Hoofstuk 14
Die woord
(ontvang 14 November 1873)
Die titel is eenvoudig, en tog so belangrik en vol diepte dat julle jul daaroor sal verbaas; want deur die woord ontstaan eenmaal die hele skepping en nou nog is elke woord `n grondslag vir ontstaan of skepping. Hoe dit opgevat moet word sal die volgende julle nader toelig.
Om die betekenis daarvan in sy grootste diepte te omvat, moet ons vóór alles duidelik maak: Wat is die woord?; want sonder `n stewige basis of grondslag, sonder `n helder bewussyn van wat mens eintlik wil uitlê kan daar geen verstandige resultaat voortkom uit die onderhawige begrip nie.
‘Woord’ is dus, om dit julle in `n paar woorde te sê, niks anders as `n beliggaamde gedagte wat, uitgegroei tot `n begrip, hom eers as woord kenbaar maak, en derhalwe is dit `n skeppingsdaad. Sodra dit ook die drievuldigheid in hom, soos dit by alle skeppings aantoonbaar is, naamlik gees, siel en liggaam, analoog met gedagte, begrip en woord.
Soos in al die geskapenes `n siel woon - nie altyd `n bewuste siel, wel te verstaan - wat, gelei deur My gees, die materie vorm, in stand hou en verander, so is ook `n woord `n beliggaamde begrip, voortgebring deur die gedagte.
In die skepping was eers die gees, dit wil sê My gees, wat elke ding sy innerlike bestaan, sy tyd en sy vormverandering toegewys het.
Dit strewe is nou sy siel, wat die materiaal volgens oerwette vormgee, in stand hou en dit, deur dit weer te vernietig, verder vervolmaak en vergeestelik, oftewel dit weer terugvoer na die Oergees, na My!
So is die gedagte die aktiverende beginsel wat hom tot `n begrip konkretiseer; die begrip kry eers vorm, inhoud en betekenis deur die woord, die sigbare teken van `n onsigbare skepping.
En net soos My Godsgedagte hom uiter as skeppingsidee of begrip, eers in die sigbare wêreld `n omhulsel kry, al is dit nog so fynstoflik, bestaan daar slegs deur die laaste gebeure van alles wat daar geskape, gedink en begryp is `n geheel in `n geheel, afsonderlike daarvóór geplaas en tog afsonderlik op homself bestaan.
Deur die verklaring, toegepas op ‘die woord’, verkry dit ook eers sy betekenis, omdat ook die woord op homself ongebonde, beslote en tog met die hele geesteswêreld verbonde is; weliswaar verskil dit, na gelang van dit `n gedagte of begrip uitdruk, as sodanig in diepte of wysheid en staan dit op homself, en tog is dit met al die bestaande verbonde`n geheel.
Soos in die skepping die een ding op die ander inwerk en daar `n sodanige invloed op het, dat geen geskape wese of materieel voortgebringde ding hom aan sy invloedssfeer kan onttrek nie, so is daar ewemin `n `woord' sonder enige effek of inwerking op ander in die geesteswêreld. Want die woord is selfsskeppend, verwekkend, in alle verhoudinge van die skepping `n ingrypende geestelike produk van gedagte en begrip, en deur gebruik te maak van die materieel sigbare wêreld `n liggaamlike sigbare teken van `n geestelike lewe.
Met die woord skep Ek die wêreld, soos die skeppingsgesskiedenis van Moses julle sê!
Met die woord ‘Daar word!’ bring Ek alle afsonderlike geesdele van My ‘Ek’ na buite en wys hulle hul korrekte ontwikkelingsperiode, hul proses van aanvang, bestaan en verandering toe; om na `n passende beproewing weer gelouter, vervolmaak tot My en in My nabyheid terug te keer om daar op hoër vlakke deur middel van geestelike potensialiteite aan `n nuwe rondtrekkend bestaan, `n nuwe vervolmakingslewe te begin wat steeds maar verder styg en nooit `n einde sal hê nie, omdat Ek as Skepper daarvan ewe-eens oneindig is!
Omdat Ek nou egter oneindig is en dit as Skepper ook moet wees, is dit vanselfsprekend dat al die geskapenes nooit gebrekkig of onvolmaak gevorm sou kan wees nie; want die gebrek sou net so oneindig wees as die beginsel volgens welke dit geskape word.
Geen deur My geskape ding is dus vatbaar vir `n wesenlike verbetering of veredeling nie; egter wel vir `n hom langsamerhand na hoër vlakke verder ontwikkelende proses van vervolmaking, wat egter reeds by die eerste embrio vooraf bepaal en goed uitgedink was.
Hierdie kenmerke van My skepping in die algemeen soos dit in die afsonderlike, die materiële uitgedruk word, herhaal hom ook in die geestelike en in die sielelewe. Want die gedagte, die begrip en die daaruit ontstane woord het dieselfde geestelike verbinding, dieselfde onfeilbare beginsel as My skepping in die algemeen. Slegs met die verskil dat - soos My gedagte, begrip en woord ewig slegs die goeie teweeg moet bring - `n verkeerde gedagte vanuit die siel `n onware begrip en woord moet voortbring; dat dus die slegte, onware gedagte logieserwys ook deur die verkeerde wat daarin was by die ontstaan daarvan ooreenkomstig sy oorsprong `n slegte en onware uitwerking moet hê op die woord en die effek daarvan na buite toe en op ander daaruit voortvloeiende gevolge.
Uit alles wat hier nou gesê is, sien julle dat ook die woorde uit die mond van `n mens of `n gees net so onfeilbaar is as die van My; slegs in `n ander betekenis, omdat by geskape wesens die volmaaktheid van die siele- of die geestelike lewe nie met die van My ‘Ek’ vergelyk kan word nie. Want Ek kan, as God, as die Liefde self, slegs in ooreenstemming met die beginsels dink, handel en spreek, terwyl laer geplaaste geeste, vry soos hulle geskape is, gewil of ongewil in teenoorgestelde sin kan dink, spreek en handel. In die handelwyse self lê egter al die natuurlike gevolg van `n soortgelyke manier van doen vas, en daaruit kom die stelling voort `dat elkeen wat teen My wette sondig aan homself die gevolge moet toeskryf, omdat die oortreder van My wette altyd homself straf!'.
Dit moes aan almal eers gesê word om julle daar opmerksaam op te maak hoe veelbetekenend, hoe belangrik dit is om, voordat mens `n woord uitspreek, te bedink wat julle daar eintlik mee wil sê, aangesien julle wel mag het oor die woord, maar die uitwerking, die draagwydte daarvan ver buite julle bereik lê. Want elke uitgesproke woord behoort julle nie meer toe nie; dit behoort aan die hele geeste en sielewêreld, die hele oneindigheid toe, waar dit steeds maar deurwerk en na gelang van sy oorsprong iets goeds of iets slegs tot stand bring!
Op die plek moet Ek julle ook sê hoe en waar My invloed op julle doen en late is, sonder om afbreuk te doen aan julle eie vrye wil.
Ek laat julle naamlik dink en praat, maar die effek van die beliggaamde gedagte, die uitwerking van die woord op ander, die behou Ek Myself voor. Want hierby lê Ek die verbindinge tussen siele en geeste sodanig, dat ook die beoogde slegte tot nut moet strek; weliswaar op indirekte wyse, soos julle sê in die spreekwoord ‘Deur skade en skande (ervaring) word mens wys!’.
Ek ontneem die woord nie sy goeie of slegte uitwerking nie; Ek skik slegs die omstandighede sodanig dat dit die mens nie aan aanmaning ontbreek om oftewel met alle gloed van die liefde die woord van die goeie te verstaan en te verwerklik, oftewel die slegte betyds gewaar te word en vervolgens so te handel dat die eie individualiteit daar nie by sal inskiet nie!
Daarom is julle spreekwoord nie onwaar, wanneer julle sê: ‘Die mens wik, maar God beskik’. Ja, so is dit. Julle kan dink en ook praat, as uitdrukking van die gedagtes, wat julle wil. Maar die te bereikte uitwerking van die spraak het binne My invloedssfeer gekom, omdat dit `n versoek aan My geesteswêreld is wat julle met die ‘woord’ sou wil beïnvloed; en daarin het Ek ook ‘`n woordje saam te spreek’.
Soos Ek julle reeds in ‘die gedagtewêreld’ die groot reikwydte en die eie aktiewe lewe van die geestesprodukte as gedagtes aangegee het, so gee Ek julle hier die groot belang en die draagwydte van `n woord aan, nog afgesien van die eintlike ondersoeke van die diepte van elke woord of van die daarin beslote en sigbaar uitgedrukte begrip of gedagtegoed.
Span jul daarom voortdurend in vir twee hoofsake: ten eerste om julle woorde goed te oorweeg met betrekking tot die skade of die nut wat julle daarmee sou kan veroorsaak, en ten tweede om noukeurig ag te slaan op die inhoud of die betekenis van `n woord; want `woorde' is draers van geestelike potensialiteite, wat dikwels baie verberg onder weinig.
Met die woord kom deur My `n skepping vol grootsheid en mooiheid tot lewe, en met `n woord uitgespreek op die korrekte tyd en plek kan julle lig versprei en goed doen; en tot in My nabyheid bespeur die grootste engele nog `n nawerking van die eenvoudige uitdrukking van `n siel wat My liefhet.
Woorde van liefde versprei oral liefde, vreugde, saligheid; woorde van droefheid, haat of afguns die teenoorgestelde. Dit moet so uitwerk, omdat in hul die kiem daarvoor reeds by die uitspreek lê. Lê jul daarom daarop toe om veral aan My woorde gehoor te gee, om slegs woorde uit te spreek wat die goddelike bevat en slegs iets goeds teweeg kan bring; dan sal julle rus en vrede in julself en om jul heen bereik!
Ek moet vir julle weer `n spreekwoord aanhaal, aangesien sulke kernspreuke meestal op suiwer grond gegroei het en steeds hul uitwerking nie mis nie. Die spreekwoord lui: ‘`n Goeie woord vind altyd `n goeie plek’. Ja, `n goeie woord sal nie nalaat om, so nie heeltemal die gewenste effek, as tog `n daarop lykende uitwerking op die bitterste vyand te hê. Dit is die mag van die inhoudlike betekenis, wat die teenstander oorwin of ontwapen!
Kyk net na die jare wat Ek onderrig het: Hoe weloorwoë en sorgvuldig gekies was My woorde, omdat Ek bepaald nie slegs vir die drie jare wat Ek op aarde rondgegaan het om te onderrig nie, maar vir die ewigheid gespreek, redevoeringe gehou en gepredik het.
En terwyl die redevoeringe tot op hede nog nie heeltemal deurgrond en in hul hele betekenis begryp is nie, lê daar juis die kiem van die goddelike in, en geen mag kan die innerlike kern vernietig of kan dit met iets anders vervang nie!
My woorde was, is en bly draers van lig, draers van die liefde wat uit die hemel neerdaal om julle, klein aardbewoners en `n reusagtige geesteswêreld weer omhoog te voer na die hemel.
So moet die woord, die geestelike saadkorrel, steeds slegs goeie dinge in hom dra sodat dit, in goeie aarde geval, weer goeie dinge voortbring.
Die woord is die mosterdsaadjie wat, in goeie aarde gelê, sal uitgroei tot `n boom van geloof, sodat onder sy skadu hom die engele en geeste net soos alle siele sal verheug oor die hemelse seën.
So moet julle jul `n voorstelling maak van wat `n woord is, welke `n diepte en draagwydte daarin huisves. Dan sal julle ook weet om jul eie woorde af te meet en te beoordeel, en bowendien ook behoedsamer te werk gaan by die uitspreek van woorde, wanneer julle die oneindige deurwerking daarvan in sy hele betekenis sal begryp en besef.
So sal julle dan ook beter begryp dat Ek met één woord `n hele wêreld kan skep, wanneer julle jul helder kan voorstel wat `n oneindigheid daar in een woord verborge kan wees.
Die bedoeling van die woord van My was om julle dit alles aan te toon en te verklaar, en julle opmerksaam te maak op die baie verkeerde maniere waarop julle die gawe van die spraak gebruik, sodat julle weer mag insien hoe klein die eerste begin van so menige groot oneindige geheel is, terwyl julle jul verbaas oor die grote, waarvan jul die oorsprong geheel buite beskouing gelaat het.
Lees maar die eerste hoofstuk van My Johannes: ‘In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en God was die Woord! In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense! En die lig skyn in die duisternis, maar die duisternis het dit nie begryp nie!’
Daarom moet ook nou weer elke woord van My die duisternis oftewel die duister innerlike van die mense langsamerhand verlig, sodat `die duisternis' uiteindelik die Woord begryp wat van die begin af aan `die Woord' by God was en deur God oftewel deur My julle lig en lewe bring, hoewel dit deur die meeste nie begryp word en ook teenswoordig nog met hoon en veragting afgewys word!
In die begin was die Woord, en die Woord sal ook ewig die Woord bly.
Die Woord was God, dit wil sê: Die Woord wat uit liefde `n wêreld vol groot skeppinge materieel en geestelik geskape het, sodat die geskapene mag insien dat die liefde nie alleen kan bestaan nie, maar dat sy iets moet hê waaraan sy haar liefde bewys en waardeur sy weer vanweë haar liefde bemin en geëer word!
Die Woord van die liefde skep wêrelde vol glans, vol heerlikheid. Die Woord van die liefde kan niks anders skep as liefhebbende geeste nie. Die Woord van die liefde verwek liefde omdat dit self liefde is, en so mag ook by julle elke woord liefde opwek. Want liefde is die (al)magtige band wat die een hart tot die ander bring, en eers heeltemal geniet van sy eie liefde deurdat die voorwerp van sy liefde die liefde beantwoord.
So skep Ek die woord en die wêreld; skep julle so julle geestelike wêreld om jul heen. Liefde is lewe, is die lig van die mens; lig verwarm, verlig. En mag julle woorde so steeds slegs as woorde van liefde verwarm en verlig en liefdeslewe om julle heen versprei, sodat die effek van die woord van liefde tot in die oneindigheid, net soos eens My eie eerste skeppingswoord, steeds liefde, steeds geluksaligheid versprei en geeste, siele en liggame deur middel van die sagte band verbind; sodat die drievuldigheid van die skepping, die drie eenheid van die woord ook `n drievoudige uitwerking het wat die materie vergeestelik, die psigiese veredel en die goddelike gees vrymaak, om met almal gesamentlik terug te keer na waar dit eenmaal deur middel van ‘die Woord’ uitgestuur was.
Mag so ‘die Woord’, wat as draer van lig en lewe oral salighede en vreugde berei, deur julle in jul opgeneem word en aan ander meegedeel word.
Om die hele gehalte hiervan te verstaan, mag vir julle die kort samevatting van die lang redevoering dien: `Dink na oor die woord, voordat dit uitgespreek word; want die gevolge daarvan is vir julle onberekenbaar!'.
So ontloop julle baie bitter ure, waarin julle miskien oorhaastige woorde sou moet berou en hulle voor die regterstoel van jou eie gewete veroordeel.
Om julle dit te bespaar ontsien Ek geen moeite om jul op steeds verskillende maniere te laat begryp dat al die sigbare slegs bysaak is, en slegs die geestelike die enigste draer, instandhouer en regter van al die bestaande is!
Mag julle so weer beter begryp hoe, sowel in die eenvoudige as in die ernstige woord tog steeds meer betekenis lê as wat julle dikwels vermoed; en mag die gevolge en die draagwydte van die woord, ewigdurend met hulle wees, en julle ook herinner aan jul eie verantwoordelikheid, sodat julle so `n kosbare ding soos die rede, die taal nie vir nuttelose dinge sal gebruik nie maar die daarvoor gebruikte tyd slegs só sal gebruik dat geen minuut `n verlore minuut is nie!
Julle is kinders van `n ewigheid en van `n ewige oneindige God; gedra jul daarvolgens, sodat julle oorsprong en julle toekoms deur elke woord heen mag straal. Dan sal die woord in julle mond slegs draer van lig en lewe wees en dieselfde ook versprei waar dit by welwillende ore en toegewyde harte weerklank vind, soos dit `n ‘liefdeswoord’ pas.
In die begin was die Woord, en die Woord was Ek! So moet by julle ook die woord julle ‘ek’ aandui; daar moet geen verkeerde, geen slegte woord oor julle lippe kom, wat daar nie van sou getuig dat julle kinders is van die Skepper, wat eenmaal uit die chaos `n skepping tot lewe geroep het, waarin ook die kleinste atoom getuig van Sy liefde en Sy goedheid.
So moet julle handelswyse daar in die geesteswêreld uitsien wanneer julle eenmaal moet verantwoord wat, waar en hoe julle gespreek het, sodat daar nie één woord jul die skaamrooi op die kake bring nie en julle kan aantoon dat julle steeds, My Woord in gedagte, julle woorde goed gekies het, en gebruik het tot heil van die mense! Amen!