LEWENSGEHEIME
GOTTFRIED MAYERHOFER -AFRIKAANS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

 

Hoofstuk 7

Geloof, vertroue en oortuiging

(ontvang 4 Oktober 1870)

Omdat jy gister die drie woorde in `n boek*10 oor geestelike onderwerpe gelees het en dit nie meer uit jou gedagtes gaan nie, wil Ek jou op jou versoek ook slegs woorde oor die drie belangrike eienskappe gee, wat vir jou in die besonder en ook vir jou hele geselskap baie noodsaaklik is; want dit ontbreek ook by hul aan geloof, nog meer aan vertroue, en vaste oortuiging is daar byna gladnie. Luister dus:

Geloof, die mooi en edel woord, druk uit dat die mens of sy geestelike wese hom heeltemal wy aan dit wat hy as waarheid aangeneem het en daarop sy verdere handelwyse bou, sy vrede daaruit ontvang en sy toekomstige saligheid daarop grondves. Hoe weinig het die geloof en, as dit al by enkelinge voorkom, is dit baie gering!

Geloof is die grondslag van alles, soos Ek onlangs nog in My woord aan jou twyfelende vriend gesê het. Niks wat geestelik gefundeer dien is bestaan sonder geloof nie. Geloof is by die eerste begrip van die kind die vernaamste band wat hom aan sy moeder en aan die wêreld bind. Wat die moeder die kind, dit wil sê sy omhoog­strewende gees vol vertroue, op die hart druk, neem hy gelowig aan. Hy is daarvan oortuig dat sy moeder hom slegs die waarheid vertel; dit het hy met vaste oortuiging deur geestelike en liggaamlike bande verbonde aangeneem as die enigste, waardeur hy met sy moeder en die omringende wêreld in verbinding staan. Die geloof aan die eerste ingeprente waarhede is dikwels baie bestendig; dit bewys die krag, as dit suiwer en opreg is, waarmee ook in die laaste dae van die ouderdom die mens sy uitwerking nie vergeet nie, wat die eerste ingeprente lesse in sy jeug op hom het en wat hy, omdat dit van sy moeder kom, kinderlik tot op die bodem aanneem en as die grootste geestelike skatte in sy hart bewaar.

So baie van julle mense sal dikwels uitroep: "O mooi tyd van die vroeë jeug, toe ek as onmondige kind na die leersame verhale van my moeder geluister het en alles vir waar, ja as nie anders moontlik aanneem wat sy my destyds op die hart gedruk het; en nou nog is dit, ondanks alle teenspoed van die lewe en teenoorgestelde ervaringe, tog nie uit die hart weg te wis nie".

Ja, die geloof, dit deug om met kinderlike eenvoud dit aan te hang wat mens as waarheid erken, juis die geloof is die vernaamste beweegrede wat die mens sou moet binnelei in die vredestempel en hom tot steun sou moet wees teen alle op hom aanstormende vertwyfeling.

As Ek nou die geloof in religieuse sin gebruik, wat sou dit juis daar nog moet wees! Die heilige vaandel, waarby die geesdriftige mens sweer om dit nooit meer te verlaat nie, as fondament van alle lesse en waarhede wat julle deur My ooit sigbaar en nou onsigbaar deur geestelike inspirasie gegee word!

Baie het reeds by die vaandel gesweer, dit tot die laaste asemtog verdedig en dikwels ook met hul eie bloed verseël. Maar hoeveel het dit verlaat en het daar nooit meer na teruggekeer nie. En hoeveel het ook hul mooi geloofsywer laat ontaard in fanatieke woede, wat vervolgens tot skanddade lei soos die geskiedenis van die priesterdom dit tot op die dag van vandag in ongekende aantalle kan aantoon.

Met die geloof is dit net soos met vuur, wat `n weldadige en nuttige element is wat vir diegene wat dit wys gebruik, en hoe vreeslik is dit vir hom wat die uitwerking daarvan verontagsaam en verwaarloos en aan wie dit uiteindelik, in plaas van hom tot nut te wees, in staat is om die grootste skade toe te bring.

Alles wat Ek geskape het het twee kante, `n goeie en `n slegte; met geloof is dit presies so. Wat `n sagte warmte versprei dit nie as suiwer oorgawe aan die goddelike wil oor die menslike hart en hoe brandend en wild, oplaaiend en intolerant (onverdraagsaam) is dit wanneer dit, op `n verkeerde manier gebruik, die na vrede soekende mens in plaas van `n klein lampie as wegwyser `n brandende fakkel in die hand gee!

My kinders, wag julle daarom vir uiterstes, in die besonder in die huidige tyd; neem die geloof as `n helende balsem en pas daarvoor op dat dit vir julle nie tot `n verterend gif word nie!

Om in alles die veilige weg te kies, moet julle slegs My glo, slegs na My stem in julle hart luister, dit bedrieg nie; en laat julle nie mislei word deur sluwe uitleggers van My woord wat slegs hul eie belange najaag nie. Hier geld die woord: "Wat jy hoor en lees, ondersoek dit; behou die goeie en verwyder die slegte!"

Wanneer julle die reël in jul lewe steeds trou in ag sal neem, dan sal die vaandel van die geloof steeds julle heiligste waarborg vir veiligheid wees, waarmee julle die weg na jul saligheid en na My hart seker sal vind.

Omdat julle egter ook jul geloof steeds meer versterk, moet julle ook die tweede woord in die hoogste graad besit, dit wil sê: Julle moet `n onvoorwaardelike vertroue heg aan My woorde. En op die keper beskou is geloof en vertroue byna dieselfde.

Geloof is die vaste aanneem van die waarheid, en vertroue beteken ook niks anders as die innigste oortuiging dat dit wat gesê en geglo word aangeneem is en nie anders kan wees nie, en dat dit slegs lei na die einddoel wat die mens verlang, deurdat mens daar vas op vertrou dat dit wat geglo word deur op een of ander manier te handel deur dade bevestig moet word.

Om vir julle beide die begrippe sinnebeeldig nader aan te dui, gee Ek die volgende voorbeeld: `n man is verdwaal in `n bos en weet geen uitweg meer nie. Dan kom hy toevallig `n ander een teë, wat die bos ingegaan het om hout te versamel. Die verdwaalde vra aan die ander welke weg hy moet inslaan om uit die bos te kom, en die houtversamelaar dui hom baie presies die rigting aan waarin hy moet gaan. Die verdwaalde glo wat die houtversamelaar sê en volg die aangeduide weg, daar vas op vertrouend dat dit hom uit die bos sal lei.

Hier het Ek julle die verskil tussen geloof en vertroue sinnebeeldig voorgestel. As julle nou die beeld op jou eie lewe, op die belydenis van My leer en die praktiese uitvoering daarvan wil betrek, dan moet Ek julle sê dat julle baie glo van wat deur My gesê is, maar dat julle nie die vaste vertroue het dat by die toepassing en die daarna lewe die verlangde en voorspelde resultaat ook die gevolg sal wees.

Hieruit volg dat wanneer julle weliswaar oënskynlik glo wat Ek sê in My evangelies en in die woorde wat Ek julle nou gegee het, maar daarnaas tog nie die onbegrensde vertroue het in die onfeilbaarheid van wat daar gesê is, dit met julle net so sal gaan as met die verdwaalde wat Ek voorheen aangehaal het: Wanneer hy die houtversamelaar nie onvoorwaardelik geglo het nie, wanneer hy nie vas oortuig was en daarop vertrou dat die aangegewe weg die enigste korrekte is, dan sal hy die weg uit die bos nie vind nie deurdat hy, onderweg deur twyfel oorval, en besluiteloos begin te word.

So gaan dit dikwels met julle: Julle glo en is oortuig, tenminste vir die oomblik; sodra dit egter aankom op die uitvoering van wat julle glo, dan styg daar ligte newels van twyfel omhoog en nou eens hier, dan weer daar `n ‘waarom’ of ‘wie weet, wanneer ek so handel, of die resultaat wel sal wees soos mens dit my voorspel het’, ensovoorts! Die vertroue ontbreek en alles wat julle, hoe ywerig ook geglo het, help nie, oftewel: Woorde sonder dade is `n leë dop!

By die korrekte geloof moet hom dus die korrekte vertroue voeg; die eerste is die boom wat geplant moet word, die tweede is die blom wat gekweek moet word en die derde is die vaste oortuiging wat as vrug bereik moet word. Waar die drie eienskappe gesamentlik in `n hart heers, daar geld My woord wat Ek eens tot My leerlinge gespreek het: "As julle onwrikbaar glo en wil, dan gaan ook berge vir julle opsy". Dit wil soveel sê as: Wanneer julle glo in die krag van die woord, uitgespreek met die vaste oortuiging van onfeilbaarheid, dan is daar ook die innerlike sekerheid dat dit wat gewil word ook moet volg!

Waar is die klawerblad van goddelike eienskappe egter in een van julle verenig? Oral is `n oppervlakkige geloof, weinig vertroue en glad geen innerlike sekerheid. Honderd keer herhaal Ek dit vir julle: "Doen en leef na My woorde, en julle sal wondere sien!"

Die mooiste eienskappe van die geloof, gekroon met onwrikbare vertroue, sal julle hemelse oortuiging versterk dat ook julle, net soos Ek, die elemente kan gebied en teen alle gewone wette van die natuur in dinge kan uitvoer wat vir die ander soos wondere moet voorkom, omdat hulle nie weet dat julle wil, gepaard met Myne, die belangrikste wet is waarvoor alle orige wette hulle moet buig.

Ek weet baie goed dat by elke poging `n massa vertwyfelinge op julle sal afkom; want sulke ingrypings in die wese van My natuurwette kan immers ook slegs maar iemand waag wat `n wedergeborene geword het; iemand wat ook slegs maar My hulp in homself aanroep vir sulke dade, wanneer dit vir die beswil van die mense noodsaaklik is en hierdie dinge nie vir die grap, uit begeerte na roem of uit ydelheid doen waarby die sukses hom ook in die steek sou laat.

Ek sê julle slegs dat dit moontlik is en dat My leerlinge en ander besielde mense sal slaag; maar dat dit nie so maklik bereik kan word wanneer hy die drie eienskappe geloof, vertroue en oortuiging nie in die hoogste graad by `n mens ontwikkel is nie.

Om vas oortuig te wees van die welslae is die vrug van geloof en vertroue; werk dan daarna toe.

Maak eers julle geloof vas, sodat dit nie wankel soos `n rietstingel nie, maar stewig staan soos `n muur; bou daarna op die fun­deringsmuur die onwrikbare gebou van vertroue, en die voltooiing van die geheel sal julle dan die oortuiging gee; in die huis, op so `n grondslag gebou, kan julle alle storms van binne en buite trotseer en Ook jy, My liewe skrywer, ly aan `n sterk gebrek aan die drie deugdes. As die deugdes ook, net soos die liefde vir God, vir die naaste en vir jouself, in getalle*11 uitgedruk sou moet word, dan sou die numeriese resultaat vir jou baie gering wees en jou nie tot voordeel strek nie. Want jy het weinig geloof, nog minder vertroue en byna geen oortuiging dat My woorde wat Ek jou gegee het in vervulling sal gaan, ondanks die feit dat Ek dit vir jou dag in en dag uit moet herhaal: Laat die mense praat, bly by My, by My is waarheid en geen leuens nie!

Slegs Ek ken jou hart en die beweegredes wat jou aan die twyfel bring. Dit is beproewinge wat Ek jou stuur; jy sal hulle deurstaan en daarna sal jou kapitaal aan geloof, vertroue en oortuiging wel toeneem, sodat jy ook die ander van jou geselskap met jou gawe kan verryk en vervolgens in plaas van nou die laaste die eerste sal word. Dink oor die paar woorde na; daar sit baie in, soos in alles wat uit My mond kom. -

 

(Hier volg, as integrale onderdeel, uit die diktaat van 20 Januarie 1870 die volgende:) "Julle moet julle almal egter nie voorstel dat Ek hom vanweë sy besondere morele eienskappe tot My skrywer gekies het, alsof hy beter sou wees as julle nie. Volstrek nie; Ek kies hom omdat sy omstandighede hom meer tyd laat en sy kennis meer by My pas vir die ontwikkeling van hoër verklarings, wat `n ander nie so sou kan bevat nie; maar wat betref sy morele waarde en sy vertroue in My staan hy daar nie beter toe as baie van julle nie. Daarom moet julle nie glo, wanneer hy in julle geselskap kom, dat Ek by hom is nie; daarmee sou julle hom `n verering betoon wat ver bokant sy bereik uitgaan. Dit is soos by `n vader wat vir sy kinders skryf: Hy is slegs maar die pen, die tussenpersoon, niks meer nie! As julle `n liewe brief ontvang, waar gaan julle verlange dan na uit by die lees daarvan? Beslis nie na die pen waarmee die brief geskrywe word nie, maar na die skrywer self.

Hy is dus ook `n mens soos julle almal, met sy swakhede en gebreke, met sy verlange en sorge. Ook hy veg daagliks om van dit alles af weg te kom, hy vra My ook dikwels om hom weg te roep uit die tranedal en laat juis daardeur sien, net soos julle almal, dat hy baie weinig vertroue in My besit en dat hy baie méér sou moet hê. Uit dit alles sien julle dat oral die swak vertroue die belangrikste gebrek by julle is en die belangrikste belemmering vir julle vooruitgang.

Nog altyd het julle nie begryp waarom Ek julle alle dieptes van My skepping en alle hinderlikste skuilhoeke van My goddelike ‘Ek’ onthul en verklaar nie. Kyk, My geliefdes, dit alles gebeur om julle juis dit in te boesem waar dit julle almal aan ontbreek, naamlik die vertroue in My. Want wanneer julle met My deur die onmeetlike ruimtes van My oneindigheid vlieg, wanneer Ek vir julle My geestelike hemel open en julle laat aanvoel wat daar alles nog vir julle bewaar en berei word; wanneer Ek julle My eie ‘Ek’ verklaar, wat slegs liefde is en slegs liefde terug wil ontvang; wanneer Ek julle tot in die kleinste atome bewys dat Ek as Skepper en Vader alles met gelyke liefde in stand hou, dan wil Ek daarmee tog niks anders as om julle te bewys dat `n Wese wat met My mag en krag toegerus is, soos Ek My aan julle toon, tog die vertroue werd sou moet wees en dat teenoor My alwetendheid en almag julle doen en late en bedrywigheid tot minder as niks ineen moet sink nie. Dink oor die paar woorde na; daar sit baie in, soos in alles wat uit My mond kom. Verdiep julle jul almal in die sin van wat daar gegee word, en julle sal nie slegs troos en vrede vind nie maar, wat die hoofsaak is, julle sal jul posisie steeds meer leer ken, waarby julle vervolgens die wankelbare stewiger kan vasmaak en so nader aan My kan kom.

Geen woord wat Ek julle deur My kneg stuur was en is nog sonder sy eie doeleindes nie; ook met die drie woorde stel Ek My skrywer nou voor oë, omdat hy juis nou in julle geselskap enigsins wankelrig begin te word. Daar is geen korrekte geestelik lewe nie - baie van julle lewe weer slegs vir jul eie sake en liefhebbery, vergeet My en My leer byna heeltemal en dink daar slegs aan wanneer toevallig die een of ander `n toespraak in die rigting gehou het.

Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie! Dryf nie die spot met My genade nie! Dit gee Ek nie, soos menigeen glo, aan diegene wat hom slegs met My en My leer besighou as hulle niks anders te doen het nie. Julle dien julle in ag te neem; `n donderstraal uit die heldere hemel sou julle kan opskrik en jul dan dwing om uit nood in te sien dat julle altyd dit as bysaak beskou het wat eintlik die hoofsaak sou moes wees!

Wie van My leer niks weet nie en daarteen sondig, is nie so strafbaar nie. Wie egter My leer gelees het, haar so half en half loof maar geen egte vertroue toon met betrekking tot die uitvoering daarvan en sonder enige innerlike sekerheid aan die bereiking van die eintlike doel nie, by so iemand sal Ek wel genoodsaak wees om hom stewig deurmekaar te skud en wakker te maak, sodat hy nie in die slaap van wêreldse dinge val en My geestelike skool daarby vergeet nie! Vandag waarsku Ek nog; wie weet, buiten Myself, wat Ek môre sal doen? Julle aardkors, waar julle op lewe en rustig rondwandel en jou verheug oor jou lewe, is onder julle voete hol; vreeslike afgronde word deur die skil bedek. En julle met die vaste geloof en vaste vertroue kyk tog met groot oortuiging na My op in die hoop dat Ek die skil nie sal laat instort en so julle almal onverhoeds die dood sal laat smaak nie! Rustig gaan julle bokant die afgronde lê; terwyl wel onder julle voete vir julle onbegryplike gevegte tussen die elemente plaasvind, gaan julle lê in die vaste vertroue en die oortuiging om die volgende môre weer gesond en versterk op te staan. Waarom weet julle dit in die geval so seker en in geestelike dinge nie? Kyk, omdat julle glo dat Ek dit nie sal doen nie! En waarom sal Ek dit nie doen nie? - Omdat julle op `n liefdevolle Vader vertrou, wat Sy kinders nie sonder rede met vernietiging sal straf nie. Wat is dus julle oortuiging? Dit is dat dit wat julle hoop, naamlik dat Ek voortdurend julle My genade ten deel sal laat val, nie sal wankel nie!

Wel nou, wanneer julle op die punt so `n stewige geloof, vertroue en oortuiging in My het, staan My dan ook toe om van julle, ook al is dit nie na die maatstaf van goddelike lankmoedigheid nie, maar na menslike toegewendheid, te verlang dat julle in geestelike dinge ook `n vaster geloof, `n sterker vertroue en `n dieper innerlike sekerheid mag hê; en dat julle sal begryp dat alles wat Ek al gegee het slegs vir julle beswil gebeur het en nie vir My plesier nie, maar met die bedoeling om julle die eer ten deel te laat val om My kinders te kan word.

Julle verlang van My onbegrensde genade, en Ek verlang van julle onbegrensde liefde. By die uitwisseling van beide die voorwaardes wen slegs julle, aangesien Ek julle met `n mag wil toerus wat julle tot meesters oor al die geskapenes sal maak!

Wanneer Ek julle dus sulke groot genadegawes in die vooruitsig stel, dan is dit My tog ook toegestaan om diegene wat hom eenmaal op die weg na My bevind, as hulle tydens die voortgaan deur slaap oorval mag word, deur middel van sagte duwweltjies wakker te maak, soos Ek dit nou by julle doen, sodat julle sal merk dat mens My weë nie met geslote oë moet bewandel nie, maar oog en oor wyd oop moet hou om nie van die korrekte weg af te dwaal en op syweë te raak nie.

Dus nogmaals, dink na oor alles wat Ek julle hier gee! Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie! Dat julle julle beywer vir `n voortdurende toeneem in `n sterk geloof, vertroue en in innerlike sekerheid! Amen!

 

*10 Adelma, `Betrachtungsbuch'. Wenen 1857

*11 Die betekenis van die getal 666 as die passende getal vir die geestelike mens: 600 dele liefde vir God, 60 dele liefde vir die naaste en 6 dele liefde vir homself; vir die duiwel geld die omgekeerde.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205