde. Eers met die hoër word van hul kultuur, met die toeneem van hul behoeftes was hulle daartoe gedwing om nuwe woorde te vind, en so ontwikkel die tale in die wêreld langsamerhand, na gelang van die intelligensie van die mense en volkere. Dit is in `n paar woorde gesê die hele resultaat van die hele taalondersoek.

Vir diegene vir wie dit voldoende is, kan dit daarby laat.

Omdat Ek egter anders dink en ander bedoelinge het met My aardse kinders as dat Ek hulle met sulke wysheidsverklaringe wil afskeep, sal julle vandag weer `n mededeling van My ontvang oor `n algemeen bekende woord, naamlik ‘taal’. Baie van julle spreek verskillende tale en kan hom daarin uitdruk, sonder om ooit geestelik te ondersoek hoe tale, soos julle daar nog verskeie uit die oudheid en die moderne tyd ken, eintlik ontstaan het - dit wil sê hul reëlmatige, weldeurdagte struktuur.

Wel nou, hier wil Ek `n kwessie aan die orde stel en sê: "Het julle nog nooit daaroor nagedink hoe dit eintlik moontlik is dat `n taal met al haar werkwoorde, naamwoorde, bywoorde en voorvoegsels ens., met alle verbuigings, vervoeginge en die veranderinge daarvan ontstaan het? Terwyl daar tog, wanneer julle slegs en slegs na die werkwoorde kyk, `n logiese redenering en `n korrekte denke uit blyk, en die mees verskillende handelinge op alle moontlike tydstippe op `n gereëlde wyse aangedui is?

Het julle nog nooit op die gedagte gekom hoe dit eintlik moontlik is dat die eerste mense en hul eerste nakomelinge hulleself al so kan uitdruk dat hul mededelinge vir mekaar begryplik was en aan hul behoeftes voldoen het?"

Want julle kan tog beslis nie aanneem dat die eerste mense hulle eers in hul gedagtes met grammatika of spraakkuns besig gehou het, voordat hulle hul mond geopen het om te spreek.

Wel nou, wanneer julle die taal van die kant bekyk en die oordeel van julle taalkundiges, wat Ek hierbo al aangehaal het, langsaan lê, dan sou daar tog enige vertwyfeling in julle hoof kan opduik, waarvan die oplossing julle en julle geleerdes nie so maklik sou wees en wat slegs Ek in staat is om te ontraaisel.

Om dit nou te bewerkstellig en wel so, dat dit vir julle begryplik en leersaam kan word, moet julle My volg op `n ander terrein, waar Ek met ander vrae moet begin sodat uit die beantwoording daarvan die taalkwessie eers verhelder kan word.

Dink julle, My kinders, dat daar in die tyd dat die wêreld, naamlik die van julle, geskape was, nog geen ander sonnewêrelde bestaan het nie? Of is julle van mening dat die hele universum éénsklaps ontstaan het, dit wil sê met die verste verwyderde hulsglobes, (heelalsfere) wat julle oë met die skerpste teleskope slegs met moeite ontwar aangesien hulle hul aan julle as swak newels voordoen, tot by julle sonnestelsel met sy son en die daaromheen sirkelende planete, mane en komete?

Ek moet julle daarop antwoord dat die skepping van die hele universum ewe-eens slegs langsamerhand, in groot spanne van tye ontstaan het en ewig verder gebou word, soos ook nou nog, om julle `n voorbeeld te gee, hom uit die saad die plant en uit die plant weer die saad vorm.

So ontstaan en ontstaan nou nog wêrelde, sonne, planete en komete; want juis in die skeppingsproses van `n soortgelyke aard aard is die oneindigheid gegrondves en gebaseer. So vervang en voltooi hom alles, sowel die kleinste as die grootste, slegs weer uit homself!

So word ook julle sonnestelsel gevorm uit ander stelsels en uit die eter, eers as `n komeet gedurende eons jare rondsirkelend in die eter, alles opsuigend wat vir die bestaan van sy eie wêreld en die daaruit ontstaande aardes en mane nodig is. Daarna moes die aardes en mane hul eie omwentelinge deurmaak, terwyl die komete nuwe ontwikkelinge tegemoet gaan, totdat hulle geskik word vir lewende wesens, soos julle dit op julle eie aarde sien. Origens is daarmee die periode van vorming en ontwikkeling nie afgeloop nie, maar julle aarde, net soos die daarop lewende skepsels, gaan, gehoorsamend aan die drang om voorwaarts te gaan, steeds verder voorwaarts na `n hoër vlak, totdat ook vir hul die oomblik sal kom waarop die materiële aardbol met sy bewoners geesteliker en meer verfynd geword het

Hierdie ontelbare wêrelde en sonnestelsels, wat die materiële kosmiese stelsel uitmaak, moes en moet dieselfde proses deurmaak en is nog steeds besig met verandering en vervolmaking.

Daar bestaan kosmiese stelsels, waarvoor julle geen getalle het om hul aantal aan te dui en ewemin vir die bepaling van hul lewensduur.

Miljoene wêrelde was geskape en het vergaan voordat julle son as slegs `n ligte komeetagtige ster in die eterruimte rondgesirkel het. Die wêrelde en sonne was - en is nog steeds - bevolk met wesens wat baie verskil in liggaamlike en geestelike struktuur.

Geeste uit die groot geestesryk laat hulle in die wêrelde as wesens inklee, om deur die beproewingskool hul vooruitgang te bespoedig en om hulle weer meer vergeestelik te verlaat, om so trapsgewys nader aan My te kan kom, van Wie hulle almal uitgegaan het.

So was die ketting of die verbinding tussen die geestesryk en die kosmiese ryk oral.

Aangesien die geeste hul missie uitvoer, ingeklee as wesens van die verskillende wêrelde, was daar vir die doel ook `n taal nodig as middel om hom uit te druk, wat na gelang van die intelligensie van die bewoners, soms baie en soms weinig woorde en klanke nodig het om hul gedagtes uit te druk. Soos daar miljoene wêrelde is, so verskil die taal van die een miljoene male van die ander. Hierdie inkleding, die inkarnering van geeste of wel die omswerwinge van die siel van die een ster na die ander, wat steeds bepaal word deur `n vrywillige verlange, vind nog altyd plaas; en so het ook op julle aarde die eerste mense aangekom met reeds `n sekere geestelike spraakvermoë, waarvan die grammatikale konstruksie nie die werk van die aarde nie, maar hul erfenis van ander wêrelde was.

So het op julle klein aardbol die duisende tale saam met hul variante ontstaan, wat julle tot op hede ken. Hulle was almal slegs die begin van die tale wat geeste vanuit ander wêrelde saamgebring het en vervolgens met verloop van tyd tot julle lewende tale omvorm, na gelang van die behoefte en die ontwikkelingsvlak van die verskillende volkere.

So sien julle dat elke taal, al is dit ook gebrekkig, tog altyd opgebou is volgens rasionele beginsels wat nie van julle wêreld afkomstig is nie. Later het daar nog die behoefte bygekom om die gesproke vas te lê, wat toe die geskrewe taal, die gebaretaal en die beeldspraak tot gevolg gehad het.

Van duisende en duisende wêrelde stroom die geeste toe na die klein planeet; vir een deel reeds in die vooruitsig van die toekomstige belang daarvan in die geesteslewe, vir `n deel ook later, toe Ek vir alle geeste die klein aarde ingestel het tot My plek van genade, waar Ek as mens die grootste voorbeeld van deemoed en lyding wou gee aan alle geestelike wesens wat materieel of immaterieel in die hele universum lewe.

So ontstaan die tale, verbeter deur mense wie se groter lewensdoel dit was om hulle te verbeter en hulle aan te pas by die behoeftes van die volkere, na gelang van hul eie vooruitgang in kultuur.

So ontwikkel hom uit die afsonderlike moedertale die variante, eers slegs as dialekte, later as eie tale, na gelang van die volkere in die sosiale lewe `n meer of minder belangrike staatkundige posisie ingeneem het.

Dit is die hele historiese en staatkundige toedrag van hoe tale ontstaan het, `n geruime tyd bestaan en weer in onbruik geraak het of sodanig verander het dat daar van hul eerste moedertaal niks oorgebly het nie, na gelang van die volkere in hul kultuur vooruit of agteruitgegaan het.

Aangesien dit by alle volkere altyd slegs enkele mense is wat invloed het op die geestelike en materiële vooruitgang van die volkere, en die mense meestal vanuit beter wêrelde oorgekomde geeste was, tref julle in die geskiedenis ook slegs volke aan in die glans van `n baie hoë geestelike kultuur of materiële vooruitgang. Die verdere vooruitgang word slegs verhinder deur die hoogmoed in tyd van voorspoed of die verval in dierlike hartstogte. Die inkarnering van beter geeste word seldsamer en hulle maak plek vir laer geeste, wat vervolgens langsamerhand die volkere tot verval bring en meewerk om hulle kragteloos te maak.

En so sien julle dat nasies nou, wat vroeër `n diep insig in die geheime van My natuur gehad het, verdierlik is - hulle slegs oorwegend aan die laagste hartstogte en materiële belange oorgee, waar van alle grootsheid van hul voorvaders hoogstens nog enige reste in die taal oorgebly het, wat getuig van die vermoëns wat eens hier werksaam was om die mense op die geestelike weg te lei, waartoe teenswoordig niemand meer die wil of die daadkrag besit nie.

Voorbeelde daarvan sien julle in Indië, Persië, Egipte, en ook by volkere in Amerika, waarvan die spoor lankal van die aarde verdwyn het.

En so, My kinders, is ook julle taal nog nie die laaste wat op die aarde `n einde sal hê nie. Daar sal `n nog intensiewer, geesteliker taal op volg, wat die mense eers sal leer wanneer hul nadering tot die geestesryk hom so vry manifesteer dat `n daarheen of hierheen gaan slegs `n sagte oorgang en `n ligte wisseling van stof sal wees, en die intelligente behoeftes van die in die materie geïnkarneerde mense meer in ooreenstemming sal wees met die van die geeste aan die ander kant.

Teenswoordig is dit so dat julle taal, hoe ontwikkeld en ryk aan uitdrukkings wat dit volgens julle ook is, tog vir baie gevoelens en sielsgesteldhede nog geen woorde het om dit tot uitdrukking te bring waar julle hart so vol van is soos byvoorbeeld op die hoogste oomblikke van allerhoogste genot van die eerste liefde, of by die afskeid neem of `n weersiens, of selfs wanneer julle met woorde uitdrukking sou wil gee aan harmoniese akkoorde en klanke. Hoeveel sou julle dit nie met `n woord wil sê, en julle taal moet hom tevrede stel met hoogstens `n blik vol saligheid, `n handdruk of `n omarming. Want al julle woorde is te arm en nie in staat om ook maar die minste uit te druk van wat daar in julle siel in `n geestelike vlammende skrif geskrywe staan en in die woord ‘liefde’ die hoogtepunt bereik, maar hom nie nader laat omskrywe nie.

Aangesien dit alles egter maar al te dikwels uit julle eie ervaring aangetoon kan word, mag julle daaruit die gevolgtrekking maak dat julle mense op die groot trap van die geeste nog nie die laastes is nie en dat daar nog baie grade bokant julle bestaan. So is ewe-eens julle taal nog nie die laaste nie, maar daar bestaan nog ander wyses van uitdrukking, waarvan julle geen voorstelling kan hê solank julle nog in materie ingeslote siele is nie.

Julle moet immers steeds voor oë hou dat, hoe meer julle blik geestelik verskerp is en dit so groter en saliger in hom kan opneem, en hoe meer die wondere van `n geesteswêreld hom eenmaal vir julle sal ontvou, julle ook aan soveel te meer uitdrukkinge behoefte het om die iets soortgelyk in die korrekte proporsie te kan uitdruk. Hoe hoër dus die gesigspunt, soveel geesteliker die taal, aangesien dit nie meer om uiterlike vorms, maar om geestelike inhoud gaan.

In die begin het Ek gesê dat dit dieselfde proses is, hoe die plant uit die saad en die saad uit die plant groei. So ontstaan ook in die groot kosmiese ryk van die geestelike intelligensie uit die een taal weer `n ander, na gelang van die geestelike behoeftes steeds voortskry­dend, vanaf die tot vervalle geraakte dialek van die landvolk tot by die suiwerste tongval van `n ontwikkelde mens.

Die verskil wat vir julle hier slegs maar effens aangeroer word, is in geestelike sin in die wyse van uitdrukking en in die ontwikkeling van taal onder intellektuele wesens `n groot en wydverbreide verskil wat geen grense het nie; want taal as uitdrukking van geestelike oneindige begrippe, kan en moet ewe-eens oneindig wees in haar uitbreiding en vervolmaking.

Taal is dus nie, soos die geleerdes dink, `n deur taalkundiges saamgestelde maakwerk, maar `n erfenis van ander wêrelde, waarby meestal baie weggelaat moes word, oftewel omdat dit vir die geestelike vermoëns van die mense nie nodig was, oftewel omdat selfs die omringende natuur en die peil van die kultuur op aarde anders was as op die plek waarvandaan die taalelemente deur julle omswerwende geeste saamgebring was.

Altyd weer is dit die eiedunk van die aardse mense, wat dink dat hulle alles sou gemaak het; hulle dink om plante te kan veredel, diere op `n hoër vlak te kan bring en, as dit maar moontlik was, hulle selfs tot mense te kan maak! Dit alles dink die mense om tot stand te kan bring, en hulle bedink daarby nie dat wat Ek geskape het, nóg deur hul veredel, nóg beter deur hul gekweek kan word!

In een enkele woord lê al soveel diepsinnig, soveel karakteristieke, wat slegs `n diep denker kan vermoed, maar nie kan deurgrond nie, hoeveel meer daar in `n hele taalstelsel verborge lê; wanneer die taalvaardigheid nie al geestelik in die mens self gevestig was nie, sou die taalkundiges beslis dikwels in twyfel verkeer oor hoe hulle `n handeling in al sy moontlike veranderinge sou moet aandui.

Wees daarvan verseker dat geen een van julle professore ooit in staat sou wees om slegs maar die woord ‘is’ met sy tydsver­voeginge uit te gevind het nie.

Dink maar na oor wat daar gesê is, dan sal julle maklik insien dat dit iets heel anders is om `n bestaande taal te ondersoek as om `n nuwe uit te vind sonder om ou tale te imiteer (na te boots); so-iets is vir julle mense `n onmoontlikheid!

Daarom laat Ek julle die woord gee, sodat julle daardeur weer mag besef hoe klein, hol en beperk julle wetenskap is en hoe ontereg die trots op julle geleerdheid is. In die korrekte lig bekyk is daar naamlik maar baie weinig nuut in julle prestasie, maar die meeste is My genadegawe; en dit kyk verder en het steeds en oral geweet wat hulle gedoen het, hoe hulle dit ten uitvoer gebring het, wanneer dit die tyd daarvoor was en welke middele daarvoor nodig was.

Die geestelike element wat in die natuur lê, bestaan ook in die taal, omdat dit immers in staat moet wees om eenmaal die geestelike heldersiende of wedergebore mens as wyse van uitdrukking te dien.

Die taal moet dus alles in hom dra om aan so `n behoefte te beantwoord, en daarom is ook die taal, haar grammatika of taalleer so rasioneel en konsekwent saamgestel, sodat vir `n wedergebore mens steeds die passende woord by die korrekte begrip beskikbaar is.

Aangesien alle mense nou eens in die toestand van die ‘wedergebore is’ moet kom, om die toekomstige vergeestelikte wêreld op aarde te bevolk, moet ook hul taal langsamerhand aanpas by die geestelike vereistes en hom geleidelik aan vergees­telik, sodat dan met die geestelike begrippe uiteindelik ook vir selfs die hoogste gevoelens in die taal ooreenkomstige uitdrukkinge beskikbaar is.

Miljoene wêrelde en miljoene jare moes verbygaan, waarin die tale vir die toekoms voorberei moes word; nou eers geniet hele generasies die voordeel om hom in `n goed opgeboude woord en skriftaal te kan uitdruk, afgestem op hul geestelike behoefte. Dit sal selfs nie slegs diegene wat nou lewe, maar ook hul verre nakomelinge nog ten goede kom.

So moet ook die woord weer die bewys lewer dat die genade van julle Vader niks nalaat om enersyds dom menslike trots die kop in te druk en julle andersyds middele te gee om die geestelike kosmiese ryk te begryp. daarby is na alles wat daarvan gehoor, gesien en gevoel is, slegs en slegs die taal, ‘die woord’ gegee om ook aan andere mee te kan deel wat aan individuele ingewydes, wat self met die geesteswêreld in verbinding staan, in baie eensame ure ten deel geval het, waarby die liefde van die Vader die swak kinders Sy genade laat voel en hul laat sien hoe eons jare gelede opgebou was wat nou eers tot oes sal ryp word! Amen!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205