Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 26 Die Saturniniese leeu, Horud, dien as `n jagter en boswerker Metode om die jong Saturniniese leeus te vang 1. Die naam van hierdie dier wat ons nou kortliks sal bespreek is die Horud. Waar pas hierdie dier in in die orde van die diere op Saturnus? As julle die leeu op die aarde ken, hou die Horud dieselfde posisie op Saturnus. Maar lyk hierdie dier dieselfde as die leeu op aarde? Die antwoord op hierdie vraag is nie ja of nee nie. Hy vergelyk op baie maniere met die leeu op aarde, maar daar is ook baie aspekte wat nie dieselfde is nie. `n Nadere beskrywing sal die verskille in sy vorm aantoon, ten opsigte van die leeu op aarde. 2. Hoe lyk hierdie dier dan? Hy is net so groot soos die blou beer, maar het meer as een kleur in vergelyking met die verskillende dele van sy liggaam. Die rug van hierdie dier is helderrooi en strek uit tot naby die pensgedeelte. Die skouerblaaie, die voorpote en die agterpote is `n vaal groen. Die pensgedeelte is meer `n donkergroen of `n geil grasgroen. Die stert is wit, maar die stertkwas se punt is ligrooi. Die bokant van die wit stert is versier met rooi kolle op gereëlde intervalle. Die kloue van die pote is ook wit en die agterkante van die kloue is afgewerk met ’n rooi streep. 3. Buiten die verskillende kleure wat ons nou net beskryf het en die nek en die kop, wat nie ooreenkom met die leeu op aarde nie, kom die res van die vorm van die Horud heeltemal ooreen met die leeu op aarde. Daar is nie `n dier op aarde wie se kop ooreenkom met die van die Horud nie. Hierdie dier het `n byna vierkantige kop, net soos `n dobbelsteen waarvan die hoeke rondgemaak is. Hierdie kop sit aan die nek op so `n wyse dat die agterste oppervlak teen die nek geheg is, maar nie die voorste gedeelte nie, want die voorste oppervlak steek van die nek af uit soos `n kakebeen ongeveer ¾ van sy diameter. Op beide laterale (sywaartse) oppervlaktes is daar twee sekelmaanagtig gevormde oortregters wat na agter geleë is vanaf die oppervlak van elke kant van die kop van oor die 6 voet en het die kleure van die reënboog, maar in baie ligte skakerings. 4. Op die bokant sal julle `n koniese pikswart horing vind wat nagenoeg 3 voet lank is. Dit is die basiese kleur van hierdie horing; maar op hierdie swart oppervlak is daar sulke rooi ronde skywe met reëlmatige slakagtige spirale wat `n sterk metaalagtige glans het. Om die basis van die horing is `n krans van lang ligblou hare, wat die horing laat lyk asof binne ’n wasbak. Meer na die agterkant van die kop en die agterste gedeelte wat met die nek koppel, word die hare aanhoudend digter en langer, waar dit na die voorkop se kant meer krullerig en korter word. 5. Aan die voorkant van die kop of gevreet is daar, in verhouding tot die dier, twee baie groot oë wat in `n holte gesetel is, met elke oog wat `n diameter van 3 voet het, ooreenstemmend met die aardse mate – dit beteken natuurlik die werklike oog self. As die holte en die hoek van die oog ingesluit word, sal dit ongeveer 6 voet in diameter wees. Die ooglede is `n baie donkerrooi, waarbo daar proporsioneel baie groot en dik ooglede is, soortgelyk aan die van ons mense. Hulle is krullerig, net soos die hare rondom die horing nader aan die voorkop. 6. Nou het ons gekom by die eienaardigste eienskap van hierdie dier en dit is sy mond. Op een of ander stadium het julle seker al gehoor van `n voël wat die ‘griffin’* genoem word. Dit is hoe hierdie dier lyk, behalwe vir die vlerke. In plaas van die gewone mond, het hy `n enorme sterk arendsnawel, wat dieselfde kleur het as die horing op sy kop. Die kolle of skywe is nie slakagtig nie, maar in die vorm van rye vanaf die basis tot by die punt van die snawel en verminder in grootte. Die boonste gedeelte van die snawel is soos die van elke ander voël wat julle op aarde ken. Die boonste gedeelte beweeg nie, waar die laer gedeelte van die snawel, ingesluit die laer oppervlak van die kop, beweegbaar is tot teen die nek. By die basis van die snawel het hy geweldige vernietigende tande. In plaas van snytande of slagtande, gebruik hy sy baie magtige en sterk snawel wat vanaf die gevreet vooruit steek met `n lengte van 9 voet en by die basis is dit byna net so wyd soos die hoof oppervlak van die gevreet. *Legendariese kreatuur, gewoonlik verteenwoordig in literatuur en kuns wat `n kop, bek of snawel en vlerke het soos `n arend, die liggaam en bene van `n leeu en af en toe met `n slang se stert. Dit blyk dat die ‘griffin’ sy oorsprong in die Midde-Ooste het, want dit word gevind in skilderye en beeldhouwerk van die antieke Babiloniërs, Assiriërs en Perse. 7. Die Horud het ook `n tong wat verbasend in lengte kan rek en het byna die voorkoms van `n slurp. Daarom het hierdie dier die vermoë om allerhande soorte dinge kragtig met sy tong te gryp en so na sy mond te bring. Rondom die basis van die snawel is daar ook gekrulde ligblou hare wat groenerig word na die nek se kant toe. 8. Wat is die kleur van die kop gewoonlik? Die kop het `n ligte askleur. Onder die oë, sowel as op die voorkop, is daar drie helderrooi sirkels, die een bo-op die ander. Sovêr as wat dit die ander dele betref, is slegs die twee sydelingse gedeeltes met die ore sigbaar en dit is ook van `n asgrys kleur, maar gewoon sonder ornamentasie. Soos julle weet is die agterste gedeelte, beginnende met die boonste gedeelte, verfraai met lang hare en die blou kleur word lewendiger hoe nader dit aan die nek kom. Die nek is redelik massief en sy lengte tot by die kop is net so lank as die totale agterste deel (dit is, beginnende vanaf die skouerblaaie, die voorste pote tot by die stert) en is regoor oorvloedig bedek met maanhare met `n skitterende blou kleur. Dit is hoe hierdie dier lyk. 9. Wat is sy nut? Wat is sy karakter? Wat is sy habitat? En wat is sy verwantskap tot die Saturniete? Ons sal hierdie vier vrae baie kortliks beantwoord! Die Horud is gewoonlik goedgeaard en word algemeen deur die Saturniete as ’n makgemaakte dier aangehou. Hulle geniet hierdie dier se prag en skoonheid sowel as sy bereidheid om te werk, op voorwaarde dat hy behoorlik afgerig is om dit te doen. 10. Vir watter tipe werk kan hierdie dier gebruik word? Gewoonlik om verskeie ander diere te jag wat van die soort is wat min skade aanrig en dan weer met tye groot skade kan aanrig. Hierdie dier word ook ingespan as `n boswerker gedurende die tye van die skaduwee. Met sy snawel byt hy dik takke van die piramideboom met een hou af en kan met die grootste gemak in hierdie boom tot by die top klim. Die takke het dikwels `n omtrek, wat op aarde vyf man nodig sal hê om die tak te omsirkel. Dit verg nie meer inspanning vir hierdie dier om deur so `n tak te byt, as wat julle nodig het om in `n sagte appel in te byt nie. 11. Sodra die Horud nou genoeg takke afgebyt het, sal hy dit met sy bek sleep na die woonplek van die mense, nadat hy die regte tekens gekry het om so te maak en terwyl hy daarmee besig is, sal hy kleiner stukke afbyt soos aangedui deur die eienaar. Hierdie stukke hout word dan deur die Saturniete as brandhout gebruik. Hulle wend hierdie dier ook vir baie ander take aan, soos om iets te byt of te dra. 12. Die enigste voorwaarde is dat hierdie dier jonk gevang moet word, ten einde afgerig te kan word. As `n volwasse dier gevang word, kan hy nie gewoond raak aan hierdie soort werk nie en is dus nutteloos. Buitendien, selfs as hy nie uitgelok word nie, sal hierdie dier weghardloop sodra `n mens te naby aan hom kom en wanneer hy deur mense omring word, kan hy nie baie lank vertrou word nie. Want sodra hy begin om met sy kloue in die grond te grawe, is dit die teken vir die jagters dat dit nou hoog tyd is om te verkas. As die jagters nie padgee nie, sal hierdie dier begin spring en brul en wie hy ookal tref, sal die krag van sy snawel ontdek en hy sal voel asof hy deur `n boomstomp geslaan is. Dit is waarom die jagters die aftog blaas wanneer hy so begin optree. 13. As die Horud dan so gevaarlik is, hoe word sy kleintjies dan gevang? Die Saturniete gebruik hulle listigheid. Omdat die mense wat in daardie streke woon waar hierdie dier tuis is, weet dat hy `n voorliefde vir bedwelmende alkoholiese dranke het, maar slegs wanneer hulle hulle kleintjies kry. Dit is van toepassing op die manlike sowel as die vroulike, wat dieselfde lyk, behalwe vir die geslagsdele. Wanneer hierdie situasie opkom, dra die jagters van Saturnus groot houers van hierdie dranke na die gebied van hierdie diere. En dit neem nie lank voordat hulle die lokaas neem nie. Sodra die Horud die houer leeggemaak het, keer hy baie rustig terug na die plek waar sy kleintjies is en daar is gewoonlik twee, drie tot vier van hulle. Wanneer hy die plek bereik, val hy in so ’n diepe slaap, dat hy nie eers agterkom dat die kleintjies verwyder word nie. Die jonges word dan na die Saturniete se huise geneem en daar word hulle afgerig vir hul spesifieke take. Die volwasse diere word gelaat vir verdere teling. 14. Dit is al wat julle nodig het om te weet oor hierdie spesifieke dier. Die enigste ding wat julle nie weet nie, is waar is hierdie dier woon? Sy habitat is slegs in die suidelike streke van Saturnus en slegs op daardie kontinentale lande wat nie verby die 45º suidelike lengtegraad gaan nie. Aangesien hierdie dier lief is vir die seegebiede, is hy slegs daar tuis waar hy die vereiste temperatuur kan geniet wat hy nodig het. As `n land hierdie breedtegraad aansienlik oorskry, sal dit natuurlik kouer word, veral by die see en klimaatstoestande soos hierdie sal dus heel¬temal ongeskik wees vir hierdie dier. 15. Die Horud het hierdie spesiale instink dat hy nie die westelike of oostelike dele van die land sal bewoon nie. Hy sal slegs die suidelike middellande bewoon. As so `n streek groot genoeg is, sal hy daar woon. As hierdie tipe omgewing nie bestaan nie, kan hy nie vooruitgaan nie en kan homself daarom nie onderhou nie. Dit is waarom die Horud nie binnelands gevind sal word nie, maar altyd in die oseaanstreke. Somtyds word hy daarheen geneem as `n eienaardigheid, maar sal nie lank leef onder daardie omstan¬dighede nie. 16. Nou weet julle alles wat belangrik is oor hierdie dier. En nou sal ons ons ons wend na een wat slegs op hierdie planeet te vinde is.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205