Hoofstuk 9
Taal, kuns, musiek
(ontvang 14 Januarie 1871)
Hierdie drie woorde dui drie dinge aan, wat op alle wêrelde en sonne voorkom, deurdat hulle die belangrikste vorm van lewe en die belangrikste hefboom vir die vooruitgang in die geestelike is. Oral kan julle hulle vind, afgestem op die proporsies van die hemelliggame en die mense in hul geestelike ontwikkeling.
Aangesien die drie belangrikste lewensfaktore nou oral aanwesig is en sonder hul geen lewe nie, ja geen ken van mekaar of van die geestelike wêreld en uiteindelik geen ken van My skeppingsbouwerk en My eie ‘Ek’ moontlik sou wees nie, dring veral die vraag natuurlik hom op:
Wat is ‘taal’ dan eintlik?, - wat is ‘kuns’?, - en wat is ‘musiek’? En verder: Waarom is al drie noodsaaklik? En watter geestelikheid lê daar agter dit in die uiterlike lewe en optredende fenomeen verborge? Of dit nou in die woord is of in geartikuleerde klanke, in die vorm of in deur begrensde vlakke uitgedrukte idees, of tot stand gebring deur die toon, wat nie begryp maar slegs gevoel kan word!
Laat ons dus na die eerste vraag kyk:
9.1 Wat is taal?
Taal is, soos Ek julle in die vorige woord al aangegee het, `n uiting van die innerlike van `n wese via die uiterlike wêreld aan `n ander.
Hierdie taal is nou verskillend; dit kan ook daar wees deur middel van geartikuleerde klanke, deur gebare en tekens en deur ongeartikuleerde klanke.
Geartikuleerde klanke omvat alle tale waardeur elke menslike gees sy medemens dit meedeel wat hy hom duidelik wil maak.
Hierdie taal is op alle wêrelde en sonneliggame verskillend, na gelang van die geestelike ontwikkelingsvlak van die mense; hoe edeler die siel is, des te edeler is die taal; hoe meer verwaarloos die eerste, des te armer die laaste.
Aangesien die taal egter deur middel van klanke vir die menslike siel nie voldoende is nie, wil hulle deur ooreenkomstige gebare die inhoud van haar manier van spreek versterk, waardeur dan `n gebaretaal ontstaan, wat ten slotte selfs deur baie mense ook sonder woorde verstaan word; daaruit die mens by julle in toneelvoorstellings die sogenoemde `mimiek' as gebaretaal kunstig ontwikkel het, waarmee `n ingewyde deur gebare alles kan uitdruk wat hom tydens die voorstelling verbode is deur klanke te uiter.
Ten slotte kom nou ook die gebaretaal: Daartoe behoort byvoorbeeld die taal waarvan doofstommes by julle hulle bedien; ook vir die blinde word deur middel van tekens dit voelbaar gemaak, die geestelike ryk word dan so ontsluit met behulp van die tasgevoel en maak ‘taal’ moontlik om te lees, waarby die gehoor aanvullend die innerlike mens volledig kan maak.
Die ander tekentaal, naamlik dié waarmee deur tekens woorde en daardeur gevoelens uitgedruk en vasgehou word, behoort tot die taal van die vorms; sy sal eers by die woord ‘kuns’ haar nadere toeligting kry, waar ook aangetoon sal word waarom alle mense tekens moet hê om hom uit te druk, en hoe dit ontstaan het.
Nou kom nog die ongeartikuleerde klanke, wat egter nie `n begrip maar sekere gemoedstoestande soos vreugde en verdriet uitdruk; dit is nie slegs aan die mens as verstandige wese, maar in meerdere of mindere mate aan alle skepsels gegee om uitdrukking te kan gee aan hul welbehae of ongenoeë. Ook die gebrekkige wyse van uitdrukking behoort tot die ryk van die klanke, en daar sal dit vir julle helderder en begrypliker gemaak word.
Wel nou, die taal: Waarom bestaan dit oor die algemeen? Waarom is dit `n behoefte van `n lewende wese? Wat is nou die vrae wat Ek allereers vir julle wil beantwoord.
Kyk net, `n siel, hetsy van `n mens of `n dier, is `n lewende wese wat voortdurend die indrukke van die uiterlike wêreld in hom opneem, dit geestelik verteer en ten behoewe van haar eie `ek' verwerk en vervolgens, vanweë die aangebore liefde tot haar gelykes, die resultaat daarvan aan hul wil meedeel: Wat hulle voel, wat hulle beleef, en hoe hulle dit vir hulself tot nut gemaak het.
Net so min as Ek, die Skepper van My groot wonderbaarlike werke, dit slegs maar self kan bewonder, maar medelewende harte soek wat My vreugde met My deel en net soos Ek dan in die vreugde van ander wesens oor My werke self eers weer die vreugde voel, net so min kan `n lewende wese die indrukke van die uiterlike wêreld, wat voortdurend op hom inwerk, slegs binne homself hou; dit moet aan ander sy gevoelens en gedagtes wat daarby opgeroep word meedeel, dit moet gelykgestemde wesens tot meelewing en saam geniet aanspoor. En om die drang te bevredig, vind die siel haar geartikuleerde of nie geartikuleerde taal uit om haar metgeselle op die aardse lewensweg mee te deel wat vir haar teveel was om dit alleen te hê, want eers die meedeel daarvan aan ander laat haar die eintlike genot van wat sy ontvang het, dubbel voel.
Hierdie behoefte om hom te uiter vind jy in swak ongeartikuleerde klanke by die diere, in geartikuleerde klanke by die mens, en in plastiese geestelike vorms en nie meer luid gesproke maar gevoelde woorde en uitdrukkings, by die geeste en hoogste engele, waar alles wat op die materiële vlak deur middel van klank of toon meegedeel word slegs deur middel van geestelike ooreenstemming gevoel en verstaan word, en wel in `n taal waarvan julle geen voorstelling kan hê nie, omdat slegs die snelheid van die gedagtes as enige maatstaf vir `n soortgelyke voorstelling van begrippe gebruik sou kan word.
Taal is dus in die algemeen `n ‘beliggaamde geestelik iets’.
Die innerlike wêreld uiter hom via die uiterlike wêreld; alle vooruitgang op geestelik gebied word daardeur bepaal, sonder dit sou die skepping slegs `n halwe, ja minder as `n halwe knoeiwerk wees.
Alle diere het `n taal, dit wil sê `n bepaalde manier om hom te kan uiter, hetsy deur klanke, hetsy deur middel van gebare; die een dier moet die ander duidelik kan maak wat hy wil hê, anders het die skepping geen stuwende krag nie. Liefde en haar teenstelling, die haat, druk hulle uit by die wesens in passende gebare, of in klanke.
Geestelike lewe sou nie moontlik wees sonder taal nie, sonder om hom te uiter; want slegs deur middel daarvan bestaan daar lewe, gesamentlike lewe en gesamentlike vooruitgang!
Ek, wat die wêreld met soveel miljoene geeste en wesens skep, vra julle: Wat sou die wêreld wees sonder taal? Wat sou al My wonderbaarlike instellinge wees, waar sou die eintlike geestelike faktore van die hele skepping: Die liefde, die vreugde en die geniet van saligheid bly, as die uitdrukking daarvan aan die wesens ontsê sou wees?
Alle wesens sou moet beswyk onder die indrukke van die uiterlike wêreld, as hulle geen lug sou kan gee aan dit wat hul hart van vreugde laat swel of van verdriet saamkrimp!
Waar opsuig moontlik is, daar moet ook lossing bestaan, anders is daar geen lewe, geen uitwisseling van die geestelike, geen geestelike vooruitgang moontlik nie! Die uiting is `n lewensbehoefte; dit is die enigste band wat alles tot één verbind, dit is die band wat diere aan mense, mense aan geeste en geeste, mense en diere aan My bind.
Hierdie gemeenskaplike band so onvolmaak en beperk by die kleinste infusiediertjie, tot by die besielde taal van een van die grootste engele is die produk van die liefde; sonder liefde geen taal, en sonder taal geen liefde!
So sien julle dat die behoefte `n noodsaaklike bestanddeel is van die hele skepping, ja `n grondpilaar daarvan; want sonder taal sou elke wese bly soos dit geskape word, sonder taal sou daar geen vooruitgang wees, sonder vooruitgang geen lewe, geen doel waarvoor iets geskape sou moet word nie.
Hierdie geestelike band wat hom om ons almal heen slinger, het ons almal tot één familie verenig en verbind, wat ons almal tot lewe wek en nader na mekaar bring, wat julle na My voer en My na julle. Die band is die groot lewensbeginsel wat oral waar lig, lewe en liefde heers, almal tot een gemeenskaplike doel verbind, wat julle, My skepsels, verhef en My vir die tweede maal die waarde en skoonheid van My skepping laat voel: Die eerste keer as Skepper en die tweede keer in `n baie mooier lig, in die liefdeslig van `n Vader ten opsigte van Sy kinders!
Hierdie taal, wat by die uitdruk van mooi, vreugdevolle ervarings die dier in `n mooier lig toon en by die mens sy oog mooier laat straal, sy stem verhoog en sy hele organisme van verrukking laat tril, die taal is die uitdrukking waarmee die innerlike deel van `n wese te kenne gee in hoeverre hy die indrukke van buite af besef en hoe geestelik en korrek hy dit begryp het.
Behalwe die onderrig deur die taal is daar daarom ook nog die vrug van die geestelik verteer van alle indrukke van die uiterlike wêreld: Die korrekte en welgevormde spraak, oftewel die in mooi vorms gegote vertolking wat, geesdriftig gesproke deur die siel, weer geesdrif moet oproep. En so moet dit opgevat word, as daar in die evangelie volgens Johannes staan: "In die begin was die Woord, en die Woord was God!" Ja, in die begin was die Woord, en die Woord was Ek!
Sonder My Woord geen skepping nie, sonder skepping geen wesens en geen liefde, sonder liefde geen lewe en sonder lewe geen uiting nie!
Ek was vanaf die allereerste begin ‘die Woord’, dit wil sê uitdrukking en oerbeeld van `n ewige begrip. En juis omdat Ek die Woord was, moes ook by alle geestelike voortbringsels as vernaamste behoefte die woord oftewel wat hom uiter deur middel van die woord al My geskape wesens, wat Ek deur die Woord in die ewigheid geplaas het, weer na My terugvoer, sodat hulle strydend en vegtend My deur middel van woorde, gebare en klanke sou teruggee wat Ek met die eerste Woord in hul gelê het.
In die begin was die Woord die ‘Woord’ as alomvattende begrip van `n denkbeeld; en aan die einde van alle skeppingsperiodes sal al die lewende hom weer in één Woord verenig het, en daardie Woord sal weer Ek wees!
Die Woord, wat uit liefde wesens en wêrelde skep, sal weer as liefde sy hoogtepunt bereik in sy skepsels, en ten slotte in die geestelike hemelmens, in My as sentrum, weer deur alle geskape wesens verheerlik word.
Die denkbeeld van die oneindigheid is dus soos `n sirkel. Van My gaan die Woord uit: ‘Daar word!’ skal dit alle oneindige ruimtes in, en dit was! -
Alles word, alles leef, alles het lief en uiter hulle en deurloop sy planmatige voortgang deur tydspanne van eons; en eenmaal keer hulle vergeestelik, en mooier geword en verlig tot My terug, onder die uitroepe van:
"Vader! Eens roep U `Daar word!'. Kyk nou, U kinders het aan die roep beantwoord en staan nou voor U, juigend en hul groot en magtige Skepper en Vader seënend; want hier staan ons as lewende bewys - dit was! En so, uitgegaan van die Woord en tot die Woord teruggekeer, is die siklus van die skeppingsperiode voltooi, en begin `n nuwe en ewige periode in U en met U!" Amen!
9.2 Kuns
Wel nou, in die voorgaande sien julle die taal as uiting en die woord, geestelik opgevat en uitgelê, vir julle; nou rig ons ons op die kuns, oftewel die aandrang wat in alle mense lê om hul gedagtes en idees in vorms of beelde te toon.
Hierby moet die diere buite beskouing bly, want as hy ook iets ‘kunstig’ verrig, dan is dit deur die aard van hul eie ek bepaal en dien dit slegs vir hul instandhouding en voortplanting; vandaar dat diere hul kunstige werk instinkmatig en nie met oorleg verrig, en daar by hul daarom ook geen vooruitgang en geen verbetering moontlik is nie.
Kuns, oftewel die drang om in tekens, beelde of plastiese vorms weer te gee wat mens gesien het, is ewe-eens `n taal van die siel. Dit is, net soos ook by die `taal' gesê word, die aandrang om weer te gee wat mens gesien het, slegs met die verskil dat by die taal die innerlike sieletoestand in geartikuleerde geluide en klanke onthul word, en dat in die kuns as vorm en tekentaal, die siel hom gedronge voel om haar lieflingsindrukke in vorms, tekens en beelde duidelik voor haar neer te sit, hulle in materiële vorms in te klee en so die indrukke van dinge van die uiterlike wêreld te verseker van `n blywende gehalte, om haar by die aanblik daarvan te verlustig en so as't ware die indrukke dikwels vir haar te kan herhaal.
Hierdie behoefte berus dus op die vaslegging van die vlugtige verloop van die spreek of die inhoud van gedagtes of van wat daar gesê of gesien is.
Alle volkere en alle menslike geestelike wesens op alle ander wêrelde het die aandrang met julle in gemeen. Oral leef die kuns, slegs op verskillende maniere, sodanig dat dit slegs ooreenkom met die geestelike vlak van die lewende wesens daar en hul innerlike daaraan te herken is.
Ook op julle aarde sien jul dat die laagste, op die onderste trap van kultuur staande volkere daar genoeë aan belewe om bepaalde aangename indrukke deur middel van getekende, geskilderde of gevormde beelde `n blywende toestand te gee.
Trapsgewys sien julle die vormgewing groei met die geestelike ‘ek’ van volkere en nasies. In die begin boots hulle slegs na wat hulle in die natuur gesien het; langsamerhand idealiseer en stileer hulle dit en meen om dit te verfraai volgens hul kenmerkende kultuuropvattinge. Die ideaal verbeter en word mooier; hoe geesteliker die mens is, des te mooier is sy idees en dienooreenkomstig ook sy daarna gevormde beelde en produkte, omdat hy dan oral op sy skeppinge die stempel van goddelikheid wil druk.
Die kuns het haar periodes, net soos die geestelike toestand van die kultuur van die volkere; dit styg hoër en daal af, en daarmee ook die wyse waarop hy hom dinge voorstel en sy manier hoe hy dit geestelik opvat. So is daar op julle aarde volkere, wat deur `n oormaat aan genot of die afwyking van die weg na hul bestemming van `n groot hoogte van geestelike ontwikkeling weer afgedaal en tot die laagste trappe teruggeval het, en van wie saam met hul hul kuns en geestelike produkte verdwyn het. Daar lewe in hul denkbeelde slegs nog verbasterde vorms van `n geestelike oerbeeld van wêreldbeskouing; en so is dit ook met die afbeeldinge van wat hulle waarneem: Wat dan ingebeelde karikature van die natuur, waarby van geestelike idealisering niks meer te vind is nie.
Die taal, die vlugtige weergee van wat daar gevoel en beleef word, wil mens blywend vir homself en ander behou, en so ontstaan die skrif of tekentaal, waar bepaalde tekens of figure met hul vorm ooreenkomende begrippe moet voorstel.
Ook dit, reeds sedert die oudste tye die beoefende behoefte beleef haar omwentelinge ooreenkomstig die ontwikkeling van die volkere deurdat dit, te begin met die beeldskrif en eindigende met die tekenskrif en die vermenigvuldiging daarvan, en die druk daarvan, makliker word om wat daar gespreek en gedink word vas te hou, en daar so vir almal `n gemenegoed geskape word van dit waarvan dit eens slegs aan enkelinge vergun was om te geniet.
Kuns in haar hoogste betekenis is dus niks anders as die verwerkliking van die geestelike idees van die siel nie. Deur medelewing aangespoor wil die siel ook aan ander meedeel wat sy voel en dink en voel sy die behoefte om dit materieel te vervaardig, omdat sy glo dat dit ook op ander dieselfde of tenminste `n soortgelyke indruk sal maak; deur so `n handelswyse geniet sy in die welbehae van ander dubbel van haar eie genoeë, en sien dit na haarself terugstraal.
Die kuns is dus die bindmiddel tussen volkere en nasies. Kuns bind, as ‘derde’ element, harte aaneen wat anders koel by mekaar verby sou gaan. Die nou band wat as taal, wanneer hy nie deur tekens vasgehou word nie, slegs vlugtig die harte verwarm, hulle na mekaar toe trek en hulle so gesamentlik weer nader na `n hoër geestelike vlak en dus ook nader na My bring, die band van die beeldende kuns is materieel dit wat die taal geestelik is.
Ook sou die wêreld sonder kuns baie armer wees, maar deur die kuns gee `n ryk, van groot idees vervul en daarvoor `n gunstige gestelde gemoed sy medemens genietinge, waarvan hulle tevore geen vermoede gehad het nie. Dit lei hulle `n mooier, hoër wêreld binne en toon hul in die ideale reproduksie van die natuur die geestelike wat Ek in alles gelê het, maar waarvan dit nie vir elkeen gegee word om dit te ontdek nie.
Terwyl die gesproke woord in die lug verklink, en slegs die algemene indruk van die gesegde oorbly en dit aanspoor tot ander gedagtes en uitwerking van idees, is die deur die siel vasgehoue beeld van een van My skeppingsprodukte of `n uitgebeelde oomblik uit die geestelike lewe van die mens, `n voortdurende stimulans. Deur hom daarin te verdiep leer die mens die Skepper en Vader weer ken in die natuur en haar vorms, en hy leer Hom liefhê en vereer. Ek spreek hier slegs van kuns in die edelste betekenis, nie dinkend aan die misbruik, waarby die goddelike geskenk, die inbeeldings en voorstellingsvermoë en die gawe om uit te beeld, vir heel ander doeleindes gebruik word op `n manier wat mens onwaardig is.
So leef die kuns voortdurend vormend, net soos `n geskrewe woord steeds geestelik voort. En al word dit ook deur baie nie begryp nie, tog is die inspirasie wat daar van uitgaan in elkeen wat dit aanskou werksaam en verskillend na gelang van sy geestelike ontwikkeling.
Op alle wêrelde, soos ook by julle, word die kuns beoefen, in die huislike lewe toegepas en vir tempels, gebeds- en woonhuise gebruik, om net soos by julle die voorstelling uit te druk wat die mense van hul God en Skepper het, en hoe hulle ook in hul huislike dinge die geestelike of die materiële laat oorheers.
Oral kan jy daaruit, soos by julle die kuns uit liefde beoefen word, die geestelike toestand van die mense van die wêrelde beoordeel.
Want as in die taal die geestelike vlugtig aan die ander gegee word en daar weerklank vind, dan gaan dit ook so deur middel van die kuns, waar ewe-eens die manier waarop iets tot stand gebring word en hoe dit deur ander beoordeel word, die korrekte maatstaf is vir die innerlike ontwikkeling van `n volk.
Gees is oral die bindende middel tussen mense, geeste en My!
Taal onderrig deur in woorde en sinne neergelegde begrippe en idees, kuns deur in kleure, vorms en tekens verwerklikte gedagtes voort te bring. So verbind hy gefikseerde toepassings van gedagtes en gevoelens, as leer tussen beeldende kunstenaar en aanskouer, tussen die skeppende mens en diegene wat tot hoër grade opgevoed moet word, die mens met My en My geesteryk, die een gewend, die ander ontvangend!
Die een verhef hom tot My en My ryk gedurende die skepping en die ander, kykend na die geskapene, voel die grondgedagte van die beeldende kunstenaar deur die materie heen. Dit trek hom magneties `n ander kring binne van verbinding tussen idees wat nie syne was nie; dit laat hom voel wat die ander het en wat hom ontbreek, en spoor op die manier sy eie siel aan om die berg van die besieling te beklim, waar die natuur, die uitdrukking van My liefde vir al die geskapenes, hom in sulke mooi vorms beliggaam en hom voortdurend toeroep: "Kom hier, julle wat belas is, sodat Ek julle kan verkwik!" By die bekyk van `n natuurtafereel, `n mooi menslike afbeelding of `n groot edel handeling, oral vind die toeskouer die boodskap verwerklik wat elke blommetjie hom op elke wandeling toeroep; dit sê julle: "Suig met volle teue die liefde op van jou Skepper en Vader, wat hy oral uitgestort het om jou met elke asemtog te bewys hoe skraal die vreugdes van die wêreld is, en hoe weinig daar voor nodig is om gelukkig en tevrede te wees!"
Wanneer iemand `n getroue afbeelding van `n mens bekyk en daarin al die geestelike eienskappe kan lees wat die mens as geestelike ewebeeld van sy Skepper sou moet hê en helaas nie het nie, wanneer hy daarin selfs sien hoe hoog die idee van die menslike vorm in geestelike opsig staan en hy hom bowendien die mens voorstel met al sy gebreke en daar tog ook nie omheen kan kom om van homself te erken hoe ver hy self van die ideaal van die mensdom verwyder is nie, en as hy hom daarby realiseer dat ondanks sy foute die magtige hand van sy Skepper en Vader hom daagliks onverdiend tog met genadegawes oorstelp, so moet ook hy uitroep: "Wat is ek, o Meester, dat U so liefhebbend aan my dink!"
So, en op baie ander maniere, roep die (edel en suiwer) beeldende kuns gevoelens en idees in die toeskouer op, wat almal ewige aanspoorders tot vooruitgang en ewige inspireerders tot geesdrif bly, om nie op te hou om daarna te strewe dat sulke gevoelens eenmaal gemeengoed vir almal sou word, net soos dit in die kunstenaar die eie geestelike resultaat van `n mooier lewe is. En dat ten slotte, hetsy in taal met geartikuleerde klanke, hetsy in vasgehoue vorms, oral die geestelike draad deurheen trek wat almal soos aan die leiband saggies verder lei na die vlak waar hulle van wêrelde tot wêrelde en van sonne tot sonne taal en kuns sal waarneem, steeds meer verfraai, vervolmaak en steeds meer vergeestelik tot na My naderend; tot Ek, as sentrum in die hemelryk, as `Woord' en oerbeeld van welke vorm ook, as mens hul in die hoogste geluksaligheid vergeestelik weer sal laat geniet van die indrukke wat hulle almal ervaar het by die luister na `n besielde toespraak of by die aanskou van `n verhewe beeld as ewebeeld van My nooit verganklike skepping!
So trek die kuns as geestelike kunstenares van My groot idees in die skepping die siele tot My; en wat die taal oproep, dit hou die kuns vas. En om die klawerblad van die drievuldigheid volledig te maak: In die onuitspreeklike klanke en gevoelsopwelling ontstaan vervolgens die musiek en derhalwe gaan ons na die laaste van die drie eenheid (drievuldigheid) en laat julle sien waar dit hom aansluit, hoe dit begin, en hoe ten slotte alles geestelik verenig, My, My materiële en My geestelike skepping in één beeld, dit wil sê in My self as `Woord', `Vorm' en `Klank' voorstel. Amen.
9.3 Musiek
Nou het ons aangekom by die derde faktor van die menslike geestelike lewe, naamlik by die gevoels of vroeëre geestetaal; `n taal wat nie met woorde vertaal kan word nie omdat die beginsels daarvan, onbegryplik sal wees deur die wêreld van die skepsels, deurdat dit slegs vermoed kan word.
Hierdie taal noem julle oor die algemeen ‘musiek’; maar hoewel julle musiek hoor in die kamer, in die bos, in die lug en soms onder die aardkors, weet julle tog nie die geestelike betekenis daarvan nie, wat hulle is, waarom hulle daar is, en wat die eintlike grondbetekenis daarvan is.
Kyk, by die taal in geartikuleerde klanke het Ek julle uiteengesit dat die siel, gedring deur die indrukke van buite af en gedwing deur `n innerlike behoefte, `n middel uitvind om haar gelykes dit mee te deel waarvan haar innerlike vervul was; verder het Ek julle die hele verdere gevolg, haar oorsprong, haar werking en haar einde duidelik gemaak.
By die kuns het Ek julle laat sien hoe sy die beeldende taal materieel wil uitdruk in tekens, beelde en vorms, wat by die taal in woorde te vlugtig plaasvind. Reeds by die laaste manier van uitdruk vermeng hom met `n ander manier van sê, want as Ek die eerste die `taal van die hoof' sou wil noem, dan is die tweede die taal van die hand oftewel die daad; hiermee vermeng hom egter reeds by `n hoër geesvervoering die taal van die hart oftewel die gevoels (en klank ) taal. Dit speel weliswaar ook by die eerste, die woordetaal, dikwels saam `n belangrike rol, egter slegs in hoogs verhewe goddelike dinge, waar die kennis ophou en die geloof begin!
Nou wil ons ons dus besig hou met die laaste, verhewenste taal, wat as die enigste karakteristiek is vir geeste, die gevoelstaal. Luister dus:
Wanneer `n siel deurstroom word met verhewe gevoelens en hom oorgee aan die invloede van die natuur, vir sover hy via die gehoororgaan in haar innerlike kan deurdring, as sy die klanke wat deur geluidsgolwe die oor bereik dikwels van so verhewe aard en wek hulle in die sentrum van die siel wonende gees so `n hartstogtelike verlange op na sy vroeëre eintlike tuiste, dat die siel dan iets ervaar wat naby geestelike wellus kom, maar wat haar nie in woorde, tekens, beelde en vorms uitbeeld nie. Wel nou, die samestroming van verskillende klanke, saamgevoeg na ritme, laagte en hoogte, is nou presies dit wat julle onder die benaming `musiek' ken. Dit is `n vibrering van die gees te midde van sy klein selle, `n trilling van genot, uitgedruk deur middel van die trilling van luggolwe, wat ewe-eens gestimuleer, teen mekaar vryf en mekaar voortdryf tot by die voorwerp waarteen hulle bots. Dit ontwikkel warmte en maak daardeur die gebonde harmoniese geeste van die in die lug lêende elemente vry, sodat hulle, dronk van genot en bevry, in vreugdevolle verrukking hul gevangenis uitswewe en deur hul groot vreugde een of meer tone voortbring wat, aangekom by die trommelvlies van die oor, gelykgestemde gevoelens in die innerlike van die geesmens opwek en vervolgens die gevoel meedeel aan die siel en selfs ook aan die liggaam!
Aangesien die tone as geestelike produk weer slegs aan `n gees meegedeel kan word en dus slegs deur die gees gehoor kan word, is die taal vir die siel nie toeganklik nie, aangesien sy nog te weinig met die gees verbonde is; sy kan die taal wel vermoed en haar verlustig in toekomstige genot, maar haar nie goed begryp nie!
Daarom gaan die musiek met haar groot mag oor die menslike hart en oor elke ander wese ook onbegrepe oor die aarde heen; iedereen voel die verhewenheid, maar niemand ken die ‘waarom’ nie! -
Nou het julle verskillende instrumente uitgevind om die lug en geluidsgolwe op te vang of self soortgelyke tone voort te bring; dit is geskik om die vibrering van gestimuleerde lugggolwe, ook in die stof waaruit sy saamgestel is, `n soortgelyke trilling van haar bestanddele voort te bring, deurdat ook daar gebonde gelykgestemde geeste hulle vrymaak.
Die vrymaking en die vermenging met die vrye geeste van die lug gee dan elke instrument sy eie klank; daarby moet by baie instrumente twee, drie en meer verskillende dinge saamwerk om die korrekte toon voort te bring wat daarmee bereik moet word!
Wel, om nou te weet hoe julle tot julle musiek gekom het, moet Ek julle eers sê dat julle, net soos alle lewende skepsels, die aandrang om lug te gee aan innerlike gevoelens deur ongeartikuleerde klanke gekry het om die volgende redes:
"Wanneer `n wind van liefde deur die hele skepping trek, dit alles opwek, aanspoor en stimuleer, waarby dier nog mens weet waarom hy so vrolik en so lig gestem is, dan voel die mens `n sagte drang wat nie in spraak, nie in beelde en vorms, nee, maar in sing, skreeu en juig sy uiteindelike bevrediging vind. En die gevoel nou, wat die mens aanspoor tot sing en jubel, spoor ook die dier aan, elkeen op sy manier om die Skepper en Veroorsaker van sy gevoel van genot te dank, en wel in klanke wat geen woorde is nie, maar nietemin afsonderlik baie meer as woorde wil uitdruk*15!"
Aangesien Ek as Skepper geen dooie natuur geskape het nie, maar een wat My vreugdevol tegemoet kom*16, lê Ek dus ook in die organe van die diere wat reeds hoër in die gevoelslewe staan, `n voorsiening wat die voortbring van klanke moontlik maak om hom by geestelike profetiese stemminge vol voorgevoelens daarvan te kan bedien, en sodoende is aan die wesens aan wie die taal in woorde onthou is, die baie hoër taal van die klanke gegee!
So sien julle die sangvoëls, elkeen na sy aard My sy dank bring, wanneer deur die warmte of, wat dieselfde is: Deur die liefde hul innerlike van vreugde tril!
So sien julle vroeg in die môre, wanneer jul die eerste sonstrale sien, die lewerik hom klaarmaak om omhoog te vlieg; singend en jubelend styg hy hoër en hoër. En hoe hoër hy styg, des te ligter word dit vir hom, des te meer kan hy lug gee aan die in sy bors gevange gevoelens, soveel vinniger kan hy hom bevry van sy aan My gewyde loflied, totdat hy, soos `n klein stippeltjie in die hoogte, My sy laaste groete stuur en die onverbiddelike wet van die swaartekrag hom weer terugtrek na die aarde; daar begin hy dan na `n kort tydjie weer aan dieselfde vlug, maar bereik altyd slegs dieselfde resultaat.
As julle die verskillende lofliedere van die vlieënde, zoemende en tjirpende wêreld sou kan verstaan, wat My in die voorjaar daagliks tegemoet stroom by die nuwe ontwaakte werksaamheid van die natuur, by die opgaan van die son, dan sou julle mense, wat julself so wys ag, beskaamd moet wegkruip vanweë julle goddeloosheid en hardvogtigheid. Want onder soveel van My toegewyde wesens staan slegs julle daar met volkome geslote harte, hoewel ook julle die kragtige voorjaarswind deur jul longe laat trek maar daarby egter aan wie weet wat dink, sekerlik nie aan My nie!
Die sang van die voëls en die verskeidenheid van hul gesang, weet julle waar dit vandaan kom?
Kyk, ook dit wil Ek julle sê. Want julle sal moet weet dat geeneen van julle uitgevinde musiekinstrumente êrens anders sy grondslag het as in die aard van die geskape wesens self nie; die opmerksame waarnemer*17 van die dierewêreld gee vervolgens aan die instrument soortgelyke voorsieninge wat hy daarna vervolmaak, en uit die voortdurende verbetering daarvan het die huidige by julle gebruiklike musiekinstrumente ontstaan.
Kyk, vir baie instrumente, hoofsaaklik by blaasinstrumente, dien die menslike of dierlike keel as norm; in die strottehoof is die hele voorsiening aangebring tot by die vibrerende en trillende orgaandele in die buis, die lugpyp, net soos die kraakbeenagtige ringe in die strottehoof self. Vervolgens die stemspleet met die daarin na binne stekende klein vibrerende tong, wat by die geluid maak na gelang van die hoogte of laagte daarvan sy vibrasie modifiseer en deur middel van die trilling van die lugkolom in die inwendige van die lugpyp en deur sy eie vibrering die toon voortbring wat die siel wil voortbring. Hierdie toon kaats dan teen die gewelf van die gehemelte, en kry daardeur sy eintlike karakteristieke geluid.
Wat daar die stemspleet is, dit is by die strykinstrumente, die meestal S-vormige insnydings in die hout, die gewelfde wande kom ooreen met die verhemelte as resonansiebodem, ensovoorts; so sal julle by `n ernstige beskouing in elke instrument wat by julle bekend is, as eerste basisbeginsel die menslike of dierlike stemorgaan herken.
Aangesien die grootte van die orgaan egter net soos ook die stem verskillend moet wees, en in die besonder by die voëls die mond anders gevorm is, naamlik as snawel, word ook daar die klank weer spesifiek gemodifiseer soos by elke sangvoël pas.
Een groot verskil wat ook daartoe bydra om die tone, hul vibrasies en modulasies te verander, is dat net soos by die mens ook by diere die ingeasemde lug anders is as die uitgeasemde lug. In die ingeasemde lug lê ander elemente gebonde, wat in die liggaam van die dier opgeberg, verwerk en chemies omgesit word; by die sing van die voëls byvoorbeeld is die klank meestal saamgestel uit die ingeasemde en uitgeasemde lug, dit wil sê uit vir die voëls lewenwekkende en afgestorwe elemente. Kyk, daarom is die toon van die gesang van elke voël nou verskillend, omdat hy by die inasem wel die gemeenskaplike lug gebruik, maar by die uitasem slegs die onbruikbare uitstoot, en die uitstoot is by elke dier ietwat anders, net soos by die mens. Die geluid wat die uitgestote stowwe, verenig met die lug voortbring, is dus naas die verskillende sangorgane ook verskillend. En so is, net soos oral, ook in die opsig in `n eenvoudige proses van een en dieselfde stof die verskil in toepassing, dit wat weer My goddelikheid en My mag toon deurdat Ek ook hier, soos altyd, met weinig, baie tot stand gebring het.
Kyk, daar is nog `n fundamentele faktor wat in die natuur `n groot invloed het. Julle sal naamlik uit die natuurlike geskiedenis weet dat die meeste sangvoëls wat arm is aan vere en kleureprag, op die noordelike halfrond van julle aarde tuis hoort, terwyl die op die suidelike halfrond hul medeskepsele van die noorde in kleureprag verreweg oortref; maar hulle is daarby wat die sing betref so stiefmoederlik bedeel, dat juis die fraaiste voëls die lelikste geskreeu laat hoor. Wel nou, dit het sy oorsaak weer eenvoudig in die geestelike verklaring van die musiek.
Die noordelike halfrond van die aarde met die noordpool is die deel wat uit die groot eterruimte die geestelike vir die aarde opsuig, en die Suidpool met sy groot ringvormige gebergte is die plek van waaruit dit wat in die aarde gebruik is weer in die eterruimte uitgestoot word.
Wel nou, die noordelike deel kom ooreen met die boonste deel van `n menslike liggaam, waar hoof, hart en longe hul plek het; die suidelike deel kom ooreen met die onderste deel van die mens. Andersyds is die aarde ook van bo manlik en van onder vroulik, bo positief en benede negatief, dit wil sê: In die noorde leef oorwegend die geestelike en in die suide die materiële!
In die noorde is die invloed van die groot eter en die son op die geestelike werksaam; hy bring daar ook in die produkte van die aarde nie die groot veelsoortigheid nie, maar wel die kragtigste en voedsaamste gewasse voort. Klein en onopgemerk is die dierewêreld daar en wat daar op die aarde groei, maar geestelik hoër.
In die suide is dit andersom: Daar is alles groots en oordadig; wat in die noorde slegs `n klein gewas is, is in die suide soos `n boom so groot, maar lewer weinig vrug op. Want die suide, wat aan sy pool die verbruikte stowwe uitstoot en hy trek weer van die eteratmosfeer omhoog tot by die ewenaar beswanger alle gewasse ryklik met elemente wat die groei daarvan sterk bevorder; dit beklee die voëls met stowwe wat `n ander ligbreking in die kleure van hul vere teweegbring. En so versprei die suide sy lewenskragte, saam met die verbruikte elemente uit die inwendige van die aarde, en bevorder sterk die uiterlike groei, terwyl in die noorde die uiterlike verwaarloos lyk te wees maar die innerlike geestelike natuur des te meer gedy.
Vandaar die groot sangvermoë en die verskeidenheid van die voëls in die noorde, en die groot kleureprag daarvan in die suide.
Hier, in die noorde, heers die goddelike deurdringende straal van die groot geesmens, en daar, in die suide, die invloed van die groot kosmiese mens; hier wysheid, daar vorm, hier gees, daar materie!
En as julle jul nou in die lug sou wil verhef om die harmonie van die sfere van die rondom mekaar sirkelende wêrelde te beluister, dan sou julle ook daar teenstellinge vind: Daar in die hoof en die hart geestelike prag, en in die onderste deel kleure en vormprag; hier liefdeslewe, daar verstandslewe. En verder omhoog tot in die geestelike hemel gaan die toon, steeds verfynder, steeds meer harmonies, suiwerder en klankryker, omdat daar ook meer die geestelike lewe oorheers en ook meer slegs die taal van die gevoelslewe gespreek en verstaan word.
Daar bo in die groot geesmens, waar die musiek haar hoogste suiwerheid bereik het, daar in die sentrum is die toon dan weer in My, as alles omvattende, in My ‘Ek’ gepersonifieerd; daar vibreer alles, lig, lug en klank, en so trillend van nooit gevoelde genot neem die geestelike lewe toe tot die hoogste potensialiteit.
Daar word ook slegs maar die gevoelslewe verstaan; daar sien mens in elke vibrering van die suiwerste lug en ligggolwe ooreenstemmend die mooiste liefdeswoorde en dankgebede in `n vorm uitgedruk; daar leef die poësie, wat immers ook slegs vanweë die rymende ritme en die gelyke klanke vir die toehoorder meer verhewe klink as prosa; daar leef die harmonie in die harte van die geeste en in die samesmelting van tone; daar is slegs één toon as grondtoon, wat vir alles as basis dien en alles deurdring, en die toon is Ek! - - -
En so, om te begin met die taal, wat daar die wysheid van My geeste is, die kuns, wat daar die geestelike oervorme van al die geskapenes is, en ten slotte die musiek, wat daar die taal is van die mees innerlike gevoel, waar geen enkele taal woorde voor het, waar alles slegs gevoel, en gespreek nog uitgebeeld kan word; daar is alles verenig wat hom hier as drie eenheid geskei voordoen: In taal, kuns en musiek; in wysheid, vorm en liefde; of oorsaak, gevolg en grondslag; of verlede, hede en toekoms; wese, is en word; warmte, lig en lewe; gedagte, begrip en idee; Jesus, mens en God, wat nou voor julle staan.
Daar in die sentrum staan julle Vader, in Sy arms Sy skepping, Sy geskape wesens ontvang en hulle almal lawend met spyse uit die goddelike bron, en roep julle almal toe: "Gebruik die taal om ander te onderrig; gebruik die kuns om ander te besiel; gebruik die musiek om ander die weg na die gevoel en na My te toon!"
Soos wat Ek eens in `n lied sê: "Sonder toon word niks gebore"*18, so sê Ek nou ook: "Sonder gevoelslewe bestaan daar geen geestelike produk nie!"
Waar slegs die verstand heers of slegs op die uiterlike vorm gelet word, maar die gevoel ontbreek, daar is slegs `n halwe of glad geen geestelike lewe nie, daar is slegs `n plantaardige (vegetatiewe) voortgaan.
Waar die deure van die hart egter wyd oop staan en deur middel van die geluidsgolwe in die lug geestelike herinneringsbeelde van `n mooier en geesteliker wêreld deurdring tot die geestelike oor, daar leef die korrekte gevoelslewe die lewe wat, hoewel miskien arm aan streling vir die oor maar ryk aan lewensvolheid is, en waarvan die hoogtepunt ver bo alle materiële en geestelike wêrelde uit alles in die sentrum van slegs één wese vind, in My ‘Ek’.
Trag julle om met Hom te verenig, streef daarna; na waar die taal, die vorms en die musiek geestelik in alle skeppinge beliggaamd julle voor oë sal staan. Daar sal julle eenmaal die oplossing van baie ander skeppingsraaisels kry, wat hier in duisende jare nie opgeskrywe kan word nie, maar daar met één blik bevat en begryp kan word!
Dit is julle doel! Nou weet julle of dit die moeite werd is om jou aan die teenslae (en moeite) tydens die aardse lewe te onderwerp, om eenmaal daar in die suiwerste toon julle Vader terug te vind, wat julle soveel skoonhede en salighede tydens jul aardse skynlewe laat vermoed!
Stry dus daarvoor! Dit loon die moeite om `n kind te word van Hom wat julle vir één blik vol liefde hele stelsels van sonne en planete kan gee! Amen!
*15 Sien in `Psalm en Gedigte": `Die Musiek' (p. 54).
*16 Sien in `Prediking van die Meester' hfst. 42: `Die korrekte sabbatsviering'.
*17 Hierdie `waarnemers' kan ook geeste wees, wat as mense beïnvloed wat hom intensief met sy idees besighou, en hul die gesoekte verbeterings laat vind.
*18 Sien die boek `Psalms en Gedigte".