LEWENSGEHEIME
GOTTFRIED MAYERHOFER -AFRIKAANS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

 

Hoofstuk 12

Die gedagtewêreld

(ontvang 25 November 1872)

 Ek het julle baie al oor My skepping gesê; Ek het julle al menige blik laat werp in die diepste geheime van My geestelike wese en het julle die wisselwerking verklaar tussen gees en materie. Ek het julle die belang en die noodsaaklikheid van die groot sentraalsonne net soos die van die kleinste infusiediertjies verklaar, en het julle aangetoon hoe alles saamhang, hoe dit `n ketting vorm, uitgaande van My tot by die kleinste onoplosbare atoom. En tog ontbreek nog die belangrikste verklaring by dit alles, die eerste klip oftewel die hoeksteen en tewens die sluitsteen van My skepping, van My `Ek' en van julle self en die sluitsteen oftewel die vernaamste motor van al die bestaande, wat die oergrondslag van alles gewees het en steeds sal wees, is die gedagte, vanwaar eers alle ander drade uitloop. Hierdie gedagte, en die hele wêreld van die gedagtes as slegs geestelike faktore, en sal nou voor julle oë ontvou word as `n geweldige panorama van waaruit julle `n slegs geestelike oorsig kan verwerf oor die hele skepping, oor alles wat bestaan het en nog sal ontstaan!

Want sonder `n gedagte sou daar geen geestesryk en geen mate­riële wêreld ontstaan of geskape gewees het nie; ja, as Ek julle My wese geestelik sou wil voorstel, dan sou Ek dit met die gedagte van die oneindigheid moet doen! Want slegs die gedagte dui heeltemal My ‘Ek’ aan, wat Ek oneindig in tyd, ruimte en mag is!

Verplaas jul nou net terug na die vroegste tyd, toe nog geen ster aan die uitspansel gestraal het en geen son om die ander gesirkel het nie, destyds, toe selfs die geestesryk nog nie geskape was nie, in die tyd was dit nou slegs My gedagte, toe slegs Ek aanwesig was, skitterend en bestaande!

Om My heen was alles duister, leweloos en star; slegs Ek leef, en as lewende ewige gedagte skitter slegs Ek in die hele skepping, of beter gesê: slegs Ek het die bewussyn om daar te wees, en daarin was slegs die gedagte lewe, en daardeur lig as verwekker van lewe, aanwesig.

Kyk, toe bestaan die wêreld slegs uit één wese, één gedagte in die oneindige eter met al sy slapende elemente, uitgedruk deur die in die eter lewende sentrum, My ‘Ek’, lewende en bestaande!

Toe wis slegs Ek: Ek IS, Ek leef; en as julle die toestand ook maar enigsins wil begryp, vergelyk dit dan met die van julle, waarby julle ook midde in die hele skepping staan om met die bewussyn `n afgeslote geheel te wees en elkeen hom daarvan bewus is wat dit wil sê: Ek is, ek leef.

Julle sê: "Ek is", en tog vind daar baie duisende ander verskillende prosesse in julle plaas sonder dat julle daar `n vermoede van het. Julle roep uit: "Ek is!", en julle geestelike sielsgewaad wat hom uitstrek tot in die laaste senuwee van die haarvaatjie in julle huid, omvat julle “ek”, sonder dat julle van die omvatting of omspanning van die menslike liggaam kennis neem.   

So is en was dit ook met My ‘Ek’; Ek leef, My hele wese omvat die oneindige eter, en daar was slegs een impuls van binne uit nodig om die ver uitgestrekte, nooit eindigende buitekant van My ‘Ek’ tot lewewekkende werksaamheid aan te spoor!

Die eerste begin van die skepping was dus die gedagte; dit was dit wat eers die geestelike en daarna die geestelike in die materiële geskep het.

Sonder die gedagte ontstaan daar niks uit die sentrum, My ‘Ek’ nie! En dit was dus die gedagtewêreld wat, vereers lewend uitgedruk in alle besonderhede, My buite My geplaaste geeste en My materiële wêreld die impuls gegee het om te word, te bestaan, homself in stand te hou en te vervolmaak.

Julle moet die gedagtewêreld dus ook in alle opsigte as `n geestelike, abstrakte wêreld opvat, waarby die gedagtes die eerste aksievoerders, verwerkers en instandhouers van alles is wat sigbaar en onsigbaar die geestelike en materiële wêreld heet!

My eerste gedagte - toe Ek die wêreld skep en in die bewussyn van die geeste en lewende wesens hom My eie wese wil sien weerspieël, waarby egter steeds die verhouding bly bestaan as die van lig tot weerspieëling was dus: "Daar word!", en hiermee word alles tot lewe gewek, uitgaande van My innerlike tot by die kleinste atoom; die assimilasie van die gelykgestemde begin geestelik soos later materieel. En wat die funksies in julle liggaam tot in die kleinste lewensvesels teweegbring, dit was ook by My die geval: uit één gedagte van wording ontwikkel hom die miljoene en miljoene konsekwensies, as uitvloeisel van oorsaak en gevolg. Oral was die gedagte die aktiverende beginsel en die verdere uitwerking daarvan die latere gevolg; en daaruit ontstaan ten slotte uit één gedagte, deur My as oneindige God en Skepper as gedagte die groot geestesfamilie en die groot materiële wêreld wat net soos Ek ewig is; en so ook My skeppingsgedagtes, ewe-eens ewig of oneindig in hul loop van ontstaan, hom vorm en vervolmaaktheid steeds voorwaarts skrydend en die een gedagte uit die ander ontwikkel, voltooiend en voortleidend.

Ek moes julle dit alles van vooraf sê, sodat julle tenminste van die gedagte, die geestelike domein en sy draagwydte enige voorstelling kry, hoe die gedagte, hom vanuit homself ontwikkelend, uiteindelik `n wêreld vol gedagtes kan voortbring, en hoe ten slotte alles wat bestaan slegs die sigbare bekleding is van `n onsigbare geestelike gedagtewêreld.

Ek moes dit alles vooruit sê, want gewoonlik is julle met die betekenis van `n woord direk klaar en ag dit nie die moeite werd om in die diepere, geestelike betekenis daarvan deur te dring nie. Want dikwels spreek julle oor die denke en die gedagte, en wel so gedagteloos dat dit verbasingwekkend is hoe julle, intelligente wesens en afstammelinge van `n geestelike wese soos Ek, sulke oppervlakkige idees kan hê oor dit wat julle nou juis tot bewoners van twee wêrelde maak, naamlik van `n oneindige geestelike en `n ewige vernuwende materiële wêreld!

Nadat Ek julle nou dit aangetoon het dat die gedagte by al die geskapene die hoofsaak is, en nadat Ek julle dit verklaar dat die gedagte ook die verdere ontwikkelende faktor is wat, nadat hy homself ontwikkel het, op die materie wat hom omsluit `n geestelike invloed uitoefen, wil ons nou terugkeer uit ons geestelike skeppingsfeer na kleiner, nader by julle staande kringe; dit is vir julle makliker te bevat en te begryp, omdat hulle vir `n deel julle lewe self raak, en vir `n deel selfs julle geestelike en materiële lewe heeltemal bepaal en die vorm gee, in stand hou en vervolmaak!

Want dit is die punt waarop Ek julle opmerksaam maak, naamlik: Net soos in die groot skeppingsruimte die wêrelde hulle vorm en ontwikkel deur die lewewekkende gedagtes, netso vorm en ontwikkel hom in julle sielemens jou materiële aardse gewaad, oftewel die uiterlike beeld, deur die karakteristieke eienskap van die daarin wonende gedagtewêreld; hy druk as die grondbeeld op die uiterlike, net soos op die geestelike in die innerlike.

So sal julle sien dat die groot gedagtewêreld eintlik slegs die egte geestelike wêreld is, volgens welke eenmaal alles gerig en gerangskik sal word. Want die gedagte was by My die eerste aktiverende element, en so is hy ook in elke lewende wese die faktor wat, eenmaal vasgestel, die hieruit ontspringende handelinge en dade hul volle of nominale waarde sal toeken.

Toe Ek die eerste gedagte tot wording van die hele sigbare en onsigbare wêreld met die "Daar word!" die wye ruimtes in roep, begin alles ooreenkomstig My wese vorm aan te neem. En aangesien Ek as God oneindig is, en as Wese slegs liefde verbind met oneindige wysheid, en Ek slegs iets geesteliks of materieel kan skep wat na My lyk, was dus ook die wêrelde en selfs die geeste so geskape dat hulle aan die Skepper van liefde en wysheid self kan beantwoord; dit wil sê: Hulle was almal perfek, sonder gebreke en volgens goddelike wette gereguleer om hulself in stand te hou, te vervolmaak en so aan My groot doel as Skepper te beantwoord.

Soos dit wat Ek in die tyd gedoen het, en soos My werke aan My ‘Ek’ as Skepper en ewige Liefdeswese beantwoord, so is ook by julle as geestelike wesens jul uiterlike vorm `n getroue afbeelding van die innerlike. Tog is dit by julle so dat julle onder mekaar nie kan lees wat die siel dikwels in hiërogliefagtige letters op jul gesig geteken het nie; slegs verraai die oog as spieël van die siel, soos julle dit wel noem soms wat daar in die innerlike aangaan, of julle dit nou wil weet of nie!

Die wetenskap wat ooit `n groot voorvegter van waarheid en liefde*21 wil opstel die fisionomie (gelaatskunde) is vir die beswil van die mensdom nie verder nagevolg nie want dit sou daar in die wêreld nou baie anders uitsien, wanneer die een mens aan die ander sou kan sien wie se geesteskind hy is!

Hoe dit egter gebeur, ook dit wil Ek aan julle verklaar, sodat julle sien hoe analoog alles in die hele skepping is en dat dit wat in die grootte as bestendige wet bestaan, ook in die kleine dieselfde is!

Ek het julle voorheen gesê dat die bewussyn ‘ek leef’ die hele menslike siel en daarmee die aards-liggaamlike buitekant vervul, in ewe hoë mate as My hele groot heelal van My goddelike lewensbewussyn vervul is en daar `n noukeurige afdruk van is.

Wat nou in My skepping gebeur, waar alles hom vorm na My goddelike wette en slegs die goddelike, die verhewene en die skone kan voortbring, daar alle skeppingselemente vanuit die sentrum, My ‘Ek’, uitgaan tot in die uiterste ruimtes oral waar nog maar `n wêreld kan straal, oral dieselfde beginsels volgend, en al die geskapenes die afdruk en uitdrukking is van My `Ek' in verskillende analoë beelde en skeppinge. So is dit ook in julle die gedagtewêreld, wat sonder julle bemoeienis ewe-eens so te werk gaan en die verskillende organe in meerdere of mindere mate ontwikkel wat nodig is vir die ten uitvoer bring van die gedagtes. Dit bring die uitvoering tot stand deur `n ontwikkelde meganiese proses, en daardeur gee die huid of ook ander digby die afsonderlike organe liggende bekleding soos in die uiterlike `n getroue afbeelding en weergawe van wat in die inwendige sielemens die lieflingsgedagtes van die mens is.

Deur die gedagtes oftewel gedagtewêreld word die meganiese lewensproses versnel, teengehou of selfs vernietig. Na gelang van die gedagtes wat die senuwees aktiveer, so is ook die werking van die senuwees op die organe waarvoor hulle as geleier dien. En so is selfs gesondheid, siekte of selfs die dood in die eerste instansie nie die gevolg van `n versteuring van funksies in die menslike liggaam nie, maar van die ligte, onsigbare gedagte wat die senuwees laat tril en die uitskeidingsprosesse oftewel die stofwisseling versnel; dit is die eintlike veroorsaker van `n gesonde of siek mens, die vormgewer van `n mooi of lelike liggaam. En daar die meeste hartstogte as resultaat van met liefde gekoesterde gedagtes in die gesig van die mense hul spoor agterlaat, is ook mooi en lelike gelaatsvorme die uitdrukking van die innerlike sielelewe.

Uit die sagte maar voortdurende werking van `n geestelike sielelewe sien julle welke vreugde, welke lyding daaruit vir die mens voortkom, en hoe vervolgens versteurde lewensfunksies weer, terugwerkend op die gees, hom selfs verduister; en dan beoordeel die mens die wêreld, die omstandighede en homself heel anders as wat werklik die geval sou moet wees, waarvan dan weer die gevolge is: siekte, lyding, starheid, of selfs `n vroegtydige dood!

Dit alles het sy oorsprong in die gedagtewêreld wat, vir sover dit op die liggaam inwerk en die liggaam weer op die gees terugwerk, die mens ook tot ander besluite en tot ander handelinge bring, en dit omdat alles `n geestelike ketting is wat op ander mense, families en state inwerk, waarby die geestelike resultate `n ander wending kry, in die besonder wanneer maghebbende persone, geestelik siek, verdriet en lyding oor hele volkere bring; en dat geeneen van almal weet waarom dit hul so oorgekom het nie, en dit sal ook nie in hul opkom dat `n lieflingsidee van `n heerser sy gesondheid ondermyn nie, en hom tot ander gevolgtrekkings dwing en so naamlose ellende versprei. Dan word gewoonlik aan My die skuld gegee, terwyl Ek tog in die geheel niks daarmee te doen het as slegs om weer ten goede aan te wend wat geestelik en liggaamlik siek mense aan kwaad veroorsaak het.

Wanneer julle so die hele onsigbare wêreld van die gedagtes beskou, wat heen en weer golf, wat `n veelomvattende stof vir goed en kwaad hom dikwels versprei deur toedoen van slegs één mens oor duisende en miljoene, soos in stil water `n gewerpte klip `n aantal kringe om hom vorm, tot die beweging die rus van die water versteur op ver verwyderde plekke waar die kleiner bewoners van die verre oewer nie kan begryp of vermoed dat `n ver van hul en dikwels moedswillige gegooide klip daar die oorsaak van is dat hul wonings verniel word en hul jongelinge gedood word nie.

So is die gedagtes as `n ewige golwende, stromende see; in alle lewende wesens gis die gedagtes en styg op soos lugbelle in stilstaande water. Alles dink, voel en probeer sy omstandighede en sy lewe te verbeter; alles bou, verniel, probeer moeite doen om uit die bekende die onbekende te ontraaisel. So is die groot gedagte­wêreld dus eintlik die hoof faktor van My skepping; want die wêreld is net soos Myne onbegrensd, is ewig en, as die omstandighede gunstig is, oneindig!

Probeer daarom wel die geestelike wêreld van die gedagtes in toom te hou; trag slegs om so te dink soos dit My kinders betaam, want die gedagte is die vormgewer van julle omhulsel aan hierdie kant en julle afdruk vir die ander kant. Daar kom julle aan met die resultaat wat die gedagtes op julle aarde agter gelaat het. Hier is dit vir julle en ander verborge, maar daar nie; die omhulsel aan die buitekant rig hom na die innerlike, en soos die innerlike is, so is ook die uitdrukking aan die buitekant. Daar heers geen veinsery en bestaan geen geheim vir ander nie; iedereen sien in die ander die gedagtes, en in ooreenstemming daarmee die morele waarde of waarde­loosheid van die individu.

Hierdie gedagtewêreld as geestelike draer van die materie is so magtig omdat hulle onvermoeibaar nuwe dinge skep, bou, vernietig, wissel en verander. Op die manier bevat hulle niks afsonderlik vir hulself nie maar, as geheel beskou, is hulle daarom van die grootste belang omdat, hoe die omstandighede ook mag wees, uit die maklik opstygende en weer vervlugtigende gedagtes die daad ontstaan, waarvan die gevolge dan nie meer in die hand van die denkende mens as individu lê nie, maar hy aan die hele geestelike en materiële wêreld toebehoort.

`n Mens kan hom die oneindigheid nie beter voorstel as met die denkbeeld van `n gedagtewêreld; want alle bekende snelhede, alle afstande en tydspanne versink in die niet ten opsigte van die snelheid van die gedagte, ten opsigte van die mag en uitwerking daarvan, in die besonder wanneer hom die eerste (mag) verleen is en die tweede (werking) hom ondersteun.

Neem ook julle, My kinders, jul dus in ag om in die groot ryk van die gedagtewêreld waardig voor My rond te wandel. As `n nie toegestane gedagte julle bekruip, roei dit dan uit of bewaak hom; want van dink na doen is `n klein stappie, en die gevolge daarvan rus swaar op julle as geestelike vaders van die gedagte!

Vlei julself nie met die idee: ‘dit was tog maar net gedagtes; die uitvoering daarvan staan nog te besien!’. Dit is nie waar nie, julle bedrieg julleself daarmee. Want soos Ek hierbo gesê het: As die geleentheid daar is, dan word die gedagte tot daad. En ook al word dit betreur, dit is tog nie meer uit te wis nie; dit staan as feit, as `n gedenksuil op julle lewensweg, waaroor julle jul dan mag verheug of skaam!

Nie vir niks het Ek julle die woord gegee nie. Alles het sy `waarom' en ook hier lê `n groot `waarom' ten grondslag, omdat Ek maar al te goed weet hoe maklik julle dit met die denke neem, en dat julle juis dit as die swakste beskou wat eintlik die sterkste is; want die gedagte is `n geestelike potensialiteit, en met sulke kragte is nie te spot nie!

Ek moet julle sê hoe dit moet en die weegskaal van julle gewete nog gevoeliger maak, want julle behoort vir ewig aan My geestesryk, en slegs vir `n kort rukkie aan die materiële ryk.

Leer self om te dink! Leer om logies te dink! Leer om moreel te dink! Hierdie drie maniere van dink moet julle vertroud maak daaraan; daarna sal julle die toekoms makliker ontraaisel, die hede makliker beoordeel, julle geestelike ‘ek’ beter opbou en jul deegliker op die ander lewe kan voorberei.

Trag om op die, deur die wêreld in beweging gebringde, see van gedagtes van miljoene wesens die roer van julle geestelike mens nooit te verloor nie. Die gedagte maak julle gelukkig of vervloek julle; dit is julle innerlike waarde, wat as enigste beslissend is vir nou en vir altyd.

Wat help dit wanneer die mense julle verafgod en julle julself van swakheid en wankelmoedigheid moet beskuldig; julle sal die aanbidders eenmaal vanweë hul selfbedrog en vanweë julle eie ek moet betreur.

Die gedagtewêreld, as registrasieboek van julle eie ek, is die leidraad wat julle begelei; hier is dit julle geleidingsbrief en daar julle paspoort, waarop bowendien alles genoteer sal staan waaraan julle te herken is en wat vir julle verdere bekwaamheid die deurslag sal gee!

Trag om in julle lewe blanko paginas te vermy as teken van onbenutte tyd; trag egter ook om te vermy dat daar op die paginas gedagtes opgeteken staan waarvoor julle jul sou moet skaam as ander daar insae in sou kry.

Die gedagtewêreld is julle lewende foto, wat deur die lig van die gees afgedruk word; streef daarna dat dit `n geslaagde uitval is en julle toon soos julle moet wees, as julle ooit ‘My kinders’ genoem wil word.

Die materiële sonlig ontsien by `n persoon se geneemde foto slegs geen gebrek nie, dit bring alles meedoënloos op die vir die lig gevoelige papier uit. So doen ook My geestelike waarheidslig; ook dit toon die aan die ander kant aankomende mens die gestalte soos sy innerlike gedagtemens dit opgebou het tydens die aardse lewe. Geseën is diegene wat goed uit sy gedagtetoetsing kom en behalwe enige vlekke deur onwillekeurige gebreke tog `n beeld vertoon wat in ooreenstemming is met die reëls van skoonheid, liefde en wysheid, wat Ek as vernaamste gedagtes in die hele wêreld en alle wesens gelê het!

Tot sover oor die gedagtes. Besef en oorweeg My woorde! Die tyd, die alles verslindende tyd ontroof julle minuut na minuut; die lewe gaan verby soos `n droom en daar wag vir julle `n ontwaking in die ewige lig van My geesteswêreld waar die gedagtes, wat vir die lewe onweegbaar is, baie gewig in die skaal van sedelike waarde lê, aangesien daar geeste die geestelike weë en aan elkeen sy geestelike lewensweg opnuut aangee!

Die woord word vir julle dus gegee om julle die brug vanuit die materie te toon, wat julle reeds hier gegee is om die burgerreg te verwerwe van `n wêreld waarin julle eenmaal gewees het en waarin julle weer moet terugkeer! Eenmaal was julle daar gewees, as goddelike lote van My skeppingsgedagte, en spoedig dien julle daar terug te keer as gesuiwerde geestesmense om steeds maar nader aan My en My geeste te kom! Amen!

 

*21 J.C. Lavater. Sien ook voetnoot by derde hoofstuk van die boek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205