Hoofstuk 28
Woord aan `n rasionalis - 2
(ontvang 8 Desember 1870)
Jy is alweer genader met die versoek om My vir die vriend van jou broeder M. woorde van troos en verklarings te vra, as antwoord op sy laaste brief.
Aangesien dit julle beide ter harte gaan om uit julle broederlike liefde die vriend sy vertwyfeling en sy van wêreldse geleerdes ingesuigde idees soveel moontlik te verhelder, en hom - wat weliswaar na verligting snak, maar daarby dat wat hy vroeër opgeneem het, nie wil laat vaar nie, - te help om die verlangde troos en rus te herwin, wil ons sien of ons vir die siel, in plaas van haar vermeende `wetenskaplike' lig, nie `n ander geestelike lig kan ontsteek, wat hom tot die vroeëre verhouding soos sonlig tot kerslig weergee nie. Jou vriend het natuurlik in opwinding geraak deur My woorde, wat julle aan hom gestuur het. Hierdie kos is nuut vir hom, weliswaar nie hard nie, maar tog ongewoon; want dit is voeding vir die hart en nie vir die hoof nie.
Julle wêreldse geleerdes wat, soos Ek die vorige keer al gesê het, nou nie bepaald alles glo wat hulle skrywe en ook menigmaal op hul sterfbed alles herroep wat hulle geskrywe het, die geleerdes, soos hulle hulleself alternatiewelik noem, bou dikwels, ja meestal hul hele stelsel op `n hipotese (veronderstelling) wat, onwaar of nie, vir hul tenminste te bewys is. Hulle weet dan met sulke mooi woorde en sodanige verstandig lykende konklusies op die hipotese `n bouwerk op te rig, dat wie die eerste stelling (die hipotese) vir waar aanneem, natuurlik ook aan al die ander geloof moet heg.
Maar wat is aan die einde van elke so ‘geesryke’ geskrywe boek in feite die gebruiklike konklusie? Dit is, ‘dat die materiële en rasionele ondersoek tot hier reik en nóg geskiedkundig nóg eksperimenteel verder onderbou kan word, daar ervaring en instrumente nie toereikend is om die so fraai uitgewerkte bewering verder na te kan gaan nie'.
Wat het julle geleerdes nie almal so mooi geskrywe oor die ontstaan van die aarde, oor die formasie daarvan, haar leeftyd ens., en wat is die eindresultaat? Dat hulle niks weet nie! Want die skepping van die aarde, haar stap vir stap ontwikkeling, voltooiing en die bevolking daarvan vanaf die laagste skaaldiere tot by die mens omvat sulke tydperke, dat die geoloë nog soveel mag rondgrawe in die diepste lae van die aardkors, sonder om daar iets van belang te vind oor dit wat slegs Ek weet.
Wat het die astronome langs die moeisame weg van die wiskunde ontdek in die groot sterregewelf, wat elke nag bokant hul hoofde `n see van wondere vir die menslike gees uitsprei? Slegs die ontdekking van `n klein aantal planete wat om julle son sirkel; buite dit ken hulle niks. Die mees nabye son wat buite julle sonnestelsel sirkel, bly ondanks al hul beste instrumente vir hul `n klein ster, en `n groot raaisel.
Wat weet hulle van die groot stelsels van sterre en sonne, wat julle newelvlekke noem? Niks! Julle teleskope reik nie tot daar nie, en julle getalle is nie toereikend om die afstande uit te druk waarop nog sonne vol glans en vol van wondere met wesens wat My liefhet, om mekaar heen sirkel en My, die Meester, `n voortdurende loflied toesing, terwyl jou vriend My nie as bestaande aanvaar (en dit alles slegs nog maar in julle - vir julle oneindige - hulsglobe; (heelalsfeer) wat kan hulle dan wel weet van al dit wat daar buite die huid daarvan lê, en waarby vergeleke die hele vir julle oneindige hulsglobe in die universum slegs `n atoom is?
Wat weet die geleerdes van die wêreld oor die diereryk, wat weet hulle oor hoe diere die wêreld en die mense sien? Kyk, `n os is vir julle `n geheel onbekende wêreld; julle weet nie of hy julle grys, rooi en blou, klein of groot sien nie. Sy geestelike intellektuele lewe is vir julle en alle geleerdes ewig `n raaisel, en so is dit met die lewe van elke dier.
Die geleerdes kan die diere van `n bepaalde soort slegs na die uiterlike indeel, hulle oopsny, hul materiële bou en die ooreenkoms daarvan met die naaste bystaande dier aantoon en individuele eienaardighede in hul leefwyse naspeur; maar waarom die dier bestaan, dit weet hulle met al hul ondersoek nie. En wanneer hulle dan nie meer uit die doolhof van raaisels kom waar hulle hulself ingewerk het, dan begin hulle My aan te kla en dink in hul kamergeleerdheid dat hulle in My plek alles slimmer gemaak sou hê as Ekself.
Wat weet julle artse en anatome eintlik, met inbegrip van hul onophoudelike lykesnyery (lykskouings) (N.B.: En selfs die pleeg van viviseksie – oopsny van lewendige diere) en die chemiese analisering van die elemente waaruit die menslike liggaam saamgestel is?
Julle kom vir My almal voor soos `n kleremaker wat uit die kledingstukke wat hy kry om te herstel, die karakter en die geestelike eienskappe meen te ontdek van hulle wat die klere gedra het. Die materiële, ja slegs die grofmateriële is vir hul sigbaar, maar die stille krag met intelligensie, wat die vate tot in die kleinste detail met dieselfde volmaaktheid bou, hulle tot lewe wek en hulle vanaf die verwekking opbou en tot die dood in stand hou, die intelligensie ken hulle nie; want met seksie pleeg laat dit hom nie vind nie.
Kyk net na die harsings van `n mens: Wat is die weefsel van verskillende deur fyn vliese afgesluit en geskeide massas met hul windinge eintlik?
Waarom is die windinge daar, waarom nie één massa nie, waarom die grys en waarom die wit massa? Vir `n deel dink julle geleerdes dat hulle ontdek het waar die of daardie vaardigheid haar setel het. Wat is egter vaardigheid, of hartstog? Is dit `n fluïdum, `n elektriese of magnetiese stroom? Hoe vind die denke plaas? Wat gebeur daarby in die harsingsmassa?
Sien net al die dinge! Al sou die harsings ook blootgelê wees en toeganklik vir waarneming, dan sou die geleerdes tog niks sien nie; want `n gedagte het geen liggaam nie.
Juis hier, in die halfronde witgrys massa van die harsings grens twee wêrelde aan mekaar, wat ondanks al die gestry tog bestaan.
Al sou ook menige materialis dit met behulp van spitsvondige onsin wil verloën, in hom self word nog in die verloën bewys dat dit bestaan.
Sien nou, jou goeie vriend het in die boeke die soet gif van die menslike wysheid opgesuig. Hy het die geleerdes stap vir stap gevolg, het hul bewysgronde ook in sy lewe dikwels na die skyn bevestig gevind, en so is hy nou ten prooi aan `n ‘pseudo-weet’. Dit bevredig en troos hom nie, maar verdoem hom om die treurige lot wat die geleerdes die mens in die skepping toegewys het, helaas met hul te deel, naamlik om geduldig af te wag totdat na baie ongeluk en lyding in die menslike lewe ten slotte ook sy uur slaan, wat hom uit die tranendal wegvoer en hom miskien `n stuk water, of eter, of stikstof laat word (volgens hul idee)! Die troostelose vooruitsig is dit wat hom terneerdruk, en aangesien daar nog niemand (by hom!) gekom het om hom oor `n beter vooruitsig te onderrig nie, het hy genoeg van sy lewe en is hy vir sy bestaan moeg.
Ja, My liewe kind, jy het wel gelyk, wanneer jy na die wêreld kyk soos jy in feite doen; dat jy as’t ware die dag sou wil vervloek waarop jy die lig van die wêreld aanskou het, en dat jy daar huiwerend aan dink wanneer die dag kom, waarop jy weer terugkeer in `n onbewustelike niks, waaruit jy meen jy gekom het. Dit is inderdaad `n treurige en hopelose vooruitsig om, na soveel kwellinge, lyding en siekte wat die mens tydens sy hele aardse lewensloop begelei, ten slotte op heeltemal geen vergelding te hoop en nie eens die redes te ken waarom jy geleef het nie!
Dit is werklik nie gepas vir `n God, om mense geskape te hê wat mekaar gedurende hul hele lewe kwel nie, om uiteindelik weer te vergaan en so gesê heeltemal geen nut gehad het nie, nóg om op die aarde te kom nóg om weer daarvan weg te gaan. Mens sou wel moet aanneem dat daar `n God bestaan wat Hom aan die kwelling van mense wil wy en, omdat Hy niks anders te doen het nie, hulle slegs vir Sy tydverdryf geskape het.
Wanneer jy egter, My liewe kind, in eensame ure die kwessie eens aan `n ernstige beskouing wil onderwerp, dan vra Ek jou: Het dit jou dan nooit opgeval dat daar ondanks alle wantoestande in die menslike lewe ook ander gevoelens, ander roersels hom dikwels in jou dade geld, wat nie altyd afkeer en vertwyfeling verkondig nie, maar wat jou sagter, vertroostender kante van die geestelike lewe onthul?
Het jy nooit medelye gevoel, nooit `n aandrang om na bo te kyk nie? Het die sagte gevoel van liefde nooit in jou hart opgekom waarmee jy, die hele mensdom vergewend, haar tog sou kan liefhê nie?
Het jy nooit, hetsy by groot natuurverskynsels of in `n stille nag by die aanblik van die sterrehemel, `n heilige vermoede gevoel dat, as jy dit sou gevolg het, jy hoër gedra sou wees na geestelike sfere, waar die menslike drukte verdwyn en plek gemaak sou wees vir `n mooier, sagter gevoel, die gevoel van vergewing en liefde?
Het jou God vir jou in sulke oomblikke nie in `n mooier lig voorgekom as die dooie wetenskap wat jy geleer het, naamlik dat Hy soos `n onverbiddelike tiran sou moet regeer nie? Seker, Ek weet dit maar al te goed, sulke oomblikke wat jou hart bekruip, kom daar in oorvloed; jy wil slegs geen gehoor daaraan gee nie.
Waar Ek jou nou egter op ander troosryker weë wil lei, moet Ek jou daaraan herinner: Kyk, die oomblikke was tyd van wyding waarop My gees tot jou, verdwaalde kind gespreek het; dit was oomblikke van My geestelike nabyheid. Ek wou jou troos, wou jou wonde heel wat jou filosofiese piekeraars en boekemakers jou geslaan het. Ek wil jou toon dat ver verhewe bokant alle vermeende wetenskaplike ondersoeke nog iets anders leef en beweeg, wat selfs die grootste disharmonies en wreedhede van die menslike aardse lewe kan oplos in harmoniese dankliedere aan Hom, wat jy weliswaar soek, maar nog nie gevind het of tenminste nie begryp wat soos Hy deur julle mense begryp sou wil word nie!
Nog baie lê daar vir jou in die duister: Jy verlang wondere, en jy glo dat daar geen wondere bestaan nie!
Nou vra Ek jou: Wat beteken ‘wonder’ eintlik? Kyk, menige uitvinding, wat die kleinste kind by julle teenswoordig begryp, sou `n paar eeue gelede wondere gewees het. Wat was hulle dan eintlik?
Dit was natuurwette of kragte wat die mense nog nie geken het of waarvan hulle, as hulle dit miskien al geken het, tog nie geweet het hoe hulle dit kon benut nie!
Glo jy dalk dat die land van ontdekkings al ontgin is? Lê die meeste nie miskien nog in die donker begrawe nie, in die besonder dit wat geestelik is? En as Ek binnekort hier of daar `n soortgelyke ontdekking van toegang tot die geestelike lewe toelaat, sodat die mense My, die suiwerste Gees, nader sou leer ken: Moet dit daarom juis `n wonder wees, wat die mense dan willoos tot geloof sou dwing?
Soos jy in jou brief skryf: "As jou staal pen plotseling in `n potlood sou verander, dan sou jy wil glo"; maar as Ek so-iets sou toelaat, wat sou daar dan gebeur? Kyk, dan sou jy gedwing wees om altans op die eerste oomblik aan `n moontlikheid van so `n verandering te glo; en tog weet Ek nie of jy `n paar uur later nie die wonder in jouself weggeredeneer sou hê nie. Dan sou jy wel gedink het dat daar `n verwisseling van beide voorwerpe plaasgevind het, wat jy in jou gedagtes self begaan het sonder dat jy dit eintlik gewaar geword het!
My liefste kind, daar bestaan geen wondere nie, want alles is afhanklik van My geordende wette wat sedert lankal deur My verordineer is!
Weet jy, wat `n wonder eintlik is of sou wees? Kyk, Ek sal dit vir jou sê: Dit sou `n wonder wees, wanneer Ek teen My vanaf die eerste begin van die skepping vasgestelde onveranderlike wette in iets sou toelaat of bewerkstellig wat regstreeks teen die wette sou ingaan, en Ek Myself daarmee van `n inkonsekwente (teenstrydige) handeling sou moet beskuldig. Want weet wel, My wette is so gemaak dat om daarteen te handel nie moontlik is nie, tenminste nie van My kant af nie.
Julle handel weliswaar dikwels teen My wette in, maar die straf volg die oortreding daarvan op die voet.
Waar My wette egter begin en ophou en hoeveel daar nog aanwesig is, waarvan julle ondersoekers en filosowe geen vermoede het en ook nooit sal ontdek nie, dit is `n geheel ander kwessie.
Daarom, My kind, sien, jy lees hier wat Ek as God tot jou spreek. Jy begryp die gebeure nie, want dit het in jou lewe nog nie in jou opgekom dat `n moontlik bestaande God, Skepper van al die onmeetlike wêrelde, met jou sou spreek nie; en ondanks jou verbasing en hoofskudding doen Ek dit tog, want Ek hou teveel van jou as My skepsel, as wat Ek jou verlore sou wil sien gaan as `n prooi van materialisme en ongeloof!
Weet, dat jy `n goddelike vonk van My goddelike ‘Ek’ in jou dra, wat al vanaf jou geboorte in jou gelê was. Jy het `n heel ander bestemming as die waarvan jy tot op hede dink dat dit vir jou die enigste is; jy het `n hoër bestemming. En om jou nie te verloor nie, laat Ek toe dat jy deur `n (skynbaar) toevallige kontak met `n man (My huidige skrywer) in aanraking kom, wat hom al nader aan My hart bevind en My stem al menigmaal duidelik in homself verneem het. Kyk, die man, wat op weg is om dit te word wat alle mense eenmaal moet word, die man het jou nou die weg na My verlig deur `n direkte verbinding; op die wyse bereik woorde jou vanuit `n gebied, waarvan jy nooit vermoed het dat dit sou bestaan nie.
Wel nou dan, probeer hierdie, vir jou is dit nuwe kos, geestelik te verteer; miskien sal jy tog daarin vind wat jy in die filosofiese en ander skrywers nie gevind het nie, dit wil sê: `n mooier wêreldbeskouing en `n beter begrip van My, jou Skepper!
Vergelyk My woorde met die van die kamergeleerdes! Wat `n mens meer as eenkeer kan lees, sonder om hom daaraan moeg gelees te hê? En jy sal geleidelik aan ontdek dat Die Een waarvan jy meen dat Hy bokant alle sterre woon, dikwels so naby jou staan en met `n medelydende blik vol vaderlike liefde jou vanweë jou geestelike dwaling betreur!
Alle begin is moeilik! Om `n ou, pragtig sittende kledingstuk uit te trek en `n nuwe daarvoor in die plek aan te trek, kos menigeen `n selfoorwinning. Probeer jy dit ook, dan sal die resultaat jou miskien laat sien dat jy geen spyt hoef te hê van die kleding omruiling nie. Dit sê jou Vader, wat alles in Sy skepping nie met die kloue van `n tiran, maar met die bande van die liefde byeenhou, en dit nie wil dat daar ook maar een atoom verlore gaan, om maar te swyg oor `n mensesiel soos wat die van jou een is! Amen!