Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 8 Die Skipplant, die Chaiaba 1. Ons het alreeds die plante van hierdie land bespreek, asook die verskillende bome en struikgewasse. Maar voordat ons ons aandag gaan skenk aan die riviere en mere, sal dit nodig wees om te leer aangaande die plante wat oral op die oewers en walle van die riviere en mere groei, soos die riete, biesies en verskeie ander waterplante op aarde. Ons sal nou die Skipplant bespreek, wat op Saturnus bekendstaan as Chaiaba. 2. Op Saturnus behoort hierdie plant aan die slinger varing soort en daarom ook aan die pampoen familie, maar daar is een verskil. Dit vorm saamgesmelte seksies waarby die stam voortdurend oor die oppervlak van die grond groei en op hierdie seksies groei daar `n groot hoeveelheid wit wortels in die grond in en op hierdie manier suig hulle nuwe vloeistowwe en voeding vanuit die grond . So word hulle kragtiger en is in staat om vêrder uit te brei, veral langs die oewers van riviere en mere. 3. Hoe lyk hierdie plant? Wat se soort vrugte dra dit en vir watter doel? Wanneer dit uit die grond uitkom, lyk die plant soos `n uitloopsel, byna soos `n riet op aarde, die soort wat julle sou gebruik as pleister of as boumateriaal vir julle huise. Die uitloopsel groei tot `n hoogte van 90 tot 120 voet soos `n groen goue paal sonder blare. Aan die end van hierdie paal het die plant `n blou botsel knoppie wat stadig oopmaak tot `n eienaar¬dige soort bloeisel, net soos wanneer julle tien wit en ligrooi vlae aan die top van ’n ronde paal sou vasmaak. 4. Hierdie vlae is vasgeheg aan 12 voet lange, witgeel reguit lang stingels waarvan hulle uitrol; en wanneer hulle ten volle uitgegroei is, is hulle 24 tot 30 voet lank en hang en fladder vanaf hierdie stingels. Die bloeisel wat vanuit hierdie stingels groei, is op so `n manier gestruktureer dat dit ook gereken kan word as `n vrug, een wat nie verlep nie, maar wat vir jare ferm en permanent kan bly. 5. Die paal, wat inderwaarheid die stam is, het gewoonlik `n diameter van 30 tot 90 duim onder. Die binnekant van die stam is hol; alhoewel dit die fermheid van metaal het. Wanneer die stam die helfte van sy volwassenheid bereik het, kom daar uitloopsels in die wortels tevoorskyn wat vinnig en weelderig op die grond begin te kronkel. Hierdie uitloopsels het ook `n goudgroen kleur, slegs effens ligter. Hierdie ronde uitloopsels het baie hoë stingels met groot breë blare wat by die laste van elke seksie groei. Hierdie stingels is blougroen, rond en hol en het `n lengte van ongeveer 12 tot 18 voet. Die blaar is stomp en ovaalvormig en het `n lengte van 30 voet en `n wydte van 18 voet. Die blaar is rooi, so rooi soos die pragtigste rose op aarde. Die kante is ongeveer 60 duim wyd en het die kleur van `n lieflike ligte reënboog. Sy oppervlak skitter soos gepoleerde goud en die rante skitter in majestueuse glansrykheid. Die onderkant is totaal donkerblou en oortrek met nege duim lange hare wat die voor¬koms het van die pragtigste sy en wat in kleur ooreenkom met die suiwerste indigoblou op aarde, net `n bietjie ligter. Die blaarstele van die plant is groengoud, asof julle gepoleerde goud sou toedek met `n dun lagie groen. Die blaarstele is glad en het `n diameter van 30 tot 60 duim by die stingel. Waar die blaarstingels by die stingel uitspruit, word dit omring deur `n soort punterige kroon, maar daar is verskeie puntjies en hulle is gerond aan die ente en gee `n verblindende wit kleur af. By ongeveer die derde seksie groei `n besondere bloeisel aan `n lang en sterk blom¬stingel. Hierdie bloeisel lyk soos `n baie groot klok aan die buiterand en aan die oop kant het hierdie bloeisel `n diameter van 24 tot 30 voet, maar waar die stingel aan die geslote kant `n diameter van 6 tot 9 voet het. 6. Hierdie blom is perfek gerond in al sy dele, asof dit deur `n draaibank gemaak is. Dit verskil slegs in een opsig van die vorm van `n klok deurdat sy wye rand opwaarts gestu is met 9 duim lange puntjies wat saamgevoeg is in `n kamagtige wyse, met reëlmatige intervalle. Die kleur van die bloeisel is liggeel en die punte is helderrooi. 7. Uit die middel van hierdie kelkvorm van hierdie klok kom `n verblindende wit kolom tevoorskyn, twee keer hoër as die klok bloeisel plus die puntjies; met ander woorde, dit groei verby die rand. Hierdie kolom is die manlike voortplantingsorgaan, die stempel en die puntjies by die rand is die werklike stampers van hierdie bloeisel. Wanneer die stempel ten volle ontwikkel is, begin dit klein skitterende sterretjies uit te strooi wat hulle soos elektriese vonke vasheg aan die puntjies op die rand. Dit is dan die eintlike bestuiwing van hierdie plant. 8. Sodra die bestuiwing genoegsaam volbring is, verlep hierdie massiewe bloeisel en val vanaf haar blomsteel sonder om haar vorm te verander, waar hulle ook dikwels bymekaargemaak word. Sy het die sagtheid van `n kussing en word ook vir daardie doel gebruik. Die puntjies word afgesny en omdat hulle so stewig is, word hulle as spykers gebruik. 9. Hoe groei so `n vrug? Ek kan julle net sê dat dit die eienaardigste vrug in die wêreld is. So eienaardig as wat dit vir julle lyk, produseer dit uiteindelik `n werklike skip. Maar moenie aanneem dat hulle soos bote of skepe op aarde is nie, wat kan strand met bemanning en vrag nie. Dit is `n onmoontlikheid vir hierdie skepe wat geplant word. En julle sal leer waarom dit so is, sodra die struktuur van hierdie vrug aan julle verduidelik word. Nadat die bloeisels afgeval het, wat soos die pampoen bloeisels op aarde lyk, begin die onderliggende vrug baie vinnig en ontsaglik groot te ontwikkel op die volgende wyse: Indien julle `n groot eier sou wou bou uit dun plaatmetaal en dit dan induik aan die bokant, met een sykant in die ander een (nie een pool in die ander nie) op so `n wyse dat die ingeduikte kant nie die onderste kant raak nie - met ander woorde sodat daar `n spasie is tussen die twee kante – dan is dit wat die vrug voorstel. 10. Pas nou hierdie vorm op ons vrug toe, want ons vrug groei in hierdie ingeduikte eiervormige vorm en wanneer dit ten volle ryp is, het dit `n lengte van 180 tot 240 voet en `n wydte van 90 tot 120 voet. Die spasie tussen die ingeduikte opperste kant en die onderste kant is gewoonlik tussen 6 tot 9 voet. Wanneer die vrug heeltemal ryp is, het elkeen van hierdie kante ’n dikte van 5 tot 7½ voet en die fermheid van metaal. Wanneer die vrug ryp is, maak sy haarself los van die stingel waarin die werklike saad is op `n sirkelvormige wyse. In die vrug self is daar niks behalwe ’n baie suiwer tipe lug nie. Dit is ook waarom hierdie vrug so maklik opgetel kan word, - selfs `n kind kan dit met baie min moeite doen. Die kant is omring deur `n baie besondere dekoratiewe band wat vir ongeveer 12 voet uitsteek oor en bo die vrug en het die voorkoms van die vinne van `n vis op aarde. Dit is egter aan alle kante gelykvormig, straalvormig en elasties stewig, sodat niemand enigiets kan afbreek nie, behalwe as hy `n spesiale poging sou aanwend. 11. Die vrug word in die water geplaas soos wat sy is en word as `n skip gebruik wat nie maklik verwoes kan word nie. Die Saturniete stuur hierdie skip met `n sterk uitloopsel of riet,* en hulle stuur dit soos wat julle jul rivierbote sou stuur. Die uitloopsel of rigtingroer het die voordeel dat dit baie lig is en omdat dit hol is, is dit nie nodig om die bodem met die roer te raak nie, want die water self word die teenpool, omdat die kubieke inhoud van die water gou swaarder word as die hol spasie van hierdie roer. Op hierdie wyse weerstaan die water self die stukrag van so `n roer. Die vlae wat ook in paragraaf 3 genoem was, word afgesaag en daarmee versier die inwoners die relings van hierdie natuurlike skepe. *Soos genoem in paragraaf 3 van hierdie hoofstuk 12. `n Ander tipe van water voortdrywing op Saturnus word verkry deur die voorgenoemde pragtige blare van die plant te neem en seile daarvan te maak. Al wat gedoen moet word, is om so `n blaar saam met sy steel af te saag, sowel as die gepunte kroon met sy punte en gom hierdie blaar met die sap van `n ander plant tussen die vlae, wat dan opgestel word aan die rand van die skip. Selfs `n orkaan op aarde sal nie in staat wees om enige skade daaraan te berokken nie. Hierdie skip is in staat om tien Satur¬niete te akkommodeer en in ’n geval van nood, tot twintig. 13. Die Saturniete koppel baie kunstig `n hele paar van hierdie bote aanmekaar om `n groter boot te maak wat een van julle groot oseaanskepe op aarde soos `n speelding sal laat lyk. Op hierdie wye strome, groot mere en uitgestrekte oseane, word duisende van hierdie skepe dikwels aanmekaar gekoppel om een groter boot te maak. Op hierdie bote word pragtige liggewig geboue gebou, sodat so `n drywende skip in der waarheid meer soos `n stad as `n skip lyk. 14. Nou het Ek julle alles vertel van hierdie eienaardige vrug! Maak julle fantasie wakker en julle sal aangenaam verras wees. Die enigste ding wat Ek moet byvoeg is die kleur van die vrug, wat baie onaantreklik is. Die buitekant lyk soos die skubbe van `n snoek en is ook dieselfde kleur. En vir vandag sê Ek: Amen!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205