Hoofstuk 19
Die menslike lewe
(ontvang 14 Januarie 1875)
Al dikwels dring die klaagtoon van `n mens tot My deur, wat My van onregverdigheid, van hardheid beskuldig, omdat sy lewe en die gebeurtenisse wat dit bepaal nie so uitval as wat hy geglo, gehoop of gewens het nie.
Al dikwels hoor Ek die smeking van `n neerslagtige, met alle ellende van die menslike lewe kampende siel, wanneer dit onder die beklemmende druk van haar grootste pyn uitroep: "Ag Vader en Meester, waar het ek my tog skuldig aan gemaak dat U my met alle moontlike teenspoed agtervolg, terwyl U ander die geluk in oorvloed in die skoot werp sonder dat hulle weet waarom hulle dit eintlik verdien het!"
So en op duisende ander maniere word daar geweeklaag oor My regverdigheid, oor My woorde dat Ek liefde sou wees en nie sou kan straf nie, en oor nog meer; teen My as onverbiddelike regter, as streng maar nie liefhebbende Vader word beskuldigings geuiter wat op die eerste oogopslag volgens menslike opvattinge selfs geregverdig skyn te wees.
Om nou al die klagtes en beskuldigings in die korrekte lig te plaas en ook nog die kwessie toe te lig waarom daar in die menslike samelewing soveel verskillende stande, beroepe en ambagte bestaan en waarom daar in die menslike gemoed sulke verskillende voorkeure vir die een of ander lewensroeping bestaan, wil Ek aangesien Ek julle dikwels genoeg die lewe na die dood verklaar het, ook die vrae oor die menslike lewe, wat die naaste by julle staan, vir julle beantwoord. Sodat julle ten eerste een keer kan ophou om My te beskuldig en ten tweede sodat julle leer insien waartoe die menslike lewe bestaan, juis soos dit is, en nie soos julle dit graag sou wil inrig nie.
Steeds het dit wat die mens die minste kan begryp hom die meeste tot ondersoeke aangesit; hy bestee tyd en moeite met die soeke in die verte om dit op te helder waarvoor die oplossing eintlik in sy naaste omgewing te vinde was.
En so is dit ook in die menslike samelewing, in die wedersydse verhoudinge van mense met mekaar, waar omstandighede ontstaan het wat Ek weliswaar nie gemaak het nie, maar wel vooraf dit sien aankom en toegelaat het; ewenwel steeds met die voorbehoud om alles vir My groot skeppingsdoeleindes te benut!
Voordat Ek egter op die toeligting van die hierbo aangehaalde klagtes en vrae kan ingaan, moet Ek verder teruggryp en julle eers weer dinge duideliker voor die gees bring wat julle tot nou toe slegs maar eensydig, dit wil sê menslik, bekyk het en waarby nog steeds menslike vooroordele by die beoordeling die deurslag gee.
Voor ons dus die mens in sy verhouding tot sy naaste of medemens bekyk, moet ons eers die vraag stel: ‘Wat is die mens eintlik, waaruit bestaan hy, en wat is sy missie op die aardbol?’
Om dit eers duidelik te begryp sal ons vervolgens wel help by die nader belig van die sosiale omstandighede van die menslike geslag!
Kyk, soos julle weet bestaan die mens uit drie dinge, naamlik uit liggaam, siel en gees.
Wel nou, die drie dinge het julle oor die algemeen so opgevat dat julle sê: "Die liggaam is materie, die siel is afkomstig van die in die materie gebonde geestelike, wat veroorsaak was deur die val van die een groot gees, en die gees is `n goddelike vonk wat die siel moet verhef en vergeestelik en vervolgens deur haar verfynende werking ook die elemente van die materiële liggaam op `n hoër vlak moet bring, sodat alles geleidelik sy trapsgewyse gang na vervolmaking kan gaan, soos dit in die groot skeppingsdoel van tevore al bepaal was".
Hier in die konklusies lê reeds die eerste onware opvatting, daar julle veronderstel dat slegs julle gees `n goddelike vonk is wat alles sou moet veredel. Terwyl, as julle nie altyd (dikwels onbewus) aristokratiese denkbeelde sou hê wat julle op My persoon wil toepas, julle maklik sou insien en begryp dat alles wat daar geskape is in die grond goddelik is en oneindig moet wees, omdat dit van My afstam, van My uitgegaan het en tot My moet terugkeer! Die liggaam as materiële instrument tydens julle lewe, bestaan net so goed uit die edelste, mees verhewe elemente van My geestelike ‘Ek’ as die siel en die gees. Die elemente is, gebind in die materie, en gedwing om hom slegs so te uiter soos hul inwendige struktuur van die oomblik toelaat.
Hierdie mees verfynde elemente, wat die liggaam al in die moederliggaam help opbou, worstel ewe-eens na vervolmaking en voltooiing; hulle bring hul tendens tot uiting in die vorm van die liggaam. Vir sover `n plastiese vorm `n geestelike beginsel kan uitdruk, en trag deur die beroep wat op hul gedoen word in die menslike lewe dit te voltooi wat deur hoër, goddelike elemente in die siel en die gees dan verder gevoer sal word.
Dit is die arbeiders en medewerkers by die groot geestelike bouwerk van `n volmaak goddelike idee, net soos geen argitek `n huis slegs kan bou nie, maar duisende hande nodig het. Maar goed beskouend help die hande nie masjienmatig nie, maar ook weer deur ander intelligensies gelei om die hele bouwerk te verwesenlik.
Só is in die mens en ook in al die geskapenes, in die starre klip, in die vegetatiewe planteryk en in die van homself bewuste diereryk voortdurend kragte werksaam wat die vorms tot ontwikkeling bring en `n bydrae lewer aan die veredeling en verfyning van die geheel. Die ras en die soort is egter nog aan duisend ander, verskillende invloede onderworpe, waardeur dit van oorsprong in hul gelegde vermoëns nie tot voltooiing kan uitgroei nie; daarom ontstaan daar ook oral, ondanks gemeenskaplike geslag en afstamming, tog weer net soveel verskillende resultate as wat daar geskape dinge in die hele kosmos bestaan.
Die siel, as telg of afstammeling van `n groot gevalle ligbringer, moes eers by haar `n passende bekleding hê en verder aan haar verleende hoër geestelike beginsel `n besit wat die siel daar nie slegs toe bring om haar ontwikkeling hier te voltooi nie, maar dit ook nog na die aflegging van elke aardse omhulling moet dien as basis vir `n geestelike wêreld.
So word die siel van die kleinste infusiediertjie net soos die van die mens voortdurend aangespoor om eers haar lewensdoel hier te vervul, na die mate waarin haar bekleding haar daartoe in staat stel en `n onbewustelike geestelik element wat julle met die benaming ‘instink’ of ‘die natuur’ aandui vir haar die weg baan na vervolmaking in ander vorms en omstandighede.
Die gees by die mens is presies dieselfde soos by die kleinste klip; het hy slegs daar te maak met `n meer geordende struktuur, wat sy eintlike invloedsfeer nie so teenwerk nie, maar selfs geskape is om al sy aspirasies te volg.
Daar is dus nie `n geestelike vonk van My ‘Ek’, wat Ek slegs aan die mens gegee het nie, maar daar bestaan in alles slegs maar `n goddelike vonk, en daarby slegs maar een wat hom meer aan die geestelike aanpassende liggaam heg, wat heeltemal afgestem is op die grootste moontlike uitbreiding van geestelike kragte.
Kyk, `n eentonige omgewing, `n monotone lewe laat julle al duidelik genoeg sien dat daar slegs ‘lewe’ bestaan waar afwisseling en verskeidenheid is. Want slegs deurdat nie alles op dieselfde vlak staan en nie alles met dieselfde snelheid voortgaan nie, is deur middel van die lewe as aktiverende strewe dit te bereik wat weliswaar vir almal bestem is, maar nie op elke manier verwerf kan word nie!
Verskeidenheid is die basis van die lewe. Die hemelliggame is verskillend, hul skepsels is verskillend en selfs die weg wat hulle na vervolmaking moet gaan is verskillend. Sonder die verskeidenheid sou daar geen lewe wees, geen beweging, geen vooruitgang. Alleen so, met die kiem om uit homself voortdurend iets nuuts, maar van `n hoër vlak, vorm te gee, kan daar `n skepping gerealiseer word; `n skepping wat in die eerste plek haar Skepper eer aandoen en ook, net soos Hy, die kiem van die oneindigheid in hom kan dra.
So moet julle die hele sigbare en onsigbare wêreld opvat, van die kleinste atoom in die kosmiese ruimte tot by My groot geestesryk, wanneer julle ooit wil begryp waarom Ek dit alles eintlik geskape het en waarom Ek dit so en nie anders gedoen het.
By My is dit nie aanneemlik dat daar ooit verbeteringe, reparasies of wysiginge kan plaasvind nie; want die veronderstelde gebreke en verkeerde gevolgtrekkings is by God nie moontlik nie.
Daarom, weg met julle beperkte menslike denkbeelde! Die wêreld is soos Ek hom vir julle beskryf. En bykans daagliks onthul en verklaar Ek julle die een skeppingsgeheim na die ander, sodat julle tog eintlik kan insien dat die doel van die lewe baie anders is as die beeld wat julle daar in julle gedagtes van vorm en waarvoor julle ook nog die middele so saamgestel sou wil hê as wat die beste sou pas by julle liggaamlike, maar nie by julle geestelike aard en bestemming nie!
Julle sien dus dat liggaam, siel en gees draers van My goddelike vonk is, en soos daarin en daardeur die wyse van uitdrukking verskillend is en ook die mense weer verskillend maak, so moes hulle verskeidenheid aan begaafdhede by `n groter lewensgemeenskap van mense ook verskillende beroepsbesighede teweegbring, wat vervolgens in die groot geheel vir die gemeenskapplike lewe noodsaaklik is, maar op sigself op verskillende maniere vorm moes kry.
In `n ander woord sê Ek julle al dat alles wat daar geskape is, vanaf die eerste geestelike atoom verskillende dinge in hom opneem en dus ook verskillende uitinge moet hê.
By die mens, wat uit alle elemente van sy aarde saamgestel is en daar as laaste skakel of ‘kompendium’ (kort begrip) van die hele aardbol staan, moes die veelsydigheid van al die geestelike nog meer vorendag tree. Want omdat hy deur die manier waarop hy sy gedagtes en idees kan oorbring hoër staan as al die ander, besit hy ook die vermoë om sy geestelike kant deur te laat werk en te kan benut. Vandaar ook dat die voorkeur vir die een of ander saak - vir `n deel veroorsaak deur die indrukke uit die vroegste jeug, deels ook deur die oorheersende elemente by die verwekking, as geërfde geestelik besit - natuurlik hul invloed uitoefen en hom ook in die lewe moes laat geld, wat juis daar die meeste gebeur waar die grootste belemmeringe bestaan om daaraan te voldoen.
So ontstaan daar met die toenemende behoeftes van die mense, in ooreenstemming met die strewe na gemak en die aandrang van die hartstogte, `n groot hoeveelheid beroepe om die mens sy materiële lewe so aangenaam moontlik te maak.
Die behoefte wek in die mens die liefde vir aparte kunsmatige produkte op wat vir ander, omdat hulle nou eenmaal maklik wil lewe, weer aanleiding gee om elkeen na sy eie sienswyse hom met die vervaardiging van die verlangde besig te gaan hou.
So ontwikkel vervolgens langsamerhand die wedstryd tussen die mees begaafde, en hieruit ontstaan ten slotte die baie uiteenlopende rangskikking van alle stande, waarby die een daar deur middel van die ander beter op wil word, maklik wil lewe en hom slegs aan sy hartstogte wil oorgee.
Dat daar by die wedstryd wantoestande ontstaan deur afguns, groter begaafdheid, goeie of bose wil, kortom deur die aandrang van alle menslike hartstogte, en dat dit weer inwerk op die sosiale lewe van individuele mense, waaruit julle hele huidige menslike samelewing steeds strydend en worstelend tussen gebrek en oorvloed voortkom, dit is maklik in te sien, want slegs die tydelike lewe veroorsaak sulke toestande. Volgens die morele wette sou sowel die geringste as die hoogsgeplaaste op aarde deur dieselfde grondbeginseles besiel kan wees, omdat die moraal en My twee goddelike wette vir boer en koning dieselfde is.
Maar omdat die goddelike wette, aangesien hulle hoër staan as die aardse wette, aan geen verandering onderhewig is en geen verskillende uitlegte toelaat nie, is die uit die sosiale lewe voortgekomde wantoestande dikwels die oorsaak daarvan dat die mense My dan aankla, terwyl hulle goed beskouend in die algemeen self skuldig daaraan is.
Dit is wel waar dat `n boerekind net soveel menslike regte besit as die reeds in die wieg gekroonde prins; vir My is hulle albei gelyk. Maar die bekwaamhede wat in die een sluimer is dikwels baie verskillend van die van `n ander, en iedereen bring al `n groot stuk van sy later te deurloopte lewe saam op die wêreld, as erfgoed van sy ouers, waarby hom vervolgens nog die eie sal voeg om die besit oftewel te vergroot of te verklein.
Alle geskape wesens is verskillend, en verskillend is die weë wat hulle moet gaan; daarom is ook hul lewe wat hulle, deur eie skuld of buite hul skuld skynbaar ‘in geluk’ of ‘in ongeluk’ moet lei, verskillend.
As daar nie agter die materiële lewe `n groot geestelike lewe sou wees nie, en as daar nie die morele goddelike van My ‘Ek’ was, wat in almal woon nie, dan sou die menslike natuur lankal afgesak tot die dier en nog laer, omdat die mens hom voortdurend slegs maar aan sy hartstogte oorgee en alles op aarde vir die bevrediging daarvan sou wil gebruik.
Maar omdat die materiële slegs tydelik en dikwels slegs vir een oomblik gelukkig kan maak - omdat growwe en duister geworde geestelike elemente hom nie met hoë, verfynde elemente kan verenig en daarom al die wêreldse geluk van korte duur is - is die noodsaaklike gevolg dat die mens eers, hiertoe gedwing deur duisende wantoestande, eintlik leer: "Die materiële wêreld voldoen nie, daar moet `n ander bestaan!" En daarna moet hy ondanks alle ontkenning ten slotte tog beken:
"Daar moet tog iemand bestaan wat sowel die sigbare as die vermoedelike, onsigbare wêreld geskape het". So word hy gedwing om vir homself `n God te skep wanneer hy sy innerlike aandrang wil stil; want by wantoestande kan geen wêreldse ding voldoening skenk, omdat die mens `n geestelike voortbrengsel is en slegs vir `n kort tydjie in `n materiële omhulsel ingeklee word om daarin in `n beproewingslewe die aan hom klewende growwe elemente af te skud, om die hoër geestelike tegemoet te gaan.
Alles wat julle sien het `n geestelike grondslag, het hoër bedoelinge as slegs die verganklike lewe; daarom moet julle alles ook vanuit `n geestelike gesigspunt bekyk. Die geweeklaag wat luid tot My opklink vanweë moeilikheid en ongeluk getuig slegs maar van onkunde van die menslike omstandighede, van `n onware opvatting oor in hoeverre die materiële, as mens dit te veel toegedaan is, slegs geestelike kwaad kan en moet oproep.
Baie mense het hulself beroof van die troos dat agter die materiële lewe `n geestelike lewe is, omdat hulle weer mense glo in plaas van My; terwyl Ek dit selfs `n goeie saak geag het om self na die aarde af te daal en hul ook in die algemene reddingsproses nie te vergeet nie.
As daar dus `n geklag en verwyte kom, waarby My bewind bekritiseer word, laat dit duidelik sien hoe wankel die basis waarop die beskouing van die wêreld soos dit in feite is, rus.
Nie almal kan in dieselfde omstandighede gebore word en nie almal kan met dieselfde talente toegerus word nie; daar moet verskille wees omdat juis in die verskil die lewe en die vooruitgang beslote lê!
Daar kom dan nog by dat op julle aarde baie geeste van ander wêrelde die beproewingskool vir die bereiking van My kindskap wil deurloop, wat natuurlik nie sonder hul eie geestelike besit hier aankom en dikwels `n bepaalde voorliefde het vir die een of ander, sonder om te vermoed dat dit ooit deur hul in beter en meer verfynde lewensvorme beoefen word.
Hierdie geeste - en daar is baie van - sal eenmaal wel gewaar word en uitgelê sien waarom so menige geestelike, vir hul onbewustelike aandrang hul voortdurend na die een of ander saak dryf, wat weliswaar materieel was, maar onder die omhulsel tog baie geestelikheid verberg.
Ek as God en hoogste liefde skep die wêreld en skep die afsonderlike sonne en planete. Maar die liefde mag nie volgens julle opvattinge oor liefde beoordeel word nie; die liefde van My is heel anders, dit kan julle nie begryp nie. Maar om julle van die liefde `n vermoede te gee ontsien Ek geen middel, omdat slegs uit die korrekte begrip van die liefde die korrekte beoordeling van al die bestaande ontstaan en ook die voorvalle in julle menslike lewe beoordeel kan word.
My liefde is `n algemene liefde in die opsig, omdat dit slegs die groot doeleindes van `n skepping in die oog moet hou, waaraan alle ander doele hom ondergeskik moet maak. Liefde, soos Ek dit verstaan, vergeet ook nie die wurm en die gevoellose klip nie, en nog minder die groter en fyner ontwikkelde wesens; maar die liefde het ander wette, ander oogmerke, ander bedoelinge.
As My liefde nie so was soos dit is nie, dan sou Ek `n God van wraak moet wees, soos soveel mense by julle van My sou wil maak; dan sou Ek `n streng regter wees, `n onverbiddelike bestraffer - almal eienskappe wat julle uit julle wetboeke geleer het, maar dat dit nie in My wetboeke staan nie.
Uit liefde verander Ek al die kwaad wat die mense mekaar aandoen in die goeie; uit liefde oordeel Ek nie, en kom Ek by vegtende mense nie met banvloeke en bliksemstrale tussenbeide nie.
Die mense doen die kwaad slegs maar hulself aan, en My werk is nie anders nie as om `n troostende woord uit `n beter wêreld in die bors van die benarde mens te laat invloei. Heil diegene wat daar ag op slaan, wat helaas selde die geval is - vandaar die geklaag en die verwyte wat mense My maak.
Maar daarom bly die materiële wêreld tog dieselfde, net soos die geestelike wêreld; hulle verander nie hul wette nie, maar die mens wat daarteen sondig straf slegs homself!
Dit wat skynbaar onskuldige lyding is, is dikwels, net soos by siektes, `n noodsaaklike medisyne, waarby oor die algemeen die bitterste die beste genees. Nie dat Ek dit stuur nie, maar Ek sou kan help; dit doen Ek egter nie, omdat Ek met die mensesiele ander oogmerke en bedoelinge het as wat die gekwelde mensekind ten onregte dink.
Geen mens sterf omdat Ek dit wil nie; daar gebeur geen ongeluk omdat Ek dit wil nie; niemand word in arm en niemand in ryk omstandighede gebore omdat Ek dit bedink het nie - dit alles laat Ek slegs maar toe. Die mens is vry en dus kan hy doen wat hy wil; deur gereeld te lewe kan hy sy lewe verleng, deur ongereeld te lewe dit verkort. Geluk en ongeluk - wanneer dit hom oor die mens heen stort as gevolg van deur homself gemaakte verkeerde voorskrifte - is `n leerskool vir die mensdom. Daardeur word die mense vir My opgevoed, sodat dit daarby vir My moontlik is om geestelik op hulle in te werk, dit wil sê dat hulle eintlik tog ook My stem hoor, wat weliswaar vroeër ook die geval moet wees, maar nou eenmaal nie gebeur het nie.
Ryk of arm gebore, iedereen kan op sy plek ‘My kind’ word, hom stadig aan ryp maak vir `n ander, langer durende geesteswêreld; sy armoede kan hom ryk geestelike skatte skenk, terwyl die rykgeborene sy materiële rykdomme kan verloor sonder dat hulle deur geestelike rykdom vervang word.
Oral vind Ek middele om My doel te bereik. Ek maak slegs gebruik van die omstandighede; Ek veroorsaak dit egter nie. Dit laat Ek oor aan die mens wat hom so graag trots die ‘heer van die aarde’ noem en meen om alles te regeer en te onderwerp, terwyl hyself as `n windvlaag deur alle geestelike strominge wat deur die heelal gaan onbewus nou eens in dié dan weer in daardie rigting vaar, steeds sy tydelike materiële geluk soek, sonder om te bedink dat die een selde met die ander - die geestelike, wat langer voortduur - te verenig is!
Daarom, My kinders, kla My dus nie aan nie!
Ek is Die Een wat alle skuld in die sand skryf, nie vloek nie, nie haat nie, nie vergeld nie, maar steeds bereid was en is om balsem op gapende wonde te giet. Ek was nooit `n onregverdige God gewees nie en ewemin `n streng Vader teenoor My kinders!
Soos wat julle nou is het Ek julle nie geskape nie, maar julle self het jul daartoe gemaak. En as Ek nou kom en julle leiding weer direk ter hand neem, dan is dit omdat dit vir My te erg word, omdat Ek nie kan aansien hoeseer die mens homself en hul hele verdere bestaan verkeerd begryp en minag en geen geloof, geen liefde en geen ontsag vir My het nie. Ek moet nou alle middele aanwend om die verdwaaldes weer op die korrekte weg terug te bring!
Die geestelike element word te sterk na die agtergrond gedring, te veel vergete en verloënend; daarom is daar die wantoestande en ongelukke aan alle kante. En as daarby menige lydende mens wat na My uitskreeu, wat `n teken is dat hy tenminste nog aan My glo, dan is dit aan My om hom met `n paar woorde te laat sien dat sy lyding nie van My kom nie, maar dat hy, as hy troos vir die kwelling wil hê, dit slegs by My kan vind!
Daar sou hom baie kan voordoen wat aanleiding sou kan wees dat Ek die in die begin aangehaalde verwyte ook van julle sou hoor. Daarom gee Ek nou ook die woord, sodat dit nie gebeur en julle, voordat julle jul mond oopmaak om te kla en jul stem tot My verhef, tog mag bedink wie daar aangekla moet word: Ek, die ewige liefhebbende Vader, of hy, wat slegs na bevrediging van sy hartstog strewende, verdwaalde mens!
Neem die woord so op, dan sal dit julle weer `n kalm blik laat werp op die verwarde bedrywigheid van die mense self! Amen!