LEWENSGEHEIME
GOTTFRIED MAYERHOFER -AFRIKAANS

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

 

Hoofstuk 5

1.              Jongseun, jongman, man en grysaard

2.              winter, voorjaar, somer en herfs

3.              die vier tydperke van die skepping van kosmos en aarde

4.              geeste, siele, engele en goddelike lewe.

 

(ontvang 28 Julie 1870)

Hier het jy vier woorde uit die menslike lewe, en tewens woorde uit die lewe van die aarde en dit van die skepping. Al die woorde is op homself volgens tydperke ingedeel. Die eerste beduie die vier fases van `n mens, oftewel sy lewensperiodes, met betrekking tot sy liggaamlike en geestelike ontwikkeling.

Wat hier nou oor die mens gesê sal word, dit geld in sy soort ook vir volkere, wat die vier periodes in hul geestelike opvoeding moet deurloop, net soos die groot tydperke geld by die opvoeding van die hele mensdom.

Ons wil nou volgens die reëls begin met die baie betekenisse en verklarings. Daarby sal ons logieserwys eindig met die een en vervolgens oorgaan na die ander om dit te verklaar en sy geestelike samehang met die eerste te laat sien. Dan sal ons in dieselfde volgorde verder oorgaan na die derde en julle vervolgens in My groot werkplek binnelei. Ten slotte sal ons ook nog vier ander geestelik groot woorde in hul hoogste betekenis belig, sodat julle daarna die geheel in `n harmoniese oorsig kan oorsien. Die groot woord wat Ek jou hier gee wil ons dus in slegs paragrawe verdeel, en met die eerste, dit wil sê met die verklaar van die eerste vier woorde, die natuurlike vooraf laat gaan; sien dus vol verlange uit, My kinders, na die mooi dinge wat die Vader hier weer vir julle sal ontvou!

 

5.1. Jongseun, jongman, man en grysaard

Hier sien julle die trapsgewyse gang vir julle, omhoog en omlaag, gedurende die lewensloop van `n mens op die aarde. Op die leer gaan hy liggaamlik omhoog en omlaag, geestelik sou dit slegs opwaarts moet wees.

Die knaap of die kind, wat hulpeloos gebore is en waarvan die siel nog in `n droomlewe is, weet en ken niks en moet alles eers leer; hy moet selfs leer om sy gedagtes, wat met die ontwikkeling van sy ‘ek’ toeneem, in `n taal in te klee. Die laaste gaan aanvanklik gebrekkig, maar word vervolgens steeds helderder en betekenisvoller, hoe meer die liggaam en die begripsvermoë vordering maak.

Die gees, as vonk van My, bly rustig, ingeslote in die binnenste van die hart. Hy stimuleer slegs af en toe die siel om op wetmatige wyse haar liggaam te vorm om dit as deugdelike werktuig te kan gebruik, en om die sieleliggaam, wat haar uit die reëlmatige uitgeboude liggaam ontwikkel, vir `n ander lewe saam te neem na die ander kant, wanneer die aardse liggaam as omhulsel vir die siel nie meer bruikbaar is en sy `n ander nodig het.

In die knaap of die kind slaap alle hartstogte nog; hoogstens is dit die eiesinnigheid en die woede wat tot uiting kom. Dit is die eerste parasiterende plante wat hom om die jeugdige lewensboom slinger en hom daaraan vasklamp. Wanneer daar nie op die korrekte oomblik vroegtydige hulp kom nie, beroof hulle die hele boom van sy krag en verander die sappe en kragte hiervan beide in onkruidplante, en rig dan die met sy eienskappe opgroeiende mens geheel en al ten gronde, deurdat hy as slaaf van sy hartstogte van byna alle geestelike vooruitgang moet afsien en baie narigheid berei vir homself en ook vir ander wat met hom in aanraking kom.

Eiesinnigheid en woede is slegs van die magtigste eienskappe van Sataniese geaardheid; want vanweë die eerste wil die Satan nie die weg na My inslaan nie, (eiesinnigheid) en vanweë die tweede (woede) eienskap kan hy nie die minste spoor van liefde in sy hart toelaat wat hom in plaas van woester, sagter sou maak nie.

So gaan dit nou met die knaap, aangesien baie dikwels dom ouers beide die eienskappe selfs nog stimuleer, in plaas van dit met alle geweld te bestry. Hulle glo dat mens die kind in sy gesondheid sou skaad as mens dit nie gee wat hy wil hê nie, of hulle staan direk klaar met die ligsinnige uitvlug: `n Kind weet tog nog nie wat hy wil hê nie; as hy groter word sal dit wel anders wees!’

Dwase ouers! Ja, dit sal anders wees: Dit wat die kind met trane en ongeartikuleerde klank uitdrukkings uiter, sal later verander in liefdelose en krenkende woorde teen julle en vervolgens, terwyl die kind groei en julle swakker word, wel ontaard in feitlike handelinge, waarmee julle jul mooi saaisel weer terugbetaal sal kry soos jy dit verdien het.

Die kind ontwikkel hom soos `n plant stap vir stap, en wil steeds meer sy arms uitstrek van die moederbors na die wye wêreld, om juis dit aan te pak wat die verste van hom weg lê. Die kind groei met kennis, met die kennis groei die hartstogte en met die hartstogte groei die begeerte om dit te bevredig.

Aangekom op `n leeftyd waarop die stroom van geestelike, psigiese en liggaamlike drifte, wat as’t ware nog met mekaar vermeng is, gesuiwer moet word, tree die behoefte aan leer en skool na vore; die kind moet `n besef kry van wat goed, en wat sleg is, wat toegestaan en wat verbode is, en wat deug en wat sonde is.

Hier, in die stadium van suiwering van alle jeugdige begeertes en wense, moet ouers en lerare alles aanwend om die jeugdige van oormoed, die byna oorvloeiende stroom van alle wense, hartstogte en begeertes wat hom omgewe, met `n streng afgeslote bedding te omhein; hulle moet daar damme teen opwerp, ‘sodat hy nie buite sy begrensde oewers tree nie’.

Hier begin die siel te leer, dit wil sê die eerste ernstige woord van die geestelike mens; dit is die beteuel van sy hartstogte, die krag om aan sy wense `n doel te gee en teenoor sy ingewinge en influisteringe `n besliste ja of nee te stel.

Met die skool en die voorbeeld van die ouers as vernaamste leiers, `n ruimer terrein betree, gly die lewenskippie van die knaap tussen speel en leer, onderrig en straf die leeftyd van `n jongman binne, al meer gewek na gees en siel. Terwyl die jeugdige siel in aanraking kom met ander wat met haar gelyk staan asook met hoër staande of ouer mense, voel sy haar gedwing om vrae te stel oor dinge wat sy as kind weliswaar klakkeloos aangeneem het, maar dit haar nie deur oortuiging in die eie innerlike tot vergeesteliking van haar eie ek gemaak het nie.

Met die binnetreding in `n hoër lewensfase, wat weliswaar ook nog vol is van bedrieglike opvattinge, begin die vrae: `maar waarom is dit, waarom is dat?!'

Na gelang van die verklaring bou in die innerlike vervolgens die geestelike mens hom op. Uiteindelik roer daar in die jongman hom ook die geslagsdrif; hy voel hom aangetrokke tot die vroulike geslag, wat hom in sy skooljare onverskillig gelaat het en dikwels selfs vir hom veragtelik voorkom.

Hierdie aandrif, wat so gevaarlik is vir die tomelose natuur, is tog één van die heilsaamste, want hy beteuel dikwels die te ruste hartstogte van `n bedorwe kind; en wat vir moeder, vader en leraar nie moontlik was nie, dit bedwing `n blik uit `n oog vol liefde en sielsgeluk van `n meisie, wat haar daarvan nie bewus is nie. Deur die geestelike magnetisering bring hulle iets tot stand wat slegs in die hemele begryp sal word en eers daar sy korrekte verklaring sal kry; hier op die aarde laat dit slegs `n ligte, helaas nie blywende weerklank agter.

Met die bereiking van die keerpunt in die lewe van die jongman is die eerste stap geneem na die manlike leeftyd. Die liefde omkrans die jongman met rose en toon hom `n geopende hemel wat hy nog nie kan begryp of bevat nie; sy liefde, wat allereers slegs gerig is op die voorwerp van sy verlange, lei hom vervolgens na die bewussyn van die man en sy ernstige pligte.

So gaan die onstuimige jongman oor in die bedagsame man, waarby die lewensomstandighede ernstiger word. Die man, wat nie meer vir homself leef nie, soek `n lewensgesellin en verruil sy lewe as alleenstaande vir die gesinslewe, waarin hy meer teen sy hartstogte moet stry. Die ernstig onder oë sien van sy eie lewe om homself en die wat syne is te onderhou, lê hom pligte op waarvan hy as knaap geen vermoede en as jongman geen voorstelling gehad het nie, en waarvan hy eers nou, as man, die draagwydte kan bevat.

Soos `n vrolike, fris bergstroompie spring die knaap oral oorheen. In die vlakte aangekom, wat die valsnelheid van in die berge nog in hom het, bruis hy vrolik verder as lewenstroom tussen blomrye oewers; maar steeds meer snelheid verlorend en hom in die vlakte meer en meer verbredend, gly hy oor in die manneleeftyd.

As man kom hy met sy nuwe lewensbehoeftes, nuwe lewenssorge en nuwe verpligtinge ten opsigte van sy gesin al in `n stadium, waarin die geestelik psigiese mens in hom, meer en meer gevorm word volgens `n bepaalde wet, wat die weg gebaan het vir oftewel die tendens na die goeie, dit wil sê: Die weg na My, oftewel die teenoorgestelde tendens, dit wil sê: Weg van My.

So stu sy lewenstroom voort, soekend, twyfelend, uit dit wat hy gevind het is sy eie ‘ek’ opbou, miskien steeds rustiger wordend, roemryk uit alle stryd en twyfel na vore komend. Ten slotte stroom hy soos `n rustige rivier die ouderdom tegemoet, waar die beweging byna ophou en eintlik net soos `n hamster moet lewe van die tydens die somer van die lewe byeengespaarde kapitaal, aangesien daar maar moeisaam iets nuuts by kom, en alles wat die menslike lewensloop betref deurgemaak het, die teleurstellinge en die vreugde daarvan nou eintlik die oes van die volbringde dade binnegebring kan word.

So staan die grysaard aan die rand van `n sigbaar liggaamlike lewe; agter hom `n verlede wat nooit terugkom nie, vóór hom `n onduidelike toekoms. Tussen twee wêrelde in, een sigbare en een onsigbare, die oomblik afwagtend waarop sy laaste lewensuur slaan en die so dikwels bewoë slinger van sy liggaam, die hart, stilstaan!

Heil die grysaard wat aan die einde, na heftige stryd en veelvuldige versteuringe, tog tenminste soveel van homself behou het dat die kleed van sy siel, die oerbeeld van My ewebeeld, tog nader gekom het, al het hy daar dan nie aan gelyk geword nie. Heil hom, wanneer hy, al is dit ook eers laat, tog sy missie op die aarde op die korrekte wyse ingesien het en sy God en Meester en die ander wêreld leer ken het. Hy sal die oomblik van skeiding, waarop daar van kleed gewissel word, rustig afwag; sonder skroom of berou sal hy die wêreld verlaat, want hy het, al is dit ook laat, sy Skepper, sy Vader gevind. Hy sal hom daar bo, na die mate waarin sy hart steeds jeugdig gebly het, beslis ook `n jeugdige, fris gewaad aantrek, sodat hy daar as ewige mooi en steeds geesteliker wordende jongman op die trappe van vervolmaking steeds meer nader aan My kan kom, om die naam ‘kind van God’ heeltemal waardig te word!

Hier het Ek julle die weg van die kind, die jongman, die man en die grysaard, in `n paar groot lyne vir julle neergeplaas.

Nou wil ons sien hoe die lewensperiodes analoog ooreenkom met die jaargetye op julle aardbol, en in hoever winter, voorjaar, somer en herfs saam met die kind, die jongman, die man en die grysaard op soortgelike wyse geestelik dieselfde uitdruk, wat julle die daaropvolgende hoofstuk in `n nog hoër betekenis sal verneem! Dus:

5.2. Winter, voorjaar, somer en herfs

6 Menigeen sal wel vra: Hoe kan die winter dan wel, waarby die natuur voorheen met die dood vergelyk kan word, waar in plaas van warmte as bron van al die lewe, koue heers, wat dieselfde beteken as die dood. Hoe kan die winter met die beweeglike aard van `n kind vergelyk word, waarby alle lewe vertoon en alles oorstroom van lewe?

En tog, My beste twyfelaar, bestaan daar geen mooier voorbeeld om die lewe van `n kind te vergelyk met die winter en die lewe daarin, as juis die voorbeeld dat, verbind deur `n geestelike band, in die kern dieselfde toon.

Wag maar ewe, My vriend, en Ek sal die winter wat vir jou so dood voorkom, net so lewend en warm voor oë stel soos die lewe van die kind dit is. Ons wil slegs die kwessie nie interpreteer vanuit die standpunt van die gebruiklike manier van voorstelling van julle digters nie, maar ons wil dit op My manier beskou vanuit die standpunt soos Ek dit korrek ag. Wel nou, luister dus.

Kyk, My vriend, as jy die hele vegetatiewe lewe van die kind en sy sielelewe daarmee vergelyk, dan is dit, soos Ek in die begin gesê het, `n droomlewe; `n lewe waarin al die goeie en slegte, al die korrekte en onware nog te diep slaap in hom wat nie bewus is hy slaap nie, onder die deken van die onskuld. Want mens noem slegs die toestand ‘onskuld’, waarin mens hom van geen skuld bewus is nie maar dit ook nie ken nie; want met die ken van die onskuld het hy opgehou.

Net soos die droomlewe van die kind, waarby dan in `n embrio alle hartstogte en alle ander drifte verborge rustig naas mekaar slaap en slegs wag op `n beter toestand van die liggaam wat hul omgewe, om vervolgens sterker te word en hulle te kan ontwikkel, so lê dit ook - kyk, My liewe vriend, wat `n passende vergelyking en hoe byna geestelik! - Onder die wit deken van sneeu (wit is immers die kleur van die onskuld) die hele toekomstige bestaan van `n deel van die aardbol in slaap begrawe. Dit wag slegs tot `n hoër mag die warmte van die son wat die deken van onskuld ophef, dit vernietig en die baie duisende vorms van lewe die vrye loop laat gaan, sodat elke vorm van lewe in staat gestel word om ooreenkomstig sy bestemming te werk en die doeleindes van sy bestaan te vervul.

Soos hom by die kind met die ontwikkeling van die liggaam goeie en slegte eienskappe manifesteer (sigbaar word), so is in die aardse lewe by `n ontwakende natuur ewe-eens die invloed van vreedsame en vyandige inwerkinge te sien. In die begin woon hulle, net soos die hartstogte by die kind, rustig by mekaar onder die ysige deken van sneeu; vervolgens skei hulle hul van mekaar, vegtend en strydend, en so gaan hulle in `n voortdurende stryd die voorjaar oftewel `n verdere ontwikkelende tyd tegemoet. Al die lewende op die aarde het dan al sterker geword, en kan ook in die stryd met die elemente en orige invloede weerstand bied en dit seëvierend verdra.

In die lente dring alles onbewus toe na sy bestemming: Die plantjie word `n boompie en berei alles voor om eenmaal as boom sy doel te vervul, en diere bou wonings vir hul jongelinge, waarvan hulle nog nie weet waar dit vandaan kom nie. Alles is druk in die weer; vernietiging en opnuut bou, wisseling van vorm en nuwe geboorte is die opgawe van die aardbol. Dit is die tyd van die jongman, wat dikwels verkeerde en slegter ontwikkelingsvorme voortbring wat nie tuishoort in die gebied van die gewone en later weer uitgeskei word, net soos by die jongman sy dom streke en onbesonne foute.

So kroon die natuur in die ontwaakte lente hom met die mooiste blomme, soos die jongman met sy blosende wange, en gaan langsaam die manneleeftyd tegemoet, die periode van die rypword van die vrugte, wat uit die stuwing en dringing van die voorjaar moet voortkom, geheel volgens die bedoeling van die Skepper.

Die somer of die manneleeftyd is ook al warmer, en die man stroom die sweet van die voorhoof by die verwerwing van sy daaglikse brood; die vrugdraende boom ontbreek dit dikwels aan water of vog om sy kinders, die blare en vrugte, te voed en die laaste te laat ryp word.

Net so wanhopig staan daar dikwels die man en laat sy vermoeide arms sak, soos die boom sy blare; `n stormwind of haelbui ontruk hom sy kinders, en die slegs met moeite voortgebringde vrugte.

By die man is dit die siekte wat hom sy spruite of sy metgesellin beroof. En as beide, man en boom, geen troos en hulp meer verwag nie, dan doem daar dikwels `n werwelwind van seën en reën op. Die laaste stort hom in strome uit oor die dorstige velde en weiding, bevrug en bevog die smagtende natuur, suiwer die lug, en sien: Die ewige nooit verlore natuurkrag bring alle wesens weer opnuut tot lewe. Die storm is deurstaan; baie het weliswaar verlore gegaan, maar daarvoor in die plek deur duisend ander dinge vervang.

Wanneer die man, gebuig deur ongeluk geen uitweg meer weet nie, wanneer die hele, miskien vanaf sy jeug opgeboude geloofs­bouwerk deur die storm van die noodlot ingestort het, dan lig daar in die ooste `n helder vonk op. Aanvanklik is dit `n klein ster; hy styg hoër en hoër, word groter, word tot `n son en tot `n genadeson, met My beeld in die middel en soos `n stralebundel omgewe deur My leer. Hy beskyn die verskeurde gemoed van die man, gee vertroosting en lig in sy hart en laat die diepbeproefde mens, miskien vir die eerste keer, die geestelike voorsmaak van `n hemel, die voorgevoel van `n goddelike liefde voel!

Die man rig hom op, begryp die genade van sy Vader en seën die slae van die lot wat hom getref het; uiteindelik het dit geen ander doel as om hom in die arms te voer van Hom, wat hulle al lankal uitgesprei het, maar geen ander manier weet om dit te bewerkstellig as deur oënskynlike teenspoed.

So word die man dan ryp vir die leeftyd van die grysaard, soos die boom sy vrugte in die herfs laat rypword. Ten slotte kom die herfs: Die krag van die natuur wat gedurende die winter rustig onder die deken van sneeu geslaap het, die in die voorjaar alles tot nuwe lewe wek en in die somer aktief werksaam was om alles na sy bestemming te lei, die krag het hom teen die herfs uitgeput, het moeg geword; dit het haar doel vervul en gaan weer slaap.

Die blare val af en die boom, wat daar anders in oorvloedige volheid staan, verloor sy uiterlike vorm en toon spoedig as geraamte en skelet nog wel die basisvorm, wat alles gedra het wat hy voortbring; maar die mooi kleure, die lewensfrisheid is weg. Die boom rus, om in `n ander jaar weer aan sy volgende bestemming te begin, oftewel volmaakter as in die afgelope jaar, oftewel egter ook andersom, naby sy ontleding in ander elemente kom.

So is dit ook met die man. Langsamerhand gaan dit na die ouderdom toe; die daadkrag, die vinnige besluite begin af te swak, die kleur van die gesig verander, die vergrysing van die hare (wat die terugtrekking van yster in die bloed, as draer van die werksaamheid, aangee) word steeds aansienliker. Die uiterlike wêreld sluit hom steeds meer en die grysaard begin aan `n innerlike lewe werk, net soos die boom in die herfs, waarby ook by hom die sirkulasie van vernuwende sappe ophou en hom `n langsamer, innerlike werking voortsit, onttrek aan die menslike blik.

So wag die boom, na gelang van sy werksaamheid, op sy bestemming vir die volgende jaar of hy as brandhout in die vuur gewerp of vir ander doeleindes moet dien, of dat hy as boom, wel veredel, beter en mooier vrugte moet voortbring en die mens weer liggaamlik en geestelik genot moet bring; liggaamlik deur middel van sy stoflike produkte, en geestelik deur hom te bekyk met betrekking tot die goeie Skepper en Meester.

Alle vrugte en produkte van die hele natuur wat die lewende wesens tot voedsel dien, gaan deur hul verskillende toepassings oor na `n hoër geestelike vlak, deurdat hulle vir die instandhouding van hoër staande wesens dien, die liggaamlike daarvan bevorder en die geestelike help vervolmaak.

Wat die vrugte is by die produkte van die aarde, dit is by die mens die dade; hulle help die aan die rand van die aardse lewe staande mens sy geestelike ‘ek’ op te bou, om ook hom na `n hoër vlak te voer.

Wat Ek julle hier gesê het sowel betreffende die plante en diereryk asook oor die mens in sy vier lewensperiodes, geld ook vir hele volkere en nasies presies so.

Ook hulle het hul periodes van kind, jongman, man en grysaard. Hulle word deur My stap vir stap op die weg van insig gelei deur teenspoed, oorloë, verwoestende siektes en nog allerlei dinge meer, tot ook hulle vervolgens hul geestelike hoogte verwerf het en afsonderlik as individue of as hele nasies na hoër sfere kan oorgaan. En na gelang van hulle daartoe geneig was om My raadgewinge en vermanings in ag te neem, sal die een volk vroeër en die ander later tot rypheid kom.

Hier het julle die tweede reël van ons titelwoorde; winter, voorjaar, somer en herfs. Nou wil ons ons na `n hoër standpunt begewe en van daaruit, net soos Ek, My skepping in haar trapsgewyse werking beskou, waar julle weer My liefde en My, slegs op die geluk van My geskape wesens, die bedinkte wysheid nog duideliker mag aanskou!

5.3. Die vier tydperke van die skepping van die heelal en aarde

(ontvang 29 Julie 1870)

7 Alles wat Ek doen gebeur steeds volgens een en dieselfde grondbeginsel en is as `n skeppingsdaad bestem om iets doelmatigs voort te bring, en alles wat Ek doen moet, ooreen­komstig die grondbeginsel, alles trapsgewys na mekaar ontwikkel en dit vervolmakend weer na My terugvoer; so bestaan daar ook in die opsig die innigste samehang tussen beide voorheen vermelde paragrawe en hierdie. Hierin sal Ek julle weer dieselfde laat sien as wat tevore in die vier periodes van die menselewe en vervolgens in die vier jaargetye oftewel tydperke van ontwikkeling en ryping ewe-eens getoon word. Hier is iets soortgelyk slegs in groter afmetings en in `n tydsverloop van eons en eons tot stand gebring, voordat die voorheen vermelde vlakke gebore kan word.

Ek het die ander paragrawe vooraf gegee, omdat hulle nader aan julle staan en dus makliker te begryp was; in die derde probleem kan julle dan makliker ingang vind en dit so beter begryp.

Soos wat julle by die kinderleeftyd gesien het hoe die gees en siel hom aangaande die lewe eenmaal tot groot dinge ontwikkel, en soos in die winter alles wat leef en vegeteer onder die deken van sneeu verlangend sy verlossing afwag, so was ook eens in die oneindige ruimte alles deurmekaar gemeng en wag in onwerksame toestand rustig af tot My magswoord hulle wat aan die slaap is tot aktiwiteit opwek.

My idees en gedagtes oor die skepping het, uitgaande van die eenvoudigste, in elke eenvoudige ding weer die vermoë gelê om daaruit tallose soortgelyke dinge voort te bring, waarin dit die oneindige etermassa die eerste voorkeur gee. Tot dan toe woon alles rustig by mekaar, sonder die lus tot bytrekking of afstoting en toe My wil die eerste impuls daartoe gee, begin dit gebeur, die verbinding van die gelyke met die gelyke en die afstoot van die vreemdsoortige.

Die afsonderlike elemente skei hulle van mekaar af, gedrewe deur geestelike kragte, of soortgelyke elemente verenig hulle onder bepaalde met My wette ooreenkomende ordeninge. Die lewe, wat hom vorm gee, begin. Wat voorheen nog opgelos, sonder grense van breedte, lengte en diepte in die eter rus, begin hom te vorm, en te ontwikkel. Hier begin ook die ooreenkomstige proses van die kinderleeftyd, sodra die eerste straal van die geestelike aandrang die kindersiel opwek, oftewel die stryd van die elemente onder die sneeudek, sodra die eerste straal van die lewenbringende en verwarmende son die yskoue sneeukors deurbreek, waaronder miljoene gekettingde lewensvorme verlangend hul verlossing afwag.

Die groot lente van die kosmiese word begin, en die heelal, die ‘hulsgloben’ (heelalsfeer) en sonne bereik die jongelingsjare waarop nog nie alles geskei is nie en waarin gistingsprosesse uit die hoof- of sentraalson nog hul onrustige dele uitskei, wat dan weer deur middel van dieselfde proses tot kleiner sonne word, en hy word eers na `n lang tyd van in stukke breek en losskeur van afsonderlike nog kleiner dele tot die aardes gevorm, wat daar soos kinders omheen sirkel.

Die sonne in die heelal met hul kolossale grootte moes, figuurlik gesproke, die hele toestand van `n jongman deurmaak. Nie rustig nie, maar deur heftige versteurings moes hulle hul ontwikkelingsgang aflê; hulle maak revolusies deur sowel hul innerlike as hul uiterlike voortdurend te verander, net soos by die jongman wat die magtige hartstogte in sy jeugdige natuur in sy innerlike geestelike en in sy uiterlike liggaamlike `n spoor nalaat.

So gaan die stryd verder, onder vernietiging van baie wat al geword het en vernuwing daarvan op `n hoër vlak. Alles dring voorwaarts, tot daar uiteindelik `n ewewig tussen binne en buite tot stand gebring word en die sonne in die heelal net soos die newesonne en hul aardes hul manlike leeftyd bereik het, waarmee daar `n gereëlde verloop van hul lewensprosesse intree en die gewelddadige omwentelinge en vernietiginge geleidelik plek moes maak vir `n wetmatige ordening. Van daaruit verander, voortdurend die aandrang tot vervolmaking in hom draend, al die deur die materie gebonde geestelike in die heelal en die sonne geleidelik die vorm en omhulsels daarvan en lei dit so via baie miljoene stappe na sy geestelike hoër doel.

Op die manier sal ook die heelal, die sonne en aardes na lang, groot tydperke weer die ouderdom van `n grysaard bereik. Daar sal dan die meeste lewenskrag verbruik word en verander in geestelike elemente op gelyke wyse soos by die boom, wanneer slegs nog sy skelet sonder blare en vrugte bestaan - en soos by die mens die verslete liggaam nie meer vir die gevorderde siel tot woning en werktuig kan dien nie, deurdat die starre materiële vir die verfynde geestelike slegs maar hinderlik is.

So gaan dit dus met die wêrelde, sonne en aardes. As hulle eenmaal hul werksaamheid sover laat toeneem het dat aan hul uiterlike kleed alles verbruik is en slegs die groot en magtige aandrif in die binneste oorgebly het wat nog meer dwing tot verdere voortskryding, dan sal ook dit innerlike geesteskompleks van die groot wêrelde, net soos die siel by die mens, die onbruikbaar geworde skil laat spring, wat hul tot nou toe gedien het as bekleding en orgaan vir hul werksaamheid. En daaruit sal dit, vergeestelik en vervolmaak, `n hoër stelsel van wêrelde, sonne en aardes opgebou word. In vergelyking daarmee sal die huidige skepping hom tot die toekomstige skepping vergelyk soos slakke tot die yster wat die slakke uit hom afgeskei het, aangesien hy met betrekking tot die yster en die toepassing daarvan vir niks meer te gebruik is nie.

Dit is die groot tydperke van die skepping, wat in die oneindige ruimte al sedert die ewigheid plaasvind, en dit is wat hulle, getrou aan hul doel, sal volbring in tydsspanne, vir die duur waarvan julle geen getal het en waarvoor julle jul ook geen tydsduur kan voorstel, gedurende wanneer My wil uitgevoer sal word.

Na die huidige materiële skepping volg `n geestelike, net soos op die aardse menselewe `n geestelike lewe volg, waar ook die produkte en lewende wesens na so `n verandering `n bestaan sal hê wat ooreenkom met een op `n hoër vlak geboude wêreld. Nou wil Ek julle nog `n ander, nog hoër geestelike trap van ontwikkeling as die voorgaande toon, en hierdie trap van die geestelike en hoogste tot by My self heet:.

 

 

5.4. Geesteslewe, sielelewe, engelelewe en goddelike lewe

8 Onder gesteslewe verstaan Ek hier eintlik die lewe van al die geeste en natuurkragte, wat die samehang van die hele materiële universum oftewel die bestaan van alle metale, klippe en aardes en die voortbestaan daarvan tot stand bring. Hierdie geeste, wat in alles die feitlike draers is van alle vorms, van alle produkte net soos van alle lewende wesens behalwe van die op My lykende bewoners van die hemelliggame is op verskillende vlakke, na gelang van hul intelligensie, stellig suiwer goddelike vonke, deur My self in al die bestaande gelê. Hulle bepaal dus die bestaan van die dinge en die vervolmaking daarvan, deurdat hulle ook van die een vlak na die ander omhoog styg. Hulle is egter nog geen persoonlikhede nie, maar slegs in sover intelligent dat hulle werksaam is vir die voortbestaan van die materie waarin hulle gebonde is; en by elke hoër bestaansvlak word hulle nog intelligenter. Hulle gaan dus, in die eerste instansie as drywende krag optree, en later as dieresiel, geleidelik aan oor in een van homself bewustelike geestelike wesens.

Hierdie geeste is in die groot ryk van die geeste diegene wat by die knaap die sluimerende aandrifte en hartstogte is, en die onder die sneeu liggende embrio’s, die eerste beginstadia wat sowel in die saad van plante asook in die dierlike kiem rus, wat slegs op die eerste bevel wag om hul lewe en werksaamheid te begin. Vervolgens werk hulle hul uit die diepste lae omhoog en bereik die jongelingsjare, tot hulle as meer selfbewuste siele, maar altyd nog aan die leiband van die algemene groot natuurgees gelei word. Hierdie gees waai deur alle wêrelde en ruimtes en spoor al die geskapenes aan om sy doel te vervul, en is aan julle bekend as ‘instink’.

Die sielelewe begin in `n al meer begrensde, afgeslote vorm; dit het al die eienskap van vermeerdering deur middel van saad of voortplanting, en hoër op in die dierelewe ook meer of minder vrye beweging ontvang. Dit is dan by die jongelingsjare met sy aandrifte en die aan te leerde eienskappe as voorbereiding vir die manwees, die hoogtepunt van die bestaan.

Die ryp plant of die boom het al hoër aandrifte, en die daarin wonende siel dring al na die hoër, na die oorgang na die diereryk; hulle is egter nog stewig aan die aardkors gebonde. Daar bestaan seker ook enige kruie en slingerplante wat selfs `n voortkruipende beweging kan maak, en wat daarom die mees nabye oorgang na die vry beweeglike diereryk is. Die siele van diere, vanaf die kleinste weekdiertjies en infusiediertjies tot by die ape - diere wat qua (in die hoedanigheid van) vorm, egter slegs maar na julle vorm en nie na julle siel die naaste aan julle staan, dring almal al toe na vervolmaking. Hulle het ook in `n bepaalde mate die eienskap om hom te laat vervolmaak; en hulle bereik dit ook, in die besonder namate hulle nader aan die mens staan en met hom in aanraking kom.

Hulle veredel hul intelligensie meer en meer en gaan ook na hul sterwe met vinniger stappe na hul bestemming af as siele wat verder van die mens af staan, soos byvoorbeeld die diere wat in die dieptes van seë en mere en in die digste woude en wildernisse lewe. Hulle is, in plaas van `n neiging te voel om tot die mens nader te kom, sy grootste vyande, en in plaas van dat hulle hom in sy nabyheid koester en verwarm, staan hulle hom selfs na die lewe. (sal hom doodmaak)

Die meeste ander dieresiele is met soveel intelligensie toegerus as wat maar moontlik is, om nader aan die mens te kom. En as julle weet hoeveel liefde, toewyding en meegaandheid daar dikwels lê in `n dieresiel, wat hom gelukkig sou voel as `n hoër mensegees met haar sou omgaan, dan sou julle jul beslis verbaas oor watter eienskappe daar in so `n dier aanwesig is, wat menige mens sou beskaam en hom dwing om sy trotse opvatting dat hy heerser is oor al die geskapenes, deemoedig terug te neem.

Die hele sieleryk met sy baie miljoene verskillende trapsgewyse oorgange, is dan die einde van die leeftyd van die jongman, die heendring na die rypheid van die man of die manlike karakter, en daar sy eindpunt op alle aardes vind in die as laaste geskape, maar reeds met suiwer geestelike kapasiteite en eienskappe begiftigde mens, as ewebeeld van `n alomvattende, ewige God.

Hier en in alle materiële skeppinge sluit die mens die geestelike trapsgewyse opklim af, en deur sy omhoog worsteling en geestelike werksaamheid aangesien hy sy siel moet vergeestelik om as geestelike wese steeds hoër te styg gaan hy die weg na die engelelewe op. Dié lewe kom in geestelike opsig ooreen met die manneleeftyd, deurdat daar groter, ernstiger opgawes te volbring is; en wel nie meer vir homself nie, maar vir baie ander miljoene geestelike wesens, waarvan vir die geestelike vooruitgang gesorg moet word.

Dit kom ooreen met die gesinslewe van die man, as groot kweek­skool vir kinders van God.

Vir die vlak, die engelelewe, is in die besonder die bewoners van julle aarde egter uitverkore; alle ander lewende menslike wesens en bewoners van ander aardes en sonnewêrelde moet, as hulle My kinders wil word, hom die weg van beliggaming op aarde laat welgeval; want buite dit is daar geen ander weg tot My nie, dit wil sê tot My allernaaste nabyheid, waar Ek dit self, analoog aan die menslike hoë leeftyd as mees volmaakte gees slegs in My innerlike wese lewende, die eindpool en die hoogtepunt is van al die geskapenes, al die bestaande en die lewende.

Dit is dan die goddelike lewe; `n lewe op homself en tog deur almal vir almal die sentrale punt, die eindpunt en ook, soos voorheen aangegee, die beginpunt, soos die vorm van `n sirkel My werking en My mag voorstel, oneindig, deurdat alles van My uitgaan, alle fase van moontlike veranderinge deurloop en dan steeds meer veredel weer tot My terugkeer.

Hier het julle dus die vier trappe van die geestelike lewe: In die materie as onbewustelik gebonde, in die siel as bewustelik werksaam, in die gees as vry aan homself oorgelaat, en in My as God, Skepper en Meester van die hele skepping as slegs heersend en regerend, en wel daarnaas ook die hoogste trap tonend as alleredelste en mees verhewe; in plaas van as `n onverbiddelike regter die mag oor al die geskapenes te handhaaf, slegs werkend met die sagste eienskappe, naamlik as Vader en slegs deur liefde alles byeenhoudend, alles omarmend, en so deur mildheid by My Vaderhart terugbringend!

Begryp dus goed, My kinders nadat Ek julle hier nou soos in `n geweldige panorama die hele skepping stap vir stap ontvou het, watter posisie julle in die geestelike ryk van lewende wesens en geeste inneem.

Begryp julle posisie, waartoe julle uitverkies is en met welke offers selfs Ek julle gekoop het om julle tot dit te maak waartoe My vaderliefde julle onder miljarde wesens bestem het!

Trag om hieraan te voldoen, gryp die Vaderhand wat julle na Hom toe, heeltemal in Sy nabyheid wil optrek; die Vaderhand, wat julle soveel ander moeisame en tydrowende weë wil bespaar, sodat julle slegs maar baie gou tot Hom kom. Wat immers geen ander vreugde ken as om die hele skepping van Sy groot idees en gedagtes in die gees en in die hart van Sy kinders weerspieël te sien nie, en dit as beloning vir alles wat Hy gedoen het slegs die erkenning van julle verlang en slegs maar die titel wat julle Hom tegemoet snellend, moet uitroep: "Vader! Wie is ons, dat U aan ons dink!"

Sodat Ek, My arms as Vader na julle uitstrekkend, julle kan antwoord: "Dit, waartoe Ek julle geskape het, naamlik My kinders!" Amen. Amen. Amen!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205