LEWENSGEHEIME
GOTTFRIED MAYERHOFER -AFRIKAANS

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

 

Hoofstuk 10

Krag, stof en gees

(ontvang 22 Februarie 1871)

Hierdie drie woorde gee dinge aan, waarvan die mens hulle baie onware voorstellinge maak; veral die eerste twee gee die materialiste baie te doen, omdat hulle glo daarin die hele universum, die grond van die ontstaan, bestaan en vergaan daarvan gevind te hê, by welke verklaring God of `n geestelike, alles regerende Wese dan heeltemal weggeredeneer is.

Aangesien nou juis die materialiste, oftewel die huidige `hooggeleerde professore in die aardrykskunde, soölogie en geologie so met die woorde strooi, hulle as die vernaamste beginsels poneer (voorlê) en dink dat hulle daarmee alles in so `n totaliteit gesê het, moet ons tog met die betekenis van die woorde begin as ons die verstandige here `professore’ iets wil sê wat hul onnoselheid helder bewys; want voordat mens aan die werk begin moet mens eers weet watter gereedskap mens nodig het, waarna dan die korrekte gebruik van een of ander stuk gereedskap eers die bekwaamheid van die meester bewys.

Dus: Wat is of beteken eintlik ‘krag’?

Kyk, julle here geleerdes wat julleself so wys ag en wat na al die navorsing en ondersoeke weer presies daar uitkom waar julle begin het, en die ‘krag’ wil definieer as `n faktor in die hele sigbare en onsigbare wêreld, Ek moet julle sê dat krag, die hooggeprese woord op die titelblaaie van julle boeke, op homself niks selfstandig of op homself bestaande voorstel nie, maar wat julle nie wil toegee nie, deurdat julle vlot uit die vuis weg verklaar: Krag is `n natuurwet, wat gelyk staan met beweging of lewe.

Nou vra ons die geleerdes egter: As julle hele wêreld slegs uit stof en kragsuiting bestaan - wie gee dan die krag die impuls waardeur dit hom so en nie anders kan en moet uiter nie, - en deur haar kragsuiting voortdurend inwerk op die tweede geloofsartikel van julle wetenskap, die stof?

Julle sien `n klip van die berg rol of uit die lug val en het direk jou konklusie klaar: Dit is die krag oftewel die wet van die swaartekrag, die aantrekkingskrag van die aarde, wat die van sy ondergrond beroofde klip meesleur, totdat hy weer `n ander stewige basis bereik het en daar bly lê, wagtend op `n ander `krag' wat daar iets anders mee doen!

Wel nou, as Ek by die geleerdes in die leer sou moet gaan, dan vra Ek, nadat Ek hul wyse redes gehoor het, hoe die wêreld homself geskape het, hoe sy haarself in stand hou en hoe sy haarself sal vernietig (!): My here! U wat My die uitwerking van `n krag getoon het, dit is waar; ja, Ek het dit self geprobeer en vind die deur u opgestelde teses bevestig. Aangesien Ek die krag nie kan sien nie maar slegs haar uitwerking kan voel, sou Ek egter tog graag wil weet wat krag eintlik in feite is; Ek sou daar graag `n verklaring oor wil kry!

Die here geleerdes antwoord onmiddellik eenstemmig: Krag is `n natuurwet, sonder welke die natuur nie kan bestaan nie.

Goed, sê Ek, u het gelyk. Maar nou sou Ek ook wil weet: Ken ons in die natuur `n voorbeeld, dat `n ding homself wette gee? Want, My here, u aanvaar geen wetgewer nie, hoewel u My met die begrip ‘natuurwette’ wil afskeep; wel nou, Ek is één van die leerlinge wat graag alles wil weet en hom met slegs halwe of in die geheel niks betekenende uitdrukkings, al is dit ook ‘wetenskaplik’, nie tevrede kan stel nie! Die geleerde here word boos oor so `n leerling, wat meer wil weet as hulle self, en keer My die rug toe. En dan is Ek dus gedwing om self My weg te vind uit die chaos van wetenskaplike uitdrukkings, aangesien die skip van geleerdes op die vlak grond van hul ‘natuurwette’ vasgeloop het.*19

Wel nou, omdat daar soveel mense oor ‘krag’, ‘natuurkragte’, ‘impuls’, ‘botsing’, ‘swaartekrag’, ‘druk’, ‘aantrekkingskrag’ enso­voorts spreek, wil ons probeer om ons eers `n voorstelling te maak van wat ‘krag’ eintlik is. Vervolgens wil ons sien hoe hy hom in die natuur kenbaar maak en hoe dit op die organiese en anorganiese lewe inwerk, die lewe gee en neem, die opbou en vernietiging, en so die instandhouer van die universum geword het.

Dus nou eers: Wat is krag?

Kyk, krag is niks anders as `n waarneembare uiting by `n ding wat óf van plek óf van vorm moet verander, na gelang van daar `n ander voorwerp op inwerk; die verandering word teweeggebring deurdat daar aan die uiterlike of die inwendige van `n ding `n beweging, `n groter of kleiner word of selfs `n verdwyning merkbaar is.

Wel nou, die druk van `n vreemde voorwerp teen `n ander voorwerp is niks anders as die krag wat in die tweede wese lê om hom te onttrek aan haar omringende, op haar inwerkende elemente: Dit is die drang van die rus, as teenstelling van die beweging.

Die klip wil rustig bly lê, dit wil sê: Hy wil in verbinding met sy ondergrond bly, waarby al sy dele, tot in die kleinste atome, hom nie gesteur voel in hul eie omvang na breedte, lengte en diepte nie.

Sodra daar dus `n ander voorwerp op die klip inwerk om hom uit sy behaaglike rus weg te ruk, dan sit sy hele ‘ek’ hom daarteen. Alle dele in hom, wat anders bewegingloos en stewig teen mekaar gedruk in volledige rus was, begin hom oftewel uit te sit oftewel, waar moontlik, hom saam te trek; hy raak trillerig. Kortom: Die klip het vanweë sy weerstand teen die op hom inwerkende voorwerp, nie meer die harde, lewelose klip gebly wat hy tevore was nie, maar hy het lewe gekry; alles in hom beweeg en vibreer.

Wel nou, wat is die resultaat, wanneer `n origens rustige ding in beweging kom? Kyk, die resultaat is dat hy sy tot dan toe gehandhaafde vorm en toestand moet opgee en gedwing word om iets anders te word. Want sy elemente is nie meer so stewig saamgepers as voorheen nie, en die inwerkende krag kry daardeur die oorhand: Dit laat die klip uiteenval, verbrysel hom en so moontlik los hy ook sy bestanddele op tot stof.

Die swaartekrag, oftewel die aantrekkingskrag van die aarde op haar bestanddele, staan dus steeds teenoor `n ander krag, naamlik die krag of stuwende beweging om al die bestaande te vernietig en daaruit weer iets nuuts te vorm.

Die krag, soos dit hom uiter en soos die mens dit kan sien werk en voel, is dus `n ander faktor wat nóg in die klip nóg in die omgewing daarvan lê; maar dit word deur ander elemente bepaal en geaktiveer. Dit bring klip en omgewing tot die verandering van hul vorm en bestaan, neem lewe en bring lewe voort, vernietig dus en bou weer opnuut op, en verseker so die ewige bestaan slegs maar deurdat hulle, steeds vernietigend, iets nuuts laat ontstaan.

Hierdie krag uiter hom in alle moontlike rigtings en in allerlei vorms; wat die krag bepaal is dus `n hoër potensialiteit wat hom wil uiter en hom slegs as krag kan vertoon. Daarom bestaan krag gladnie as selfstandige ding nie, soos die geleerde here materialiste dit wil hê nie; dit is geen selfstandige lewensfaktor nie, maar die produk van twee hoër faktore, naamlik van rus en beweging!

Deur die toedoen van beide die belangrike (basis) beginsels van die hele universum bestaan die wêreld, word sy geskape, word sy in stand gehou en weer in iets nuuts verander.

Die rus druk hom ook uit in die tweede naam wat ons haar sou kan gee, naamlik in die stof, en die daarop inwerkende lewenswerk­saamheid wat alles in stand hou en alles tot lewe wek is die gees, wat die krag aktiveer en die stof byeen hou en so die hooffaktor van die hele lewe is. Want sonder gees bestaan daar geen lewe nie, sonder lewe geen stof, en die stof het geen krag nodig nie; want die krag is die produk van die eerste twee, ontbreek hy, dan ontbreek alles!

Nou is ons met die krag tot so ver wel klaar. Ons kan nou oorgaan na die tweede, na dit waarby die krag hom uiter, dit wil sê die stof. Want krag kan slegs maar bestaan waar weerstand is, en die stof as materie gee met sy bestanddele deur die rusbeginsel die liggaamlike weerstand, waarmee hy hom versit teen die beweging en so as krag sigbaar word.

Nou vra ons: Wat is stof? En die geleerdes sê: stof is alles wat hom kan uitbrei in lengte, breedte en diepte.

Goed, nou vra ons verder: Waaruit bestaan stof? En dan sal die geleerdes weer sê:

"Stof' is saamgestel uit alles wat in die hele universum oftewel opgelos oftewel kompak voorkom; `stof' is alles wat mens basiselemente van die skepping kan noem.

Goed, maar nou vra ons: Hoeveel stof bestaan daar dan, en hoe kan mens dit onderskei of uit mekaar ontbind?

Dan sê die geleerdes weer: ons het by chemiese analise `n ontelbare aantal stowwe gevind wat (vir ons tot op hede) nie op te los is nie, en hieruit is die universum saamgestel; wat verskillende vermengings hiervan bring dan alles voort wat ons liggaamlik kan sien of voel. Die vermenging of, soos hulle sê: `chemiese verbindinge' is egter aan bepaalde wette onderworpe; die een daarvan is die wet van assimilasie, die ander die wet van afstoot.

Nou vra ons weer: Maar, my here, nou spreek u alweer oor wette, waarby Ek tog ten slotte `n wetgewer sou moet veronderstel.

Daarop antwoord hulle: vriend, so is dit nie bedoel nie; die stowwe het elkeen afsonderlike verskillende eienskappe, waardeur hulle slegs die een of die ander vermenging of toenadering kan aangaan, maar ander onmoontlik vir hulle is.

Omdat ons nou sien dat ons met die here professore weer nie tot klaarheid kan kom nie, moet ons ons weer op onsself en ons vyf sintuie verlaat; ons stel dus aan onsself die vraag: Wat is stof? En ons innerlik sê ons eenvoudig:

‘Stof is heeltemal niks!’*20. `Stof' is `n te algemene uitdrukking wat, deurdat hy alles op één hoop gooi, glad geen onderskeid meer toelaat nie! As mens alles wat daar in die sigbare wêreld is as stof sou wil aandui, dan sou mens ten slotte geen afsonderlike naam meer weet vir kombinasies van digte en fyn, star en beweeglike massas nie.

‘Stof’ is dus hoogstens die groot eterruimte buite die bereik van die aardse atmosfeer, waar alle bestanddele wat nodig is vir alle ander verbindinge, vir die skepping van hemelliggame en die lugsoorte wat hy omgewe, in opgeloste vorm bymekaar is.

Alleen daar, dit wil sê in die groot voorraadkamer vir die bou van die heelal, is ‘stof’. Maar in, op en om die aarde is die stof nie meer ‘stof’ nie, maar daar bestaan al, na gelang van die doel, gebonde, saamgevoegde elemente, wat dan blootgestel is aan die ander hoër staande potensialiteite as lewe, beweging of krag, gedwing tot verandering en wisseling van vorm; hulle verander weer in ander gedaantes en tree dan na vore as iets anders, in `n nuwe vorm, nadat hul werking in hul vroeëre vorm opgehou het.

Hier op die aarde is die stof al so gebonde dat dit nie meer moontlik is om dit in haar primitiewe vorms te ontbind nie, daar die afsonderlike bestanddele daarvan so nou verbonde is, dat hulle slegs in die innigste versmelting `n ander geheel vorm en hom verset teen elke kunsmatige skeiding. En dan dink die geleerde here dat hulle ‘wette’ of sogenaamde ‘natuurwette’ ontdek het, omdat dit hul nie geluk om `n hoër potensialiteit, die oor alles heersende gees, wat alles met gemak uitvoer, kan ontdek nie

Die natuurondersoekers en geleerdes, wat natuurlik slegs daar iets sien waar die natuur haar prosesse met growwe of groot middele tot stand bring, die here begryp nie dat daar ondanks hul ontkenning tog iets bestaan wat hoër staan as hul chemiese analises, hul mikroskope en teleskope, hul baro, elektro, thermo, anemo, en ander meters, ensovoorts; wat hulle waarneem in die kolfglase en distilleerapparate is suiwer growwe prosesse. Daarin sien hulle wel `n groot logika, maar begryp dit nie. En omdat hulle geen Meester en Wetgewer wil aanneem nie, dig hulle die stowwe aan die intelligensie toe en sê: ‘hulle volg slegs maar die een of ander impuls’, soos hulle self hul eie materialistiese aandrang volg, dit wil sê die van die dwaalbegrip as sou hulle werklik iets weet of sien.

Wat in die natuur vir hul `n raaisel is en ook by hul eie liggaam en dit vir hul `n nooit opgehelderde vraag is en sal bly, naamlik hoe materie en gees saamhang, of hoe die harsingsmassa, wat beslis iets materieel sigbaars is, slegs die geestelike voortbring, of hoe die `stofwisseling' in hul eie liggaam plaasvind, sodat hulle hul kan verheug in `n gesonde lewe, dit wil sê die gees, wil hulle nie vind nie!

Hierdie here wat in die natuur geen Meester, geen hoër potensialiteit wil erken nie, en tog in hul liggaam dag na dag, ja van uur tot uur kan sien hoe die gees in staat is om te gebied oor die materie, die here neem in die natuur `n wet aan wat krag en stof maak tot dit wat hulle sigbaar voor hulle sien en onsigbaar voel. In hul liggaam egter, waar tog dieselfde plaasvind, daar wil hulle geen natuurwet erken nie, maar daar wil hulle as enige die alleenheerser wees.

"Wat is julle tog swak en eensydig, julle arme blindes!" Hierdie stem klink julle tegemoet uit lewende en ook uit skynbaar dooie dinge in die sigbare natuur; oral roep hulle julle toe:

Ons bestaan! Egter nie deur toeval of volgens julle ‘wette’ saamgeketting nie, maar ons is uit en deur toedoen van `n hoër mag saamgevoeg, ons trek mekaar oor en weer aan en stoot mekaar af, na gelang van die eie aard van die afsonderlike. En dit alles slegs maar om julle, ongelowiges, `n aangename verblyf op die aarde te verskaf en ook, as julle dit nie direk wil hoor nie, julle wysheidswaan voortdurend toe te roep:

Ons bestaan! Maar ons is geen ‘krag’, geen ‘stof’, soos julle blindes glo nie. Ons is ‘gees’, dit wil sê gebonde gees, opgeloste gees; die geestelike in vorms skeppend en die vorms weer vernietigend, om uit al die stryd ten slotte vergeestelik tevoorskyn te kom en julle te laat sien dat in die hele natuur alles gees is. Om te laat sien dat julle daarvoor slegs die gees van die bevattingsvermoë ontbreek, en julle jul ondanks dat die sigbare en onsigbare natuur hom openbaar tog nie wil verwerdig om te beken nie: Ja, nou sien ons in dat ons niks weet nie. Wanneer die oproep in julle hart en hoof deurdring, dan het julle die eerste stap gedoen na die grootste doel wat juis die groot Gees julle gestel het; Hy wat julle met soveel lankmoedigheid en genade behandel en al die moontlike insit om julle te bewys dat Hy - `n gees - niks stofliks, maar slegs die geestelike kan skep!

Wel nou, aangesien Ek julle so ruimskoots die dwaasheid van alle materialistiese leerstelsels laat sien het, gaan ons nou oor na ons terrein, en wil alle (goedwillende) nie gelowiges bewys dat nóg ‘krag’ nóg ‘stof’ bestaan, maar dat daar slegs ‘gees’, geeste en één geestelike hoogste Skepper bestaan! Amen.

(Vervolg)

(ontvang 23 Februarie 1871)

Gister het ons dus beweer dat slegs gees die hoofbestanddeel en die belangrikste draer van die hele universum is; nou moet ons dit wat ons gister beweer het, vandag ook bewys.

Wel nou, die eerste vraag wat hier opduik is wel: Wat is eintlik ‘gees’, en waaruit bestaan dit dan?

Dit sal wel enigsins moeilik wees om die vraag te beantwoord, maar nietemin probeer ons om dit aan julle met behulp van `n voorbeeld duidelik te maak, sodat julle ‘gees’ goed van ‘kragsuiting’ kan onderskei!

Neem nou die volgende voorbeeld: Iemand wil `n bepaalde werk begin wat volgens sy opvatting, wanneer dit logies begin en konsekwent voortgesit word, `n bepaalde resultaat moet oplewer. Wel nou, om dit te bereik sal hy vooraf `n idee vorm, dit vervolgens oordink en oorleg pleeg, en daarna in die gees die hele gang van die uitvoering van die begin tot die einde deurloop; verder sal hy, nadat alles presies oordink en oorweeg is, vir die werk die benodigde hulpmiddel en materiale gaan haal, en hy onder die voortdurende invloed van die in die begin gevormde idee so verwerk, vermeng en verbind, totdat die resultaat uiteindelik tot stand gebring is.

Wel nou, as julle jul die proses baie helder wil voorstel, dan sien julle dat die geestelike idee oftewel lewende werksame poten­sialiteit, wat alle kapasiteite in hom dra om alles uit alles te maak, wat hy maar wil, en wat julle ook lewe, naamlik die binnenste lewe kan noem, dat hy potensialiteit dus die draer, ondersteuner en uitvoerder van die hele deur haar gestelde opgawe is. Alles wat hierdie potensialiteit vir haar doel wil gebruik moet sy eers met haar eie krag deurdring, sodat onder invloed van die krag stap vir stap die geheel hom tot `n samehangende struktuur saam­voeg en vervolgens die in die begin gevormde idee in werklikheid uitdruk.

Die vergeesteliking van die materie oftewel die gebruik van die materie vir `n handeling, die opwekking van die in die materie rustende geeselemente tot `n gemeenskaplike werksaamheid, is nou die eintlike lewe oftewel die dryfrat van die hele masjien. Hierdie in beweging bringende, bo alle ponderabele (weegbare) en imponderabele (onweegbare) elemente staande lewenskrag is dus eintlik `die gees'; en hy sluit dan, in al sy trapsgewyse vlakke tot by My as enigste Skepper en Meester van die geskapenes, alles in hom wat die potensialiteit in hoogste instansie kan wees.

Omdat die potensialiteit egter nou so ver logies ingerig moet wees dat dit ook logies oftewel konsekwent iets kan skep welke logika julle as natuurwet ken, dan is dit ook natuurlik dat, wanneer iets op logiese wyse in die lewe geroep word, die oerbeginsel (die grondoorsaak) wat die skepping veroorsaak nie die vernietiging, maar die instandhouding daarvan wil bewerkstellig. Derhalwe moet die geestelike potensialiteit ook `n `welbehae' in die geskapenes hê, wat niks anders is as geneentheid; en wat is geneentheid anders as liefde? En netso sou afkeer of die prikkel om die geskapenes te vernietig as haat aangedui moet word.

Bygevolg is die Oergees of die hoogste Potensie juis omdat Hy die skeppende, tot stand bringende beginsel is, omdat Hy onverganklike Lewe is ook die liefde; of, in ander woorde: Die hoogste Potensie - God is liefde!

Waar liefde is, daar is geen vernietiging en geen haat moontlik nie!

Wel nou, wanneer die gees in My persoon as ewige, selfstandige ‘Ek’ die hoofeienskap liefde as grondbeginsel moet hê, dan is dit natuurlik dat Ek ook alle ander eienskappe wat by die liefde hoort moet besit; eienskappe wat nie sonder die liefde, en sonder welke die liefde nie kan bestaan nie.

Die eienskappe is: sagmoedigheid, geduld, standvastigheid (vasberadenheid of ook trou), deemoed; en aangesien alle geskape dinge My voortbringsels, as’t ware My kinders is, is daarin dus ook die Vaderlike liefde in die hoogste graad uitgedruk.

Kyk, om iets te skep moet die Skepper tog iets van Sy ‘Ek’ in die geskapene lê, sodat dit op Hom lyk en sy Skepper waardig is!

Om dus die universum met al sy planete en sonne, elkeen met hul plante, minerale en diereryk in die lewe te roep, moes Ek tog al die dele `n bepaalde hoeveelheid van My ‘Ek’ gee, sodat alle dinge in die universum dit aangebore is om trapsgewys omhoog te styg en die drang te volg om weer na My terug te keer. Deurdat die gelyke tog steeds die aandrang van die toenadering tot die gelyke voel, word dus in al die geskapenes `n geestelike deel, soos julle dit kan begryp en verstaan, verdig; of: Daar word verskeie klein partikels (deeltjies) in `n groter volume (vorm) saamgepers, sodat na gelang van die verwante eienskap van die geesdeeltjies self, dit vervolgens meer of minder dig aan mekaar verbonde is en so `n liggaam vorm.

Op die manier ontstaan dus alles wat julle materie noem, hetsy in maklik oplosbare, vlugtige of vaste elemente tot en met die hardste klip.

Oral was en is die hoofbestanddeel gees, wat in verskillende verbindinge met synsgelyke of ander, groter of kleiner, meer of minder digte massas voortgebring is.

`n Sprekende voorbeeld het julle in die water, wat as beweeglike en ligte element in die warmte maklik in damp verander, maar dit omgekeerd tot `n starre, vaste ysklomp word, sodra `n bepaalde hoeveelheid warmte uit sy dele of afsonderlike atome ontsnap. Die verskil hier is slegs dat water tot ys word vanweë `n gebrek aan warmte oftewel aan liefde van die afsonderlike dele vir mekaar, terwyl in die hele geskape wêreld juis die liefde alles verenig, omdat die liefde alles daartoe bring om oor en weer na mekaar toe te trek. En ook roep die liefde deur die aandrang om hom wedersyds so nou as moontlik te verbind met die ander belangrike lewensfaktor, naamlik die warmte, wat vanweë die feit dat hulle met die liefde onafskeidelik verbonde is ook dieselfde beteken. Noudat die liefde die gelykgestemde geesdeeltjies saamgebring het, ontstaan daar `n geluksalige dringing oftewel warmte; en waar warmte hom ontwikkel, daar neem `n geleidelike vry word, `n strewe na `n beter toestand, na mooier en meer verhewe verbindinge `n aanvang, daar ontstaan, in één woord, die ander sigbare faktor: Die lewe.

Waar geen liefde is nie, is daar ook geen warmte nie, en waar geen warmte is nie, daar is geen lewe nie.

Die lewe, as produk van warmte en liefde, oftewel die produk van die teen mekaar vryf van die afsonderlike, gebonde en bewegende geesdeeltjies, laat weer `n ander faktor van die skepping ontstaan. Waar naamlik warmte is, daar is wrywing, en waar wrywing is, daar ontwikkel hom in toenemende mate hitte; en waar die hitte toeneem, ontstaan die vertering oftewel die vry word van geesdeeltjies tot ander, hoër en ligter vorms, welke vreugdevolle vry word hulle te kenne gee deur heftig te tril of te vibreer en die boodskap heet dan ten slotte lig!

Dus: Waar liefde is, daar is warmte, waar warmte is, is lewe, en waar lewe is, is lig!

Nou het ons die drie hooffaktore by mekaar, wat vir `n skepping nodig is, wat voortbring en help bestaan, en sonder dit kan niks bestaan nie; want in al die geskapenes oorweeg altyd die een of die ander faktor. En waar al die drie lewensdraers ophou, daar is geen skepping nie, geen lewe en geen warmte, maar dood, koue en vernietiging oftewel oplossing, sodat die opgeloste dele weer in die kringloop van die lewe kan terugkeer.

Wel nou, ‘krag’ is dus niks anders as die geestelike drang om uit die bestaande iets nuuts te skep; en die strewe, soos hom dit in die werklikheid uiter, beskou julle natuurondersoekers as natuurwette.

‘Stof’ is niks anders as vas geworde gees, wat soos julle hier op aarde sien, lankal sy primitiewe vorm verloor het en is, sigbaar in vaster, growwe bestanddele geen stof meer nie, maar materie. En dit veroorsaak onder die wederkerige inwerking van die sterker op die swakker en van die groter op die kleiner die ontbinding en verandering daarvan, om die daarin opgeslote geeste vry te maak en vir hul die weg na hoër vlakke te baan.

Die ontbinding oftewel die inwerking van die een op die ander vertoon hom aan julle oë as `lewe', as die groot natuurwet van `ontstaan en vergaan', waarby die een, hom oplossend, die ander moet aanvul om so die groot leer en die terugweg na My op te kan gaan.

Waar julle geleerdes dus slegs natuurwette bespeur wat, onbesorg om hul eie idees, slegs maar My wil volg, daar leef en ontwikkel hom niks anders as geestelike lewe; `n lewe wat ver bo al die tasbare uitgaan en baie hoër staan as waartoe die voorstellinge en idees van julle geleerdes hom kan verhef.

En juis omdat die geestelike hom nie aan hul wil onderwerp en slegs geen gemenegoed vir hul wil word nie, het hulle besluit dat hulle daar maar die beste aan doen om dit heeltemal te ontken.

Vir hul bestaan daar geen God, geen Wetgewer, hoewel hulle wette in die natuur aanvaar; vir hul is dit ‘die stof’ wat die wette vir homself maak, dus `n intelligente stof?! -

Vir hul is die wette slegs maar `n bepaalde ‘moet’. Volgens hul begrippe los alles in die universum hom op in stoflike elemente en begin dit van daar weer sy werktuiglike kringloop; vir hul bestaan daar geen verbetering, maar `n ewige ‘by die oue bly’.

Wanneer hulle [die geleerdes] hulle hiermee tevrede stel om na hul oplossing self `n stuk `suurstof, koolstof of stikstof' of wel `n ander weegbare of onweegbare `element' te word, dan het Ek daar niks teen nie. Ek kan die wens vir hul selfs vervul en hulle dan `n hoeveelheid van `n soort lug slegs miljoene jare in die atmosfeer van `n planeet laat ronddrywe. Tog sal die tyd dan kom dat ook die gedroomde toestand vir sy bewussyn vervelend sal word, maar dan sal die weg van `n porsie lug tot by `n mensesiel wel ietwat langsaam en moeisaam wees!

Tot nou toe laat Ek hulle as vry mense doen wat hulle wil. By die meeste het dit immers al dikwels gebeur, wanneer ook hulle met so `n koelbloedige geroemde oplossing van alle dinge gekonfronteer word in die vorm van die dood, dat hulle dan self alles wat hulle geskrywe het sou wil herroep as dit maar moontlik sou wees, en dat hulle dan self terugskrik vir die troostelose beeld wat hulle van die wêreld gevorm het en ook ander dit wil laat glo.

As My onbegrensde liefde en My erbarming nie met die verdwaalde kinders sou wees nie, dan sou Ek wel anders met hul moet omgaan. Maar Ek doen soos `n siende, wat ook `n blinde nie kwalik neem wanneer hy teen hom aanstoot of hom selfs heeltemal omver gooi; want die blinde weet immers nie wat hy gedoen het nie.

Gees is oral; en al mag julle filosowe en geleerdes dit ontken soveel en so dikwels hulle wil, sonder gees sou daar geen skepping wees nie, geen son aan die hemel straal en geen lewe bestaan nie!

Dit is immers slegs die gees en die geestelike element wat lewe gee, wat aan die starre die mooi impuls gee, wat aan die dood lykende, gevoellose materie ‘lewe’ gee en alles omhoogdring tot `n jubelsang vir die hoogste en grootste Gees as gepersonifiseerde liefde, na My.

Sonder gees sou daar geen liefde bestaan nie, en wat sou die lewe sonder liefde wees!? `n Chaos, `n koue natuur, niks verwarmends, niks troostends, niks heiligends nie!

Wat is, selfs in julle menslike aardse lewe, die lewe sonder liefde? Waar bestaan daar `n gevoel wat lyk soos die liefde? Wat maak ook die natuur mooi en verhewe? Wat wek daar ook in die musiek op tot verhewe gevoelens? Wat besiel, verwarm die arme, lydende, duldende hart?

Dit is die straal van die liefde wat julle via die materiële natuur tegemoet waai, wat die geestelike onsigbare sfere deurtrek, julle in beweging sit, julle aanspoor tot `n omarming en die nader van `n ander persoonlikheid, waar jy weer die klop hoor van `n hart wat net soos die van julle klop vir die mooie en heilige.

Wat sou al die sigbare wees as die geestelike band nie alle lewende wesens deurtrek, en wat sou My met julle verbind om julle na My en My na julle te trek, as dit nie die liefde sou wees nie? Die heilige, salige gevoel, wat van die sintuiglike grense van julle natuur nog ver uitreik bokant alle sterre, tot daar waar in ewige saligheid en rus Die Een wag wat julle die geskenk as Sy mees eie Ek gegee het en julle wil laat voel dat sonder die liefde die wêreld vir niks geskape sou wees nie!

Kyk na die wêreld as niks anders as `n geestelike panorama waar die geeste, verbonde in duisende vorms, steeds maar dieselfde uitbeeld en julle toeroep; sowel die ligstraal van baie miljoene myle van julle verwyderde son as die wurm wat voor jou voete kruip; almal stem hulle in met dieselfde loflied: "God is liefde".

Ja, Ek is ‘die liefde’, Ek is ‘die gees’ wat alles liefhebbend skep, dit alles liefhebbend in stand houd.

Ek is die God wat eens na julle op die klein aardbol afgedaal het om My grootste werk van liefde en deemoed te volbring.

Ja, Ek is die God wat as gees of hoogste potensialiteit nie alleen in die skepping wil staan nie.

Ek is die God wat Vader wil wees, en liefhebbende kinders om hom heen wil sien wat Sy mag weliswaar kan vermoed, maar Hom slegs maar moet liefhê!

Dit is die redes waarom Ek nou nie nalaat om julle altyd weer in herinnering te roep:

Vergeet nie julle oorsprong nie! Julle is My skepsels, julle is geestelike produkte! Probeer deur julle handelinge, wat My waardig is, My kinders te word!

Daarom roep alle hemele en alle dieptes van My skepping julle toe, sodat julle oral dieselfde roep sal hoor:

"Het God lief bo alles, want Hy is die liefde! Hy het ons vir liefde en slegs vir liefde geskape! Trag om Hom waardig te word, sodat Sy woorde aan julle nie tevergeefs verspil word nie!"

So klink dit oral. Wek in julle harte dieselfde gevoelens op en verbly jul Vader met julle liefde, en bewys Hom met liefde vir julle naaste; dit wens julle Vader! Amen!

 

*19 Mens dink aan `Drie dae in die tempel', hoofstuk 30.

*20 Sien aan die begin van die hoofstuk, die definisie van `krag'.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205