LEWENSGEHEIME
GOTTFRIED MAYERHOFER -AFRIKAANS

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

 

Hoofstuk 29

Alchemiste

(Aan broeder S. te K.)

(ontvang 6 Julie 1871)

(Opmerking vooraf uit `n brief: "En so moet die woorde van die Meester u daartoe bring om met verborge wense en vertwyfeling voor die dag te kom, om van die Meester self die verdere verklaring van die verlangde onderwerp te verneem; luister u dus:")

 

My liewe seun, toe jy destyds in die werk (van alchemiste en soortgelyke) My, jou Vader gesoek het, besef jy ewenwel nog nie wat daar waar en wat daar onwaar was in die boeke nie, en dit gaan met jou soos dit heden ten dage nog met `n groot aantal mense gaan, dat die Bybel ewe-eens nie begryp word nie, omdat hulle die geestelike betekenis daarin nie kan ontdek nie.

Die manne, wat hulle reeds sedert die oudste tye met die donker kant van die wetenskap besig gehou het en wat magiërs, astroloë en alchemiste heet, die manne het almal `n vae vermoede dat daar agter dit wat die natuur sigbaar aan die mense toon, nog iets baie groters, nog meer verhewe bevind.

Jy speur in die nagtelike stilte die loop van die sterre na, studeer meestal juis snags, omdat die gees in die nag meer gekonsentreerd was as oordag. In die donker nag sweef die groot Gees van die stille werking om hul heen, wat My hele universum deurdring; hulle voel Sy invloed, maar ken die Gees self egter nie, en waarom? Omdat hulle self baie te wêrelds afgestem was, slegs bedag op hul eiebelang, en alles wat hulle sou vind slegs vir hul invloed en hul magsposisie wil gebruik.

Dit is die redes waarom hulle van alles niks waars kan ontdek nie, nóg die ‘klip van die wyses’ nóg die ‘arcanum longae vitae’ (geheime middel vir `n lang lewe-, lewenselixer); hulle word nie verstandiger nie en moes sterwe, net soos alle mense wat gebore word. Dit wat die verdwaalde kinders nou eens met Latynse, dan weer met Griekse name as die universele Gees aandui, dit is, was en bly niks anders as My wil, oftewel die voortdurende werksame mag wat alles in stand hou, alles vernietig en alles weer opnuut skep, om so in `n reeks van aaneenskakeling en transfor­masies alles langs geestelike weg weer na My terug te bring.

Af en toe duik daar `n liggedagte op in die harsings van so `n nagtelik studerende mens; hy wil egter met die verstand verstaan wat nie `des verstands' is, gee daar vreemde name aan met `n mistieke tint, om die dommes nog dommer te maak; hy wil ander mense laat glo wat hy self nie glo nie, naamlik dat hy meer sou weet as ander en hul hom oënskynlik in `n mantel klee van hoë geleerdheid. Niemand sien dat uit sy mistieke gewaad as towenaar, alchemis of astroloog `n paar geweldige groot eselsore steek nie.

Wat deur jou aangehaalde pseudo-filosoof as ‘salpeter’ aangedui word, as werksame krag, wat die wind as die gesogte Gees in die buik sou gedra het, is niks anders as die werksame lewenskrag, wat die wind of elke suggie wind in hom dra. Want wat is salpeter eintlik, wat is sout, en wat is die werksame lewensgees in die skepping?

Kyk, My liewe seun, dit is alles een en dieselfde, jy moet slegs die iets noukeuriger beskou. (sien hfst. oor ‘Suiker, sout en asyn’)

Salpeter of sout is `n substansie wat, self gemaak uit die ontbinding van ander elemente, alles weer ontbind waarmee dit vermeng word.

Wat beteken ‘ontbinding’ egter? Kyk, ontbinding is in My taal niks anders as stimuleer, lewenswerksaamheid ontwikkeling, om die gebondene vry te maak.

Wanneer salpeter hom in gekristalde vorm weer vrymaak uit ander vergane elementêre stowwe, dan is dit wat daar uitgeskei word van die fynste geestelike; dit staan ten opsigte van die vroeëre op `n hoër vlak om dan êrens anders, waar dit mee in aanraking kom, ook `n hoër lewe ontwikkel en so homself vergeestelik en ook al die ander deur ontbinding vrymaak, om so die weg tot geestelike vooruitgang te baan.

Die insnyding daarvan is, net soos die van sout, die opwekker en stimulans tot die hoër lewe, en is dus niks anders as My magtige wil, wat al die geskapenes op sy weg voortdryf.

Wanneer jou filosoof sê: "Die wind dra die gesogte gees in die buik", dan wil dit met ander woorde sê: Die voortgebringde beweging in die lug, die aanspoor tot `n vinniger stofwisseling, is die voortbringster van die werksame lewe. Want net soos die lewende dier en die mens (die vroulike geslag) die toekomstige vrug in die buik dra om dit ryp te laat word, so lê ook in die lug alles gereed vir verdere voortgang, wat by `n vinniger beweging vinniger verlopende prosesse van uitskeiding tot gevolg het wat as wind of beweging van die lug merkbaar is - en tot loslating aanspoor. Dit is die gees, wat Ek in My natuur geplaas het, wat deur sy stimulerende werking alles moet ontleed en weer nuwes moet skep.

En wanneer die ou alchemiste iets vermoed van `n ewige, nooit te vernietigde lewe, dan was dit nie hul liggaamlike aardse lewe nie, maar die lewe van die in hul gelegde gees, wat hulle egter in hul nagtelike influisteringe van `n hoër geesteswêreld nie begryp nie en verkeerd uitlê.

Die vader of moeder van die aarde is nie die son of die maan nie, maar die Vader van al die geskapenes is Ek, en die voortdurend barende moeder, wat voortdurend skep, stimuleer, in stand hou en opnuut skep, is My wil. Dit word uitgedruk deur alle stowwe in die eter, wat almal die impuls in hulle dra om net soos die sout te stimuleer, tot nuwe vorms aan te spoor, te materialiseer en weer tot sout te ontbind, en in nuwe verbindinge nader aan die geestelike bouwerk van die heelal te kom waar hulle uit voortkom en waarheen hulle, gedryf deur My wil, in die kringloop weer moet terugkeer.

Dit, My seun, was die eintlike draers van My skepping gewees en is dit nog.

Dit is My wil as ‘werksame krag’, wat dan magnetisme aantrek, en elektrisiteit afstoot, die lig stimuleer, wat warmte ontwikkel, en vuur vernietig, en uiteindelik as opwekker dit wat weer deur soute en sure verander is in nuwe vorms, maar meer vergeestelik as tevore, en hulle noodsaak om `n ander siklus van skepping te deurloop.

En wat is jou eie lewe eintlik? Is dit iets anders?

Kyk, My kind, die verskillende aaneenskakelinge op die lewensweg is die soute, die stimulanse, die opwekkers; hulle prikkel jou om te dink, te voel, te handel.

Dit ontbind die via die uiterlike wêreld opgeneemde indrukke; uit die proses kom die karakter of die eintlike geestelike fisionomie (uiterlike verskyningsvorm) van die mens voort.

Hierdie ervaringe dryf jou gees voort, louter, maak die lewens­indrukke vry en verbind hulle tot `n geheel.

My wil trek soos `n geestelike wind deur jou siel, baar daar nuwe gedagtes en nuwe idees wat vervolgens vorm aanneem in hande­linge, jou op `n beter weg gelei het en so vir jou die weg tot My beduidend verkort het.

Dit is die salpeter en die sout van die lewe wat jy oral vind, op berge en in dale, in grotte en ook by jou huis; dit is die stimulerende beginsels van aaneenskakelinge van omstandighede, net soos in die hele skepping die voortdurende aantrekking en afstoot van gelyke en ongelyke substansies.

So gaan die wêreld haar verandering, en so gaan ook jy die van joune tegemoet.

Hiermee is vir jou in enkele woorde jou nog oorgeblewe nagalm (weerklank/eggo) uit ou boeke vergeestelik, verhelder.

Van oudsher het die denkende mens die behoefte om die onbe­kende te ondersoek, en hoe minder hy dit kan bereik of ontraaisel, des te meer prikkel dit hom, hetsy op die materiële, hetsy op die geestelik psigiese vlak.

Daaruit ontstaan al sy misvattinge van die menslike gees, wat ook teenswoordig nog maar weiniges baie helder kan sien en sy missie ken.

Jy, My kind, het nou uit die donker in die helder lig gekom, volg My lesse en My woorde, en jy sal nie met die verstand, maar wel met die hart uit die hele natuur wat jou omring, lees en erken dat dit jou Vader is, wat jou vanuit alle voortbrengsels (van die natuur) en uit alle hoeke van jou hart toeroep: Daar is maar één God, één Skepper en één Meester, maar ook maar één Vader, wat met Sy wil as algemene lewensout alles opwek, stimuleer en lei sodat dit, as dit wat uit die geestelike ‘Ek’ van Sy wese voortgekom het, eenmaal weer daarheen sou kan terugkeer! Amen!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205