|
Saturnus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 20
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53. |
|
|
Hoofstuk 19
Die verskillende soorte vlermuise
Die vlieënde koei
Die vlieënde lint
Die juwele handel op Saturnus.
1. Voordat ons begin met die eintlike voëlspesies, sal ons `n vlieënde dierspesie beskryf wat op aarde behoort aan die klas wat ons ken as vlermuise (‘chiroptera’) en ander soortgelykes, naamlik diere met aangepaste ledemate wat bedek is met `n membraanagtige vel wat as vlerke dien. Vind ons hierdie tipe diere hier op Saturnus? Baie beslis ja, en aansienlik meer as wat daar op aarde is. Daar is nie vlermuise in die ware sin van die woord nie, alhoewel daar kreature in groot hoeveelhede is wat wel sulke vlerke het. As julle elkeen van hierdie diere in die besonder wil beskryf, sal julle meer as 10,000 velle papier benodig. In hierdie geval dien dit egter geen doel nie. Daarom sal ons slegs `n paar van hierdie diere binne hierdie orde beskryf en die ander sal ons slegs in die algemeen bespreek.
2. `n Besondere eienaardige tipe van hierdie diere word genoem die ‘vlieënde koei’. Sy is buitengewoon mooi en is ongeveer die grootte van `n uitgegroeide bees op aarde, behalwe na die stert se kant toe is sy 3 voet langer. Sy het 4 bene met pragtige skitterende wit kloue. Sy is rooi op die rug en liggroen by die pensarea. Die vel het `n blinkende glans, soortgelyk aan die fynste sy fluweel op aarde. Die kop toon `n groot ooreenkoms met die windhond, behalwe dat dit `n heeltemal ander kleur het. Beginnende by die nek tot die kop is dit ligblou en van die agterkant van die nek tot by die snoet, het dit `n rooi streep. Die laer deel van die kop verander geleidelik na donkerblou.
3. In die area van die voorste pote is daar twee lang arms regs en links, wat, wanneer uitgestrek, `n diameter van 36 voet dek. Vanaf hierdie arms span `n sterk vel vanaf die agterpote. Dit word verstaan dat dit slegs voorkom wanneer die dier op die punt staan om te vlieg. Wanneer hierdie dier nie vlieg nie, is die arms gevou. Elke arm het drie lede. Die arms pas so styf in tot die res van die liggaam, dat hulle skaars sigbaar is, al is julle digby. Maar wanneer die vlieënde koei egter haar vlerke uitsprei om te vlieg, het sy die pragtigste voorkoms. Die vel van die arms is ook skitterend wit. En elke arm het aan sy ent vier welgevormde vingers met sterk gepunte naels vir die doel om aan iets vas te klou. Die gevlerkte vel lyk soos die fynste gepoleerde goud en is versier met ligte rooi kolletjies en strepe met gereëlde intervalle wat inmekaar loop. Die kante van hierdie gevlerkte vel is afgewerk asof met `n skynende reënboog wat oral eindig in heeltemal skitterende wit bande, wat meer as 30 duim lank is en wat skyn soos glasdrade, meer as die fynste sy.
4. Die oë van die vlieënde koei is ongelooflik skerp en lewendig en teen skemering glinster hulle soos diamante. Die snoet van hierdie dier is donkerrooi en haar bek het `n vars rooi kleur soos rose. Haar talryke tande lyk soos suiwer kristal. Haar tong is bloedrooi en verhoudingsgewys baie lank, sodat hierdie dier dit kan gebruik vir baie dinge, soos die was van haar gevreet en die skoonmaak van haar hele lyf; want hierdie dier het `n besonderse buigsame liggaam. Sy kan haar tong gebruik om te drink net soos `n hond op aarde. En wanneer hierdie dier haar tong lengtegewys oprol, wat sy die heeltyd doen wanneer sy die lug in is, bring sy deur hierdie buisagtige tong `n baie harde fluitgeluid voort wat baie vêr en wyd gehoor kan word.
5. Hoekom noem hulle hierdie dier die ‘vlieënde koei’? Sy het `n vol en volledige uier met vier spene tussen haar twee agterbene en hierdie uier is gevul met ongelooflike heerlik smakende melk sodra haar kleintjies gebore word. Dit is waarom die Saturniete haar dikwels vang en in baie areas word sy makgemaak as `n hoogs voordelige huishoudelike dier en dit word makliker gemaak omdat hierdie dier baie sag en liefhebbend is. Wanneer die kleintjies gebore word, is daar slegs een manlike tussen ses vroulike kalwers. Wanneer hierdie manlike volgroeid is, verskil hy van die vroulike, want, in plaas van `n uier, het hy `n skrotum en op sy kop het hy een smal heeltemal wit horing wat effe na agter gebuig is tussen sy twee wit afhangende ore.
6. Indien julle kan gebruikmaak van die krag van julle verbeelding, sal dit nie moeilik wees om die skoonheid van hierdie dier vir julleself in te dink nie. Julle sal moontlik dink en sê; “Hoekom is hierdie dier so mooi en watse doel dien sy?” Maar Ek sê aan julle; as julle jul aandag vestig op die skoonheid van die blomme op aarde, sowel as op hul veelsoortige vorms en fatsoene, kan julle dan nie in hierdie geval ook vra; “Hoekom moet hierdie bloeisel so mooi wees”? Sal dit nie meer gepas wees vir so ’n eenvoudige saadkorrel om ’n baie minder indrukwekkende bloeisel te hê nie? Kyk, vir hierdie tipe vrae het die antwoorde nog nie ryp geword nie, want wat betref die skoonheid van sulke skeppings sal dit vir julle onmoontlik wees om die rede te verstaan, aangesien dit in die realm van My lig of wysheid lê. Wees daarom net tevrede om die algemene geldige rede vir al daardie soorte van vorms en fatsoene te aanvaar, omdat Ek, die goeie bo alle dinge en skeppinge en die wysste Skepper van alle dinge, weet waarom Ek al hierdie dinge en skeppinge op hierdie manier geskape het!
7. Nadat ons `n blik op hierdie wese geneem het, sal ons kyk na ander vlieënde diere. Daar is een wat die Saturniete die ‘vlieënde lint’ noem, of by tye die ‘vlieënde tou’. Hoe kry hierdie dier sy naam? Sodra ons hom van naderby bekyk het, sal dit duideliker word waarom dit so is. Kyk, die liggaam van hierdie dier kom ooreen met die liggaam van `n welgevormde aap op aarde. Wanneer hy loop, doen hy dit op sy agterpote, net soos `n mens. Die voorpote is baie lank en toegerus met `n vlieënde membraan al langs die kant van die liggaam reg tot in die middel van die agterpote. Andersins gebruik hierdie dier sy voorpote op dieselfde manier as die aap. Wanneer hy regop staan, is hy 18 voet hoog en wanneer hy hurk, is hy die helfte van hierdie lengte. Die liggaam van die vlieënde lint het niks buitengewoons nie, behalwe dat sy pensgedeelte ligblou is en hy het donkerrooi wol aan die einde van sy rug.
8. Na aanleiding daarvan, wat is dan eintlik uitstaande aangaande hierdie dier? Dit is sy lang stert wat hy slegs uitsprei wanneer hy vlieg. Wanneer hierdie dier rondloop, rol hy sy stert so behendig op dat dit tot rus kom reg bokant die stuitjiewerwel, asof iemand `n stewige ronde rol op sy rug het. `n Volwasse dier het `n stert van ongeveer 540 tot 600 voet lank met `n naastenby wydte van 30 duim. Hierdie stert is egter so fyn wanneer dit opgerol is, dat dit skaars `n diameter van 18 duim het. Die hele stert het sogenaamde “interne voeldrade” wat die oprol van die stert veroorsaak. Omdat die stert geen benerige litte het nie, is dit slegs `n verlenging van die vel op die rug. Die stert het die kleure van die ligste reënboog en bo-op, sowel as onder, het dit uiters kort en fyn wol soos ongesnyde fluweelsy, sodat hierdie wol baie klein uiters ligte wolvratte vorm. Nou weet julle waarom hierdie dier die ‘vlieënde lint’ genoem word.
9. Julle sal baie selde so `n dier vind wat nog in besit is van sy stert, veral in digbevolkte gebiede, omdat die Saturniete hulle in `n groot mate jag en hulle word maklik gedurende die dag gevang, omdat hulle nie in die daglig vlieg nie. Wanneer hy gevang word, sal niks anders met hierdie dier gebeur as dat hy sy stert gaan verloor nie. Die stert word baie naby sy rug afgesny en word deur die Saturniete gebruik, veral die aristokrasie, om hulle klere op te tower. Weer is dit die vrouens wat hulleself daarmee versier, nadat die stert met welriekende blomolies behandel is om dit buigsaam, duursaam en sterk te maak, soos julle leer op aarde. Gewoonlik word die stert as `n kopband gedra, maar dit word ook om die lendene as `n gordel gedra. Hierdie dier is altyd `n welkome gas by die Saturniete. En omdat die stert weer teruggroei, word hierdie dier makgemaak en as `n huisdier aangehou.
10. Die juwelehandelaars op Saturnus teel hierdie diere en omdat die prys bepaal word deur die lengte van die stert, werk hulle gewoonlik twee of drie korter sterte aanmekaar en verkoop dit as een. Wanneer so `n bedrogspul aan die lig kom, straf die vrouens so `n juwelier baie hard.
11. Op Saturnus is dit dikwels die geval dat die vrouens jurisdiksie het oor die mans, omdat die mans op Saturnus gewoonlik meer verlief is, net soos op aarde. Dit is die rede waarom mans meer toegeeflik is en word daarom gereeld bedrieg as gevolg van hul liefde vir hulle vrouens en daarom is hulle ook uitgelewer aan die genade van hierdie modebewuste vroue. Aan die ander kant, in vergelyking met daardie vroue op aarde, is hierdie vroue onvergelyklik meer beskeie en huislik. Dit is waarom die mans so gek is na hulle en laat hulle graag allerhande voorregte toe. Wanneer ons egter die Saturniete gaan bespreek, sal ons hierdie aspek in meer detail ondersoek. Laat ons nou terugkeer na die diere.
|
|
|
|
|