LEWENSGEHEIME
GOTTFRIED MAYERHOFER -AFRIKAANS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

 

Hoofstuk 4

Liggaam, gees en siel

(ontvang 18 Julie 1870)

4 Hierdie drie woorde is in My boodskappe al dikwels uiteengesit, en julle het daar al `n idee van wat `liggaam', `gees' en `siel' in die algemeen en wat dit in die besonder in geestelike sin beteken.

Aangesien daar egter in al My woorde iets oneindig lê en daar steeds iets nuuts en geestelik uit gehaal kan word, wil ons probeer of ons nie ook aan die woorde nog `n ander betekenis kan ontlok, wat moontlik net so belangrik sou kan wees as die vorige of selfs nog baie hoër en verhewender!

My lering gaan steeds trapsgewys, en die verklaring van die liggaam of materie, oftewel die daarin gebonde geeste, oftewel My in materie gefikseerde gedagtes en idees, beantwoord aan julle vroeëre bevattingsvermoë. Aangesien julle ryper geword het en al `n diepere blik in die geheime van My skepping gewerp het, wil Ek nou die woord ‘liggaam’ vir julle van `n ander kant belig. Daarmee wil Ek julle `n nuwe gebied ter lering van julle siel en ter instandhouding van julle gees bekend maak, sodat julle daaruit mag aflei dat Ek, ook al haal Ek vroeër gebruikte en uitgelegde woorde aan, daar tog steeds behalwe die vroeër gegewe verklarings nog ander kante aan kan ontdek, sodat julle in die onderwerp nuwe wondere en nuwe bewyse van My liefde en wysheid kan ontdek. Ja, as Ek dit sou wil, sou Ek die woord nog duisendmaal die binneste buite wil keer en aan julle verraste blikke steeds nuwe kante laat sien. Maar nou ter sake.

Soos Ek dit vir julle in vroeëre boodskappe uitgelê het, het die ‘liggaam’ daar steeds dieselfde betekenis as ‘materie’, en Ek het julle laat sien dat ook in die materie eintlik niks materieel, maar slegs iets gebonde geestelik bestaan. Ook het Ek julle gesê dat materie bestaan uit My vasgehoue gedagtes en idees, wat net solank materie oftewel liggame bly as wat Ek My gedagtes en idees, wat daarin opgesluit en beliggaam is, nie terugtrek nie!

Hierdie verklarings is almal waar, ten eerste omdat hulle die ware voorstel, en ten tweede omdat Ek hulle aan julle gegee het.

As ons egter die begrip ‘materie’ of ‘liggaam’ van `n ander kant wil beoordeel, dan vra Ek allereerste: Wat beteken die woord ‘liggaam’ eintlik?

Kyk, om sorgvuldig te wees en vervolgens trapsgewys omhoog te klim op die groot leer van My skeppinge en My wese self, moet ons eers die betekenis van `n woord vasstel en dit nie so gedagteloos laat by die uitspreek van die woord ‘liggaam’ sonder om die wese daarvan nader aan te dui nie. Wel nou, laat ons dus begin by die ‘abc’, net soos skoolkinders wat leer lees.

‘Liggaam’ die woord beteken eintlik `n apartgesette (afgesonderde) ding met dimensies (afmetings) in breedte, lengte en diepte, wat `n afgeslote en afgeskeide, op homself staande ding is te midde van die grenslose oneindigheid!

`n Liggaam is derhalwe `n bepaalde iets wat ruimte inneem en `n omhulling het, waarmee dit sy individuele bestaan skei van die hele allesomvattende bestaan.

Om die redes kan `n liggaam egter tog alle grade van digtheid en swaarte deurmaak; dit kan tot in die oneindigste fyn en vir julle nie meer weegbaar (imponderabel-gewigsloos) wees, maar dit kan ook verdig tot die hardste steensoort aanwesig (soos graniet of, beter gesê, as ‘grondstof van die fondament van die aarde’).

Altyd bly `n liggaam, `n op homself bestaande iets wat afmetings kan aanneem en wel in `n vervlugtigde toestand geweldig groot en in verdigte toestand uitermatig klein afmetings, wat deur die onderlinge aantrekkingskrag en die in mekaar oorgaan van die gelyksoortige vervolgens klippe, aardes, wêrelde, sonnegebiede, ens. kan vorm.

‘Liggaam’ is dus as woord wat uitdrukking vir iets wat liggaamlik op homself bestaan, iets geword het, `n slegs op homself bestaande geheel wat losgeruk is uit en `n geskeide is van alles wat bestaan.

`n Liggaam kan hom tot in die oneindige laat opdeel, tot waar julle oë en instrumente verdere waarneming nie meer toestaan nie. Maar tog bestaan dit nog altyd en het as grootheid sy dimensies in al drie rigtings, ook al is dit vir julle nie meer te begryp nie; net so min as die grens waar sy deelbaarheid ophou en die in die liggaam gebonde geestelike begin.

Sonder liggame sou daar geen sigbare skepping wees nie!

Daar bestaan liggame of stowwe wat weliswaar deursigtig is en onweegbaar, soos lig en elektrisiteit, maar hulle is dit slegs vir julle oë, nie vir die oë van geeste nie!

Vir julle oë is alles onsigbaar wat `n ligstraal deurlaat en hom nie weerkaats met sy oppervlak nie. Maar let wel: Julle sien nie die voorwerpe of die ligstraal wat daarop val nie, maar julle sien voorwerpe slegs deur middel van die deur hul weerkaatste ligstraal.

`n Ligstraal wat in die oneindigheid wegvlieg sien julle nie.

Wanneer iets dus `n liggaam het, maar van `n meer geringe digtheid, is dit in julle oë nie aanwesig as die skeikunde (chemie) daar nie sou wees, wat julle verskeie ‘elemente’ toon, terwyl julle meen om slegs met één element te doen het; soos byvoorbeeld die lug waarin julle lewe, wat julle inasem en in jou longe chemies ontleed, waaruit julle die daarin vervatte lewensstof haal en vervolgens die verbruikte of verkoolde weer uitasem.

Vir julle oë bestaan nie al die bestanddele nie, terwyl hulle vir julle liggaam voelbaar is. Want wanneer ‘die sout van die lug’ oftewel, soos julle sê, die suurstof ontbreek en daar slegs `koolstof' aan­wesig is, hou die lewe vir julle op en elke lewende wese wat slegs die laaste inasem verval tot die dood; en so is dit ook met die derde hoofelement van die lug, die stikstof!

Die lug bevat egter nog `n veelheid van ander stowwe wat almal fisieke digtheid het, maar vir julle sintuie nie waar te neem is nie.

Wat in die lug al meer verdig is, dit bevind hom in die eter in meer verfynde vorm. En hoe nader die lug die aarde nader wat haar omgewe, des te growwer, meer verdigte dele bevat dit. Dit verdig hom in die water tot vloeistof en word selfs so stewig soos ys, deurdat verdigte lug sonder warmte dus `n digte, kompakte liggaam geword het.

Vanaf die water gaan vervolgens die trappe van verdigting deur tot by die allerdigste en swaarste metale en gesteentes van die inwendige van die aarde.

Hierdie dinge, wat so uit die kosmiese bestaan losgeruk is en geskei en met die naam ‘liggaam’ aangedui word, vorm die hele skepping van My gefikseerde gedagtes in `n gereëlde trapsgewyse opbou. Daarmee bou Ek vanaf die eerste onweegbare, maar tog fisieke atoom die hele reeks van dinge op, die een volmaakter as die ander, tot by My self, deur alle sonnegebiede en hulsgloben (heelalsfere) tot in My hoogste hemel, waarin ook die teerste bekleding van My skeppingsgedagtes tog nog iets liggaamliks het, wat ewenwel, afgemeet aan julle sintuie, baie hoog geestelik sou wees!

Die bestaan van die hele fisieke wêreld word eenvoudig daardeur veroorsaak, dat, soos gelyke geeste hulle tot mekaar aangetrokke voel, ook alle elementêre stowwe of liggame van gelyke gesteldheid die sterk aandrang van die aantrekkingskrag nie kan weerstaan en ooreenkomstig My skeppingsgedagte wat in hul woon hom in sekere mate onderling verbind; so neem hulle nou eens deur My bepaal bedinkte vorms aan, en vertoon hom dan weer in onreëlmatige gedaantes aan die liggaamlike oog.

Die hele fisieke wêreld is dus, hoewel die een van die ander geskei is maar deur dieselfde band van die liefde verbonde is, die sigbare en onsigbare draer van My gedagtes, oftewel die in haar gelegde vonk van My gees is in die gedagtes min of meer gebonde.

Dit wat die liggame daartoe dryf om volgens bepaalde wette mekaar aan te trek of af te stoot en of hy `n ander vorm gaan aanneem, is die in hul wonende aandrif wat hulle van My gekry het en is eintlik die in die materie gebonde gees; want ‘gees’ (hier: Natuurgees) of ‘natuurkrag’, soos julle dit noem, is dieselfde dinge.

Die gees is die noodsaaklike aandrang in elke liggaam om die gestalte wat hy volgens sy intelligensie vir homself gevorm het, so lank in stand te hou as die bestaan van die liggaamlike omhulsel beantwoord aan die gees wat daarin woon.

Dit is die ingeslote gees, wat net soos julle natuurkrag verhewe is bo alle verganklikheid, wat die liggaam maak tot dit wat dit in feite is.

As die liggaam `n verandering ondergaan*8, dan ontsnap die natuurgees wat daarin woon en ontbind hom in geesdeeltjies; of hy verenig hom met ander gelyke (natuur)geeste tot één wat op `n hoër trap van My skeppingsleer staande gees en beklee hom ver­volgens met `n ander liggaam, na gelang sy intelligensie.

Die voorheen saamgehoude materie, oftewel die liggaam, gaan dan by die omsetting vir `n deel na `n vlak (vlak) hoër en vir `n deel na `n laer vlak.

Die geestelike stuur die liggaam aan op verandering en die gees, wat sy aandrang volg, vervul weer `n ander skeppingsgedagte deurdat hy so die tot substansie gelouterde materie (die sielestof) terugvoer na waar hy vandaan gekom het; of deurdat hy, deur hom te verbind met ander hoër staande liggame, hy as woonplek van intelligente geeste in My groot heelal nader aan die vervolmaking bring.

Wat is gees eintlik!

Onder die woord verstaan mens, naas dit wat hierbo gesê is, iets onstofliks.

Ook by bepaalde vloeistowwe ontwikkel hom by hul grootste verfyning en ontbinding `n eteriese fluïdum, hetsy langs natuurlike of chemiese weg, wat nie meer deur die growwe sintuie maar dikwels slegs nog deur die reuksenuwee waarneembaar is.

Dit is egter nie die soort ‘gees’ wat Ek julle wil uitlê nie, want dit is nog altyd `n liggaam, maar ook van `n fynere geaardheid.

Wat Ek onder ‘gees’ verstaan, is `n uitvloeisel van My, `n loot*9 van My goddelike krag, wat hoe beperk hy ook in sy werkingsfeer mag wees, tog iets onverwoesbaars is en nooit te vernietig is nie.

Dit is die ‘natuurgeeste’ wat die hele skepping byeen hou en die feitlike bestaan en ewige duur daarvan verseker, omdat hulle van My uitgegaan het en dus onsterflik moet wees soos Ek dit self is.

Geeste wat in materie of liggaam gebonde is, vorm die onderste lae, die grondpilaars van die skepping; sonder hul sou daar geen liggaam bestaan nie, sonder hul sou die lig van die son hom slegs in die oneindigheid verloor. Want slegs deurdat hulle die liggame laat voortbestaan en hulle dus kompakte oppervlakke en wel in alle moontlike vorms teenoor die lig stel, bewerkstellig hulle deur die deels opgeneme en deels terugkaatsende lig die baie duisende skoonhede van die sogenaamde stom natuur, vergeleke by die lewende, groot geestelike natuur.

`n Liggaam bestaan deur middel van die gees wat daarin woon. Die gees, as vonk van My `Ek', manifesteer hom vervolgens in die hoër vlakke van die lewende organisme as `n hoër, meer of minder van homself bewustelike potensialiteit, as `siel'.

Die gees besiel die liggaam en gee daaraan die groot lewensbeginsel, vanaf die laagste ingeslote gees, om deur die vermoë trapsgewys hoër te klim en so in hoër ontwikkelde liggame hom deur middel van `n lewewekkende siel steeds meer van sy bestaan bewus te word en die vreugde oor die bestaan ook aan ander wesens te kan meedeel.

Die derde trap op die skeppingsleer is dus die menigte besielde wesens, waarin die gees al vryer is en `n ander intelligente woning in die materiële liggaam opgebou het, waardeur hy hom meer kan uiter en ook met sy materiële woning meer na behore kan omgaan.

Dit sielelewe begin by die laagste diere, waarvan behalwe hul, na gelang van hul individuele kunstig ingerigte liggaam nog veel sê dat die meeste hulself ook vry kan beweeg.

Die liggaam tree hier reeds as kneg op en nie as heer nie, soos in die mineraleryk.

Die siel gebruik die liggaam vir haar instandhouding en lewens­behoeftens weliswaar nog altyd gelei deur die gees as ‘instink’ oftewel die leiband van die natuur, waarmee die gees die siel nou eens tot dit en dan weer tot dat aanspoor.

`n Vrye beweging vereis steeds `n hoër graad van intelligensie, want wanneer Ek `n siel toestaan om haar liggaam vryer te beweeg, dan moet Ek haar tog die impuls ingee, hoe en wanneer en vir welke doel sy dit moet beweeg.

In die trapsgewyse opklimming van die vry bewegende liggaamlike wesens gaan dit nou opwaarts, steeds worstelend na die vlak, waarop die gees die hoogste wat die Skepper kan gee alle moontlike geestelike intelligensie aan die masjiene oftewel die liggaam bied. Tot die siel, haarself uiteindelik bewus van haar plek in die skepping, haar afkoms insien, en die klein geestelike goddelike vonk wat in die kleinste atoom ingeslote lê tot `n van haarself bewustelike potensialiteit verhef het en eers nou met die blik na bo gerig, haar oorsprong en afkoms van die Allerhoogste begin te begryp.

Hierdie sluitsteen van die hele liggaamlike, geestelike en sielewêreld is die mens, wat Ek as My ewebeeld geskape het en hom dan oor die orige samevattende geheel geplaas het tussen twee wêrelde, die liggaamlike en die geestelike. En Ek gee hom die aandrang om sy liggaamlike wêreld deur middel van sy siel te vergeestelik en vir sy met alle goddelike kapasiteite begiftigde gees wat die deur na die allerhoogste te open, sodat deur die invloed van die gees die siel gees word en die liggaam, in plaas van haar soos tot nou toe materiële bekleding, eens sy geestelike kleed sal word. Die kleed sal dan in die geestelike bestaan weer al dit verteenwoordig wat die liggaam in die liggaamlike bestaan besit het, en die so vergeestelikte liggaamlike voertuig sal as fynste substansie vir die edelste mensegees tot sy heerlikste kleed word!

My liewe kinders, hier het julle die groot trapsgewyse opklimming van My skepping, van die eerste gevormde atoom en die kleinste monade tot My laaste werk, die mens. Van die mens uit begin die wat geestelike vormgewing betref weer dieselfde tot in My laaste hemel, waar die reinste geeste met die mees verfynde ligliggame die substansie soos dit by julle liggaamlik moontlik is, maar in die hoogste graad gesuiwer, uit die skeppingsruimte as bekleding van hul goddelike siele neem, en dit kan gebruik net soos julle jul liggaam kan gebruik wat uit growwe stowwe saamgestel is.

Dit is `n lang, maar tog geen onmoontlike weg daarheen nie.

Span julle in, My kinders, om dit te word waartoe Ek julle op die reeks van traptree bestem het, dit wil sê: Klim omhoog tot die hoogste punt van die liggaamlike materiële, na die eerste begin van die geestelike wêreld. Daar sal die deur van lig en kennis homself open; daar sal julle vir jul die onmeetlike geestelike wêreld en agter julle die nooit eindigende liggaamlike of ‘sintuiglike’ wêreld sien. En temidde van dit alles sal julle Hom sien wat alles geskape het en wat slegs daaraan vreugde beleef dat Sy skepsels nou geleer het om Hom, wat hulle ‘Meester’ en ‘God’ noem, van nou af ‘Vader’ te noem.

Wanneer julle dit eenmaal met één blik sal kan oorsien, dan is Hy ook nie ver van julle verwyder nie; en Hy sal julle, al het julle ook gely, verdra en gestry, as bewys dat julle sonder al die aardse teenspoed nie daar sou wees waar julle dan werklik geniet nie. Dit wil sê: Geniet van `n allerhoogste begrip van die liggaamlike, geestelike en sielewêreld, en geniet van `n vaderlike liefde soos slegs Hy julle dit kan laat voel, wat hier met die drie woorde julle weer `n klein bewysie wil gee hoeseer Hy verlang dat julle Sy leer volg en al die wêreldse liggaamlike laat staan en slegs na Sy hemelse genot sal strewe! Amen.

 

*8 deur te sterwe

*9 Oorspronklik: `Ableger'. `n `aflegger' is `n gedeelte van `n plant wat, sonder om van die moederplant geskei te word, in die grond gelê word om wortel te skiet en so `n nuwe plantjie te vorm. Hier word die beeld dus gebruik van `n `geestesvonk', wat met God se gees in verbinding staan en dieselfde potensialiteite het, en waarvan dit die bedoeling is dat hy in die materiële mens wortel skiet om so `n geestelike mens te laat opgroei.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205